Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Plaasensemble " deur GEORGE WEIDEMAN

Vr., 20 Augustus 2004 18:49

PLAASENSEMBLE
(Simfonie vir blasers, honkie-
tonk en mezzosopraan)
George Weideman

Druk ore toe. Die blasers is hier.
Of jy nou met varkedraf
of pitte of 'n gerf hooi opdaag,
hulle wag vir jou. Met instemming.

Saxofone kom nog oop en toe
met gespreide vlerke aangemakou;
tussenin, per ongeluk, die toetergeskal
van 'n klaroen. Al die kleppe oop,

oranje gulsbekke rondom. Een of twee
dissipels van Louis Armstrong. Sissend
van haas vir die finale aanslag
op jou ore. Jy tik met die aanroerstok

en die bokkolonie begin godslasterend
op hulle fagotte blêr. Langsaan, vol
misnoë, die stoetramme. Skoorsoekerig
met hul ramshorings.

Ingestel op harmonie en melodie,
hul asems soet en opdringerig,
die hobospelers. Tamaai tonge
wat vasvat. Jerseys wat ril van plesier.

Uit Boas se bulkamp kom die bastuba
en, afwisselend, hulle wat gestorte
are oppik: vinke en piekeloë
met fyn kwêlafluite en piccolo's.

'n Hele Heilsleër van hoenders
het ver in die veld hul bus verpas.
Kom, sketterend en onwaardig,
dwergtrompette vasgeknyp, aangeyl.

Honkietonkdonkie verbeel
hom 'n cowboykroeg. Hy't skoon
vergeet om in te stem. Karring aan
en aan. Sy tande soos geel klawers.

Nog verder opsy, neus omhoog,
wagtend vir haar solo, diva perd;
nie net maar nog 'n merrie nie. Callas,
minstens, op die toppunt van haar roem.

Eers as elke sak geskud is,
elke emmer omgedop, sak 'n stilte
oor die oopte. Net die ottegesnork
en, kort-kort, mesdun, 'n vals fagot.

Dempers? Daarvan weet hulle nie.
Sweer Stockhausen het saans
stoppels kaf uit sy hare geskud.

Prosa & poësie | 0 kommentare

ANC huil omdat "wittes" medaljes wen!

Vr., 20 Augustus 2004 18:36

ANC huil omdat "wittes" medaljes wen!

(Deur Jakkie Basson)

SUUR druiwe by die kommunistiese ANC-regime was duidelik sigbaar nadat
Roland Schoeman, Lyndon Ferns, Darian Townsend en Ryk Neethling 'n puik
prestasie in die swembad gelewer het deur die goue medalje in 'n
wêreldrekordtyd van 3 min 13,17 in die 4x100 vryslag tydens die
Olimpiese Spele in Athene te verower. Al vier is blankes.

Direk na die oorwinning van die vier het die kommunistiese ANC-regime
aangekondig dat Suid-Afrika sy sportbeleid in hersiening moet neem.
Daar is glo nie genoeg geleenthede vir swart "agtergeblewenes" om sport
te beoefen en te presteer nie. Hulle het veral daarop nadruk gelê dat
die saak op skool reggestel moet word.

Met die aankondiging van die Olimpiese span het Sam Ramsamy, voorsitter
van Noksa, gekla omdat 80% van die span uit blankes bestaan.

Armien Dharsey, ondervoorsitter van Ussasa, wat skolesport beheer, het
oor die viertal se oorwinning laat weet dat hy bly is oor die
prestasie, maar nie verheug nie. Die rede is dat daar nie genoeg
gedoen word om swart sportmanne op te lewer nie.

Bhekezizwe Zulu, 'n LP van die ANC, het gesê dat behalwe die een goue
medalje in swem, Suid-Afrika nêrens in Athene is nie. Dit het hy gesê
nadat die Olimpiese Spele nog maar in sy eerste week was, en vele
sportsoorte, soos atletiek, nog nie eers begin het nie.

