Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toordery

Sat, 04 September 2004 15:56

n' Ander moer het my vrou getoor. Sy het soos dag en nag verander. Enige
raat/hulp om dit terug te reverse.
Ben

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tannie Bouwer...

Fri, 03 September 2004 14:33

Toe vind ek vandag hierdie (Engelse) artikel, en dink aan u.

http://www.rsa-overseas.com/mboard_dir/507.shtml

Miskien voel ons maar almal so van tyd tot tyd....
Miskien moet tannie maar die foon optel en hom 'n luidjie gee...

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Dis Lente Innie Kaap

Fri, 03 September 2004 14:15

Vandag het ons gaan blomme kyk in die Waterfront. Daar was 'n kompetisie
waar deelnemers van blomme juweliersware moes maak - wonderlike kreatiewe
mense wat deelgeneem het.
Buitekant speel daardie slams met sy trompet en orkessie so lekker, mense
kon nie help om sommer daar in die pad 'n paar binnebouddraaie langarm te
vat nie:)))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vraag aan SuidWester

Fri, 03 September 2004 13:31

Suidtjie,

Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
Is dit waar?

Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
Is dit waar?

Ta

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

"Pionier " deur DONALD RIEKERT

Fri, 03 September 2004 13:17

PIONIER
Donald Riekert

Jy het nie sommer net
hier gebly nie
sommer net gelewe nie
met jou kort vingers
het jy takke van die
kameeldoring gebuig
en die vaalblou peul gepluk
met jou eie hande gemaal
en gesif as kos vir die bees
in die halfwoestyn
sodat ons wat kinders was
die melk kon drink
met die snaakse peulsmaak

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ons gaan Die Prez teikens haal!

Fri, 03 September 2004 07:31

Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie meer
leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat die
teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Oorlede

Thu, 02 September 2004 19:13

Net vir julle wat dalk nie weet nie, Andrew Abraham Stockenstom le
Fleur II is so 'n maand of wat gelede oorlede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DSTV Indian

Thu, 02 September 2004 14:42

Goeie dag

Daar is 'n kanaal op DSTV met die naam "DSTV Indian". Is dit nie dan
regverdig om 'n "DSTV Afrikaner" te skep nie? Ek weet KykNet is daar,
maar hipoteties gesproke. Ek sien nou die dag 'n Radio Metro advertensie
op 'n bus met die woorde "When you like your radio like your coffee -
BLACK...."

As mens iets soortgelyks sou doen maar met ""When you like your radio
like your coffee - WHITE" sou doen sal dit 'n kreet van teenreaksie
uitlok. Ek dink dit is tekenend van die absurde tyd waarin ons leef...

Groete
Plato

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

In the cut

Thu, 02 September 2004 09:27

Het iemand hier dit gesien?

Blykbaar sien ons hier in Europa 'n warmer versie as die res van die
wêreld... Die vool wat mens, in die openingsscene, jou hele skerm vol sien,
was glo 'n namaakvool...

Tannie Meg Ryan (53) mag wél haar tiete laat sien!!! ('n eerste vir haar)
Mooi lyfie, antie! Maar was dit nou nodig dat sy en die boy mekaar se
gesigte moet opeet? Dis nie die eerste keer dat ek sien dat hulle iemand as
"down and out" uitbeeld deur haar met die boys te laat meng nie... (Mag ek
sê "boy", of moet ek swartman sê?)

Op heel ander noot, sien ek nou die dag "Two days in the valley" met onse
eie Charlize Theron, op TV. Die filmpie het ek in SA gesien, ek weet nog dit
het my opgeval hoe min klere sy aangehad het. Maar nou die aand het sy alles
uitgetrek!!! Nou, 'n man is nie 'n klip nie, ek vergeet nie sommer 'n tiet
nie, maar ek was seker dat die film in SA nie haar tiete laat sien het nie.

Is Europa pervers, of is die res van die wêreld preuts? Hoekom sien ons meer
as julle?

Eat your heart out, Suidwester!

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Bladsye (1838): [ «    365  366  367  368  369  370  371  372  373  374  375  376  377  378  379  380    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 05:18:03 UTC 2025