Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Heilbron se Fentimfees

Wo., 01 September 2004 09:46

Klink of dit 'n vrolike spulletjie gaan wees.
Die plek waar die boerewors gebraai word. word genoem The Place of No
Return, en waar die kerrie-en-rys verkop word The Place of return.
Oom Paul se doodskis gaan ook opgeveil word.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

5 September 2004

Wo., 01 September 2004 09:43

Om 3nm is daar 'n Halelujakoorfees aan die gang in Kaapstad se stadsaal. Die
Tygerbergse Kinderkoor en die Walliese mannekoor gaan ook deelneem.

--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

september

Wo., 01 September 2004 07:45

Het is in Europa vandaag 1 september die somervakansie,juli en augustus
is voorby en nou begin van een nuwe skooljaar

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Goeie oue tyd

Wo., 01 September 2004 05:47

Ai, hoe bly is ek dat ek grootgeword het in die tyd dat op skool net
onderskei is tussen soet en stout, en as mens stout was het jy 'n raps
gekry.
Vandag se arme bloedjies mag mos nie op skool getug word nie, en is nou
onderhewig aan grade van oortredings om die straf te bepaal.
Hiervolgens, volgens Argus, die reels by 'n Laerskool in Rondebosch:
Oortredingsgraad 1: Afwesigheid, afskryf van huiswerk, oneerlikheid, "
cheekiness and disruption of classes".
Graad 2: Vergeet boeke tuis, laatkom, nie te leer vir 'n toets nie,
rommelstrooi. " unconcerned attitude in class, throwing wet toilet paper
against the ceiling, rollerblading or cycling on school grounds, appearance
problems, arrogance on sportsfield, soiled bathroom"
Graad 3: Slordige werk, eet in die klas, " busy with other things, learners
in staffroom , windy.
Graad X: Pornografie, vekragting, satanisme, diefstal, 'n onderwyser vloek,
rook, spoeg, " serious aggressive behaviour, extortion, carrying of
dangerous weapons, defamation of character, harming the school's public
image.

Eergister is drie graad een leerlinge volgens graad X aangekla omdat hulle
in die klas prentjies van die manlike orgaan geteken het.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Seënwense

Di., 31 Augustus 2004 19:22

Aan almal hier wat in die suidelike halfrond woon, geseënde Lentedag ;-)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

2 Franse joernaliste ontvoer oor kopdoeke in Frankryk

Di., 31 Augustus 2004 13:18

Frankryk is in rep in roer oor die spertyd wat vanaand verstryk nadat 2
Franse joernaliste deur Irakese ontvoerders die 2 gyselaar geneem het om
Frankryk te dwing om die kopdoek wet in Frankryk af te skaf. Die wet
poog om godsdiens van die regering te skei.

Stadig maar seker begin my woorde waar word. Europa gaan nog ontwaak en
soos ek voorheen gesê het, HKGK...

Groete
Plato

Koeitjies & kalfies | 54 kommentare

" Winter " deur DONALD RIEKERT

Di., 31 Augustus 2004 12:45

WINTER
Donald Riekert

Die mossie pik
vroegoggend by
die rotspoel teen
sy eie snawel vas
skop met sy pootjies
teen sy pootjies vas
en bly praat met
sy maat wat koud bly
lê in harde water

Prosa & poësie | 0 kommentare

Nog eise kom in Limpopo

Di., 31 Augustus 2004 06:09

Marietie Louw

Grondeise kan wel nog ingestel word op die grond van mnr. Tito Mboweni,
president van die Reserwebank, en so nege ander plase in die
Magoebaskloof-omgewing.

Mnr. Mashili Mokono, grondeisekommissaris in Limpopo, het Maandag gesê
nog eise in die gebied, sowat 70 km vanaf Polokwane (Pietersburg), gaan
in die nabye toekoms in die Staatskoerant afgekondig word.

Volgens hom sal Mboweni se grond, asook dié van mnr. Ngoako Ramatlhodi,
voormalige premier in Limpopo, en van mnr. Egenas Lekganyane, hoof van
die St. Egenas Zion Church, 'n splintergroep van die ZCC-kerk, moontlik
nog geëis word.

Dít kom ná groot ongelukkigheid onder grondeienaars in Magoebaskloof
omdat dié drie bekende Suid-Afrikaners se grond die enigste in die
gebied is wat nie geëis is nie.

Dr. Theo de Jager, lid van Agri-Letaba, sê Mokono het aan boere gesê
eise op Mboweni, Ramatlhodi en Lekganyane se plase kon nie bevestig
word nie. "Dit is absolute snert."