Dit is baie duidelik dat dit vir die ANC en die swartes nie gaan oor
Suid-Afrikaanse sport en prestasies nie, maar omdat swartes nie
presteer nie, en hulle geen vreugde openbaar wanneer 'n blanke sportman
presteer nie.

Die ontnugtering van die swartes van die ANC blyk voorts daaruit dat
hulle nou ernstig is om swartes aan te moedig om aan sport deel te neem
en te presteer. Hulle wyt selfs die gebrek aan prestasies op die
sportveld aan die afskaffing van die liggaamsoefeningperiode aan skole.

Voormalige Model C-skole (blank) word ook in die skyf gekry omdat hulle
soveel doen om sportprestasies te behaal, terwyl by swart skole geen
vergelykbare programme bestaan nie.

Hulle kla ook steen en been omdat nie genoeg geld vir swart skole
beskikbaar gestel word om sportontwikkeling te bevorder nie. Hulle
voer aan dat transformasie in sport nie so bevorder kan word nie.

Dan meld hulle selfs dat swart sportmanne wat presteer, soos Herschelle
Gibbs en Makhaya Ntini dit slegs kon regkry omdat hulle voormalige
blanke skole bygewoon het. Hulle is glo "afgerokkel".

In die lig daarvan sê die ANC dat hulle sal volhou met kwotastelsels in
alle sportsoorte totdat gelykheid bereik is. Hulle oordeel ook dat
Ussasa nie genoeg doen om sport in swart gemeenskappe te bevorder nie.

Met hierdie uitlatings is dit duidelik dat die kommunstiese ANC-regime
weer met 'n hernude aanslag op sport wil begin. Die doel is nie soseer
om swart sport te bevorder nie, maar dit sal ook weer beteken dat
blankes wat aan sport wil deelneem, verder na benede getrek sal moet
word om de indruk te vermy dat dit slegs blankes is wat in sport kan
presteer.

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nog 'n grond-skok

Vr., 20 Augustus 2004 16:57

Nóg 'n grondeis-skok - groter as dié van Magoebaskloof - tref boere in
Limpopo met die afkondiging Vrydag van vier eise op 518 plase in die
Hoedspruit-gebied.

Die georganiseerde landbou het aangedui dat talle van die eienaars
hulle waarskynlik tot die grondeisehof gaan wend.

Die gebied wat geëis word is die grootste tot nog toe in Limpopo en
sluit in van die grootste vrugte- en groenteplase in die land, talle
vakansie-oorde en bekende wildplase en natuurreservate.

Baie geld uit die buiteland is oor die jare in talle van dié eiendomme
belê.

Mnr. Mashile Mokono, grondeisekommissaris van Limpopo, het Woensdag ná
'n gespanne vergadering oor die Magoebaskloof-grondeise in Tzaneen gesê
die jongste eise word Vrydag in die Staatskoerant afgekondig.

Dr. Theo de Jager, dagbestuurslid van Agri Letaba, het gesê luidens die
konsep-Staatskoerant word die betwiste gebied begrens deur die
Tzaneen/Hoedspruit-pad, die Klaserie-reservaat en die Klaserie- en
Olifantsrivier.

Volgens hom het drie groepe, die Maroba-stam, die Chiloane- en die
Moletele-gemeenskap saam vier eise vir die gebied ingestel. Hulle het
glo op 29 Julie as die Lekaung-gemeenskap saamgesmelt.

De Jager het gesê kommer bestaan - soos met die Magoebaskloof-eis -
omdat die nuus oor die eise die grondeienaars nou eers bereik, terwyl
die sperdatum jare gelede al verstryk het.

Hul grootste beswaar is dat die grondeisekommissie of die departement
van grondsake geen kosteberekenings rakende 'n eis doen voordat dit in
die Staatskoerant afgekondig word nie.

"In Hoedspruit, soos in Magoebaskloof, beteken dit die gebied se
ekonomie word in onsekerheid gedompel. Daarmee saam word investering
gedemp," het hy gesê.

