Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dan Roodt se gepraagtery

Di., 21 Februarie 2006 01:18

Dan Roodt


Ferdi Greyling: Los Kemptonpark se wonderwerk uit

Die swakkes van gees, soos die armes, sal ons altyd met ons hê.
Gelukkig het die wêreld ook loodgieters en poskantoor-amptenare nodig,
anders sou daar dalk nie vir hulle plek gewees het nie.

Die probleem is egter dat naïewe, horingdom Afrikaners dikwels in die
nuwe orde tot posisies bevorder word wat, soos die Peter-prinsiep lui:
"bokant die vlak van hul eie bekwaamheid" val. Vele naïewe, horingdom
Afrikaners skryf natuurlik ook rubrieke in koerante van die Nasionale
Persgroep.

As daar een koerant is wat nog dommer en kruiperiger as die gemidelde
Naspers-koerant is, is dit Beeld. En as daar een rubriekskrywer is wat
nog dommer en kruiperiger as die gemiddelde is, is dit Ferdi Greyling.

Femelende Ferdi is die dorpsidioot van die Afrikaanse joernalistiek.
Dis 'n wonderwerk dat die man kan spel, maar miskien kan hy nie eens
spel nie en is dit wat ons in die koerant lees bloot die resultaat van
'n spanpoging tussen hom en die sub-redakteur.

In elk geval. Ferdi het al baie lowende uitbarstings oor ons "pragtige
grondwet" geskryf. Maar dit weerhou hom nie daarvan om nogmaals, so al
om die drie maande, nóg 'n lowende uitbarsting oor die grondwet te
prakseer nie.

En as die grondwet nog gekoppel kan word aan die woord "wonderwerk",
dan is ons nou volledig in die bulkende Baptistekerk van Ferdi waar die
lidmate handjies klap, swymelend in tale begin spreek, mekaar tranerig
om die hals val en gelukwens oor "die wonderwerk".

In Ferdi se kerk gaan dit egter nie om die verlossing wat Christus
gebring het nie, maar oor die verdrukking wat die ANK gebring het. 'n
Verdrukking waarvoor ons, broeders en susters, oneindig dankbaar moet
wees! Dit kon soveel erger gewees het. Die kranige guerillastryders en
verskriklike vryheidsvegters kon ons dalk almal uitgemoor het! Wees dus
dankbaar dat u nog lewe en soggens - dit boonop nog buite die tronk -
die voëltjies kan hoor sing en die sonnetjie kan sien skyn.

Juvenalis se opmerking in sy eerste satire, "waarom sal ek die
perkament ontsien as soveel digters dit opmors?" is insgelyks Ferdi
Greyling se lewensfilosofie. Diegene met 'n groen bewussyn sal vandag
huil as hulle daaraan dink dat bome afgekap moet word om aan mense soos
Ferdi die geleentheid te bied om goeie koerantpapier te bederf.

Ferdi se titel kondig reeds die inhoud aan: Los Kemptonpark se
wonderwerk uit. Hallelujah! Toe Roelf Meyer - waaroor die pankop
owerspeler FW de Klerk uitgeroep het, "My God, Roelf, nou het jy ons
moes uitverkoop!" - ons verraai en in die slymerige drein van 'n
ANK-toekoms afgespoel het, het die engele geneurie en oor Ferdi se
kerktoring gevlieg.

Daarom, soos Ferdi dit goedgelowig en naïef stel: "Daardie ooreenkoms
(Meyer se Kempton-gesteier - DR) is 'n politieke heiligheid en is
vandag die kern van omtrent ons hele samelewing. Dit is die fondament
van versoening en samewerking tussen verskillende etniese groepe en dit
vorm ons visie vir die toekoms."

Bid jou dit aan!

In die Roomse Kerk is daar 'n komitee van kardinale wat moet beslis of
wonderwerke plaasgevind het of nie en of sommige Katolieke gelowiges
werklik vir Moeder Maria iewers op 'n heuwel in Brasilië of Pole
aanskou het (sover ek weet verskyn die Maagd gewoonlik aan sterflikes
op 'n heuwel). In die Ferdi-kerk vir swaksinnige Afrikaners bestaan
sulke verfyndhede nie en is dit 'n wonderwerk as een of ander dronk
Boerehater-joernalis van die BBC dit in 'n oomblik van taalkundige
onbeholpenheid as sodanig bestempel.

It's a miracle, man. Oh yeah. Pass me another pint, please.

