Venter sleepwa
Di., 02 November 2004 11:24
Hallo almal
Weet iemand dalk van 'n plek waar jy 'n Venter tipe sleepwaentjie in
Pretoria kan huur en dit by 'n tak in Durban "teruggee" soos wat mens kan
maak met 'n huurmotor.
Groete
Riaan
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Michael Moorer se storie
Di., 02 November 2004 05:49
Gisteraand op Mnet het hulle die man se eensydige dokumentêr gewys waarin hy
sy bes probeer om Bush te 'vermoor' en dit het my met die volgende gedagtes
gelaat:
1. Dis altyd makliker om ná die wedstryd gespeel is, om die spel te
analiseer en dan vir mense te vertel wat hulle eintlik moes gedoen het.
2. Die probleem met Bin Laden en sy groep kom veel langer terug as die tyd
wat Bush aan bewind was. Gedurende Clinton se bewind het nasionale
sekuriteit sleg tweede gekom in die VSA en wat in NY gebeur het op September
11 was direk die gevolg van die slapgatgeid van die Demokratiese bewind.
3. Moorer beskuldig Bush dat hy die situasie plooi vir besigheid en geld
maak, maar wat doen Moorer homself? Presies dieselfde! Hy gebruik die
situasie om 'n dokumentêr te maak wat vir hom miljoene dollars gemaak het en
ek het nie gehoor dat hy bereid is om al daai geld te skenk vir die lyers
van die Bush-beleid of vir armes nie. Hy eien hom die reg toe om presies
dit te doen waarvan hy die ander beskuldig.
4. As daar mense is wat hierdie drek glo in die VSA, dan is die VSA se
mense dalk nie so gesofistikeerd en gevorderd as wat hulle aan die wêreld
wil voorhou nie?
Koeitjies & kalfies |
21 kommentare
Invoer
Ma., 01 November 2004 12:16
Ek het vir 2 jaar lank kontrak werk in Nigeria gedoen. Gedurende die tyd het
ek 'n produk gesien wat nie in SA beskikbaar is nie, en ek is seker dit sal
'n reuse sukses hier wees.
My vraag is dus vir iemand wat geen benul het van invoer / uitvoer nie:
Waar begin mens om die wiel aan die rol te sit
Waar kry mens mense wat finansieel betrokke sal wil raak
Groete
Riaan
Ekonomie & geldsake |
2 kommentare
Mandela
Ma., 01 November 2004 08:56
'n Goeie voorbeeld van Rehablitasie is die geval waar die jong swart
agtergeblewende skoolseun 'n wit seun met 'n sker gesteek het. Hy is tronk
toe gestuur. Hy was so 'n hero dat tot Mandella hom in die tronk besoek het.
Na 'n jaar of wat is hy uit die tronk en kry hierdie een helse job van
jeugwerker of so iets. Hy is laasweek weer tronk toe gestuur, omdat hy in
die plaaslikke suoermark ,n witvrou staan en betas het.
Koeitjies & kalfies |
10 kommentare
Oor spelling (in Engels)
Ma., 01 November 2004 08:51
I cdnuolt blveiee taht I cluod aulaclty uesdnatnrd waht I was rdanieg. The
phaonmneal pweor of the hmuan mnid. Aoccdrnig to a rscheearch at Cmabrigde
Uinervtisy, it deosn't mttaer in waht oredr the ltteers in a wrod are, the
olny iprmoatnt tihng is taht the frist and lsat ltteer be in the rghit
pclae. The rset can be a taotl mses and you can sitll raed it wouthit a
porbelm. Tihs is bcuseae the huamn mnid deos not raed ervey lteter by
istlef, but the wrod as a wlohe. Amzanig huh? yaeh and I awlyas thought
slpeling was ipmorantt!
________________________________________
Ek weet nie wie krediet hiervoor moet kry nie... Sal interessant wees as
iemand dit in Afrikaans wil vertaal (en die spelling wil aanpas).
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Motor Registrasie
Ma., 01 November 2004 07:10
Is daar dalk 'n webtuiste waar ek 'n motor se registrasie nommer kan intik
en dan sien aan wie behoort die motor ?
Wiele |
9 kommentare