Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Wikipedia - Apartheid

So., 15 Januarie 2006 20:53

Etienne Marais skryf
> Updated to include (fighting the 1948 NP and HFV
> invented Apartheid myths).
>
> ===
>
> Apartheid has been used as a medium to disempower the Afrikaner who has ever
> been fighting for sovereignty by associating it with the Afrikaner alone.

Maar al hierdie dinge was op die pad uit in die
oë van mense soos Jan Hofmeyer. Toe kom
die klomp Nasionaliste met 'n absolute blou-
print vir rasseskeiding. Daar was byvoorbeeld
geen wet teen gemengde huwelike nie, en
hulle bring dit in. Daar was 'n bietjie stemreg
vir bruines in Kaapland, maar hulle verwyder
dit. So moet nou maar nie jou handjies wil
was nie. As die klomp stupid Nasionaliste
nie in 1948 aan bewind gekom het nie, sou
daar 'n baie meer eweredige ontwikkeling
van rasseverhoudings in SA plaasgevind
het, as wat daar nou bestaan.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Engeland: 'Asielsoekers betaal om te loop' ?

So., 15 Januarie 2006 19:29

http://www.news24.com/Die_Burger/Nuus/0,,4-75_1862758,00.htm l

Zou dit een teken zijn dat de engelsen wellicht hun lakse immigratiebeleid
gaan wijzigen?

--
> .)

Unter blinden ist der einäugige kónig.

http://worldimprover.net/

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Nuwe Jerusalem " deur D.J. OPPERMAN

So., 15 Januarie 2006 13:37

Nuwe Jerusalem
D.J. Opperman

Ek voel waar heimlik armageddon
met groenspaan, ryp en die kalander kom

oor hierdie stad, die malva in die blik,
oor koring en hyskrane langs die skip,

dat alles in en om my heen in nood
reikhals na die verlossing deur my woord.

Ek gee my daeliks aan die skepping oor,
soos in 'n bus op pad na die kantoor,

ek, in 'n spel van vereenselwiging,
plakkaat word, perd, visjong en die sering

- die ryke baaierd van 'n vrou se gees
wat met bevrugting in vervoering sweef

oor afgronde en waters waar 'n God
ses dae aan die baaierd orden tot

'n nuwe aarde hang in die heelal:
stad uit die stad, kristal uit die kristal.

Prosa & poësie | 5 kommentare

Re: Helmpje Aanvalluuuh

So., 15 Januarie 2006 13:07

Michael Laudahn wrote:
> http://www.helmpje.nl/N_frame.html?http://www.helmpje.nl/N_a rt_22.html
>
> (gevonden door http://www.spiegel.de/panorama/0,1518,394484,00.html )
>
>
> Welkom bij het WK!
>
>

http://helmpje.nl/N_frame.html?http://helmpje.nl/

Now that's funny!!!


>
>
>
> --
>> .)
>
> Unter blinden ist der einäugige könig.
>
> http://worldimprover.net/

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bly maar innie bos !!!!!!!

So., 15 Januarie 2006 09:05

Die skadu’s van Soweto

ASHFORTH, skrywer van Madumo, A Man Bewitched, is al jare lank 'n
­deeltydse inwoner van Soweto, die grootste swart stad in Suid-Afrika.
Sy nuwe boek is deel van 'n groeiende versameling akademiese werke oor
religie en politiek in Afrika: Peter Geschiere en Janet Roitman,
Birgit Meyer en Christoph Staewen, Stephen Ellis en Patrick Chabal en
talle ander. Ashforth se boek bou op vorige werke. Dit weerspieël ook
sy jare lange interaksie met vriende en vreemdelinge in Soweto.

