Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"REPORT ABUSE"

Di., 11 Oktober 2005 05:26

Ek as 'n Afrikaans sprekende persoon vind dit die afgelope tyd werklik
afstootlik om op hierdie groep te probeer gesels EN HOOFSAAKLIK AGV DIE
AFSTOOTLIKE TAAL VAN OA. BEN EHLERS, ETTERKOP EN KIE.

Ek het het rapporteer en hoop dat my mede afrikaners sal saamstaan en
dit ook doen sodat 'n mens vir 'n slag 'n normale NG kan hê om te
gesels en te verskil.

Staan saam Afrikaners en elimineer die vuilbekke in die groep!!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Ou Foto " deur FERDI GREYLING

Ma., 10 Oktober 2005 15:25

OU FOTO
'n Villanelle

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Ons Mense

Ma., 10 Oktober 2005 00:40

. is almal poepholle.

Dit is nou amptelik. afrikaanders en boere is poepholle.

Hulle is befok.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

cc

So., 09 Oktober 2005 23:25

Anti - wie het die aap uit die mou gelaat? Nou weet almal natuurlik van ons
alternatiewe kommunikasie. Ek het jou lankal gesê ons kan nie iemand soos
Ferdie vertrou nie.
In elk geval - Katryn het haar les geleer.
As jy nie omgee nie cc ek hierdie ook aan Deneile, Annette en die
Suidwester.
Ek sien DD aan die begin van November in Durban - dan sal ek strategie met
hom bespreek. Ek hou jou op hoogte. (Ek verstaan julle het so 'n warm en
lang somer gehad - geniet dit.)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: cc

So., 09 Oktober 2005 17:24

"Jonas" skryf:

> In elk geval - Katryn het haar les geleer.

Werklik? En wat sou daardie les dan nou wees?
Ou Jonas, ek reken dat jy en jou ilk nou maar gerus moet ophou met
julle gedurige persoonlike aanvalle en neerhalende gewoontetjies. Dit
reflekteer net sleg op jou intellek en opvoeding (of gebrek daaraan)
Waarom antwoord of probeer julle nie eerder om die stelling wat ek
gemaak het, en wat direk gelei het tot hierdie afskuwelike morsige
moddergooiery, verweer of verdedig nie.
Ja, ek erken dat slegs die eerste pargraaf van my boodskap was
ernstig, en dat die res suiwer tong in kies draakstekery was. Iets
wat duidelik nie vanpas is op 'n groep soos hierdie nie.

Die stelling wat ek gemaak het, is werklik heel eenvoudig en gladnie
moeilik om te begryp of verstaan nie. Dit kan en behoort selfs 'n
interessante geprek te raak.
Die 2 verskillende filosofiese denkrigtings van "dualisties"teenoor
"non-dualisties" is werklik interessante onderwerpe.

My stelling was:
"Ek reken Gloudina wil jou graag probeer oortuig dat 'n
non-dualistiese sienswyse, , beter is as jou dualistiese
interpretasie van jou geloof,waar siel/gees en liggaam apart is (in 'n
neutedop gestel).

Nou vra ek vir JOU ou Jonas, Wat was dan so vreeslik BS in daardie
paragraaf? Wat daarin verstaan jy nie?
Het jy dalk 'n probleem met die terminologie? Dalk is daar beter
afrikaanse woorde vir die terme? Ek luister graag. Maar sien
eenvoudig nie meer kans vir hierdie kinderagtige sinnelose aanvalle
van julle nie.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Mugabe se karre

Sa., 08 Oktober 2005 07:32

Mugabe se Zim is in sy moer in bankrot, maar die regering is besig om oor
die 130 nuwe karre aan te koop vir sy ministers en hul departemente. Viva
Afrika! Namibie se massas is oor die 60% werkloos maar Swapo bou 'n paleis
van amper 'n biljoen rand.

Wiele | 0 kommentare

Lui mense

Sa., 08 Oktober 2005 07:30

Prof Jonathan Jansen, dekaan van departement van opvoedkunde by Tukkies,
reken Suid-Afrikaners is van die luiste mense op aarde. Ek dink hy slaan
die spyker op die kop, maar hy moet eerder gese het mense van Suider-Afrika,
want Namibie loop hiermee hand aan hand met SA. Die hele Afrika, eintlik.
Meeste mense werk slegs 5 dae in die week en het meer as 21 werksdae per
jaar as verlof. 13 Openbare vakansiedae. Wat meer is daar nog om te se?
Die staatsdienste is uiters swak deesdae, met lui, vet mense wat in jou
gesig sit en vreet terwyl hy veronderstel is om jou te bedien. Dis niks
snaaks om meer as 50% van 'n departement op verlof te sien nie. En op 'n
Vrydag! Hier van 10:00 die oggend begin die mense se naweek al....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Al Gore ..

Sa., 08 Oktober 2005 04:07

Ek het die artikel halfpad gelees, en toe besef ek Al Gore is een van die
redes waarom mense nie wil lees nie. Waarom kom hy nie tot die punt nie. Die
goeie, waar dinge in die lewe is kort en eenvoudig. Almal verstaan dit, want
jy die skrywer verstaan dit - as jy dit nie verstaan en in eenvoudige woorde
vir my kaan weergee nie, dan verstaan jy dit ook nie. Hier's 'n
uitdrukkingtjie wat ek voor my lessenaar hou.
"The older I grow the more clearly I perceive the winning beauty of
simplicity in thought, conduct and speech." - Pope John XXIII.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Al Gore ..

Vr., 07 Oktober 2005 21:42

"Jonas" skryf

> Ek het die artikel halfpad gelees, en toe besef ek Al Gore is een van die
> redes waarom mense nie wil lees nie. Waarom kom hy nie tot die punt nie.

Dis natuurlik 'n toespraak van 'n uur wat daar gegee
word. Dus moet jy vir hom vergeef as dit te lank is.
Hy praat ook oor Amerikaanse toestande, dus weet
jy heelwaarskynlik nie waarvan hy praat nie. Hy is
ook besig om te verduidelik hoekom hy en sy
vennoot besluit het om 'n TV ( of radio) kanaal
te skep waar "ware" nuus gekry kan word.
Die moeilikheid is juis, soos jy vereis, dat
mense gou "tot 'n punt moet kom." Jy wil
met die lepel gevoer word. Jy wil nie luister
en vir jouself besluit nie.

Tant Hessie van die Derde Republiek

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Stout Mense

Vr., 07 Oktober 2005 10:18

"Ben Ehlers" schreef
in bericht
news:6cb0d324b16f9d0c3bc20411ff512bb0@msgid.frell.theremaile r.net...
> Ek't gehoor dat julle stout gatte het die swart mense so bietjie
> misgehandel.
>
> Ja mense, julle is baie stout.
>
> Nou luiser julle moenie dit weer doen nie asseblef.
>
Wat bedoel jy nou eientlik,oor wat het jy nou?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    259  260  261  262  263  264  265  266  267  268  269  270  271  272  273  274    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 02 16:05:53 UTC 2026