Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mense Regte

Ma., 01 November 2004 06:39

EK dink mense regte is sommer 'n groot gemors. Die verkeerde mense se regte
word beskerm. Soos bv 'n verkragter kry oonmiddelik behandeling teen vigs.
Sy regte word beskerm. Die arme vrou wat verkrag is word amper nie eers
raakgesien nie.

'n Moordenaar (enige krimeneel) moet so met handskoene behandel word want as
die polisie iets verkeerd doen dan stap die vark uit die hif uit.

EK hoor ook Jackie Selebi het gese dat as daar in die volgende 5 jaar nie
meer polisiemanne vermoor word nie, gaan hy al die ploisiemanne se wapens
inneem. En dan sal al die polisiemanne op straat verskyn sonder wapens.

Hoekom het die krimineel in Suid Afrika meer regte as die gewone burger ?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Wit Huis se nuwe inisiatief

So., 31 Oktober 2004 07:23

http://www.whitehouse.org/initiatives/purity/advice.asp

--
Francois www.soois.co.za

****

The day will come when, after harnessing space, the
winds, the tides and gravitation, we shall harness
for God the energies of love. And on that day, for
the second time in the history of the world, we
shall have discovered fire.

Pierre Teilhard de Chardin

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Bush & Kerry

Sa., 30 Oktober 2004 21:39

"DD" skryf in boodskap news:ji18o0pitrflet2lmp9nr8lar31kj7mebt@4ax.com...
President Bush
------------------------------------------------------------ ----------------
----
Opposition to abortion (except in very narrow cases of rape, incest
or threat to the woman's life is endangered) is at the core of Bush's
"right-to-life" platform. Opposes funding international organizations
involved in abortion. Opposes intact dilation and extraction, known by
opponents as "partial-birth abortion," which he calls a "brutal and
violent practice." Opposes school-based clinics that provide referrals
or counseling for contraception and abortion. Supports legislation to
extend 14th Amendment protections to unborn children.

Sen. John Kerry
------------------------------------------------------------ ----------------
----
Supports legal abortion and says he would not pick Supreme Court
nominees justices who disagreed. Kerry voted against measures to
outlaw intact dilation and extraction, and he has endorsed family
planning and health insurance plans that provide abortion counseling
and contraceptive coverage.
------
Dave, ek mag verkeerd wees, maar soos ek dit verstaan, wil Bush nie aborsie
verban nie, hy wil net nie he die staat moet daarvoor betaal nie. Ek dink
ook persoonlik is hy en sy vrou daarteen, altans ek weet so.

Kerry het ook gese hy is persoonlik teen aborsie (hy is n Katoliek), maar hy
stem dat die staat daarvoor betaal.

Ellie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mandela / Shaik / JZ

Sa., 30 Oktober 2004 14:38

R2 Miljoen van Mandela bereik Shaik en Zuma. En die moontlikheid om Mandela
as getuie te roep, of aan te kla word nie eens gemeld nie?

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Verwerkinge

Sa., 30 Oktober 2004 14:37

Ek het saturasiepunt bereik met die oneindige Afrikaanse musiekverwerkings -
feitlik elke FAK-liedtjie is nou ten minste 2X verwerk.
En, hierdie verwerkings word as oorspronklik beskou...?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: A public information service to warn and educate about Ian Keith Gomeche

Vr., 29 Oktober 2004 11:27

"TJ" wrote in message
> http://www.gomechewatch.com
>
> Ian Gomeche Information Site
>
> A public information service to warn and educate about Ian Keith Gomeche
>

Oor die feit dat jy dit in die souttaal doen, gaan ek niks sê nie, ou Hessie
kan jou maar uitkak. Ek het matriek in die ou SA gehaal en kan dus wel
Engels verstaan.

Wat ek wel wil weet is, waarom plaas jy dié crap hier? Het die ou al hier
langsgekom, of help jy hom om wêreldbekend te word?