Volgens hom is boere beswaard omdat hulle vermoed dat die eisers se
grond voor 1913 onteien is en nie ná 1913 soos die Restitusiewet vereis
nie.

"Die meeste lede van die Makgoba-stam het net ná 1895 uit die gebied
getrek toe hoofman Makgoba se kop deur die Swazi's afgekap is. Ná 1913
was die meeste van hulle huurarbeiders op grond."

Mokono het Maandag gesê swart mense kon kragtens wetgewing in 1895 en
vroeg in die 1900's nie grond in hul name geregistreer het nie.

"Al die grond was in wit mense se name geregistreer. Swartes het net op
grond gewoon en was dikwels plakkers of plaasarbeiders. Ná 1913 is
hulle weens apartheidswetgewing verwyder."

Volgens Mokono dink wit eienaars dalk die eise op hul grond is nie
geldig nie, want hulle het bewyse dat die grond in hul name
geregistreer was.

"Dit tel nie, want swartes kon nie grond in hul name geregistreer het
nie, al het hulle daarop gewoon. Daar moet vir 'n restitusie-eis net
bewys word dat hulle op grond gewoon het en daarvan verwyder is ná
1913."

VF+ gaan vrae vra oor dié drie

Die VF+ het Maandag skerp daarop gereageer dat die grond van mnr. Tito
Mboweni, president van die Reserwebank, mnr. Ngoako Ramatlhodi,
voormalige premier van Limpopo, en mnr. Egenas Lekganyane, kerkleier,
in Magoebaskloof nie geëis is nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het gesê dit dui op "dubbele
standaarde en ruik na Zimbabwe se rassistiese wyse van
grondhervorming".

Volgens hom gaan die VF+ vrae oor dié kwessie in die parlement vra. "As
dit waar is dat dié drie se grond nie geëis is nie, stuur dit 'n
ernstige boodskap aan Suid-Afrika se boere en trek dit 'n streep deur
pres. Mbeki se versekerings dat grondhervorming in Suid-Afrika anders
as in Zimbabwe sal geskied."

bron : Beeld

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die logiese gevolge van "regstellings" in die landbou

Ma., 30 Augustus 2004 18:11

Die logiese gevolge van "regstellings" in die landbou

`n PAAR jaar gelede, toe die spreekwoordelike papaja die waaier
getref het in Zimbabwe, is iemand wat voorspel het dat Suid-Afrika
presies dieselfde pad gaan loop, maklik uitgelag of stilgemaak.
Niemand mag Suid-Afrika met Zimbabwe vergelyk nie, is gesê, want ons
grondwet is van so `n aard dat almal se regte beskerm word. Hier by
ons sal die chaos en "menseregte"-skendings van Zim nooit plaasvind
nie. Nou, nog nie eers vyf jaar later nie, publiseer die ANC/SAKP-
regime wetgewing wat hulle in staat stel om presies te doen wat
Mugabe en sy bendes in Zim gedoen het. Die enigste verskil is dat
hulle hier by ons nie eers die "oorlogsveterane" nodig sal hê nie.
Nee, hier sal hulle sommer van die begin af die mag van die reg en
die gereg gebruik om ons erfgoed te vat.

Ons het die afgelope weke gehoor en gelees hoe die ANC se nuwe
manifes oor "bemagtiging" van Swartes op plase en op landbougrond
vereis dat `n sekere persentasie van ons landbougrond oor sekere
tydperke eenvoudig aan die Swart massas oorhandig moet word. So mik
hulle daarna om oor die volgende tien jaar net mooi die helfte van
al ons aktiewe en produserende landbougrond vir bemagtingsdoeleindes
van eienaar te laat verwissel! Goed, `n mens kan sê dat die regime
hier by ons waarskynlik aanvanklik redelike kompensasie sal betaal
vir die plase wat hulle onteien. Maar dan is dit ook so dat boere
hulle nie meer op die hof sal kan beroep as hulle nie tevrede is met
die geld wat hulle aangebied word nie. Ons weet mos ook van die wet
wat onlangs ingestel is wat die regime in staat sal stel om `n boer
se plaas te onteien sonder die hulp van `n hofbevel.

Ek dink nie ons moet langer probeer redekawel oor of die ANC wel
plase eensydig en sonder vrywillige samewerking van die boer sal vat
nie. Om daaroor te wil stry is `n mors van tyd. Wat my betref kan
ons dit as `n feit aanvaar dat ons sulke scenario's binne die
volgende paar jaar sal sien. Wat belangrik is, is die stappe wat ons
nou nog kan neem om die komende krisis in hierdie land te oorleef.
In hierdie verband is dit belangrik om te besef dat as ons die Zim-
pad gaan loop ten opsigte van die onteiening van plase, sal ons
logies ook die Zim-pad loop ten opsigte van voedselskaarstes,
ekonomiese ineenstorting en uiteindelik ook hongersnood.

