Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Die onophoudelike weerligstraal " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ

Vr, 04 Junie 2004 03:30

DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
Charl-Pierre Naude

Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.

Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:

My vriende wat geïmigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.

Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.

Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeëets,
is 'n onophoudelike weerligstraal.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Nie so stadig ...

Do, 03 Junie 2004 20:38

Afrikaanse musiek en midi ... En die saait is nie so stadig nie Max.

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Zonder beter bestuur is Suriname kansloos

Do, 03 Junie 2004 13:35

"C@rio" schreef in bericht
:

> Van Ardenne: Zonder beter bestuur is Suriname kansloos
> DEN HAAG - Nederland wil de ontwikkelingsrelatie met Suriname op een
> zakelijker leest schoeien. Goed bestuur gaat nadrukkelijk een rol spelen
> bij de vraag in hoeverre de voormalige kolonie ook in de toekomst een
> beroep kan blijven doen op Nederlandse steun.
>
> "Als Suriname niet beter wordt bestuurd is het land kansloos", zei
> minister Van Ardenne (Ontwikkelingssamenwerking) donderdag tijdens een
> overleg met de Tweede kamer over het rapport 'Een belaste relatie'. Het
> rapport beschrijft de mislukking van 25 jaar ontwikkelingshulp aan
> Suriname. Of, zoals Van Ardenne het verwoordde, het over de balk gooien
> van 3,5 miljard gulden aan ontwikkelingsgeld.

Waarom wyk Afrikaners nie uit naar daardie - vanweë die wanbeheer na die
dekolonisasie - leeggeloop Suriname nie, en ontwikkel die land?
Hulle moet natuurlik meteen sê dat hulle weliswaar baie slegte rassiste is, maar desondanks bereid te wees die swakkere (swartes) te help.
Dis mos ook 'n kans om hulle taalkundige stempel af te druk:
Mens praat Nederlands in Suriname!

--
PietHein

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Help Asseblief - woord vir "Affirmation"

Do, 03 Junie 2004 13:24

Iemand help my gou asseblief. Ek kort 'n woordeboek hier. Wat is die Afrikaanse
woord/e vir "affirmation"? Moet my nou nie in vlamme doodskiet nie - affirm my
asseblief! ;-)
Colin

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nuwe rookwette

Do, 03 Junie 2004 11:16

Ek sien vandag die nuwe wette gaan eis dat geen rokery in openbare plekke
mag wees nie - selfs nie op pawiljoene tydens sportwedstryde nie;))
Ek sien al hoe lê ons snellerverskrikte polisie aan en skiet teiken op
rokers tydens wegstryde;)))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Fw: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel

Do, 03 Junie 2004 04:15

----- Original Message -----
From: "Navorsing"
Sent: Wednesday, June 02, 2004 9:59 PM
Subject: Voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel

Geagte Redakteur

Die huidige debat oor die voorgestelde naamsverandering van die
Hugenote-tonnel verwys:

Die aanduiding hiervan was in 'n nasionale Afrikaanse Sondag koerant van
23/05/04 geadverteer. Beswaardes is van die datum een en twintig dae tyd
gegun om besware te lewer aan die Nasionale padagentskap van Suid-Afrika..
DIe voorstel is dat die naam van die Hugenote-tonnel vervang moet word met
die ontslape ANC Minister van Vervoer se naam Dolar Omar.

Die Franse Hugenote het in 1688 na die Kaap gekom. Die Hugenote Monument
in Franschhoek is gedurende 1948 ingewy.
Die Hugenote Monument se simboliek kan in elf stadia verdeel word.

Kortliks kan die simboliek van die Hugenote Monument as volg opgesom word.

Die monument, die ontkoming en sielevrede van godsdiens onderdrukking
uitbeeld tesame met die gawes en talente wat die Hugenote saam met hulle na
die suid-punt van Afrika gebring het. Die gebruik van 'n vrouefiguur is ook
'n toonbeeld van die rol wat vrouens tydens die Hugenote se godsdiens
onderdrukking en koms na Suid-Afrika gespeel het. Die elf stadia van die
monument se simboliek kan ook as 'n aanduiding van 'n groep toekomsgerigte
mense gesien word.

Ek hoop en bid dat genoeg mense besware vir die voorgestelde naams
verandering van die Hugenote-tonnel sal aanteken. Daar is genoeg nuwe
ontwikkelinge om die ontslape minister te vereer as om 'n gat in die
geskiedenis van ons land te veroorsaak. Ons hoor gereeld van die president
van die land en andere oor nasie bou. Die blote feit dat die advertensie
geplaas is met die voorgestelde naams verandering van die Hugenote-tonnel is
'n aanduiding dat die president se woorde nie ernstig opgeneem word nie.