Annette, is dit jou Ian?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

YSLIKE HAELKORRELS...

Vr., 29 Oktober 2004 06:57

YSLIKE HAELKORRELS...
Sinéad Eastes (5) van Potchefstroom met van die haelkorrels wat sy
Woensdagmiddag opgetel het. Die haelstorm wat die dorp Woensdag getref
het, was die felste in dekades. Haelkorrels so groot soos lemoene,
appels en gholfballe het geval. Foto: VINCENT EASTES
http://www.news24.com/Images/Photos/20041028230449Sinead%20E astes.jpg

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vandag se foto's

Do., 28 Oktober 2004 22:30

'Vandag' het sowat twintig minute gelede 'gister' geword.
Makie sakie, ek is steeds besig om 'vandag' se fotos uit te sorteer.
269 van hulle; ek het 'n goeie dag gehad. Die tipe dag wat 'n
fotograaf waardeer.

Hier en daar fotos uitgehaal en kleiner gemaak om vir julle te wys.
Die werklike grootte hiervan is 6mp wat ek gezip het na 1.5MB.
Daarvandaan het ek hierdie paar 800 x 600 gemaak baaaie
kleiner sodat dit vinnig kan aflaai.

Indien enige van julle hiervan in groter formaat wil hê, is julle
welkom. Ek sal dit dan so beskikbaar maak. Een van dié
sal ek so deur die dag uitsoek en in A3 grootte druk. Hier lê nog
'n A3 raam wat moet gevul word:-)

DD

http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4427s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4428s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4429s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4431s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4440s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4443s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4448s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4478s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4479s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4490s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4520s.jpg
http://davedup.bravehost.com/photos/DSCF4553s.jpg

So oor die naweek sal ek die name meer beskrywend maak
en as ek daarna voel, dit in 'n album laai. Met thumbnails
soos dit hoort. Miskien dié naweek, miskien later.

Stokperdjies & kunsvlyt | 13 kommentare

Uit Beeld-forum: SA kan obsessie met ras net nie los ( Ferdi Greyling)

Do., 28 Oktober 2004 22:07

Beeld-forum:
SA kan obsessie met ras net nie los

Suid-Afrika onder die ou bedeling was kleur-mal.

Daar was die geel gevaar en die rooi gevaar buitelands en die swart gevaar
en alle soorte skakerings van bruin gevare binnelands.

Miskien is dit omdat ons land so droog is dat ons so 'n obsessie met kleur
het.

Destyds was dit groot vermaak vir veral buitelanders.

Toe kom die interlude van 1994 waartydens nie-rassigheid die sleutelbegrip
geraak het en ons nie mense volgens kleur gekategoriseer en beoordeel het
nie.

Maar dit lyk asof daardie kort interlude verby is en Suid-Afrika weer sy
obsessie met kleur begin uitleef, net in 'n ietwat ander formaat - danksy
ons Grondwet daal dit nie tot volslae rassisme nie.

Dit het ek onlangs besef toe ek en my kinders oor die jongste
Springbok-rugbyspan begin praat het.

Dit het gelei tot dié vraag: wanneer is iemand bruin en wanneer is 'n bruin
mens swart?

Ons afleiding was dat dit eintlik alles met politiek te doen het.

Kortom, 'n mens kan sê dat dit in sekere kringe afhang van wanneer iemand
eerw. Allan Hendrickse ondersteun het.

As 'n bruin mens hom ten tyde van die driekamerparlement onder P.W. Botha
ondersteun het, is hy 'n "Kleurling" ('n soort bruin). As hy die eerwaarde
egter ná 1990 in sy ANC-fase ondersteun het, is hy swart.

In die dae van apartheid was daar natuurlik lagwekkende klassifikasies van
bruin mense - alles amptelik volgens wet.

