Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Oorspronklike kunstenaars

Vr., 30 April 2004 06:49

'n Gawe Hollander het 'n draaibal na my gegooi - hy wil sy versameling van
musiekmidi's orden en wil weet wie die oorspronklike kunstenaars van 'n paar
Suid-Afrikaanse liedere is. Heelwat was maklik, soos die van Mango Groove,
maar wie het oorspronklik die volgende bekendgemaak, of wie het nuwe lewe
daarin geblaas?

Duitsweswals - was dit Randall Wicomb of Blessie?
Kalfiewals - sal mens maar sê dis "tradisioneel"?
Ver in die ou Kalahari - Jurie Ferreira?
Meadowlands - wie?
Boesmanland -??

Musiek & liriek | 11 kommentare

" Die lewe is 'n grenshotel " deur HENNIE AUCAMP

Do., 29 April 2004 15:02

Hennie Aucamp
Die lewe is 'n grenshotel

Madame sit in Die Grenswag
'n manskap teen haar bors
sy koester sy vermoeidheid
sy nadrup en sy dors

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
sy kyk na jong kanonvoer
wat saamdrom by die oog

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Madame, versot op jong bloed,
vergeet skoon van haar óú
maar jonk of oud sterf eners
die slagveld is hul vrou

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Madame grens oor dié wete
haar hulpdiens is beperk:
want of hul bruin of wit is
hul dra die Kainsmerk

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

En drank en nag bring kennis
en álmal haal die grens
dié grens erken geen grense
alleen die hart se wens

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
bestel jou chips en drink jou gaar
jou toekoms is gerekenaar

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Raspoetin's penis hoofdattractie in nieuw museum

Do., 29 April 2004 12:35

"Cool Smithy P" skryf

> Raspoetin

Moreaand gaan ek na 'n Toronto-opvoering
van Mamma Mia, wat saamgestel is uit liedere
van Abba. Een van die bekendste liedere van
Abba is natuurlik die een oor Rasputin. Word
Mamma Mia ook in SA opgevoer?

Ek gaan bietjie onder druk na Mamma Mia.
Onder druk van een van ons kinders, wat die
ding nou vir die vierde keer gaan sien. Ek hou
nie eintlik van musicals nie. Ons gaan eintlik
na Toronto om die Kalachakra by te woon
wat deur die Dalai Lama gelei word. Dit is
'n baie ingewikkelde tantra, maar dit word
periodiek gedoen om vrede in die wêreld
te bevorder. So as ek nou vir 'n halfdosyn
dae van die toneel verdwyn, dan is die kat
weg en die muise kan maar speel. Al die
closet kakiepraters kan maar lostrek en hulle
geliefde Engels gebruik.

Tant Hessie van Tibet.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Uniek

Wo., 28 April 2004 18:45

Suidwester skryf vanuit sy hardeware winkel op Henties :
> Ons ken mos die ou antie. Ek het grootgeword in SWA waar ons basies drie
> Europese tale gepraat het. Afrikaans, Engels en Duits. Ons het hulle
> sommer so deurmekaar gegooi,

HansWillem:
Asof Gloudie iets met Suidwes Duits te doene sou gehad het.........

Maar aangesien die onderwerp aangeraak is, in Swakopmund by die Swakopmund
Buchhandlung is die volgende boekie :
Dickschenärie - Ein Workschopmänjul für Südwester Deutsch.

Net so. En glo dit gerus - baie Duitsers praat in die omgang so MAAR
slaan outomaties na die suiwerste Duits oor in geselskap van Europa
Duitsers...

'n Klompie verklarings wat julle behoort te kan volg :
Spreek gerus die Duitse "ch" uit as "g"

Chocho (Afr gogga)
Wenn man auf dem Beik mit einem Stink-Schpud fährt, muss man die
Fresse zumachen, sonst frisst man Chochos.

darrem (Afr darem)
Omtrent nichts wird so stief gebraucht wie "darrem" - diese Wort kommt
darrem fast in jedem Satz vor.

Druochte (Afr droogte)
Der Höhepunkt der Druochte ist wenn die Büsche hinter den Bracks
herlaufen und die Schafe Staub kacken.

Dscherries (Engl Gerry)
Deutscher aus der Bundesrepublik Deutschland im Gegensatz zu einem
Südwester Deutschen; auch Schneewambo.
Dscherries erkennt man an der Hautfarbe, die sich von blau-weiss-lich
über blass zu rosa-rot und krebsrot verändert. Hauptbekleidung (ohne
dem Sonnenbrand) ist die Kamera. Daneben sind offene Sandalen mit
weissen Söckchen und "Safari Kleidung". Sehr zum Entsetzen die Oukies
haben die Dscherrie-Weiber bleddie haarige Beine und Achselhöhlen.
Auffallend an Schneewambo ist auch, dass sie kaum anständiges Deutsch
sprechen können und sich meistens in so einem schnahksen Dialekt
unterhalten, dass man kaum ein Wort versteht. Aus diesem Grund
werden sie meistens so lange ignoriert bis man anständig mit ihnen
reden kann - und wenn das zehn Jahre dauert.

