Vanaf Woensdagaand verlede week, was ek nog elke aand
in 'n vergadering, vanaand ingesluit. Sewe sessies na mekaar:-)
Eintlik komies, dink ek so by myself, in ag genome dat ek, tot ek
terwyl ek op kantoor was, botweg geweier het om 'n vergadering
by te woon, tensy ekself 'n insetsel moes lewer.
Vanaand, na twee ure se vergaderings en onderhoude met drie
aspirantintrekkers, kom kyk ek nuus, en as lekker ontspanning,
kom ek en 'n wit beker swart Nescafé kyk wat gaan aan op SCSAA.
En na al die Al-Quaida, Plaas, en Kaapstadstories, 'n hele rits
aanvalle en verdedigings sowel as ag voeitog ou Foeitog stories, en
emi/immigrasie sentimente, lag Dave Du Plessis so in sy mou, en dink
aan
Edna Buchanan se woorde:
'Friends are the family we choose for ourselves.'
Ook het sy gesê : True friends are those who realy know you
but love you anyway
Op 'n manier dink ek, het sy dalk van ons groep geweet.
This newsgroup is supposed to be about Afrikaans culture. If what I see
here is representative of Afrikaans culture, heaven help us. You are
all so hung up about the fuckin' Apartheid era tha you can't see past
the ends of your noses. Stop the bitchin'and moanin' and smell the
coffee, man!
Yeah, so everything is not hunky dory. But what's new 'bout that? The
previous "regime" (I HATE that word!) was a lot of wankers, so is the
new one. So is the USA's Bush-government and no doubt so will the
forthcoming Kerry-government also be. Learn to live WITH and USE the
system in your favour: dog eat dog, every man for himself and fuck the
rest, is what I say.
Or is it that your "culture" revolves around bitchin' and moanin'?
Can't you see the old hag from Canada is just stringin' you all along?
Everything she accuses you lot of, she does and much more, sometimes in
the very post that she harangues you with.
Sheesh, you ARE a lot of dumb motherfuckin' rockspiders!
Kunstekaap kon daarin slaag om ontwrigtings tot die minimum te beperk ná die
onlangse Teaterbrand op Maandag, 26 Julie. Sommige opvoering moes herskik of
geskuif, of gekanselleer word. Alle ander opvoerings in die ander drie
teaters - die Operahuis, Arena en On the Side - gaan voort soos beplan.
Die openingseremonie van die Kaapse Women of the World (WOW) Fees is na die
Holiday Inn, Strandstraat verskuif. Meeste van die ander feesvertonings sal
by Kunstekaap voortgaan (besonderhede hieronder). Die Russiese kamerballet,
Moskva, se drie vertonings van Vrydag en Saterdag is verander tot een
vertoning op Maandagaand, 16 Augustus in die Operahuis. Die Jazzart
Dansteater en CAFDA Dans se Celebration Ten + 50 is na Sondag, 19 September
2004 in die Kunstekaap-Teater geskuif.
Vertonings van die alom-gewilde kinderopvoering, Vlooi en die Reus / Kipper
and the Giant, is na die 700-sitplek Ouditorium by die Durbanville Hoërskool
verskuif. Met die skuif is 'n verdere 5 200 kaartjies beskikbaar gestel. Dit
kan by Cathy Beckman van Kunstekaap bespreek word by telefoon 021 410 9805.
Meer as 16 000 kaartjies is reeds verkoop.
Die jaarlikse Skole Kunstefees is ook gekanselleer.
Kunstekaapnuus sal voortgaan om lesers op die hoogte van sake te bring oor
alle nuwe verwikkelinge by die Kunstekaap Skouburg.
Boogie Nights - 28 Julie tot 15 Augustus
Die beste disko-treffers van die sewentigs gaan gehore in hierdie dolverhaal
oor daardie dekade in vervoering bring. Hierdie aanbieding se koorsagtige
energie vra vir meer in die Kunstekaap Operahuis! Kaartjies kos van R106 tot
R190 en is beskikbaar van Computicket http://www.computicket.com of
Kunstekaap Bel-'n-Sitplek, Tel: 021 421 7695. Om meer media-inligting,
skakel gerus Berniece Friedmann by Tel: 021 434 4951 of sellulêr: 082 892
5877.
Kaapse WOW Fees - 4 tot 8 Augustus
In die aanloop tot Nasionale Vrouedag op Maandag, 9 Augustus is die
Kunstekaap-Skouburg in beroering met uitvoerende kunste, lesings,
uitstallings en werksessies. Op Saterdag, 7 Augustus 2004 is toegang na alle
vertoning gratis
Vinger-Alleen op Vrydag en Saterdag 6 en 7 Augustus in die Kunstekaap On the
Side is 'n komedie deur Lindie Stander en Gaerin Hauptfleisch wat met die
daaglikse geklikhede van Suid-Afrika die spot dryf. Pasop. Niemand is veilig
nie!. Kaartjies kos R10.
Nongqawuse speel op 5 Augustus in die Kunstekaap Arena. Lede van die
Community Arts Project (CAP) gebruik teater, beelde, sang en dans om hierdie
deel van die Xhosa-geskiedenis op die planke te bring. Kaartjies kos R10.