Daar was gewone Kleurlinge, daar was Kaapse Kleurlinge, daar was Maleise
Kleurlinge en dan was daar "Other Coloured" - so asof die klassifiseerders
moedeloos geraak en tou opgegooi het (wat hulle natuurlik uiteindelik gedoen
het).

Vandag het ons nie-amptelik dieselfde soort ding.

Daar is swart mense en daar is "Africans".

Swart mense kan mense insluit wat nie "regtig" swart is nie - soos bruin
mense.

As hulle Hendrickse op die regte tyd ondersteun het en hulle steun sigbaar
die ANC, die PAC of Azapo , is hulle swart.

Maar onder die breë kategorie "swart" is daar ook "African".

Dit beteken swart mense wat aan een van die etniese swart stamme behoort,
soos Zoeloe, Xhosa of Tswana.

Daarom is die vleuel Breyton Paulse in die nie-amptelike kwotastelsel wat
(nie) rugby geld (nie) 'n swart speler, maar Gcobani Bobo is 'n swart speler
wat ook 'n "African" is.

Dit beteken natuurlik nie dat Breyton nie 'n Afrikaan is nie. Hy bly in
Afrika, is 'n Suid-Afrikaner en is dus geografies 'n Afrikaan.

Hy kan dus oor twee weke aan 'n Brit in Londen sê "I am an African", maar as
hy omdraai en met 'n bestuurslid van die span praat, kan hy dit nie sê nie,
want hy is nie 'n "African" in die span nie. Net in terme van vasteland en
gebondenheid aan sy geboorteplek is hy een.

Asof dit nie genoeg is nie, was daar onlangs voorstelle dat die term
"Kleurling" by "swart" gevoeg moet word wanneer dit by kwotas/transformasie
in rugby kom. Dan sal die Bok-span (nie-amptelik) swart 'n Kleurlingspelers
volgens kwotas (wat nie geld nie) moet hê. Dit alles omdat ons
nie-rassigheid najaag.

My kinders wou weet of wit mense ook swart kan wees.

Ons het lank gedink en voorbeelde rondgegooi en tot die gevolgtrekking gekom
dat wit mense nie swart kan wees nie. Hulle kan slegs 'n staat van nie-kleur
bereik.

As daar ooit 'n wit man was wat politiek swart kon wees, was dit seker dr.
Beyers Naudé en ek kan nie onthou dat hy ooit 'n swart Suid- Afrikaner
genoem is nie.

Dus sal mnr. Marthinus van Schalkwyk nooit swart kan raak nie, al sluit hy
tien keer by die ANC aan. Hy sal op die meeste sy titel as "wit leier" kan
verloor en bloot "leier" word. Dis natuurlik te onderskei van mnr. Eugene
Terre'Blanche wat in sy perdry-dae "Die Leier" genoem is.

Breedweg lyk dit dan of swart mense, bruin mense en Indiërs almal swart
kan wees - afhangende van wie hulle in watter stadiums in die politiek
ondersteun het. Maar net swart mense kan "Africans" wees, hoewel ons almal
Afrikane is.

Wit mense is dus ook Afrikane, maar kan nooit "Africans" wees nie en ook
nooit swart wees nie, maak nie saak of hulle in die tronk dood is in die
geveg teen apartheid nie (soos adv. Bram Fischer) terwyl Hendrickse met
Botha parlementêre voetjie-voetjie gespeel het.

Wat hierdie land nodig het, meer as enigiets anders, is dat ruimtewesens met
drie bene en twee koppe hier land.

Dan gaan ons almal agterkom óns lyk eintlik dieselfde.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (1/1)

Do., 28 Oktober 2004 21:41

Nogal n mooi man, wie is dit ;-) Lyk bietjie soos Dennis Quaid.

Ellie

"Sterrenkijker" wrote in message
news:jdn2o0d2801rfotj2kr1a94o3mh0sv0fr8@4ax.com...

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    345  346  347  348  349  350  351  352  353  354  355  356  357  358  359  360    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 15:55:36 UTC 2025