Ek weet nie of een van julle die film "The Corporation" gesien het nie.
In die film beweer Michael Moore (die dikke van 911F) dat Coca-Cola, in die
tyd van Nazi Duitsland, Fanta ontwikkel het, sodat hulle kan geld maak uit
Duitsland, maar dat Coca-Cola se naam nie met die Nazi's geassosieer word
nie.
Hoe waar is dit?
Daar word ook beweer dat IBM die ponskaarte vir die konsentrasiekampe gemaak
het...
Graag wil ek julle meings hoor oor Harry Potter. Is Harry Potter groter
as GOD ? (Opskrif Mail en Guardian 22 Julie 2005). Is die boeke
satanisties geinspireerd ?
Ek sien die Wordweb Dictionary 3.02 gee Jislaaik = Expression of surprised
admiration! Wordweb is 'n gratis Engelse woordeboek wat na installering op
die taskbar sit om maklik jou spelling te tjsek. Jy kan bv 'n woord in
enige window highlight en op die WW ikon kliek om vir jou die woord op te
soek
Ek wil graag hoor wat se die geleerde en geskoolde mense in die groep
van die Harry Potter Mania. Is dit geregverdig, Is Harry Potter groter
as GOD, soos wat beweer word in die Mail en Guardian van 22 Julie 2005.
Is harry Potter Sataniestiese leesstof op sy beste ?
Waarom vloek jy/julle allewig op die nuusgroep?
En dan het jy/julle die vermeteldheid om ou Frikkie in die verband aan te
vat?
Is dit opgekropte seksuele frustrasies - of bloot 'n onvermoë om jou/julle
in Afrikaans uit te druk? En, wat word dan van die vrome poëtiese taal?
Ferdietjiekie - dit reflekteer maar sleg op jou opvoeding my ou. Jy wil tog
nie aan die "abuse"-omie gerapporteer word nie? Dink aan die Beeld-opskrif -
"Rubriekskrywer se bek met seepsoda gewas" - of so iets?