Rapport gister:
10 Gulde reëls vir 'n plekkie in die SA musiekbedryf.
Riaan Boshoff.
Hier onder volg 10 reëls en riglyne wat enige ambisieuse mens tot "'n ware
kunstenaar" kan omskep. Onthou net: die Afrikaanse musiekbedryf is die
enigste waar jy nie kuns hoef te maak om 'n "kunstenaar" te wees nie.
Musiektalent en kreatiwiteit is deesdae nie meer genoeg om naam te maak
nie.In sommige gevalle kan dit selfs teen jou tel.
Hier volg dus 'n lys wat slaafs nagevolg moet word:
1) Afrikaanse musiek het 'n ander stel fonetiese reëls wat glad nie met die
Afrikaanse spreektaal strook nie. Veral klinkers en voorsetsels word
verbuig. Volgens hierdie stel reëls sal " so is jy vir my" onder meer so
moet klink: " Sahoo is jahay vuhr mahay."
2) Soek skoor met Koos Kombuis of Anton Goosen, sodoende is jy versekekr van
jou plekkie in een of ander kamp.
3) Doen Anton Goosen "medleys" - Volgens Anton is dit die in ding op
kermisse, oftewel kunsfeeste. Vir maksimum effek doen dit volgens die
fonetiese reëls in 1.
4) Volksliedjies. Hierdie banale deuntjies wat ons by die Duitsers gesteel
het met hule ewe banale lirieke kan wonders op die verhoog doen. Dronk mense
sing makliker saam met die lirieke " ho-la-drie-hou-ha" as met " die sterre
as my komas seil ek oor die landskap van jou lyf".
5) Maak 'n vloekwoord deel van jou "band" se naam. Om gekruide woorde soos
"polisie", "weermag" of "Zuma" deel van jou "band-naam" te maak, is goed vir
publisiteit.
6) Sing of skryf liedjies oor pampoene, rugby, babelas, 'n vleisbraai,
"bokkie", "sokkie" of patriotisme ( onthou, volgens die ATKV kook
Afrikaans).
7) Wees kreatief en maak jou eie woorde op. As jy nie 'n woord kan vind om
in jou lirieke te laat rym nie, maak 'n woord op, soos in "Ek het jou lief,
my bokkie, jy is my wokkie-lokkie-tokkie!" Hierdie verskynsel word
neologismes genoem. Jy sal bewonder word oor jou kreatiwiteit en bydrae tot
die Afrikaanse taal.
8) As jy 'n kitaarmeester wil word, oefen jou vyfnoottoonleer. Gooi 'n
knertsie blues by en skares skreeu vir nog. Onthou net om nou en dan op die
grond te gaan lê. die kitaar agter jou nek te bespeel of orgasmiese
gesigsuitdrukkings te maak terwyl jy die snare buig.
9) Skiet verkieslik jou musiekvideo op die platteland ( stede is uit) en
maak seker jy gebruik daarin 'n windpomp, 'n ou verwaasloosde voertuig en
'n doringboom. As jou teikenmark die jeug is, maak seker dat almal in die
"band" gerook voorkom of lyk asof hulle babelas het.
10) Kry vir jou 'n visuele kenmerk wat jou kunstenaarsidentiteit kan vestig.
Onthou net, donkerbrille, kaal koppe, "flashpoints", "snowjeans", "
mullets", velskoene, kakieuitrustings, bandanas, kieries, baarde, pette en
"make-up" is reeds kenmerke van ander persoonlikehede.
Regstreekse optredes is ook baie belangrik. Dit is van uiterste belang dat
jy die choreografie van jou "songs" fyn uitwerk sodat jy op die gepaste
oomblikke in die "tune" op en af kan spring, jou boude na die gehoor kan
draai, dit wikkel en so aan.
Dis nie nodig om te sing nie. "Miming" werk heel goed en die klankingenieur
se werk is soveel makliker. Moet onder geen omstandighede 'n "live band"
gebruik nie. Dit kos net geld en trek die aandag van die ster af.
Onthou ook die omslag van jou CD. Titels soos Kampvuurkaskenades 3,
Binneboudstoutgattreffers 17 of Stomp Treffers 213 is net die ding om jou
sokkiebokkieskoffelkompilasie van die rakke te laat vlieg.Selfs kundtenaars
wat hul debuutalbums bekend stel, moet dit oorweeg om dit "volume 17" of 'n
ander soortgelyke nommer te gee.
Dis goed vir verkope, en dit lyk of jy al lankal suksesvol is.
Onthou, maats. woorde soos "common", "corny" en "cliché" bestaan nie in die
Afrikaanse musiekwoordeskat nie.Wel woorde soos " te ingewikkeld", " nie
markgerig nie" en " visueel oninteressant".
