Ek neem aan julle het die twee "opening shots" gesien van wat beloof
om een van die mees fassinerende politieke stryde van die dekade te
word?
Wie Thabo gaan opvolg.
Eerste skoot was die Gauteng ANC wat in 'n besprekingsdokument aan sy
takke gese het om te begin praat oor 'n opvolger.
Tweede skoot was Kgalema Mothlante, die ANC se sekr-genl, wat in 'n
toespraak gese het swart ekonomiese bemagtiging werk nie want 'n
handjievol swart entrepeneurs word oor en oor "bemagtig" en die gewone
mense kry geen voordeel. Mathlante se wortels in naturlik Cosatu.
In die ANC is daar die volgende bree groepe: Robbeneilanders, exiles,
oud-UDF en Cosatu (waarby die SAKP ingesluit is).
Die Eilanders is bejaard en tree uit die politiek, maar het nog
invloed.
Thabo is 'n exile. Die exiles se kern-waarde is in die afrgelope
dekade gedefinieer as liberale demokrasie met steun vir die vrye mark.
Die UDF is pretty much 'n mengsel van sosialiste tot by kapitaliste,
maar hul definierende warde (soos ek dit sien) is waarskynlik
nie-rassigheid. Dit het hulle gedefinieer in die apartheid-tyd en
hulle het geleer wat die langtermyn en morele waarde van werklike
nie-rassigheid is.
Cosatu oorvleuel baie met die UDF-faksie, maar Cosatu is meer die
sosialiste. Hulle het egter ook nie-rassigheid as kern-waarde.
Die kwessie van wanneer die opvolging bespreek word, is ook relevant.
Jacob Zuma as adjunk-pres sal verkies dat dit nooit bespreek word nie.
So kan geen ander kandidaat 'n goeie saak vir homself maak nie.
Terror Lekota sal seker verkies dat dit later bespreek word. Hy wil
dit bespreek want hy wil 'n saak maak, maar later bespreek kan die
buite die regering vir 'n tyd op die rant van sinryke besptreking hou
terwyl hy binne die regering kan werf.
Die buite die regering sal seker sou as moontlik die bespreking wil
begin.
Kandidate sover:
Jacob Zuma. Adj.pres, maar nie Thabo se keuse nie. Hy word oral
ingesleep by beweerde skandale. Dalk werklike skandale, maar niks is
nog bewys nie. Dit is egter modder wat kan vassteek.
Nkosazama Dlamini-Zuma (Jacob se ex). Die enigste vrou. Klaarblyklik
Thabo se keuse. Kan teen haar tel dat sy 'n vrou is.
Terror Lekota. Oud-UDF. Tans minister van verdediging.
Trevor Manual. Oud-UDF. Tans minister van Finansies. Dit kan teen hom
tel dat hy bruin is.
Saki Macozoma. Oud-UDF. Hoog in ANC, maar buite regering. Suksesvolle
sakeman.
Cyril Ramaphosa. Oud-UDF en voormalige baie suksesvolle
sekretaris-genl van Cosatu . Tans buite regering, maar baie hoog in
ANC (het in 2002 die tweede meeste stemme na Manual gekry toe die ANC
se nasionale uitvoerende komitee by die ANC se kongres gekies is).
Suksesvolle sakeman.
Verder word Charles Nqakula, tans minister van sekuriteit ook genoem.
Hy is ook oudf-UDF en SAKP/COsatu.
Annette, het jy al so iets gesien? Ons toer nou die dag deur Okahandja en
by 'n slaghuis daar wat op biltong spesialiseer, sien ons dié goete. Dis
twee rieme vleis gevleg met een riem vet in 'n koeksister en dan word dit
vasgesteek bo en onder met 'n tandestokkie en gedroog. As jy hou van
biltong, dan sal jy nou al begin kwyl! Dit smaak wonderlik en natuurlik
sal 'n ou se dokter seker die stuipe kry, maar dan leef en vreet mens net
een keer?
Ook nie noodwendig Wacom s'n nie, maar dìt is een van
die gunstelinge volgens sommige nuusgroepe.
Ek is nogal nuuskierig daaroor, en sal môre (of so) vir
Incredible Connection of Game of diervoege plek gaan kuier
en net miskien erens een kry wat gedemo word.
Toe ek so deur die argiewe blaai, en na die foto kyk, kon ek darem nie
help om daaraan te dink dat die yankees ook nou nie regtig
Sondagskoolkindertjies is nie.
Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en nie
wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng nie. Jy
reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die apartheidsvarke
en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op die Oranjerivier, of
Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland is 14km lank en 3km breed,
maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
die dorp Kanoneiland self.
Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep gewees....genoem
die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die Taaibosse, Seekoeie,
Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie, Skerpioene of Spinnekopdrade.
Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens 'n Liegbek groep gesien nie, so nou
wonder ek van watter van die groepies was die antie dan gewees?
WaaisPrez Zuma is tans in Sjina - besig om dik pelle te raak met die snare -
besigheidsgewys:))
Nietemin, ons moet waak dat ons regering nie die Oosterse
besigheidsbeginsels te sterk hier toepas nie.
1) Mense in die landelike gebiede moet toestemming kry om 'n werk in 'n
stedelike gebied te doen. Sodra die werk klaar is, kan hulle 'n ander werk
kry, of terug gaan na die dale en valleie.
2) Hierdie werkers bly almal saam in behoueringskratte wat by die werkgewer
opgerig is - dus geen reis en verblyfuitgawes vir hulle nie, en hulle word
glo vergoed volgens wat die eienaars dink markverwant aan die produk is.
3) Daar is geen vakbonde nie.
4) Daar is geen minimumloonvasstelling nie
5) Geen stakings of betogings tov van lone of werks- en verblyfomstandighede
word toegelaat nie.
6) Die besigheidselite se oogmerk is om 'n produk so goedkoop as moontlik,
met die hoogste moontlike wins, op die mark vry te stel.
--
Groetnis
Annette
'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
--
Groetnis
Annette
Van hier af voel ek nogal jammer vir die arme Amerikaners - albei deelnemers
was so vaag as moontlik oor feite, en dieselfde ou storie is oor en oor
herhaal. Bush maak weereens staat op stiltes om die indruk te wek hy dink
oor antwoorde. Kerry het 'n gulde geleentheid laat verbygaan om harde
syfers, van die aantal soldate wat elke maand in Irak dood is, weer te gee.
Hy weet seker nie.
Hoop die volgende debatte is beter, maar ek twyfel.
Dit is nou die twee top kandidate vir die leiersposisie van die
wêreldmoondheid? Hemele behoede ons!
--
Groetnis
Annette