Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Die bOERE Taal is Dood

Sat, 20 August 2005 12:12

Dit is 'n indikasie van watter stoffasie jy is gesien dat jy anoniem
jou haat spraak toepas.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Voorstelle

Sat, 20 August 2005 05:26

Vir antwoorde in onderhoude na rugbywedstryde.

Ek word nou al taamlik moeg om week na week dieselfde gedruis te hoor:
Die wenkaptein sal altyd sê: Ons het vandag goed saamgespeel, maar ons kan
nog beter. Die verloorspan het goed gespeel en was waardige teenstanders.

Die verloorkaptein sal altyd sê: Ons het baie foute gemaak, en sal maar weer
hard oefen hierdie week. Die ander span het vandag vir ons gewys waar ons
swak punte is, en ons sal daaraan moet werk. Baie geluk aan die wenspan,
hulle het verdien om te wen.

Nou - ek dink daar moet 'n ander plan met die onderhoude gemaak word:
1) Daar moet geen onderhoud met die onderskeie kapteins gevoer word nie -
maar met 'n ondersteuner van elk van die spanne.

2) Of 'n onderhoud met 'n speler wat nog nie die rympie ken nie.

3) Of iemand moet staan met flitskaarte, sodat die kapteins net iets anders
vir 'n slag kan sê as die geykte rympie.
Iets soos:
Wenkaptein - Ons het vandag die ander span behoorlik gewen. Ons voel baie
goed daaroor, en ons dink hulle moet maar in 'n ander liga gaan speel waar
hulle beter teenstanders kan wees.
Verloorkaptein. - Ons het vandag so sleg gespeel, dat ons maar voortaan name
van spelers uit 'n hoed sal trek vir 'n wedstryd. Al die gepraat en
geoefenry help ooglopend niks.
:)))

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Jong Afrikaner Nasionalisme by TUKS

Fri, 19 August 2005 16:20

Universiteit skep wanvoorstelling, sê studente

Related Articles
Moslem-Tukkies ontsteld oor anti-Islam-brosjure
Tukkies-rugby gou reeds beproef
Click here

Delia du Toit

Afrikaanssprekende studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het
gister 'n protesoptog gehou teen die "doelbewuste en geleidelike
afskaffing van Afrikaanse onderrig" aan die universiteit.

Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, voorsitter van die studenteraad en
leier van die protesaksie, het gesê Afrikaans sprekende studente kan
slegs in 19 van die 150 studierigtings wat die UP voorgraads aanbied,
ál hul klasse in Afrikaans loop. Volgens hom skep die UP-bestuur 'n
wanvoorstelling, want studente betaal vir Afrikaanse onderrig, maar kry
dit dan nie.

Die UP se veiligheidsdienste het gesê sowat 700 studente het aan die
optog deelgeneem. Hulle het luid verskeie Afrikaanse volksliedjies, die
ou vlaglied en "Die stem" gesing.

Die studente eis die onmiddellike staking van die verengelsing van
klasse en dat klasse in Afrikaans aangebied word waar dit moontlik is.
Dit kom ná Afrikaanse klasse in die fakulteit ingenieurs wese onlangs
drasties verminder is.

Verder dring die studente aan op 'n komitee om die UP se taalbeleid te
monitor en die aanstelling van genoegsame en bekwame personeellede om
Afrikaanse onderrig te verseker.

"Daar sal van tyd tot tyd Afrikaanse programme aan die universiteit
wees waar 'n student sekere modules in Engels sal moet neem. Dit is
daaraan te wyte dat die universiteit nie oor die hulpbronne en geld
beskik om volledig alle modules in alle programme te dupliseer nie,"
het prof. Niek Grové, registrateur, gesê.

Grové het ook gevra dat 'n ernstige nasionale debat gevoer word oor
Afrikaans, oor meertaligheid binne hoër onderwys en die finansiering
van instellings wat meer as een onderrigtaal gebruik. Hy het gesê die
universiteit doen 'n beroep op die regering om bykomende hulpbronne
beskikbaar te stel om universiteite te ondersteun om meertaligheid te
bevorder.

Mnr. Barend Uys, voorsitter van Solidariteit Jeug aan die UP, het
gesê: "Ons voer steeds gesprekke met die universiteitsbestuur, maar
dit is duidelik dat druk van studente en eksterne groepe nou
noodsaaklik is."