ASHFORTH se Soweto is nie net 'n plek met verbruikers en kiesers, arm
­krot­kolle in Mandelaville en 'n spandabelrige middelklas in
Diepkloof nie. Soweto is ­bruisend lewendig, maar ook 'n plek van
­agterdog, van vrees, van kwaadwillige, ­onsigbare kragte.
Baie mense in Soweto doen 'n ­balanseer­toertjie om hulself te beskerm
teen towery en terselfdertyd nie deur die vrees daarvoor oorrompel te
word nie. Volgens inwoners met wie Ashforth ­gesels het, het die vrees
vir kwaadwillige ­onsigbare kragte sedert 1994 toegeneem.
Geweld en armoede, vigs en spirituele ­onsekerheid laat diep spore in
dele van ­Soweto. Die wit mense se stelsel waarteen die opstand in
1976 gerig was, kan nie meer so ­geredelik vir probleme blameer word
nie. Dertig jaar later word onsigbare kragte en die towenaars blameer.
Afguns en agterdog groei oor mense wat meteens ryk word weens
swart­bemag­tigings­programme en oor die groeiende ­ongelykhede in eie
geledere. Watter kragte het hulle gehelp? Vigs se wye, maar
­onvoorspelbare uitwerking onder jong mense is ook verdag; waarom
spring ­sommige mense dit vry?
Daar is spanning in arm gesinne en ­families, ook weens die ekstra
koste van ­teenvigs-moetie en begrafnisse. Mense wil nie te veel
aanstoot gee nie, want netnou word hulle vervloek of deur towery
bedreig. Konformisme oorheers, en die vrees dat mens van towery
beskuldig sal word as jy presteer. "Slaan dood die towenaars" was
makro­politiek onder Dingaan. Vandag is dit ook ­mikropolitiek in
groot Soweto.
"Life in a world with witches must be lived in the light of a
presumption of malice: one must assume that anyone with the motive to
harm has access to the means and that ­people will cause harm because
they can?.?.?. It is ­dangerous to assume that an instance of
­suffering might be accidental or a product of purely impersonal
forces devoid of ­connection with human or spiritual agency?.?.?."
(p.?69)

ASHFORTH verwys na 'n opbloei van ­religie en towery as 'n ervaarde
­werklik­heid in Soweto. Dit was ook die geval in vroeër tydperke van
die Europese en ­Oosterse geskiedenis. Die opbloei in Soweto vorm
egter deel van 'n Afrika-renaissance, 'n herlewing van inheemse
religie en towery in die postkoloniale tyd.
Die spirituele herlewing in Soweto en Afrika suid van die Sahara
beteken nie 'n ­terugkeer na die verlede nie, maar eerder die skepping
van 'n ander hedendaagse lewe.
Sommige tradisionele strukture en ­prosesse word ingesluit, maar ander
weer­ uitgesluit of herinterpreteer. Dikwels gebeur dit ook in nuwe
kombinasies met dele van ­Islam en die Christelike godsdiens, en
Ashforth ­behandel ook swart Kerke in Suid-Afrika. In 'n on­stabiele
omgewing met ­diverse kragte wend mense hulle tot nuwe kombinasies wat
nuwe bedreigings kan ­afweer. Die herlewing is ook onder die
­­ver­stedelikte, opgevoede swart middelklas in Suid-Afrika. Die koms
van so 'n herlewing blyk reeds uit studies van S.D. Cooke, L. Dreyer,
J.S. Malan en andere, waarvan talle ­in die laat jare tagtig en vroeë
jare negentig in die SA Journal of Ethnology gepubliseer is. Dit val
dikwels saam met die kultus van swart bewussyn en identiteit. Volgens
Thami Mazwai het oudpres. Nelson Mandela se ­vrylating en ook sy
inhuldiging tradisionele reinigingsrituele met geslagte beeste
­­in­gesluit. En koerantberigte sedert 1994, veral in die swart pers,
meld die oortjies van 'n ­ander soort seekoei: talle insidente van
­vreesbevange groepe inwoners wat 'n dier of 'n mens wat hulle meen 'n
heks is, stenig of verbrand.
Soos in die Rhodesiese bosoorlog, was ­religie en towery ook deel van
die PAC, IVP en ANC se plaaslike stryde. Eric Young se navorsing dui
op die groot rol van religie in die nuwe Zimbabwiese veiligheidsmagte,
en dit moet nog uitkristalliseer in watter mate dit ook in Suid-Afrika
se veiligheidsmagte gaan gebeur.
Ashforth meen daar is 'n komende legitimiteitskrisis vir die ANC. Baie
ANC-kiesers kan begin dink die staat erken nie towery nie en beskerm
hulle dus nie teen hekse nie. Die­getuienis oor soortgelyke reaksies
in ander Afrika-lande is egter skraps. Solank die ANC se sentrale mag
en toegang tot hulpbronne bly bestaan, sal die oorheersende beeld
­onder ­diegene wat in towery glo, waarskynlik wees dat die ANC-leiers
die beliggaming en statusdraers van swart groepe is, sterk en verbind
met onsigbare kragte.