"Die eiendomsmark gaan ook heeltemal bevries word totdat die eis
afgehandel is, terwyl geen bank grond as sekuriteit vir
produksielenings aanvaar nie."

Volgens hom moet die kommissie samesprekings voer met die
georganiseerde landbou om 'n strategie te ontwikkel vir die hantering
van grondhervorming.

mfou...@beeld.com

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Radio Stasies oppie Net

Vr., 20 Augustus 2004 14:24

Wat is julle gunsteling internet radio stasie(s)?

Musiek & liriek | 2 kommentare

www.beewatch.co.za

Vr., 20 Augustus 2004 11:15

Ek loop die site raak op die net. Hoogtyd!

www.beewatch.co.za

Cheers
Plato

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

malaria?

Do., 19 Augustus 2004 21:59

Welk gebied in SA is malariagebied??
groet,
martijn

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Julle wit Afrikaners

Do., 19 Augustus 2004 15:06

Lyk my julle het nie vrede al gemaak met die feit dat julle Afrikane is nie.
Julle stotter ammekaar terug verlede toe.
Dis nou as ek die nuusgroep lees.

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

toets

Do., 19 Augustus 2004 14:31

toets

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Herero's se Duitse verskoning

Do., 19 Augustus 2004 13:21

Tant Gloudina sal seker geskok wees om te hoor dat die Duitse verskoning toe
nooit die verwagte verskoning was nie en dat die spulletjie nou in twee
kampe verdeel is. Die kerke en hul mense reken die Duitse ambassadeur se
'toevallige verskoning' [dit was nie deel van die toespraak nie en sy het
dit agterna bygevoeg] was miskien nie so maptelik soos die ander manne dit
sou wou gehad nie, maar hulle's bereid om haar die voordeel van die twyfel
te gee en die verskoning [vir die oorlog let wel en NIE vir volksuitwissing
soos wat Gloudina wil storie nie] aanvaar met die hoop dat die Duitse
regering ook verder in die toekoms sal verskoning vra vir die Nama's, en so
aan.
Van die Herero-manne is nie tevrede nie en sê haar verskoning is 'n pot
stront want askies sê beteken niks nie.....hulle wil kompensasie hê. Die
Duitse regering sê egter hulle het hul laaste woord gespreek. Hulle
ondersteun ontwikkeling in Namibië aktief en gee geld vir bona-fide projekte
wat die hele land tot voordeel is, nie net een groep nie. Die laaste skote
is steeds nog nie geskiet nie............

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

blou mannetjie

Do., 19 Augustus 2004 11:45

`n Trokdrywer is op die N1 toe hy skielik `n klein geel mannetjie in die
middel van die pad sien. Die mannetjie huil hartverskeurend. Die drywer
stop en vra wat fout is.

`Ek is geel, kom van Venus af, is gay en baie honger.`

`Wel`, se die drywer,` ek kan vir jou`n toebroodjie aanbied, maar dit is
al wat ek kan doen.` Hy gee die toebroodjie aan die geel mannetjie en ry
aan.

`n Klein entjie verder, sien hy `n huilende rooi mannetjie in die middel
van die pad. Ietwat gefrustreerd, stop hy en vra wat fout is.

`Ek is rooi, kom van Mars af, is gay en baie dors.`

Die drywer sug en se: `Al wat ek vir jou het, is `n blikkie Coke.` en hy
gee dit vir die rooi mannetjie.

Nog `n ent verder, is daar `n klein blou mannetjie in die middel van die
pad. Erg geirriteerd, stop hy, draai sy venster af en vra hoogs
ongeskik: `Ja, jou simpel klein blou moffie, van watse f*kken planeet is
jy en wat wil jy he?`

Die klein mannetjie antwoord: `Jou bestuurslisensie asseblief, Meneer.'

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    372  373  374  375  376  377  378  379  380  381  382  383  384  385  386  387    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 08:28:22 UTC 2025