Die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika kan en mag nie uit rangeer
word deur sulke onsensitiewe gedagtes en gebare nie. 'n Mens kan net
spekuleer of die voorsteller van die naamsverandering enigsins kennis dra
van die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika

Hierdie is nie 'n kwessie van een moet wen een moet verloor nie, maar eerder
'n saak van gesonde verstand wat moet besef dat die blote voorstel vir die
naamsverandering onsensitief, 'n blatante fout en selfs 'n verskoning verg.

Ek hoop dat die voorsteller van die voorgenome naamsverandering goed onder
die besef sal kom dat sou die aksie voortgaan, enige gedagtes van nasie bou
onder die van ons Hugenote nasate wat nog nie emigreer het nie onherstelbare
skade berokken sal word.

Marthinus Jordaan

Jacobs Straat 19
Universitas
9301.

Jordaan navorsing (PhD projek) en genealogie:
navo...@mjsjordaan.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ

Do, 03 Junie 2004 01:23

Die grond van die voorvaders
Charl-Pierre Naudé

'n Paar jaar gelede het ek 'n naweek deurgebring
op 'n versaakte plasie, in noordoos Mpumalanga.
In hierdie streek, word gesê, kom die hoogste
insidensie grond-tot-lug weerlig in die wêreld voor.
Die hemelruim verdonker, alles word pers en silwer
en die pletterklanke begin. Soms slaan 'n hoë boom in vlamme uit.
My vriendin van Berlyn was saam, ons was verliefdes in dié tyd,
en baie ver van die huisie toe die storm opsteek.
Sy het verlang na haar eie stad, met sy kleed van droewe as.
In die wandeling kon ons voel hoe die lading in ons hare
en in ons klere oplaai, hoe die granietblokke
opstapel, in 'n onsigbare wêreld.
Die grondpaadjie het gekronkel na 'n oop plato,
'n hoë
grond
waar die woedende hemele al's doodslaan wat beweeg.
Die gerug, van 'n ou luiperd wat daar rondsluip..
Ons hartkloppe was hoorbaar, maar te laat vir omdraai.
Vroeër jare was daar 'n halfweg hut. Peule het geritsel.
'n Blikkerige getingel, van amulette in die bome.
Verby 'n kopbeentjie wat gryns op 'n stok.
"Jy weet daar's 'n vloek hier," sê ek; ontsenu, in 'n grap.
En net daar, vries sy: "Ons moet terug!", steek haar arm uit -
die fynhaartjies regop, die wortels wat trek; pluk aan my
en slaan voet in die wind daardie langbeenmeisie
soos 'n eksotiese volstruis oor die voorvadersgrond
van 'n uitgedelgde Afrika-stam die swart verskroeide stoppelland
bloedgrond haar rok wat opwaaier soos 'n waansinnige blomkroon,
die kelkie wat onder flits. Ek agterna. Sopnat.
Die huisie bereik.
Ons kerse het nog gebrand. Maar die plek was 'n gemors:
die tafeldoek 'n ent gesleep, glase omgestamp, borde op die vloer.
'n Wilde veldreuk het in die vertrek gehang. 'n Wind, dieper huis-

in.
"Maak alles toe! " skreeu ek. "Gou!" beaam sy terug.
Haastig sit ons die deurklinke op en haak die luike toe.
Die reën het swaar uitgesak. Hael en wind, blitsende donder.
Veilig oplaas. Of nie? Daar het ons staan en drup,
met glimlagte breed soos seilbote wat te water gelaat word.
Die aard van toordery, in die wegvlug loop jy daarin vas.
En as ek nou daaraan dink, het die onderdak ons nie gespaar nie.
Ons was steeds op voorvadersgrond, met al sy kaprise.
Enige twee minnaars nakend saam, is op voorvadersgrond.
Die aasdier? . dit was óns, die mens, wat bedel om versorging.
En die
weerlig?
Die laatmiddag se bliksemskigte -
wat met ons gebeur het met ons tuiskoms
op die oopte van die hart, waar geen mens kan wegskuil nie?
Dit was net genade. Bloot genade.