Fragile Crossings is 'n dubbelaanbieding in die Kunstekaap-Arena, op 4 en 6
7 Augustus. Crossings gaan oor die tog van 'n vlugtelingvrou van Burundi na
Kaapstad. Fragile is 'n enkelstuk van 'n vrou wat uitvind dat haar metgesel
MIV-positief is. Die kaartjies kos R10.
Feelings and Feet in Kunstekaap On the Side op 4 en 5 Augustus is 'n
multimedia-aanbieding deur Mavis Smalberg wat haar poësie van die afgelope
dekade belig. Die kaartjies kos R10.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket http://www.computicket.com of
Kunstekaap Bel-'n-Sitplek, Tel: 021 421 7695. Om meer media-inligting,
skakel Merle Falken by Tel: 021 448 7948.
1975 - 11 tot 28 Augustus
Die bekroonde aktrises, Jana Cilliers en Antoinette Kellermann, lewer 'n
nostalgiese en genuanseerde terugblik op die 'goeie ou dae' toe Elvis
Presley en Maria Callas nog daar was, Sonja Heroldt beroemd geword het, en
miskien lui die name BJ Vorster en die Broederbond vir mense nog 'n klokkie?
Die stuk staan onder regie van Marthinus Basson en is geskryf deur Saartjie
Botha. Kaartjies kos van R50 tot R65 en is beskikbaar by Computicket http://www.computicket.com of Kunstekaap Bel-'n-Sitplek Tel: 021 421 7695.
Om meer media inligting, skakel Saartjie Botha op sellulêr 082 853 1484.
Moskva, Russese Kamerballet - 16 Augustus
Die drie opvoering van die Moskva, Russiese Kamerballet op Vrydag en
Saterdag, 13 en 14 Augustus is verander na een vertoning op Maandag, 16
Augustus in die Kunstekaap Operahuis. Die geselskap is in 1991 gestig en
bestaan uit 'n klassieke geselskap, 'n eietydse dansgroep en 'n grafiese
balletafdeling. Kaartjies kos van R130 tot R170 en is beskikbaar by
Kunstekaap-Bel-'n-Sitplek Tel: 021 421 7695 of Computicket
http://www.computicket.com. Teatergangers kan hulle kaartjies by die
Kunstekaaplokket of enige Computicket omruil. Om meer media inligting,
skakel Linette de Kock by Tel: 021 410 9812.
Vlooi en die Reus / Kipper and the Giant Man - 18 Augustus tot 4 September
Die minlike Vlooi / Kipper karakter uit die Oxford University Press se reeks
skuif na die Ouditorium by die Durbanville Hoërskool. Vanjaar het die
karakters 'n menigte uitdagings wanneer hulle deur die reus, Chester,
gekonfronteer word. Daar is weeksdae twee opvoerings en een opvoering op
Saterdag, 4 September 2004. Kaartjies kos R20 op weekdae en R30 op Saterdag.
Dit kan bespreek word by Cathy Beckman van Kunstekaap by Tel: 021 410 9805.
Om meer media inligting, skakel Margit Meyer-R�denbeck by sellulêr: 083 303
3430.
Teatersport - deurlopend
Hierdie interaktiewe improvisasie-komedie is die aanbieding by Kunstekaap
wat die langste aan die gang is. Dit herinner aan die geslaagde TV-reeks
Whose line is it anyway? Elke opvoering is anders en waarborg 'n lagbui per
minuut. Die aanbiedings is om 20:30 (8.30 nm) op Dinsdag- en Donderdag-aande
by Kunstekaap On the Side. Uiterste Teatersport op die eerste Dinsdagaand
van die maand is ekstra lewendig, want alle reëls word oorboord gegooi.
Kaartjies kos R30 (R25 vir studente) en is by die deur te kry. Om meer
inligting, en besprekings, skakel Megan Choritz by Tel: 021 465 6691 of
sellulêr: 083 440 3961.
Volgende aan die beurt
Ballet Gala, 'Occasion' - 21 en 22 Augustus in die Kunstekaap Operahuis
Anna Karenina - 24 tot 28 Augustus in die Kunstekaap Operahuis
Serenade-kompetisie - 23 August in die Kunstekaap Operahuis
Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reël
wat springend ritsel om die oog en oor.
Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reën lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.
Doller .. dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien : die koel rivier,
die gemsbok en reënvoël .. opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.
Iemand daar uit Windhoek stuur die storie - en in my eenvoud hoop ek kan dit
dien as ligte afleiding...
**************************************
MODERNE WEERGAWE VAN DIE DRIE BERE.
Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die
tafel,en hy kyk na sy klein papbordjie..
"Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".
Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot
papbord, en ook die is leeg.
"Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.
Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.
Haar gesig lyk soos 'n Hoëveldse donderstorm.
"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses
gaan?"
"Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en
alles weggepak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan
haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks
skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle
TV-kykery gisteraand."
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte
ondertoe te sleep en
Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer,
moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê
nie:
> Iemand daar uit Windhoek stuur die storie - en in my eenvoud hoop ek kan dit
> dien as ligte afleiding...
>
> **************************************
> MODERNE WEERGAWE VAN DIE DRIE BERE.
Dankie Jonas. Dit is'n heerlike storie,
vertel in keurige Afrikaans.