Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Engels in Sjina

Di., 17 Augustus 2004 11:16

Sjina het onlangs besluit om Engels vanaf graad drie verpligtend te
maak. Dit het ook besluit om op te hou om skoolboeke te gebruik
wat van Britse oorsprong is. Dit wou ook nie skoolboeke hê wat
in die VSA hulle oorsprong het nie. Hulle keuse het dus geval op
twee Kanadese maatskappye om skoolboeke in Engels vir Sjinese
kinders te ontwikkel. Die feit dat Kanadese die Engelse spelling
van woorde soos "favourite" en "colour" behou, het natuurlik
ook vir hulle saak gemaak. Buitendien voel die kommunistiese
regering van Sjina 'n lang verbintenis met Kanada as gevolg van
die feit dat Norman Bethune, 'n Kanadese dokter, die "Long
March" saam met Mao Zedong deurgemaak het en in Sjina
legendariese status het. Bethune is in Sjina dood aan bloed-
vergiftiging. ('n Film oor die lewe van Norman Bethune is
'n ruk gelede gemaak, met Donald Sutherland, ook 'n Kanadees,
in die hoofrol.)
Die ontwerpers en uitgewers van die boeke vir verbruik in
Sjina het van die kans gebruik gemaak om Sjinese kinders in
aanraking te bring met sommige van die werklikhede van
Noord-Amerika wat nie altyd op die voorgrond is nie, soos
die lewens van Inuit-kinders in die verre noorde van die
vasteland.
Ek hoop ook dat hierdie werkboeke vir Sjinese kinders
vertel van Prince Edward Island. Want ek is byna seker
dat as die huidige graad drie meisies oor ag of tien jaar
taamlik vlot Engels kan lees, hulle dan net so verlief sal
wees op die boek "Anne of Green Gables" wat kult-status
in Japan bereik het. Dáár in Japan word die boek deur
meisies so wyd gelees, dat honderde en honderde
Japanese bruide verkies om hulle wittebrood in Prince
Edward Island deur te bring, of selfs daar te trou. Green
Gables, wat nou 'n museum is, het opskrifte vir alle
aankondigings in Engels en Japannees. Miskien sal
hulle dit later ook in Mandaryns moet aanbring.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Skokend

Ma., 16 Augustus 2004 20:22

Was dit nie skokend nie?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Wat een akelige bevolkingsgroep

Ma., 16 Augustus 2004 11:49

Thamon skryf in boodskap news:...
> Subject: 'Wat een akelige bevolkingsgroep';
> Message-ID: ;
> Date: Sat, 14 Aug 2004 14:01:39 +0200;
> Newsgroup: nl.politiek;
> From: "A" , who wrote:
>
>> Zojuist was ik in het Vondelpark en deed yoga in het gras. Er zat een
>> groepje Marokkaanse jongens op een bankje. Yoga kende ze kennelijk niet want
>> bij elke houding kreeg ik commentaar. Omdat ik niet reageerde werden ze
>> steeds agressiever. Het eindigde in "Vieze homo, flikker" e.d. Omdat ze met
>> 3 of 4 waren, besteedde ik er geen aandacht aan, want ik was alleen. Hebben
>> ze geen opvoeding, zijn ze gewoon slecht of zitten we hier met een groep met
>> genetisch slechte constellatie? Bah, wat zonde dat die mensen hier zijn.
>>
>
> Deze mensen zijn een waardevolle aanvulling op onze samenleving en cultuur.

Veels geluk met die "aanvulling"!!!!

> Maar jij kent hun waarde nog onvoldoende, en kijkt slechts naar oppervlakkig
> gedrag. Maar het gaat om wat er binnenin zit. Zeker sterk verzet tegen het
> militaire en culturele imperialisme van de Amerikanen. En dat is bij ons
> autochtonen sterk afgezwakt. Te sterk. De Pax Americana, of Pax Busha moeten
> we volstrekt afwijzen.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek en djy

Ma., 16 Augustus 2004 09:29

Dames en here, ons stel aan u voor:
die "Afrikaans" nuusgroep se singende koor.
Dit is maar 'n taamlik eklektiese groep
met klanke van oral wat tussenin poep.

