Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vermiste Persoon

Wed, 15 September 2004 09:10

Gaan kyk asb by http://www.security.co.za/

Irene Vosloo is volgens die inligting wat aan ons gegee is op 4 Sept.
vanjaar geskaak en haar motor is nou net in Bloemfontein gevind. Help
asseblief om die inligting te versprei. 'n Mens weet nooit daar's dalk
iemand daar buite wat weet wat gaan aan en waar sy is.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoe spel mens ABSA verkeerd?

Wed, 15 September 2004 05:18

Volgens die plek-kompetisie se uitslae, was daar heelwat stemme wat
"bedorwe" was omdat deelnemers ABSA verkeerd gespel het.

--
Groetnis
Annette

Ekonomie & geldsake | 4 kommentare

Bedelaarbedieningetiket

Wed, 15 September 2004 05:08

Gisteraand luister ek toe weer na Voice of the Cape se inbelprogram.
Inbellers, meer vrouens as mans, meer Afrikaans as Engels, wat wou saampraat
oor die bedelende kinders.
Oor twee weke kan die mense kla or die taxi's.
Ongelukkig was ek op die pad, en kon nie inskakel nie.
Wat ek mee saamstem is om nie aan die kinders geld te gee nie,
Een ateljeegas het beweer as 'n bedelaar vir jou kos vra, moet jy eers vra
wat die bedelaar wil hê, of vra of die bedelaar wil hê wat jy kan aanbied.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Wat maak Oom Kalie daar " deur HENNIE AUCAMP

Wed, 15 September 2004 03:17

WAT MAAK OOM KALIE DAAR
Hennie Aucamp

1 Oom Kalie is die gasarties
in elke joint van Cannes tot Nice:
hy slaan sy vrou met die handsambok -
en soek jy slae, kry jy dit ok.

2 Oom Kalie doen sy naam gestand
in elke disko in die land:
hy suip en strip tot hy onthul
'n vyfster-bloukop-Boerelul.

Allersiele, 1997.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Re: Osama Bin Ladin Recent Photos

Tue, 14 September 2004 18:34

On Tue, 14 Sep 2004 11:49:08 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Hierdie link lei na 'n virus. Daar is reeds oor berig.

al hierdie tipes links, Ferdi, lei gewoonlik, nie na 'n virus maar na
'n trojan. Osama Bin Laden maak nou geld uit trojans.
Arnold Schwarzenegger het nou self 'n entrepeneurskap daarmee,
en so 'n hele paar ander.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA tien jaar van nou

Tue, 14 September 2004 15:26

Rubriek in Beeld van die ekonoom JP Landman
------------------------------------------------------------ ------------------------

Beeld-forum:
Oor tien Kersfese kan SA beter lyk
JP Landman

Oktober is dalk die mooiste, mooiste maand, maar Augustus het
opwindende politiek-ekonomiese nuus gebring. Nie dat ons daaroor praat
nie - die Olimpiese Spele en Travelgate sorg vir baie sappiger
geselskap.

Eers was daar 'n aardskuddende verslag wat omtrent geen aandag in die
media gekry het nie. Dit was Statistieke Suid-Afrika se verslag oor
bevolkingsgroei.

Die land se bevolkingsgroei is nou sowat 1,3% per jaar. Heelwat minder
as die 2% per jaar wat tot nou toe aanvaar is. Demograwe is al geruime
tyd skepties oor die 2%-syfer en die 1,3% stem ooreen met die meeste
demograwe se somme.

Voordat ons sê dis alles toe te skryf aan vigs, dit is nie. Die
verslag toon aan hoe die vrugbaarheidskoers afgeneem het van 5,7
kinders in 1970 tot 2,7 in 2004. (Die gelykbreekpunt waar die
bevolking nóg groei nóg krimp is omtrent 2,1). Die afname in
vrugbaarheid is toe te skryf aan verskeie faktore waarvan die
vernaamste twee verstedeliking en 'n verandering in die sosiale status
van vroue is.

Baie mense kyk na die groter wordende plakkerskampe om ons stede en
dorpe, skud hul koppe bekommerd en wroeg oor hoë bevolkingsgroei. Maar
plakkerskampe vertel ons meer van migrasie as van bevolkingsgroei.

Die verandering in vroue se posisie is al 'n dekade of meer aan die
gang. Tog is dit interessant dat pres. Thabo Mbeki voortdurend daarop
hamer. Hy het dit as nasionale prioriteit gestel in sy intreerede op
27 April, opgevolg met talle vroueaanstellings in openbare ampte en op
Vrouedag het hy selfs swartbemagtigingsmaatskappye gepak wat nie
genoeg doen om vroue te laat deel in hul oes nie.

Laer bevolkingsgroei verander alles. Die prentjie van te veel mense en
te min werkgeleenthede, te veel armoede en te min bronne, is nie meer
so oorweldigend nie. As die bevolking groei teen 1,3% per jaar is 'n
ekonomiese groei van 3% nie so trietsig nie. Per capita-inkomstes styg
en daar is meer welvaart om in te deel en om te verdeel.

Terloops, omtrent 'n maand nadat Statistieke SA se verslag uitgereik
is, gebruik twee dagblaaie steeds die 2%-syfer om in hul hoofartikels
te kla dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei nie. Dis onvergeeflik!

Vooruitgang en modernisering begin wanneer mense en bronne in balans
begin kom. Dit lyk my Suid-Afrika het dié punt bereik. Wat die land
nie teen Kersfees gaan verander nie, maar wat dit wraggies oor tien
Kersfese gaan doen.