Dus teem Ferdi agterna: "Die kwaliteit van die ooreenkoms en die diepe
erns van alle partye wat vennote daarin was, het die buitewêreld in so
'n mate geïmponeer dat hulle dit as die 'Suid-Afrikaanse wonderwerk'
bestempel het."

Die "buitewêreld"! In die naeltjiekyk-heelal van die naïewe,
horingdom Afrikaner is die "buitewêreld" of "oorsee" al halfpad hemel
toe en moet ons dit met gewyde ontsag behandel. Ons trek ons skoene uit
as ons die vliegtuig by Jan Smuts-lughawe (binnekort O.R. Tambo
Airport) bestyg en kniel in aanbidding voor die "politieke heiligheid"
van Rinkhals Roelf se epifaniese oomblik van oorgawe aan Ramaphosa,
soos dit al soveel keer deur Chris Louw, Patti Waldmeir en ander in
boekvorm beskryf is.

Maar iewers is daar 'n slang in die gras, of liewer die paradys, want
Femelende Ferdi spreek aan die einde van sy eulogie aan die grondwet sy
kommer uit oor Brigitte (nie Bardot nie maar Mabandla) wat die howe se
finansies wil oorneem. Dan is daar nog Hoofman Thabo wat dalkies vir
hom 'n derde termyn sal "organiseer" deur die allerheilige grondwet met
behulp van die ANK se 72% meerdheid te verander.

Nou wonder Ferdi so op sy eentjie en deur die newels van sy
lekkergeloof dryf vae vraagskimme oor die waters. Nogal "bitter
gevaarlike vrae", soos hy dit noem.

Om jou hand in die klas op te steek en 'n vraag te vra, is vir die
Ferdi's van dié wêreld tereg 'n "bitter gevaarlike" stap. Dit
impliseer immers 'n vorm van kognisie wat iewers in hul verstand wat
hom gewoonlik met blinde aanbidding en ewe klakkelose konformisme besig
hou, mag plaasvind. 'n Soort gejeuk iewers onder hulle hare waar dit
gewoonlik nie behoort te jeuk nie.

Te veel "bitter gevaarlike vrae" en ons is binnekort by "kritiese
denke" - wat in die nuwe Suid-Afrika sinoniem is met "kranksinnige
regsheid en rassisme" - en van daar af is dit maar 'n hanetree na Van
Wyk Louw se "skipbreuk van alle sekerhede".

Blykbaar klap Jakes Gerwel namens Hoofman Thabo die sweep op die
Naspers-direksie as dit by die ideologiese inhoud van Beeld en ander
ANK-mondstukke kom. In 'n hermeties verseëlde wêreld waar slegs een
blye boodskap, dié van die revolusie en van "die wonderwerk" bestaan,
weet ons dat Femelende Ferdi binnekort sy transdans rondom die
aanvaarde "politieke heilighede" sal hervat.

En nogmaals sal Ferdi Hoofman Thabo en Sy Grondwet ten hemele prys.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Werktuigkundige " deur S.J. PRETORIUS

Di., 21 Februarie 2006 01:13

Werktuigkundige
S.J. Pretorius

Die lewe gaan sy kringloop op die swart
bank van die ewigheid, God druk die hart
versigtig daarop vas en slyp dit met
die donker, skerp klein helsteen van die smart.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Australie vooraan in het gevecht tegen onverenigbare vreemdlinge?

Ma., 20 Februarie 2006 13:29

(aangehaald volgens canadafirst.net)

Three Cheers for Australia!

Muslims who want to live under Islamic Sharia law were told on
Wednesday to
get out of Australia, as the government targeted radicals in a bid to
head
off potential terror attacks.

A day after a group of mainstream Muslim leaders pledged loyalty to
Australia at a special meeting with Prime Minister John Howard, he and
his
ministers made it clear that extremists would face a crackdown.

Treasurer Peter Costello, seen as heir apparent to Howard, hinted that
some
radical clerics could be asked to leave the country if they did not
accept
that Australia was a secular state and its laws were made by
parliament.
"If those are not your values, if you want a country which has Sharia
law or
a theocratic state, then Australia is not for you," he said on national
television.

"I'd be saying to clerics who are teaching that there are two laws
governing
people in Australia, one the Australian law and another the Islamic
law,
that is false. If you can't agree with parliamentary law, independent
courts, democracy, and would prefer Sharia law and have the opportunity
to
go to another country, which practices it, perhaps, then, that's a
better
option," Costello said.

