Riaan van Heerden, 'n bekende radio en televisie persoonlikheid het in
'n ope brief aan die koerant erken dat hy "gay" is.
Dit is tog so jammer dat al die mooi mans blyk gay te wees! Ek het nog
altyd sy televisie optredes geniet en nog altyd gedink hy's nou regtig
'n aantreklike man met 'n oulike geaardheid.
Ek dink nogsteeds hy is aantreklik en het 'n mooi geaardheid en
diskrimineer nie nou teen hom nie - dis sy keuse, maar sou nou so 'n
man eintlik gekies het vir my dogter eendag!
Ek lees in die Beeld dat 'n vrou se borste afgeneem is in 'n kamerawinkel
deur 'n verkoopsman. Hy het die kamera blykbaar so geplaas dat dit die
vrou afneem terwyl hy hulle bedien het. Die vrou se man is die moer in en
hy eis nou verskoning van almal op tot by Nelson Mandela. Nou wonder ek
net: Sekerlik moes die vrou kalerig aangetrek gewees het om te 'kan
genoeg bors wys'? Sekerlik weet vrouens wat so aantrek dat dinge op 'n kol
onbetaamlik kan raak en dat ander mense dinge gaan sien wat normaal nie
vertoon word nie? Is dit dan miskien nie ook die rede hoekom hulle so
aantrek in die eerste plek nie?
Ek weet dat jy moet eintlik enige mens se toestemming vra as jy hom wil
afneem, maar dis eitlik net uit ordentlikheid uit en het niks met
privaatheid te doene nie. As jy jou in die publiek begewe, dan is dit
presies dit. Ek wonder nou, met die koekie wat so kaal aangetrek na die
winkel toe is, sou SY geprotesteer het oor die fotos as haar man nie by was
nie? Ek dink nie so nie!
Moet asseblief nie sleg voel oor die naam Pretoria wat na Tswane gaan
verander nie. Dis vernoem na die eerste mense wat daar gewoon het, naamlik
die Tswanepoels.
Het julle gesien van die vrou en haar kind wat in die Kaap 'n rob wat op die
strand is wou terugsit in die water en toe die dier se koppetjie gevryf het,
toe hap die rob haarneus af? Hoe stupid kan die mens dan nou nog wees?
Dis in dieselfde kategorie as die Sjinees wat in die Krugersdorpse Leeupark
uitgeklim het om die leeus beter af te neem en toe leeukos geword het......
Die lewe gaan sy kringloop op die swart
bank van die ewigheid, God druk die hart
versigtig daarop vas en slyp dit met
die donker, skerp klein helsteen van die smart.
Lyk my die paar spelers wat 2 miljoen per jaar verdien is ietwat ongelukkig
omdat hulle miskien minder gaan verdien.
Sjeim. As 2 miljoen nie eers genoeg is dat Burger 'n ordentlike haarsny kan
bekostig nie, moet ons seker simpatie vir hul saak hê:))
--
Groetnis
Annette
Ek reken mens kan seker kriminele klagte in die VSA teen hom lê.
Wie's in Minnesota en reg om hom op sy baadjie te gee? Dis darem
wragtag nou genoeg van die stuk gemors. Ek sien die boere daar
het al met hom gepraat: http://www.wilhelp.com/bj_faq/bca.JPG