Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog oorstap in die parlement

Sa., 03 September 2005 07:16

Die string hierbo word te lank en die redenasie rafel uit. Prakties
gesproke is daar met die 'stem vir 'n party' 'n groot probleem. die
kiesers in 'n betrokke area leer nie sy verteenwoordiger ken nie want dit
alles gaan afhang hoeveel mense 'n party in die parlement gaan kry. Dit
beteken dat jy eintlik niks kan doen om 'n kundige persoon in jou omgewing
in beheer kan kry nie en die politici kom ook nie na 'n gebied toe en kom
stel sy saak nie. Dis soos 'n 'lucky packet'.....jy hoop maar jy kry
iemand ordentlik. Is dit werklike demokrasie? Het die kieser werklik 'n
sê oor sy eie toekoms? In teorie ja, in praktiese uitvoering, nee.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Baby Jordan - Daily News

Vr., 02 September 2005 19:49

Baby Jordan suspects want bail 11 August, 2005
Three men and a teenager accused of the June murder of 6-month-old
Jordan-Leigh Norton will apply for bail at the Wynberg Magistrate's
Court next month.

HEADLINE
Suspects beaten 2 September, 2005 South Africa
The bail hearing of one of the men accused of murdering baby
Jordan-Leigh Norton was postponed yesterday after he was beaten up by
fellow prisoners in the holding cells of the Wynberg Magistrate's
Court.

As die berig verder gelees word, word vertel dat die ander een ook
dik geslaan is. Die een van wie hier vertel word, het gehuil in die
hof. Hulle advokaat sê dat die polisie hulle in die selle toesluit en
vir die ander gevangenes vertel dat 'dit die baba moordenaars is.'

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Naand

Vr., 02 September 2005 18:40

Naand. is nuut hier.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ivor van Heerden

Vr., 02 September 2005 12:34

Die afgelope tyd word baie onderhoude met Ivor van Heerden
gevoer oor wat in New Orleans aangaan. Hy is professor by
een of ander universiteit in New Orleans, en was een van die
mense wat in die dae voor Katrina geland het, gewaarsku het
dat dit 'n katastrofe kon word op die lyn van die tsunami. Ek
dink sy veld is in Public Health, maar hy dra intiem kennis van
die geografiese struktuur van New Orleans. Aanvanklik het
mense hom bietjie gaan sien as onnodig pessimisties oor wat
kon gebeur. Nou het baie van sy voorspellings bewaarheid
geword.
Gisteraand sien ek hom weer op 'n program. Nou
sê hy dat die mense so konsentreer op wat in New Orleans
aangaan met die afbreek van orde, dat hulle nie aandag
gee aan wat al klaar in Baton Rouge aangaan nie. Daar
was natuurlik 'n influks van vlugtelinge in Baton Rouge
in voordat die orkaan geland het. Maar nou kom daar
nog meer vlugtelinge in die stad in met geen heenkome,
en in baie gevalle ook met skaduagtige motiewe. Hy sê
die mense van Baton Rouge is besig om teen die
nuwe aankomelinge te draai.
Ivor van Heerden het 'n breë Afrikaanse aksent.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Interessant!

Vr., 02 September 2005 06:42

Van die mense wat hierdie tjol pos op die ng en jy hulle in jou 'kill file'
sit en skielik is die ou draak van Kanada 'missing'. Ek soek in die
verbanne lys en wie sal ek vind? Bouwer@bouwer! Lekker. So die antie
is een van die strontgooiers onder 'n skuilnaam! Hoe verveeld kan 'n mens
dan ook wees? Sy het of werk of seks nodig in haar lewe....um, sal seker
maar werk moet wees!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gevolge van Katrina

Vr., 02 September 2005 06:35

Ek het nie so baie tyd om na die nuuskannale te kyk nie, maar kyk
vroegoggend na CNN, Sky en BBC. Gister het hulle gewys hoe mense winkels
en besighede roof en vanoggend praat hulle van skietery en meer ernstige
misdaad. Wat my opgeval het, was dat die rowers en stropers wat gewys is,
oorheersend swart mense was. Hierdie is natuurlik nou een moerse ding om
te verduidelik vir die sogenaamde liberales onder ons. Ons hier in Afrika,
vertel elke dag van die verskillende 'mind set' van die swart Afrikane en
dan word jy onmiddellik uitgekryt vir 'n rassis, maar hier het jy mense wat
in die VSA bly....die rykste land in die wêreld....en as die geleentheid hom
voordoen, wie roof en stroop?

Koeitjies & kalfies | 58 kommentare

" Ek hou van blou " deur A.D. KEET

Do., 01 September 2005 14:59

EK HOU VAN BLOU
A. D. Keet

O vra my nie my liefde,
Ek het dit weggegee
Aan 'n kleine koringblommetjie
En aan die grote see.

Ek hou van bloue blomme,
'k Aanbid die hemelblou,
En jou oë vermy dit kon ek nie -
Ek min hul meer dan jou.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Skreeusnaakse advertensies

Do., 01 September 2005 05:54

Ek verknies my deesdae behoorlik in die SMS-liedjie advertensies en die
Naamsverandering-advertensies op RSG.
--
Groetnis
Annette

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Het julle al dit gehoor?

Wo., 31 Augustus 2005 17:42

Vanaf 'n ander kol:

As iemand sê "die winter het sy tol ge-eis", hoor ek dit en nét dit. Iets
wat ek vreeslike waardering voor het, is as iemand ook "die winter het sy
tol ge-ys" hoor, want my breintjie werk nie so nie. En dis dan wanneer
grappies soos "hoekom is die ysbere impotent?" ontstaan (want die winter het
sy tol ge-ys!)

Nog een wat ek gister gehoor het is, 'n ou gaan uit met 'n regtig baie
minder mooi meisie en nou wonder almal of hy ernstig is en of hy net die
draak steek!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Durban word beskerm teen Kanadese sneeu

Wo., 31 Augustus 2005 10:04

The old station on the corner of Pine Street and Gardiner Street
(which currently houses Tourist Junction) was built in 1892 with a
roof that can support 16 foot of snow. This was apparently the result
of a mistake by the architects in London who sent the roof plans for
the Toronto station to Durban and the plans for Durban station to
Toronto. The roof which had been designed for Durban did not cope
at all well with the snowy conditions in Canada and collapsed during
the first winter.

from 'Facts About Durban' Second Edition by Allan Jackson
First Edition 2003. Reprinted 2003,2003,2003
Second Edition 2004. Reprinted 2004. Edtion 2.1 2004

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Bladsye (1835): [ «    270  271  272  273  274  275  276  277  278  279  280  281  282  283  284  285    »]
Tyd nou: Di. Jun. 09 20:13:22 UTC 2026