Net soos `n paar jaar gelede sal daar nou ook diegene wees wat sal
sê dat ons situasie "anders" is as die situasie in Zimbabwe en dat
ons daarom nie sommer dieselfde pad sal loop ten opsigte van
ekonomiese en sosiale ineenstorting nie. Vir diegene wat hierdie
standpunt wil huldig, wag daar ongelukkig `n ernstige ontnugtering.

Dit is `n feit dat Suid-Afrika se landbou-ekonomie een van die heel
belangrikste rolspelers en komponente van die totale landsekonomie
is. Veral ten opsigte van werksgeleenthede wat beskikbaar is, is die
landbousektor byna uniek. Daarby voed die landbouers van die land
letterlik die nasie. Dit is by wyse van uitsondering dat daar
enige stapelvoedselprodukte soos mielies of koring deur Suid-Afrika
ingevoer hoef te word. Die teenoorgestelde is eerder waar. Vir jare
al produseer Suid-Afrika genoeg graan om ook miljoene Swartes in
Afrika aan die lewe te hou.

Wat sal gebeur as die helfte van ons graanboere egter oor die
volgende tien jaar van hul grond verwyder word en met "opkomende"
of "ontwikkelende" boere vervang word? Sal ons nog genoeg graan
produseer om al die pense vol te hou? Die antwoord is logies - nee!

Die kultuur van Afrika het kommersiële boerdery nog nooit werklik
geakkommodeer nie. In Afrika gaan landboubedrywighede inderdaad
eerstens oor die oorlewing van die landbouer en sy familie. Daarom
is bestaansboerdery vandag nog hul eerste prioriteit.

Wat sal dus die praktiese implikasies wees van `n scenario waar die
helfte van ons aktiewe landbouers in hierdie land
met "ontwikkelendes" vervang word? Die antwoord is maklik - daar sal
eenvoudig enorme tekorte ontstaan. Soos in Zimbabwe sal dié tekorte
dan weer `n onbillike las plaas op die res van die land se ekonomie,
omdat geld iewers gevind sal moet word om kos in te voer. En so word
die hele ekonomie uiteindelik oor die afgrond getrek.

Die situasie kan vergelyk word met `n huishouding waar daar ook
drastiese verandering kom. Veronderstel Piet verdien R10 000-00 per
maand, waarvan hy maandeliks R2 000-00 spandeer aan kos om sy
familie te voed. Nou verloor Piet sy werk. Sy inkomste word dus
eenvoudig weggevat. Stelselmatig begin Piet om al sy reserwes uit te
put om sy familie aan die lewe te hou. Uiteindelik, as hierdie
proses voltooi is, verloor Piet sy huis, sy motor en gewoonlik ook
al sy kosbare huisware. En laastens raak Piet desperaat, want sy
familie begin honger ly.

Presies dieselfde scenario sal afspeel as hierdie regime voortgaan
om Blanke boere te onteien ter wille van die siek speletjie
van "regstellende aksie". Voor ons ons oë uitvee, sal Suid-Afrika
net nog `n bedelende Afrika-hool wees, waar mense sterf van honger
en ontbering.

Ons tyd is min. Te min. Daarom kan ons nie langer vertraag word deur
praatjies nie. Ons moet nou begin met `n alternatiewe plan. En
hierdie alternatief sal net suksesvol kan wees as Afrikaners kan
saamstaan en saamwerk en eie gewin opsy kan stoot. En as ons kan
saamwerk vanaf `n gemeenskaplike basis uit innerlike oortuiging.
Sammajoor Sooibrand

www.hnp.org.za

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Landbou & veeteelt | 0 kommentare

ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede

Ma., 30 Augustus 2004 17:49

ANC-Jeug kla oor blanke rykdom, swart armoede

(Deur Jakkie Basson)
NA tien jaar van democracy is dit steeds die blankes se skuld dat
die swartes so arm is. Blankes bly welvarend, terwyl die swartes
steeds nie die mas opkom in die nuwe Suid-Afrika nie, aldus die ANC-
jeug.