Die ander goeie nuus in Augustus is alles aangekondig in een week
tussen 20 en 27 Augustus.

Eers het Maria Ramos 'n drastiese nuwe strategie vir Transnet
aangekondig. Gelees saam met ander aankondigings is die bottom line
dat alle nie-kernsake verkoop gaan word (privatisering); dat dié geld
gebruik kan word om broodnodige infrastruktuur te verbeter
(investering); dat die private sektor in die bedryf van hawens
ingebring gaan word (deregulering); dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens
waarskynlik op pad is na privatesektorstatus (hoewel Alec Erwin dit
nog ontken); en dat daar 'n sigbare klem op doeltreffendheid is.

Daarna gooi die minister van telekommunikasiewese in 'n big
bang-aankondiging die hele telekombedryf oop. Agt jaar van Jay
Naidoo-denke word by die venster uitgegooi. Dis nou moontlik om meer
investering, meer werkgeleenthede en meer ekonomiese aktiwiteite te
genereer. Dan was daar 'n paar klein aankondigings ook: die
Lughawensmaatskappy maak bekend dat hy maniere soek om te noteer; 'n
voorgestelde wetswysiging in die parlement bring ons 'n stap nader aan
die deregulering van die brandstofbedryf. Alles tekens van 'n oper
ekonomie.

Hierdie stappe kon nie sonder baie sterk politieke rugsteun
aangekondig word nie. Trouens, die Transnet- en telekom- aankondigings
kom regstreeks uit die prioriteite wat Mbeki tydens sy staatsrede ná
die verkiesing gestel het. In daardie rede het Mbeki sy regering tot
85 spesifieke aksies verbind, 28 van hulle oor ekonomiese groei. 'n
Paar van hulle is in Augustus nagekom.

Die resultaat is 'n oper ekonomie, groter produktiwiteit, meer
investering. Dit werk die negatiewe impak van vigs en misdaad teë en
gaan die groeikoers bo 3% help.

Met 'n bevolking wat groei teen 1,3% en 'n oper ekonomie het die land
beter vooruitsigte as toe die goudprys $850, die ekonomie geslote en
bevolkingsgroei 2,5% was. Voeg by 'n beter verspreiding van welvaart
weens demokrasie en 'n mens kan die lente in die lug ruik. Geniet die
mooiste, mooiste maande.

Koeitjies & kalfies | 113 kommentare

Swart vrouens in VSA moedig dogters aan om wit mans te soek

Tue, 14 September 2004 11:43

Tans program op e-tv wat gaan oor swart moeders in VSA wat hulle dogters
aanmoedig om wit mans te soek omdat hulle dink swart mans is sleg vir
hulle...

Woooooooooweeeeee hier kom dinges!

Groete
Plato

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Graaf Reinet

Mon, 13 September 2004 10:32

'n Bietjie plaaslike inligting vir julle wat daar ver sit en dalk nie
daarvan weet nie. RSG het die laaste tien dae of so 'n ding aan die
gang gehad waar hulle luisteraars gevra het om hulle te SMS met
voorstelle oor die dorp waar hulle Monitor en Spektrum (twee
aktualiteits programme) se dertigste en tiende verjaarsdae,
onderskeidelik, wil vier.

Graaf Reinet het loshande gewen, gevolg deur Kathu en Colesberg. Die
mense kon nie 'n beter keuse maak nie. Graaff Reinet is een van die
oudste dorpe in die land (derde of vierde) en propvol geskiedenis, van
die Voortrekker en Britse soort.

Kathu was 'n groot verrassing. Nog 'n groter verrassing was dat De
Rust vyfde of sesde gekom het.

Al probleem war ek persoonlik met die viering het is dat onse Niekie
van dEN Berg (hy spreek altyd sy van uit met klem op die DEN) dit gaan
aanbied. Ek sal nie eers na my agterplaas toe loop om hom te sien of
hoor nie. Dalk sal Annette met my saamstem :-) Ek het 'n geheue soos
'n ofilant :-)))

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Losskakels

Mon, 13 September 2004 08:55

Na die naweek wemel dit skielik van losskakels wat volgens die onderskeie
provinsies in die bokspan moet speel.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Septemberkind " deur MARLISE JOUBERT

Sun, 12 September 2004 02:55

Septemberkind
Marlise Joubert

Mooi is die land se tuine
in die maand van mane en van reën
maar my dae is droef soos winterreën

en die wind kom aangewiel
soos 'n koets oor die heuwels

gelaai met blomme en saad
tollende vinne van bloekomblare
wat speek deur die lug oor die pad
die smal pad
waarin ek gekreukel loop

mooi is lemoene
in sakkies of kissies of in bome
altyd mooi soos oop monde son
maar in my skoene skuur en skaaf
die growwe sand

en ek loop gekreukel soos 'n kind
met verlange na my enigste ma
waar lugkastele nie meer nodig is nie
en haar vel die geur van koeltes dra

want sy roep die getye bymekaar
sy beskerm die muise en miere teen aasvoëls
sy is leeu se kind 'n ma koningin
sy is die oersee wat 'n ogie
oor skeepswrakke hou
wat haar huis verander in 'n baarmoeder
as ek so wil of 'n oor of 'n wieg
vir moeë ledemate as ek so wil

sy is die koel septembervywer
in die binneland van elke kind

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    361  362  363  364  365  366  367  368  369  370  371  372  373  374  375  376    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 02:00:35 UTC 2025