Nog 'n wenk - fokus op onomatopee. As jy geen inspirasie vir jou jongste
treffer kry nie, maak sommer jou eie geluide, soos patayo en Da-Idi.
waarsonder die Afrikaanse skoffelmusiek maar gebrekkig sou gewees het.
Etienne Marais skryf
> Updated to include (fighting the 1948 NP and HFV
> invented Apartheid myths).
>
> ===
>
> Apartheid has been used as a medium to disempower the Afrikaner who has ever
> been fighting for sovereignty by associating it with the Afrikaner alone.
Maar al hierdie dinge was op die pad uit in die
oë van mense soos Jan Hofmeyer. Toe kom
die klomp Nasionaliste met 'n absolute blou-
print vir rasseskeiding. Daar was byvoorbeeld
geen wet teen gemengde huwelike nie, en
hulle bring dit in. Daar was 'n bietjie stemreg
vir bruines in Kaapland, maar hulle verwyder
dit. So moet nou maar nie jou handjies wil
was nie. As die klomp stupid Nasionaliste
nie in 1948 aan bewind gekom het nie, sou
daar 'n baie meer eweredige ontwikkeling
van rasseverhoudings in SA plaasgevind
het, as wat daar nou bestaan.
ASHFORTH, skrywer van Madumo, A Man Bewitched, is al jare lank 'n
deeltydse inwoner van Soweto, die grootste swart stad in Suid-Afrika.
Sy nuwe boek is deel van 'n groeiende versameling akademiese werke oor
religie en politiek in Afrika: Peter Geschiere en Janet Roitman,
Birgit Meyer en Christoph Staewen, Stephen Ellis en Patrick Chabal en
talle ander. Ashforth se boek bou op vorige werke. Dit weerspieël ook
sy jare lange interaksie met vriende en vreemdelinge in Soweto.
ASHFORTH se Soweto is nie net 'n plek met verbruikers en kiesers, arm
krotkolle in Mandelaville en 'n spandabelrige middelklas in
Diepkloof nie. Soweto is bruisend lewendig, maar ook 'n plek van
agterdog, van vrees, van kwaadwillige, onsigbare kragte.
Baie mense in Soweto doen 'n balanseertoertjie om hulself te beskerm
teen towery en terselfdertyd nie deur die vrees daarvoor oorrompel te
word nie. Volgens inwoners met wie Ashforth gesels het, het die vrees
vir kwaadwillige onsigbare kragte sedert 1994 toegeneem.
Geweld en armoede, vigs en spirituele onsekerheid laat diep spore in
dele van Soweto. Die wit mense se stelsel waarteen die opstand in
1976 gerig was, kan nie meer so geredelik vir probleme blameer word
nie. Dertig jaar later word onsigbare kragte en die towenaars blameer.
Afguns en agterdog groei oor mense wat meteens ryk word weens
swartbemagtigingsprogramme en oor die groeiende ongelykhede in eie
geledere. Watter kragte het hulle gehelp? Vigs se wye, maar
onvoorspelbare uitwerking onder jong mense is ook verdag; waarom
spring sommige mense dit vry?
Daar is spanning in arm gesinne en families, ook weens die ekstra
koste van teenvigs-moetie en begrafnisse. Mense wil nie te veel
aanstoot gee nie, want netnou word hulle vervloek of deur towery
bedreig. Konformisme oorheers, en die vrees dat mens van towery
beskuldig sal word as jy presteer. "Slaan dood die towenaars" was
makropolitiek onder Dingaan. Vandag is dit ook mikropolitiek in
groot Soweto.
"Life in a world with witches must be lived in the light of a
presumption of malice: one must assume that anyone with the motive to
harm has access to the means and that people will cause harm because
they can?.?.?. It is dangerous to assume that an instance of
suffering might be accidental or a product of purely impersonal
forces devoid of connection with human or spiritual agency?.?.?."
(p.?69)
ASHFORTH verwys na 'n opbloei van religie en towery as 'n ervaarde
werklikheid in Soweto. Dit was ook die geval in vroeër tydperke van
die Europese en Oosterse geskiedenis. Die opbloei in Soweto vorm
egter deel van 'n Afrika-renaissance, 'n herlewing van inheemse
religie en towery in die postkoloniale tyd.
Die spirituele herlewing in Soweto en Afrika suid van die Sahara
beteken nie 'n terugkeer na die verlede nie, maar eerder die skepping
van 'n ander hedendaagse lewe.
