Okay, ek weet dis vreeslik en ek voel elkeen van die donners moet 'n stadige
pynlike dood sterwe, maar News24 het 'n berig geplaas oor die arme
ONSKULDIGE man wat deur die (moontlike Irakese "soldate?") onthoof is. Gaan
lees liewer die berig by http://www.news24.com/News24/World/Iraq/0,6119,2-10-1460_152 5962,00.html en
ook by http://www.news24.com/News24/World/Iraq/0,,2-10-1460_1526656 ,00.html.
Daar is nog links as julle meer wil weet. Onder ander hoe die FBI die
Irakese polisie gevra het om Nick aan te hou totdat hulle kan vastel wie hy
is omdat hy sonder dokumentasie "gevang" is.
Nog erger is dat die mense geen jammerte toon of voel nie. Is hulle
gebrainwash? Glo die Islams dan in onnodige moord? Blykbaar het hulle
uitgeroep "Allahu Akbar" ("God is great") terwyl hulle die daad gepleeg het.
Keur hulle god dan so iets toe? Dink hulle, hulle god sal hulle beloon vir
'n totale sinnelose moord? Ek glo nie so nie, myne sal Sy hekke vir jou
toemaak as jy so iets gaan staan en aanvang.
Ek het bietjie jammerte in my hart gehad vir hierdie "arme" Irakeërs wat nie
'n oorlog verdien het nie. Nou voel ek niks nie, maak die land level. Ek
kan nie glo mense is so ongelooflik wreed nie, en die ergste is, die "mense"
het baie ondersteuning uit baie oorde. Ek kan nie onthou wanneer laas het
iets my so ontstig of ontstel of so magteloos laat voel nie. O, die lot van
die vrouens in Afghanistan het my laas so kwaad gemaak...
EN ANTIE: As jy hammer op die verdompde vlakplaas braaivleis gaan ek en jy
woorde hê.
Okay, klaar ge"rant". Ek moes dit net van my hart af kry :)
Die eerste eienaars van plase in Namibië het skriftelike kennis gekry dat
hulle grond onteien gaan word en dat hulle moet kom na die regering met 'n
voorstel met wat hulle dink is billike kompensasie vir hulle grond.
Toevallig is dit plase waarop daar arbeidsonrus was in die verlede en word
die aksie gesien as 'n wraakaksie. Plus natuurlik die feit dat dit môre
plaaslike verkiesingsdag in die land is en hierdie ding die tonge lekker sal
laat klap. Meer ernstig egter, die boer wat nou nog geld insteek in ons
land moet sy kop laat lees! Dit beteken die begin van die einde van die
Namibiese landbou......
Brenda Fassie is dood
Vir wie is dit nuus?
Afrika, roep ons, Afrika
Afrika, Afrika
Met die nagwaak
het ek jou halstarrigheid om te laat los
bemin
sterk vrou, mooi vrou
sterk vrou van Afrika
Ons sal jou nie vergeet nie
Ons sal jou liefhê
soos ons jou gister liefgehad het
en môre, en altyd
Afrika, Afrika, land van ons herkoms
hede en toekoms
Brenda Fassie is dood
Lank, lank lewe Brenda Fassie!
Ons beskawing is in 'n dalende spiraal. Die Inka's het ons gewys hoe dinge
nie gedoen moet word nie, maar ons gaan lustig voort al ryende op die
sneltrein die verderf in.
Ouers wat hul kinders beskerm en vingers na ander wys as hul bloedjies
bitter stout was.
Altyd iemand anders se skuld.
'n Sokkerspeler wat van die veld af draf tydens 'n wedstryd om 'n mes uit sy
sak te gaan haal om 'n speler wat hom 'n kaffer genoem het op die veld te
gaan steek. Hy kla dat dit onregverdig is dat hy vir 'n jaar geskors is, en
nou gaan daar weer 'n besluit oor sy skorsing gedoen word. Altyd iemand
anders se skuld.
Lynndie England wat met haar gefotografeerde optrede wys dat die Amerikaners
wel 'n Jerry Springer mentaliteit het. Haar ouers en gemeenskap weet nie wat
sy verkeerd gedoen het nie. Altyd iemand anders se skuld.
Gisteraand kom ek toevallig af op 'n onderhoud met Fanus Rautenbach en hy sê
toe 'n baie interessante ding. Hy sê hy is die moer in vir die Afrikaans
wat die algemene mens, veral jong mense, vandag in SA praat. Hy reken toe
die mengelmoes van Engelse woorde tussen-in is bloot net die luiheid van die
mens wat nie die moeite wil doen om die regte woorde te gebruik nie. Vat
die maklike uitweg, dus. Uit sy posisie as skrywer en gerekende gebruiker
van die Afrikaanse taal, moet dit 'n pyniging wees om die 'slang' te hoor
wat ons vandag praat.
Dis toe dat ek besef dat dit die kern is van meeste van die probleme
wat wit mense vandag het met die nuwe swart regering en sy manier van doen.
In die ou dae, met die vorige bestel, was daar in die staatsinstellings
sekere norme gestel waaraan voldoen moet word. Dit het nie in een dag of
een jaar gekom nie. Deur die jare is dit ontwikkel tot 'n goed ge-oliede
masjien wat die gemeenskap gedien het. Toe kom die oorgang en word mense
aangestel in poste waarvan hulle geen ondervinding het nie en waarvan hulle
die norme nie ken nie. Die bestaande amptenary wat oorgebly het van die ou
bedeling raak gefrustreerd en waai en so het alles verlore gegaan. Nou
sit hulle met mense wat eintlik nie 'n 'clue' het van hoe 'n
staatsinstelling eintlik rêrig behoort te fungeer nie. Kortpad word gevat
om die basiese dinge aan die lewe te hou en op die res pas hulle die norme
toe wat hulle self ken en nie noodwendig wat so 'n staatsdiens werklik
benodig nie.
Kyk mens na die vergryp en verwaarlosing van staatseiendom dan is dit
moeilik om dit te aanvaar as jy die verlede se standaard geken
het........ongelukkig ook 'n feit dat die nuwe regering nooit na die ou
standaarde toe sal kan terugkeer nie, want hulle het geen verwysings meer
nie. 'n Tragiese feit van Afrika en sy kits-politiek.
Nou is sy dood, en 'n klomp mense ween. Sunday Times berig gister dat sy op
27 April siek geword het. ST het 6 dae daarna die berig geplaas. Tot op
daardie stadium het geen politikus haar besoek nie. Na die berig tot gister
het 782 politici haar besoek. Gelukkig was sy heeltyd in 'n koma, en weet
niks van die besige verkeer nie.
--
Annette