Studente beweer ook dat Afrikaanse studente makliker uit koshuise
geskors word as ander studente. Hulle eis 'n staking van die "eensydige
verandering aan die UP se tradisies" en 'n plasingsbeleid wat gegrond
is op meriete en deelname, pleks van ras.

UIT: http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1756508,00. html

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Rugby

Fri, 19 August 2005 07:37

Is al die dames wat die speel, en die nasionale span haal, speel basies
lesbies?
Is alle mans wat die spel speel, en die nasionale span haal, basies
homoseksueel?
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 6 kommentare

" Sonneblom " deur JEANNE GOOSEN

Fri, 19 August 2005 00:35

Sonneblom
Jeanne Goosen

jy is stil soos 'n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos 'n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
'n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Operasie Naais Surprise

Thu, 18 August 2005 08:05

Klink na 'n lekker verassing!

"Annette" skryf in boodskap news:de1bod$hju$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Van vriend Anton:
>
> Die polisie reël nou al partytjies om kriminele vas te trek.......
>
>
> Police throw surprise party for crooks ... then throw guilty parties in jail
> August 18, 2005
>
> Kimberley: Wanted criminals in the Northern Cape have been arrested at
> a party held by police at the city hall here, the provincial police
> department has said.
>
> Northern Cape police spokeswoman Mashay Gamieldien said the event,
> dubbed Operation Nice Surprise, involved inviting all wanted persons to a
> party and arresting them.
>
> "About 194 invitations were posted to the most wanted persons in the
> province who were blacklisted for serious crimes or linked by fingerprints
> to such crimes, to attend the staged party presented by Nice Surprise
> Enterprises. They had to confirm their attendance," Gamieldien said.
>
>
> On Tuesday night a DJ entertained the "guests", who also won prizes in
> lucky draws. Then police entered the hall and arrested them.
>
> Gamieldien said the operation had been initiated by the Diamond Fields
> deputy area commissioner of police, Pieter Myburgh. Most of the suspects'
> addresses were known, but they had escaped being arrested whenever police
> visited their homes.
>
> Thirty-six wanted people were arrested, of whom 20 were at the party.
> Some appeared in the Kimberley Magistrate's Court yesterday. - Sapa
> source:
> http://www.capetimes.co.za/index.php?fSectionId=269&fArt icleId=2841530
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Homo & Butch

Wed, 17 August 2005 13:20

Hoekom is dit altyd so dat skewe ouens vroumens-agtig is, hulle wil soos
vroumens lyk, vroumens klere aan trek, lipstiek dra, is dieselfde emosioneel
onstabiel en wil net regtig soos 'n vrou wees, lesbiers op die anderkant is
weer tevrede om so te bly en wil nie soos 'n man wees nie.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

XXXXXL

Tue, 16 August 2005 16:00

Durex stel nuwe, groter kondoom bekend vir SA

Die gesukkel tussen die lakens van welbedeelde Suid-Afrikaanse adonisse
wanneer "reënjassies" nie lekker pas nie, het die internasionale
kondoomvervaardiger Durex onlangs genoop om weer die lengte en breedte van
sy produk te bekyk.

Hy het toe besluit om die eeue oue mite dat "grootte nie saak maak nie", die
nek in te slaan met die bekendstelling van 'n nuwe, ekstragroot kondoom -
die Durex Comfort XL. Dis tussen 3 cm en 4 cm langer as 'n standaardkondoom.

Mnr. Stuart Roberts, produkbestuurder van Durex in Suid-Afrika, het gesê 'n
reusevraag na groter kondome het die laaste paar jaar in Suid- Afrika
voorgekom en talle mans het gekla dat die bestaande kondome te klein is.
Baie mans het gesê hul lakenmanewales word soms gekortwiek deur die ongemak
wat die te klein kondome veroorsaak.

"Ons moet die hele tyd na ons verbruikers se behoeftes omsien en staan vir
seker op die voorpunt van dié soort innovasie," het Roberts gesê.

Die kondome sal wêreldwyd verkoop word.

Volgens die vervaardiger lyk dit of Suid-Afrikaanse mans graag aan hulself
dink as van die welbedeeldste ter wêreld.
- Eagan Williamson

Beeld

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1838): [ «    272  273  274  275  276  277  278  279  280  281  282  283  284  285  286  287    »]
Tyd nou: Sat Jan 11 12:59:13 UTC 2025