Sommige tradisionele strukture en prosesse word ingesluit, maar ander
weer uitgesluit of herinterpreteer. Dikwels gebeur dit ook in nuwe
kombinasies met dele van Islam en die Christelike godsdiens, en
Ashforth behandel ook swart Kerke in Suid-Afrika. In 'n onstabiele
omgewing met diverse kragte wend mense hulle tot nuwe kombinasies wat
nuwe bedreigings kan afweer. Die herlewing is ook onder die
verstedelikte, opgevoede swart middelklas in Suid-Afrika. Die koms
van so 'n herlewing blyk reeds uit studies van S.D. Cooke, L. Dreyer,
J.S. Malan en andere, waarvan talle in die laat jare tagtig en vroeë
jare negentig in die SA Journal of Ethnology gepubliseer is. Dit val
dikwels saam met die kultus van swart bewussyn en identiteit. Volgens
Thami Mazwai het oudpres. Nelson Mandela se vrylating en ook sy
inhuldiging tradisionele reinigingsrituele met geslagte beeste
ingesluit. En koerantberigte sedert 1994, veral in die swart pers,
meld die oortjies van 'n ander soort seekoei: talle insidente van
vreesbevange groepe inwoners wat 'n dier of 'n mens wat hulle meen 'n
heks is, stenig of verbrand.
Soos in die Rhodesiese bosoorlog, was religie en towery ook deel van
die PAC, IVP en ANC se plaaslike stryde. Eric Young se navorsing dui
op die groot rol van religie in die nuwe Zimbabwiese veiligheidsmagte,
en dit moet nog uitkristalliseer in watter mate dit ook in Suid-Afrika
se veiligheidsmagte gaan gebeur.
Ashforth meen daar is 'n komende legitimiteitskrisis vir die ANC. Baie
ANC-kiesers kan begin dink die staat erken nie towery nie en beskerm
hulle dus nie teen hekse nie. Diegetuienis oor soortgelyke reaksies
in ander Afrika-lande is egter skraps. Solank die ANC se sentrale mag
en toegang tot hulpbronne bly bestaan, sal die oorheersende beeld
onder diegene wat in towery glo, waarskynlik wees dat die ANC-leiers
die beliggaming en statusdraers van swart groepe is, sterk en verbind
met onsigbare kragte.
JEAN-FRANCOIS BAYART verwys in The State in Africa na die toekomstige
vorming van politieke sones rondom hulpbronne, etnisiteit en
religie. Mike Davis beskryf in Planet of the Slums ook hoe 'n
informele, stedelike proletariaat buite die formele globale ekonomie
hul wend tot religie, van Hindoe-fundamentalisme in Moembaai tot die
Islam in Casablanca.
As die vermoëns van die ANC-beheerde staat baie verminder of uitgeput
raak, kan die religieuse sones in Soweto, Khayelitsha en Umtata wel as
politieke en ekonomiese akteurs baie prominenter raak. Intussen sal
religie en towery egter 'n meer verskuilde dimensie van die stryd om
mag en hulpbronne binne en buite die ANC uitmaak.
ASHFORTH se belangrikste bydrae is dalk om daaraan te herinner dat die
demokrasieprojek in Suid-Afrika in 1994 op heel diverse groepe en
waardestelsels gebou is. "Before living in Soweto I had never
encountered a world where people were presumed to have capacities
for causing harm to others by supernatural means. I had never known
people who feared sickness and death by witchcraft. I had never had
friends accused of killing others by witchcraft. I had never had
someone I loved hounded to an untimely death as a witch" (p.?xii).
Afwerende inkantasies oor demokrasie kan nie altyd die politieke effek
hiervan keer nie. Die waardestelsels van talle kiesers in Soweto adem
'n ander gees as die waardestelsels van die meeste kiesers in
Centurion.
Onder die kiesers van Soweto en talle dele van Suid-Afrika oorheers
dikwels steun en eerbetoon aan die magtige broodheer, wat oënskynlik
gekoppel is aan die onsigbare kragte van die kosmos. Volgens
Bush-teenstanders werk dit byna ook so in Texas, maar die plaaslike
verkiesings in Suid-Afrika vanjaar sal hierdie tendens waarskynlik
beter weerspieël.
'N PLURALE politieke orde soos Suid-Afrika het ook 'n skadusfeer
waarin baie kiesers in onsekerheid en vrees bly leef. Daarby
reflekteer verskillende waardestelsels in die nasionale, regionale en
mikropolitiek. Dit sou te veel wees om te verwag dat die Afrikaanse
hoofstroommedia en baie akademici baie aandag hieraan gee. Ou geld en
nuwe politiek trek soms 'n sluier in joernalistiek. En baie mense wil
nie die bose geeste van die sigbare werklikheid oproep nie.
Maar buite die kantore van Afrikaanse Westerlinge val die skadu's van
Soweto weer oor die plurale politiek in Suid-Afrika.
.?Die skrywer is 'n politieke ontleder.