Die wetter in - dead beat ma's
Vr., 14 Oktober 2005 13:15
Ek het vandag weer besef dat om die titel ma te drae beteken nie jy
weet wat jy doen nie. As jy my nou goed wil omkrap die dag vertel vir
my dat alle ma's se instink inskop die oomblik as geboorte skenk.
Dit is loutere snert. Ek het nog nooit geboorte geskenk nie en ek
speel ma vir drie stout bliksempies.
Ek is die enigste ma wat hulle ken aangesien sy lekker op haar gat sit
en nie eers werk nie. Sy sien hulle een keer in 6 maande en dan vertel
sy my hoe ek haar kinders teen haar opsteek.
Bull shit! Lig jou gat en werk soos die res van ons en betaal eers jou
4 jaar agterstallige onderhoud voor jy vir my kom preek.
Hoekom as 'n pa nie onderhoud betaal nie is hy laer as slang k@K maar
as ma's dit doen is dit glad nie 'n probleem nie.
In watter tipe land bly ons!!!!
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Rugby
Vr., 14 Oktober 2005 08:49
Wie gaan semi's wen? Ek dink die Bulle en die Cheetahs gaan die eindstryd
haal. Tellings: Bulle 32- Leeus 16 en Vrystaat 22 - WP 12. Die
spanning loop hoog!
Sport & ontspanning |
0 kommentare
Nuus gemis
Vr., 14 Oktober 2005 07:08
Ek het nou net die hooftrekke oor die nuus gehoor, maar die insetsel gemis.
Blykbaar is 'n apartheidswet van 1988? nou geskrap.
Weet iemand hier waarvan gepraat word?
--
Groetnis
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
" i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL
Do., 13 Oktober 2005 17:26
Gert Vlok Nel
i sagte reën het agtermiddag
i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.
ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.
Prosa & poësie |
3 kommentare
Re: Afrikaner Holocaust
Do., 13 Oktober 2005 12:00
Wat het jy gedrink? Ek is 'n boer en trots op my voorvaders. Sorry as
jou voorsate nie vir jou geleer het om liewers nie oor iets te praat
waarvan jy niks weet nie. Probeer bietjie die omgekeerde Apartheid van
vandag vir 'n slag. Maak nie saak hoe goed ek my werk kan doen die die
blackness vat my werk oor terwyl sy nie eers haar naam kan skryf nie.
Nog beter. Voel hoe pas my kangaroo voet in jou .........oor
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Re: Doelwit is sy naam
Wo., 12 Oktober 2005 09:42
Goeie griet - is dit eg of digitaal gemanipuleer? Die perd se ouers het
omtrent goeie vooruitsigte vir hom gehad.
"Deneile" skryf in boodskap news:diifol$5tm$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Mieliepap
Wo., 12 Oktober 2005 08:17
Die seuntjie vloek verskriklik. Ma is al radeloos. Ten einde laaste
besluit sy sy gaan hom begin foeter wanneer en sodra hy weer vloek. Die
volgende oggend aan ontbyttafel vra die ma die seuntjie wat hy vir
ontbyt wil hê.
"'n Bord van daai fokken lekker mieliepap 'seblief Ma" antwoord hy.
DWAAAA, klink dit soos sy ma hom teen die kop klap. "Ek vra wat jy vir
ontbyt wil hê mannetjie!!"
'n Bord van daai fokken mieliepap seblief Ma" antwoord hy weer.
Hierdie keer pot sy hom met die vuis teen die skouer dat hy byna van
die stoel af val. "Ek vra wat jy vir ontbyt wil hê" gil sy, totaal
buite beheeer.
"Gee dan maar fokken Post Toasties, Net 'n doos sal weer vir
mieliepap vra."
Humor & grappe |
0 kommentare