Suider-Afrikaanse leiers sal na verwagting Maandag hul tradisionele
openbare steun aan pres. Robert Mugabe van Zimbabwe op 'n beraad gee,
ongeag oproepe om hom te isoleer, het afgevaardigdes Sondag gesê.
Wat 'n wonderlike toets en 'n pragtige wen vir SA! Uiteindelik is die
Bokke weer 'n span wat lyk of hulle lus het om te speel 'n wel die ding kan
doen. Nou's dit Saterdag die Aussies in Durban en hopelik die Drie
Nasies-kroon.
Goud vir 4 x 100m aflos (swem) en 'n nuwe wêreldrekord daarby :) Ek glo ons
swemmers sal 'n paar individuele medaljes ook kan losslaan. Ek sit my
geldjie op Ryk Neethling en Terence Parkin...
Ek sien die Amerikaners sukkel bietjie hierdie jaar met die medaljes.
Gisteraand het ek gesit en kyk hoe sien hulle, hul gat met die
gesinkroniseerde (?) duik en vandag het Peurto Rico hulle lieflik geklop in
die Basketbal. Tot die kommentators het gekraai van plesier vandag oor die
Basketbal. Mens kan maar net sê, welkom terug op planeet aarde...
On Sun, 15 Aug 2004 21:12:53 +0200, Just-me wrote:
> White slaughter
> in South Africa?
> Plans made to conduct campaign
> of genocide after Mandela's death
>
> ------------------------------------------------------------ --------------------
ag Just-you, soos ons hulle ken
sal hulle dalk dan weer op 'n staking wees
Wat is die verste wat die boog kan span,
hoeveel kan hierdie taai pees verdra.?
sal die vering van geloof
nou nog 'n laaste pyl
laat spring en stort,
(waar konsentries-swart die sirkels van die brein
'n klein heelal omspan),
en feilloos tot die kern dring..?
So 'n paar jaar terug het ek beeldmateriaal op tv gesien van die '36
Olimpiese spele, waar die snaakste ding gebeur het.
Met maraton se einde, doen die atlete mos die laste rondte in die stadion.
'n Suid Afrikaanse atleet, (weet nie wie nie), hardloop voor die
hoofpawiljoen verby en dit lyk of hy die Nazi saluut doen. Die hele stadion
staan op soos een man en doen die saluut soos nou maar gedoen is in Nazi
Duitsland. Na die tyd (toe hy gevra word of hy 'n Nazi ondersteuner is) kom
dit aan die lig dat die kerel slegs vir sy vriende gewaai het wat hy in die
stadion sien sit het.
Het iemand anders dit al gesien? Wie was die atleet? Ek weet net ek sal dit
nooit vergeet nie, want tot vandag glimlag ek as ek daaraan dink.