Hier's Kase en Belge en Amerikaners -
Orania's en Britte en Australijaners.
Die ander vermy hierdie groep soos die pes
of vloek soms om die delikates te kwes.

Die besigste posser is seker Annette
wat praat en 'n mening oor elke ding het
en pront reageer uit sy oord die Suidwester
en dan sy nemesis - die kwaaie Tant Hester.

Daar ver sit Tant Hessie pedanties en kloek
oor al die uitheemsheid wat haar groep besoek.
Hier gee sy die Regses en Ingelses lip.
Haar sin vir balans? Elke skouer 'n tjip.

En DD in een van sy duisend gedaantes
stuur briewe wat, toegegee, soms interessant is.
'n Knorrige Ferdie kom deel soms sy seer
en TJ veg om ons plebs te kultiveer.

Wat hou so 'n kelurvolle groep bymekaar?
Wat maak dat ons praat al maak ander ons naar?
Ons gee maar die nuusgroep weer telkens 'n kans
want, wat ons gemeen het - ons laaik Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Artikel in die Rapport

Ma., 16 Augustus 2004 09:25

Vandag se Rapport dra die volgende voorblad artikel:

"Werkloosheid onder wit Suid-Afrikaners het die afgelope dekade met
197% toegeneem. Tussen 10% en 12% wittes leef volgens amptelike syfers
nou onder die bestaansminimum."

Ek werk in die IT industry in Ierland met die gevolg dat my 9-5 lewe
vol geskoolde mense is. En ek vind bittermin mense wat Affirmative
Action sien as goeie, gebalanseerde strategie.

My hart gaan uit na my mense...

Koeitjies & kalfies | 255 kommentare

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1573454,00.html

Ma., 16 Augustus 2004 08:52

Suider-Afrikaanse leiers sal na verwagting Maandag hul tradisionele
openbare steun aan pres. Robert Mugabe van Zimbabwe op 'n beraad gee,
ongeag oproepe om hom te isoleer, het afgevaardigdes Sondag gesê.

(beeld)

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Nuus | 0 kommentare

Bokke bo!

Ma., 16 Augustus 2004 07:18

Wat 'n wonderlike toets en 'n pragtige wen vir SA! Uiteindelik is die
Bokke weer 'n span wat lyk of hulle lus het om te speel 'n wel die ding kan
doen. Nou's dit Saterdag die Aussies in Durban en hopelik die Drie
Nasies-kroon.

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Ons eerste Goud

So., 15 Augustus 2004 22:21

Goud vir 4 x 100m aflos (swem) en 'n nuwe wêreldrekord daarby :) Ek glo ons
swemmers sal 'n paar individuele medaljes ook kan losslaan. Ek sit my
geldjie op Ryk Neethling en Terence Parkin...

Ek sien die Amerikaners sukkel bietjie hierdie jaar met die medaljes.
Gisteraand het ek gesit en kyk hoe sien hulle, hul gat met die
gesinkroniseerde (?) duik en vandag het Peurto Rico hulle lieflik geklop in
die Basketbal. Tot die kommentators het gekraai van plesier vandag oor die
Basketbal. Mens kan maar net sê, welkom terug op planeet aarde...

E

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Re: White slaughter

So., 15 Augustus 2004 19:41

On Sun, 15 Aug 2004 21:12:53 +0200, Just-me wrote:

> White slaughter
> in South Africa?
> Plans made to conduct campaign
> of genocide after Mandela's death
>
> ------------------------------------------------------------ --------------------

ag Just-you, soos ons hulle ken
sal hulle dalk dan weer op 'n staking wees

Didi

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

" Vraag aan die Boogskutter " deur ERNST VAN HEERDEN

So., 15 Augustus 2004 12:20

               Vraag aan die Boogskutter
                     Ernst van Heerden

Wat is die verste  wat die boog kan span,
hoeveel  kan  hierdie taai pees verdra.?
sal die vering van geloof
nou nog 'n laaste pyl
laat spring en stort,
(waar konsentries-swart die sirkels van die brein
'n klein heelal omspan),
en feilloos tot die kern dring..?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    374  375  376  377  378  379  380  381  382  383  384  385  386  387  388  389    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 06:42:28 UTC 2025