Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: The Right Perspective Podcasting!

Vr., 23 September 2005 04:43

" Die verknorsing van die "Afrikaners" wat in die VSA bespreek word?
Fred Rundel?

Nee dankie.
--
Groetnis
Annette
"NewsGuy" wrote in message
news:1127398912.237250.81870@o13g2000cwo.googlegroups.com...
> Some of you may already know NYC's Most Dangerous Callers to Talk
> Radio, Frank from Queens and John of Staten Island. They've had their
> own show for more than 6 years, taking your phone calls and discussing
> issues from "The Right Perspective" and are currently heard over
> shortwave WWCR 5.070 MHz and the Internet at
> www.therightperspective.com.
>
> With their weekly segment, "Hello Africa", Frank & John also give a
> special focus on the goings on in Southern Africa, particularly the
> plight of the Afrikaaners. They also have had guests such as Col. Piet
> Uhys and Fred Rundel on their show.
>
> Now, The Right Perspective enters the era of podcasting! You can
> download the full shows and listen to them from your mp3 player or
> computer any time you want. You can also hear the interviews with Col.
> Uhys and Fred Rundel. J
>
>
> To check out the podcast archives, go to:
> http://therightperspectivepodcastblog.blogspot.com/
>
> You can also subscribe The Right Perspective to your feed reader or
> aggregator by using this RSS feed:
> http://feeds.feedburner.com/TheRightPerspectivePodcastBlog
>
>
> Frank & John still broadcast live every Friday night 9pm EST over
> shortwave radio station WWCR 5.070 MHz and the Internet at
> www.therightperspective.com.
>
> As Frank & John would say,
>
> THANK YOU!
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS

Wo., 21 September 2005 18:46

Sonnet - Uit Malvern

Hulle stap hier deur die skemerstrate saans
die groot figure, baarde dae-oud,
met krae opgeslaan, die wind is koud
en mompel oor die weer in Afrikaans;

die koppe stug asof haas suf gedink,
kosblikke in die growwe werkershande;
onder ou gryspet en slap hoederande
oë wat vinnig uitloer, bang en blink.

Eens voor die eeu was hul grootland-besitters,
met sluheid nou onterf uit vadersgrond,
is hul van rooidag tot die straatlig-stond
asryers, pikslaners en vuilvoor-spitters.

Die mpoulas dans en laat die skadu's spook -
hul raak verlore tussen huise en rook ...

S.J. Pretorius

Prosa & poësie | 0 kommentare

Etterkop is Jonas.

Wo., 21 September 2005 07:47

Onder 'n skuilnaam.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Van plase en dinge......

Wo., 21 September 2005 07:39

Ek lees gister dat 'n boer vertel van die boereverenigingvergadering waarop
hulle die vergadering oopmaak vir algemene bespreking. Die een vraag wat
aan hulle gevra was, was as hulle nou R20 miljoen moet kry om te maak
daarmee wat hulle wil, sou hulle grond koop en gaan boer? Blykbaar kon
daar onder die 150-sterk vergadering nie 'n enkele boer gevind word wat kon
se dat hy weer sal gaan boer nie.
Op die oog af mag dit na niks klink nie, maar die landbou....kommersiele
landbou, is die ruggraat van enige suksesvolle ekonomie en as jou produsente
nie meer wil nie, dan het jy groot probleme.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Trots SA week.

Wo., 21 September 2005 06:21

Janee, dis alweer die week waarop ons Trots op SA moet wees:)))
Waarop is ek trots?
Dat ek nog steeds daagliks om my mense sien wat met 'n breë glimlag
rondloop.
Dat ek nog steeds met mense in 'n hysbak kan gesels.
Dat ek nie bang hoef te wees om my sê te sê nie.
Dat onse Prez en die eks-waais Pres, hand op mekaar se niere, so duidelik
lieg dat almal dit kan sien en weet.
Dat nie almal hoef te dink dat homoseksualiteit sonde is nie.
Dat ons Pinotage lekker en uniek is.
Dat ons nog steeds lekker kan braaivleis hou.
Dat ons nou weet dat blanke Afrikaanse mans die gesinsmoordenaars is, maar
die jong Indiër mans mense ontvoer en vermoor.
Dat ek nie hoef hoed te dra as ek parade toe gaan nie.
Dat dit ons nie meer vreeslik ontstel as ons sportspan verloor nie.
Dat daar nog steeds baie vrugte en groente, in groot verskeidenheid,
beskikbaar is.
Dat ons toerismebedryf begin ontwikkel.
Dat daar nog steeds nuwe koerante verskyn en verdwyn - slegs op grond van
normale ekonomiese beginsels, en nie agv die inmenging van die staat nie.
Dat daar nou 'n nuwe Engelse reeks op TV is, waar die oorgrote meerderheid
akteurs en aktrises Afrikaans is. Sodoende sal die Afrikaanse Engelse aksent
nooit uitsterf nie;)))
Dat dokters in die briewekolomme van koerante die minister van Gesondheid en
mediese fondse kan aanvat.
Dat onse Prez vir die mense van die VN gaan uitvreet het, stanende met 'n
gebakte hand ter wille van Afrika:))
Dat ons nog voëls in die bome kan hoor sing.
Dat ons nog boeretroos kan drink.
Dat boere nog steeds 'n plan kan maak.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wie weet waar DD is?

Wo., 21 September 2005 00:07

Wie weet waar DD is?
Is "friend" nie 'n skuilnaam van DD nie?
En, waar is die Reisiger?
Wat is 'n mooi woord vir 'n "sleuth" in Afrikaans. (Seker een van Michael
Cane se beste flieke - die "Sleuth" ...)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Geluk Koot!!

Di., 20 September 2005 19:38

Het jou naam vanoggend gehoor op RSG, oor jou koor wat oorsee gaan toer het.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir die rekord ...

Di., 20 September 2005 13:06

Die TAC rapporteer dat meer as 40 mense reeds dood is aan maagkoors in die
Delmas-omgewing. Die Departement van Gesondheid ontken dit - sê daar slegs 4
mense dood aan maagkoors.
Iemand het vergeet om chloor in die drinkwater te gooi. (Daardie ou is
bepaald nie 'n wit manlike persoon nie - "hulle" het van hulle ontslae
geraak...)

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

ARTS GEVANG OOR DWELMS

Di., 20 September 2005 12:38

'n Dokter wat al 11 jaar praktiseer op Douglas, is in hegtenis geneem
omdat hy gevaarlike dwelms vervaardig en verkoop het, tesame met sy
trawante. Is dit nie skokkend dat 'n persoon wat onder eed gesweer het
dat hy lewens sal red, dit op so 'n manier wil neem nie. Ek is van
mening dat hierdie "dokter" baie swaar gestraf moet word.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans bo

Di., 20 September 2005 12:01

AFRIKAANS BO !

--
Leo CAMERLYNCK
"De Zavelberg"
Brussel België
Selfoon 00 32 (0) 485 630 227

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    264  265  266  267  268  269  270  271  272  273  274  275  276  277  278  279    »]
Tyd nou: Di. Jun. 09 20:13:19 UTC 2026