Dscherrieland - Bundesrepublik Deutschland
Jeder Oukie will mal nach Dscherrieland, aber die meisten kommen
zurück.

Povian - Affe oder dummer Mensch.
Den Tag, wo die Poviane lernen Ketties zu bauen, müssen die Farmer
aufpassen.

Die laaste een het vir my nogal betrekking op die moderne SA politieke
geskiedenis.

HansWillem

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Die Rooies!

Wo., 28 April 2004 14:47

Nog 'n stukkie in Engels virrie Aantie:))

Queensland Etiquette

GENERAL RULES
1. Never take a beer to a job interview.
2. Always identify people in your yard before shooting them.
3. It's tacky to take an esky to church
4. If you have to vacuum the bed, it's time to change the sheets.
5. Even if you're certain you're included in the will, it's rude to take
the trailer to the funeral home.

DINING OUT
1. When decanting wine from the box, tilt the paper cup and pour slowly so
as not to bruise the wine.
2. If drinking directly from the bottle, hold it with only one hand.

ENTERTAINING IN YOUR HOME
1. A centrepiece for the table should never be anything prepared by a
taxidermist
2. Don't allow the dog to eat at the table, no matter how good his manners.

PERSONAL HYGIENE
1. While ears need to be cleaned regularly, this should be done in private,
using ones OWN keys.
2. Even if you live alone, deodorant isn't a waste of money.
3. Use of toiletries can only delay bathing a few days.
4. Dirt and grease under the fingernails is a no-no, as it detracts
from woman's jewellery and alters the taste of finger foods.

DATING (outside the family)
1. Always offer to bait your date's hook, especially on the first date.
2. Be assertive. Let her know you're interested: "I've been wanting to go
out with you since I read that stuff on the dunny door two years ago."
3. Establish with her parents what time she's expected back. Some will say
10:00 PM; others might say "Monday." If the latter is the answer, it's the
man's responsibility to get her to school on time.

THEATRE ETIQUETTE
1. Crying babies should be taken to the lobby and picked up after the movie
ends.
2. Refrain from talking to characters on the screen. Tests have proven they
can't hear you.

WEDDINGS
1. Livestock is a poor choice for a wedding gift.
2. Kissing the bride for more than five seconds may get you shot.
3. For the groom, at least, rent a tux. A tracksuit with a cummerbund and a
clean football jumper can create a tacky appearance.
4. Though uncomfortable, say "yes" to socks and shoes for the occasion.

DRIVING ETIQUETTE
1. Dim your headlights for approaching vehicles, even if the gun's loaded
and the roo's in sight.
2. When approaching a roundabout, the vehicle with the largest tyres doesn't
always have the right of way.
3. Never tow another car using panty hose and duct tape.
4. When sending your wife down the road with a petrol can, it's impolite to
ask her to also bring back beer.
------------------

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Omgewings toerisme

Wo., 28 April 2004 12:50

Kortbroek in bevel van Omgewingsake en Toerisme, maar was dit dan nie NNP
wat sulke lekker gholfbane wou bou nie?

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Zuid-Africa invites black Hitler for anniversary

Wo., 28 April 2004 10:25

Ferdietjiekie - en ek onthou goed hoe die Romeine die Christene doodgemaak
het - daarom loop die pous met 'n skuldgevoel rond.
Beprk jou tot die onderwerp - in die geval Mugabe. Ons kan seer sekerlik
almal 'n sonde op die ander opdiep. Wat is joune? (Behalwe vir die duimsuig
joernalistiek...)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ons Volkslied

Wo., 28 April 2004 09:08

Gister is toe net Die Stem gespeel as ons volkslied. Sou dit nou 'n stille
nuwe reeling wees, of is die militêre orkes 'n bietjie agter die tyd?:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Applous vir Mugabe

Wo., 28 April 2004 05:03

So - toe herdenk die ANC kamerade 10-jaar van demokrasie deur Mugabe 'n
helde-applous te gee by die Uniegebou. (Op daardie oomblik het ek weereens
gewonder of die regse ouens se siening van dinge nie moontlik in die kol is
nie ...)

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Bladsye (1834): [ «    418  419  420  421  422  423  424  425  426  427  428  429  430  431  432  433    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 09:26:25 UTC 2026