Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Amerikaanse Tegniek - 43746_behead.jpg (0/1)

Vr., 01 Oktober 2004 20:20

Toe ek so deur die argiewe blaai, en na die foto kyk, kon ek darem nie
help om daaraan te dink dat die yankees ook nou nie regtig
Sondagskoolkindertjies is nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kanoneiland...vir Gloudina!

Vr., 01 Oktober 2004 12:21

Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en nie
wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng nie.  Jy
reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die apartheidsvarke
en neuk julle storie op?  Daar's net een eiland op die Oranjerivier, of
Gariep soos hy vandag bekend staan.  Die eiland is 14km lank en 3km breed,
maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens.  Op die eiland is
die dorp Kanoneiland self.
    Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep gewees....genoem
die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die Taaibosse, Seekoeie,
Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie, Skerpioene of Spinnekopdrade.
Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens 'n Liegbek groep gesien nie, so nou
wonder ek van watter van die groepies was die antie dan gewees?

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Sjinese besigheid.

Vr., 01 Oktober 2004 10:58

WaaisPrez Zuma is tans in Sjina - besig om dik pelle te raak met die snare -
besigheidsgewys:))
Nietemin, ons moet waak dat ons regering nie die Oosterse
besigheidsbeginsels te sterk hier toepas nie.
1) Mense in die landelike gebiede moet toestemming kry om 'n werk in 'n
stedelike gebied te doen. Sodra die werk klaar is, kan hulle 'n ander werk
kry, of terug gaan na die dale en valleie.
2) Hierdie werkers bly almal saam in behoueringskratte wat by die werkgewer
opgerig is - dus geen reis en verblyfuitgawes vir hulle nie, en hulle word
glo vergoed volgens wat die eienaars dink markverwant aan die produk is.
3) Daar is geen vakbonde nie.
4) Daar is geen minimumloonvasstelling nie
5) Geen stakings of betogings tov van lone of werks- en verblyfomstandighede
word toegelaat nie.
6) Die besigheidselite se oogmerk is om 'n produk so goedkoop as moontlik,
met die hoogste moontlike wins, op die mark vry te stel.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hy het 'n punt beet

Vr., 01 Oktober 2004 10:17

'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

VSA debat

Vr., 01 Oktober 2004 06:01

Van hier af voel ek nogal jammer vir die arme Amerikaners - albei deelnemers
was so vaag as moontlik oor feite, en dieselfde ou storie is oor en oor
herhaal. Bush maak weereens staat op stiltes om die indruk te wek hy dink
oor antwoorde. Kerry het 'n gulde geleentheid laat verbygaan om harde
syfers, van die aantal soldate wat elke maand in Irak dood is, weer te gee.
Hy weet seker nie.
Hoop die volgende debatte is beter, maar ek twyfel.
Dit is nou die twee top kandidate vir die leiersposisie van die
wêreldmoondheid? Hemele behoede ons!
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 353 kommentare

Kleinkinders

Do., 30 September 2004 23:47

Gloudina, vertel bietjie van jou kleinkinders. Is hulle slim soos hulle
ouma? Sien jy hulle dikwels? Is jy streng met hulle, of bederf jy hulle.

Hoekom ek vra, my vriendin se ma (wat ek skat is so jou ouderdom, die
vriendin en haar ouers woon hier) se haar kleinkinders word baie anders
groot as wat haar eie kinders (in die Vrystaat) grootgeword het, of wat haar
suster se kleinkinders grootword. Dat ouma en oupaskap meer relaxed is hier,
en nie so streng is nie. Stem jy saam?

Dit laat my ook dink aan baie senior burgers hier wat agter op hulle
motors plakkers het wat sê, 'Ask me about by grandchildren", ek vind dit
bietjie snaaks, maar mens is mos darem altyd trots op jou kleinkinders.

Ellie - wat nog laaang jare gaan wag voor ek eendag ouma is ;-)

(En geen nasty opmerkings van die peanut gallery nie asb. hierdie is n
vredeliewende thread) Dankie ;-)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Tigh Mor

Do., 30 September 2004 23:32

Wie weet iets van Tigh Mor. Is dit n distrik, n kasteel of n berg? Ek kan
nie n duidelike antwoord kry as ek n google doen nie.

Ellie

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Clintons

Do., 30 September 2004 06:05

Sien gister die storie oor Hillary Clinton in die Huisgenoot. Ou Bill
Clinton het glo honderde vroumense gelooi in sy tydjie in die politiek en
die Lewinski-storie was maar van die enkele wat openbaar geraak het. Nou
reken hulle daar brand ook 'n vuur in Hillary wat nie maklik geblus word
nie, al probeer sy hoe hard. Sy het al die jare 'lovers' gehad en die
verontwaardigheid oor Bill se indiskressies was ook maar alles 'pose' want
hoe kan jy iemand veroordeel as jyself agter die deur rondhang? Tog sê
hul;le dat sy vir Bill geslaan het.....of met goeters gegooi het.
Sjit, hierdie ding gee vir my groot lag. Die spul demokrate in die VSA
se held en heldin is wat jy ligtelik as hoere kan klassifiseer, tog is dit
vir 'n groot deel van die Amerikaanse publiek duidelik aanvaarbaar dat 'n
regeringshoof wat veronderstel is om 'n mens van karakter te wees en waghond
is oor die hele Amerika, in die rioolslote van die lewe kan rondkarring met
hulle goedkeuring! Wat sê dit van die spul Amerikaners?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Lag jy, of huil jy?

Do., 30 September 2004 05:55

Darem hier by ons boeregemeenskappe hou die manne so af en toe vergaderings
en so van tyd tot tyd kry die komitee mense vanuit die regering en politieke
partye om die manne toe te spreek, veral oor die onsekerheid van die
plaasgrondkwessie in die land. Die praktiese probleem vir die boere is dat
daar nie 'n vaste stel reëls is waarvolgens die regering werk nie. Wie
ookal die minister verantwoordelik is op die oomblik, se interpretasie van
die storie is die een wat geld.
Nou staan een Herero politikus op, hyself ook 'n boer, en hy reken dat
die regering vinnig 'n stel reëls sal moet kry want die hele storie is besig
om die landbou sleg te beïnvloed en is boere traag om sy plaas verder te
ontwikkel of te verbeter want hoe weet hy hy steek 'n klomp kapitaal in 'n
nuwe projek in net om later onteiein te word nie? Baie van die ouer boere
besluit om te konsolideer en hou net genoeg diere aan om die kostes te dek,
raak ontslae van meeste van sy werksmense en sit sy eiendom terug onder
bankskuld en belê die kontant in ander sektore van die nywerheid, of selfs
kry dit die land uit.
Toe kom daar hierdie senior sekretaris van 'n vrou wat haar graad
duidelik êrens gekoop het want sy kan skaars behoorlik verstaanbare Engels
praat, en reken dat die boere nie negatief teenoor die regering moet wees
nie en moet investeer in hul boerdery en moet tog nie ontwikkeling stop nie!
Vertrou op die regering en die stelsel, pleit sy!
Watter stelsel, wonder jy? Dieselfde regering met sy staatshoof en
mense onder hom wat eintlik niks op vergaderings te sê het behalwe hoe sleg
die wit boere is nie? Na 15 jaar van absolute meerderheid in die regring,
is hulle steeds bang vir die boere en die haatspraak vloei van elke verhoog
af. Laat my dink, Gloudina sal goed vaar in 'n pos in ons regering!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    354  355  356  357  358  359  360  361  362  363  364  365  366  367  368  369    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 06:43:29 UTC 2025