Ek lees tans 'n bundel bestaande uit kort stories geskryf deur Pirow Bekker.
Soms skryf hy bietjie te kripties vir my, maar ek hou van Die Lag, waar daar
op amptelike vlak besluit word dat die volk meer moet lag, want '"n nasie
wat lag is 'n gelukkige nasie, en 'n gelukkige nasie is een wat lag."
Hello almal. Ek onthou slegs vaagliks die notorious Standar-gang. Te
jonk. Ek het onlangs erens gelees dat Hollywood beplan om 'n prent te
maak oor hierdie perde. Sal iemand so gaaf wees om my hulle kaskenades
te vertel.
> 'Hurt feelings' win killer $1200
>
> 23.08.2004
> By BRIDGET CARTER
> The letter referred to a relationship MacMillan, 38, had with a
> Christchurch 16-year-old when he was completing a rehabilitation
> programme at a centre in the city in 2000.
Ek teken formeel protes aan teen hierdie gepos
in Engels van 'n stuk oor iets wat in New Zealand
(dink ek) gebeur het. Hierdie pos word alleen
hier gepos omdat 'n fascistiese Afrikaner dit het
teen die toepassing van westerse metodes en die
uitvoer van basiese menseregte. Hierdie fascistiese
Afrikaner kan nie 'n blou duit omgee dat in die
proses die AFRIKAANSE nuusgroep vervuil
word met Engelse poste nie. Hierdie fascistiese
Afrikaner en ander soos hy, wat die Afrikaanse
nuusgroep met Engelse poste vervuil, doen meer
kwaad aan die voortbestaan van Afrikaans as
enigiets wat die ANC sogenaamd kan doen.
Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
van hulle taal. Hölle is die vyand van Afrikaans.
Lees vandag in die Aftenposten dat die Munch museum in Oslo Noorweë beroof
is. Twee van Edvard Munch se bekendste skilderye (en my gunsteling), "The
Scream (Skrik)" en "Madonna" is gesteel. Die Madonna alleen, is so wat
$22.5 miljoen werd daar was nie 'n prys vir Skrik nie.
Die rowers het eenvoudig ingeloop, 'n paar gewere uitgeruk en die skilderye
met geweld gevat. 'n Mens sou dink daar sal beter sekuriteit in die Museum
wees, maar Noorweë is so te sê misdaad-vry, hulle het seker nie gedink
iemand sal die Munch Museum beroof nie. Net om te sien hoeveel die polisie
daar doen om die diewe te vang, wys my in watse tipe land ons leef. Alles
van troepe tot helikopters en skepe word gebruik om die mense te soek
(sorry, sukkel bietjie hier met die vertaling).
Blykbaar moes een vrou na die ongevalle eenheid geneem word, omdat sy so erg
aan skok gely het na die roof. Ek wonder darem hoeveel van ons sal vir skok
behandel moet word as ons 'n gewapende roof moet sien (sonder enige
ongevalle)! Ek kan nie verstaan hoe iemand so erg deur so iets geskok kan
word dat hulle mediese behandelik moet ontvang nie :)
Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse meisie
het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker rof
is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het 'n
pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is weg
met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
selfoon ook maar 'n gewone ding.
Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.
Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sê vir my die skieter
het 'n moordlus en ek dink nie so 'n persoon kan deur 20 jaar in die tronk
gerehabiliteer word nie. Hoekom moet die gemeenskap hom vir 20 jaar in 'n
gevangenis 'sponsor'? Dis 'n siek ding en verdien nie om te leef nie.
Hoekom is daar simpatie vir die moordenaar en niks vir die slagoffer nie?
Uit verveeldheid het ek toe nou maar vandag by hierdie nuusgroep ingeloer.
Ek het gereken dat daar dalk iets interessant sal wees om te lees.
Wragtag vind ek toe presies dieselfde snert wat op enige ander plek waar
Afrikaans aangetref word bespreek word. 'n Ewige gestry, beledig, nyd,
venyn om maar enkeles te noem.
Waar bring haat en nydigheid ons? Put ons regtig genot daaruit?
Almal praat van die toestand waarin ons land is ( ek vir een, besef dat die
land nie meer is wat ek/ons 'n paar jaar gelede geken het nie) en uiter die
een stuk kritiek op die ander verwyt. Beledigings word wild rondgeslinger en
raai wat; elke keer die selfde tipe aanmerking: ons is mense en hulle nie.
Is dit ons bydrae om die land te verbeter? Sal hierdie tipe aanmerkings 'n
plek vir almal verseker?
Neewat, ek sien maar swarigheid vir ons afrikanervolkie en ek dink ons
verdien dit elke dag meer.
Het vanoggend die interessantste dokie op TV gesien oor plaasanvalle.
Die plaasanvallers gebruik amper altyd ou tradisionele tekens om mekaar
te verwittig van die teiken, die plek en die tyd van so 'n aanval.
Daar is 'n boek oor die onderwerp geskryf. Boere moet byvoorbeeld uitkyk
vir plat gras in die omgewing van plaas geboue waar aanvallers die
omgewing voor die tyd vanaf dophou. Soek rondom dit vir tekens. Tekens
sluit in, draad wat snaaks gebuig is, takke wat gebreek word ensovoorts.
Die tekens is altyd ewe vêr uitmekaar en van hulle mag ander tekens
uitwys. Die boek maan egter boere om nie paniekerig te raak as hulle
tekens op hulle plaas sien nie, want dit word ook gebruik vir van die
werkers se tradisionele rituele soos mondigwording ensovoorts. Boere
word aangeraai om die polisie te betrek as tekens gewaar word sodat die
ware betekenis eers vasgestel kan word. Die polisie het mense wat die
goed kan lees.