JEAN-FRANCOIS BAYART verwys in The State in Africa na die toekomstige
vorming van politieke sones rondom ­hulp­bronne, etnisiteit en
religie. Mike Davis ­beskryf in Planet of the Slums ook hoe 'n
­informele, stedelike proletariaat buite die formele globale ekonomie
hul wend tot ­religie, van Hindoe-fundamentalisme in Moembaai tot die
Islam in Casablanca.
As die vermoëns van die ANC-beheerde staat baie verminder of uitgeput
raak, kan die religieuse sones in Soweto, Khayelitsha en Umtata wel as
politieke en ekonomiese ­akteurs baie prominenter raak. Intussen sal
religie en towery egter 'n meer verskuilde ­dimensie van die stryd om
mag en hulpbronne binne en buite die ANC uitmaak.

ASHFORTH se belangrikste bydrae is dalk om daaraan te herinner dat die
­demokrasieprojek in Suid-Afrika in 1994 op heel diverse groepe en
waardestelsels ­gebou is. "Before living in Soweto I had never
­encountered a world where people were ­presumed to have capacities
for causing harm to others by supernatural means. I had never known
people who feared sickness and death by witchcraft. I had never had
friends accused of killing others by witchcraft. I had never had
someone I loved hounded to an ­untimely death as a witch" (p.?xii).
Afwerende inkantasies oor demokrasie kan nie altyd die politieke effek
hiervan keer nie. Die waardestelsels van talle kiesers in ­Soweto adem
'n ander gees as die waarde­stelsels van die meeste kiesers in
Centurion.
Onder die kiesers van Soweto en talle dele van Suid-Afrika oorheers
dikwels steun en eerbetoon aan die magtige broodheer, wat oënskynlik
gekoppel is aan die onsigbare kragte van die kosmos. Volgens
Bush-teenstanders werk dit byna ook so in Texas, maar die plaaslike
verkiesings in Suid-Afrika ­vanjaar sal hierdie tendens waarskynlik
­beter weerspieël.

'N PLURALE politieke orde soos Suid-Afrika het ook 'n skadusfeer
waarin baie kiesers in onsekerheid en vrees bly leef. Daarby
reflekteer verskillende waarde­stelsels in die nasionale, regionale en
mikropolitiek. Dit sou te veel wees om te verwag dat die Afrikaanse
hoofstroommedia en baie akademici baie aandag hieraan gee. Ou geld en
nuwe politiek trek soms 'n sluier in joernalistiek. En baie mense wil
nie die bose geeste van die sigbare werklikheid oproep nie.
Maar buite die kantore van Afrikaanse Westerlinge val die skadu's van
Soweto weer oor die plurale ­politiek in Suid-Afrika.
.?Die skrywer is 'n politieke ontleder.

Nuus | 0 kommentare

toets

So., 15 Januarie 2006 09:04

toets

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Weskus Kuier

So., 15 Januarie 2006 04:51

Doen so voort Oom Piet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

hallo

Sa., 14 Januarie 2006 22:08

Julle boERE dog ek fergeet van julle

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Kom keur saam

Sa., 14 Januarie 2006 15:23

Anonymous wrote:

> Fokity fok fok fok

Jou toon gestamp ?

--
Etienne Marais
Cosmic Link
South Africa

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ag, dit was so mooi

Sa., 14 Januarie 2006 09:46

VRYSTAAT!!! wat die bonthempkrieket wen.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    237  238  239  240  241  242  243  244  245  246  247  248  249  250  251  252    »]
Tyd nou: Do. Mei 14 17:25:54 UTC 2026