Dit was die klagte van Malusi Gigaba wat tydens die afgelope kongres
van die ANC-Jeugliga as leier uitgetree het. In sy uittreeboodskap
het hy 'n striemende aanval op blankes gedoen en hulle verwyt dat
swartes steeds in armoede voortploeter, terwyl blankes steeds die
welvarende deel van die bevolking uitmaak. Hy kla veral omdat daar
nie kapitaal beskikbaar is vir swartes om besighede mee te begin
nie. Blankes is nie bereid om hul rykdom met die swartes te deel
nie, en dit veroordeel hulle tot 'n voortgesette lewe van armoede en
agtergeblewendheid. Hy skryf dit toe aan "wit rassisme".

Intussen het Mbeki misluk om sy belofte uit te voer om
werksgeleenthede vir swartes te skep. Dit was een van die ANC se
verkiesingsbeloftes waarvan weinig tereg gekom het. Dat Gibaba
steeds voortgaan om blankes vir hierdie toedrag van sake te
beskuldig, is tipies van die ANC om hul eie onvermoë om te presteer
steeds te wyt aan blanke onwilligheid.

Gigaba is reeds bevorder tot adjunk-minister van Binnelandse Sake.
Daar kan verwag word dat die druk van die kant van die kommunistiese
ANC om blanke besit vir hulself op te eis, sal voortgaan. Dit is
immers ook een van die basiese uitgangspunte van die Freedom
Charter. Dat die ANC-Jeugliga dit nogeens beklemtoon het, is 'n
duidelike aanduiding dat hulle nog glad nie tevrede is met die
situasie in Suid-Afrika nie, en dat die blankes die skuld daarvoor
moet kry. Daar kan dus verdere maatreëls te wagte wees om rykdom in
die land te verdeel, soos hulle dit stel.

In sy toespraak het Jacob Zuma hierop voortborduur en die ANC-jeug
aangemoedig om die Freedom Charter te uit te leef, en die bepalings
daarvan ten uitvoer te bring.

Zuma het die tot niet gaan van die NP en hul aansluiting by die NP
as 'n groot oorwinning bestempel. Hy het in die besonder sy vreugde
daaroor uitgespreek dat die NP ook nou die Freedom Charter voor sy
afsterwe aanvaar het. Hy het egter gewaarsku dat die ANC bedag moet
wees dat hulle nie deur invloede van buite van hul mikpunte vervreem
word nie. Onder geen omstandighede mag die ANC van buite af
voorgeskryf word wat hy moet doen en wat nie. Of dit 'n bedekte
waarskuwing aan die nuwe lede van die ANC uit die NP is, bly 'n ope
vraag. Hy het die jeug van die ANC gemaan om hierteen te waak, en
nie bereid moet wees om toegewings te maak nie.

Wat ook kenmerkend van die byeenkoms was, was dat Gigaba die ANC-
jeug gewaarsku het teen senior politici van die ANC wat hulle kan
misbruik om hul eie agendas deur te voer. Hy het selfs daarop
gesinspeel dat hulle omgekoop kon word. Die aanloklikheid van geld
het al menige tot 'n val gebring. Dit dui daarop dat senior lede
van die ANC wel bereid is om hulle tot sulke metodes te wend, maar
dan ook dat lede van die jeug maklike prooi vir sulke aanbiedinge
word.

Dit is bekend dat Thabo Mbeki tydens die opvolging van Nelson
Mandela en sy stryd teen Cyril Ramaphosa sterk gesteun het op die
stem van die ANC-Jeugliga om Ramaphosa uit te skakel. Die
waarskuwing is dus nie ongegrond nie. Dit moet ook saamgelees word
met die ambisies van sekere leiersfigure. Dit is ook iets waarteen
Zuma in sy toespraak gewaarsku het, toe hy vermeld het dat leiers
nie moes toelaat dat hulle op sleeptou geneem word om sekere
denkrigtings in te slaan wat vreemd aan die ANC-denke mag wees nie.

Intussen het dit geblyk dat die ANC-Jeugliga onder dieselfde
magstryd as die senior organisasie deurloop. Veral die kommuniste
wil verhoed dat daar verder wegbeweeg word van die sosialistiese
strewes van die ANC. Derhalwe was daar sterk waarskuwings teen
diegene wat die "kapitalistiese" denkrigting inslaan, iets waarvan
die ANC-leierskap beskuldig word.

Die Jeugliga het hulle ook sterk uitgespreek vir versnelling van die
beleid van swart bemagtiging. Dit is ook duidelik dat hulle hul
heelhartig agter Jacob Zuma geskaar het as moontlike opvolger van
Thabo Mbeki.

www.hnp.org.za

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    367  368  369  370  371  372  373  374  375  376  377  378  379  380  381  382    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 09:54:29 UTC 2025