Prosa & poësie | 3 kommentare

'n Terroris

Wo, 02 Junie 2004 20:29

Verlede week het ons hier in die huis 'n terroris gehad.
Daardie het toe 'n vat met gasdruk laat ontplof!! Die skade was enorm!
Vandag het ek hom kan gryp! Hy het teruggekom in die huis maar ek het
hom kan insluit en hy kon nie meer vlug nie!
Ek voel me eie nou soos daardie Amerikaanse generaal wat in Baghdad
gesê het: "Ladies & Gentlemen, we got him!!!" (Dit was toe hulle
Saddam gevind het).
Sien hier hoe die vat uitgesien het toe hierdie nog nie ontplof was
nie:
http://users.skynet.be/fa112974/boerken.jpg (slegs 17 kB),
en sien ook die terroris by sy gevangeneming:
http://users.skynet.be/fa112974/Ek_het_hom.jpg (slegs 32 kB)

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vir Ferdi - Joernaliste

Wo, 02 Junie 2004 14:47

Ons het al voorheen hieroor gepraat, maar die stringe raak te lank en ek kan
nie onthou waaronder wat is nie!

Soos jy weet het ek so 'n effe van 'n probleempie met joernaliste en terwyl
jy beskikbaar is, sal ek baie graag die volgende van jou wil weet: Wat
kwalifiseer 'n joernalis vir 'n spesifieke rigting? Kyk, ons almal weet
dat 'n gekwalifiseerde joeranlis gaan universiteit toe en daar leer hy
sekerlik dinge ivm met die media, onder andere taalgebruik, samestelling,
ens. Gaan hy uit in die lewe en hy begin werk by 'n koerant of tydskrif
dan neem ek aan hy word aangestel in 'n afdeling waar sy belangstelling lê
en so deur die jare raak hy meer ervare in 'sy' veld en uiteindelik kry jy
'n sportjoernalis of 'n motorjoernalis, of wat ook al? Later dalk
sportredakteur, ens.
Nou, lees jy die koerante of tydskrifte, dan sien jy orals joernaliste
wat meings uitspreek oor die betrokke sport en baie van hierdie menings kan
verskriklik kontroversieel wees. Kom ons vat 'n voorbeeld: Sê 'n
motorjoernalis skryf oor motorsport en Formule 1. Sekerlik kyk hy die
sport baie op TV, lees baie nuusbronne daaroor en kry dalk ook geleenthede
om Grands Prix oral oor die wêreld by te woon en dit maak hom wonderlik om
oor die sport en die gebeure verslag te doen.
Maar nou is ons joernalis nie tevrede nie. Sensasie verkoop koerante
en sensasie gaan maak dat sy naam dalk op die voorblad verskyn, gewone
beriggewing plaas hom in die middelblaaie. As hy enigiets kontroversieel
kan opdiep, of skep, hoe beter vir sy toekoms dus. Wat maak dit bv saak of
Schumacher en sy span 'n GP met 'n meesterlike poging wen, as ons joernalis
toevallig gesien het hoe krap Schumacher dalk sy hol en hy het 'n foto, dan
het hy die voorblad. As hy sy woorde so kan omvorm dat hy die een of ander
kontroversie kan veroorsaak in verband met die bestuurders en hul aksies,
nog te beter. Die pen is magtig......en hy moet darem sy lewe verdien, hm?
Nou wil ek van jou weet: Hoeveel joernaliste ken jy wat 'n absolute
kenner is op 'sy' veld. Iemand wat oor Formule 1 skryf wat al self al
deelgeneem het daaraan. Of iemand wat oor rugby skryf wat self al
kompeterend op 'n hoë vlak gespeel het, ens. Iemand wat die 'inside' van
'n sport ken....wat wéét hoe dit voel om deel te neem en hoe moeilik dit is
om op 'n hoë vlak te presteer. Iemand wat nie net bloot sit en teoretiseer
nie, maar werklik weet wat aangaan. My probleem is dat hierdie mense, via
die media, 'n te groot invloed uitoefen op die publiek. 'n Invloed wat
hulle eintlik nie waardig is nie.
Moenie vir my kom sê van die vryheid van die pers nie. As die klas
ding toegelaat word, dan sê dit nie veel van die integriteit van die
joernalistiek en sy mense nie! Vat byv. die Rapport op Sondae. Die
sportredakteur sit Sondag na Sondag en skryf rugby en sy spelers stukkend in
'n sarkastiese rubriek wat HY en sy mense dalk dink is snaaks of pittig,
maar hy doen meer skade vir rugby as wat enige kak afrigter kan doen.
Dis waarom ek ook vir jou vra: Het joernaliste enige
verantwoordelikheid teenoor die publiek? Of steek julle dit onder die
vryheid van die pers weg? Wil jy nog weet oor hoekom ek nie van
joernaliste hou nie?

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Ge Korsten

Wo, 02 Junie 2004 11:29

HELP! I am looking for a record of Ge Korsten and Nellie du Toit singing
"will you remember". Can anybody help. Sorry My Afrikaans is not good enough
to write

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    403  404  405  406  407  408  409  410  411  412  413  414  415  416  417  418    »]
Tyd nou: Wo Nov 27 16:58:38 MGT 2024