Asked whether he meant radical clerics would be forced to leave, he
said
those with dual citizenship could possibly be asked to move to the
other
country.
Education Minister Brendan Nelson later told reporters that Muslims who
did
not want to accept local values should "clear off".

"Basically, people who don't want to be Australians, and they don't
want to
live by Australian values and understand them, well then they can
basically
clear off," he said. Separately, Howard angered some Australian
Muslims on
Wednesday by saying he supported spy agencies monitoring the nation's
mosques.


--
> .)

Unter blinden ist der einäugige könig.

http://worldimprover.net/

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Pieter Groenewoud" se manier van dink

Ma., 20 Februarie 2006 09:49

Ek wag nog dat jy my oorspronklike pos - dis nou die een waarop jy
reageer - pos sodat ons kan sien wat die "aanval" was wat jy se ek
geloods het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die plase - vir Annette...

Ma., 20 Februarie 2006 08:34

Hierdie storie het alreeds en gaan nog vir baie trauma sorg....vir die
boere. Daar is mos baie maniere om 'n kat dood te maak. Hier by ons [en
daar by julle is hulle nog net so 'n trappie of twee agter] is die donker
dae op jou as die regering begin belangstelling toon vir jou plaas. As die
gewone aanbod nie werk nie, dan wend hulle hul maklik tot ander metodes om
die eienaar gatvol te maak sodat hy bereid is om te verkoop. As dit nie
arbeidsonrus is wat geskep word nie, dan is dit'n moordklag wat gefrabriseer
word of jy kry 'n klein plakkerskamp naby jou grond wat natuurlik veroorsaak
dat diefstal van jou vee en wild buite beheer raak. Ek dink nie veel van
die stadsmense het werklik 'n begrip om iets soos 'n statige drie-draai
koedoebul versmoor te sien aan 'n strik-draad te aanskou nie. Glo my,
jy's gereed om moord te pleeg op daai oomblik! Dit gaan egter aan en aan
en uiteindelik sien jy nie meer kans daarvoor nie en verkoop.
Dis natuurlik waarop die regering en hulle handlangers wag. Hulle
reken mos dat die boere se prys vir hulle grond te duur is, maar het nie 'n
oomblik se begrip vir die boer se probleem dat as hy moet aftree, dan moet
hy op 'n ander plek moet hervestig nie en weer 'n kommersiële begin moet
maak. En dit heel moontlik in 'n dorp of stad waar huispryse nie 'n
probleem het om mal te styg in die stu van die mark nie en niemand het 'n
probleem dáármee nie!
Daar was hierby ons laasweek darem 'n deurbraak. Twee ou Duitse tantes
se plaas is onteien en die regering het hulle omtrent net 'n maand kennis
gegee om hulle goed te pak en te ry. Die grond was gewaardeer [met
verbeterings op] as iets soos R8,5m werd, maar die regering het hulle
gedwing om R3m te vat. Toe betaal die regering nie op die beloofde tyd
nie. Hulle kry toe 'n hofbevel om die minister te dwing om die geld te
betaal, plus rente, EN het verlof gekry van die hof om die ministerie aan te
vat oor die res van die eiendom se opgeboude waarde.....
Hier sit natuurlik nou 'n hele paar boere wat soort van gedwing is om
hulle plase te verkoop teen verlaagde pryse, wat wag op die uitslag van daai
hofsaak, want wen die anties, gaan die regering moet keer vir sy 'bôls'.....

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kragonderbrekings

Ma., 20 Februarie 2006 05:44

Vrydag en gister twee groot en lang kragonderbrekings gehad hier in die
Kaap.
Van vroeg af het daar motors by petrolstasies gestaan en wag totdat die krag
weer aan kom.

Behalwe vir die ongerief om nie brandstof te kry nie, geen geld by 'n OTM te
kan trek nie, nie te kan radio luister of musiek op CD te luister nie, die
eetplekke net koffie en koek vir 'n kort rukkie kon aanbied as ontbyt, was
die stilte nogal salwend vir die gemoed ( behalwe natuurlik vir toeters en
skreeuende bande van padgebruikers wat nie weet hoe om op te tree as die
verkeersligte nie werk nie).

Ek gaan vir my die volgende bymekaarkry voor die volgende kragonderbreking:
'n Batteryradio, 'n baie sterk flitslig waarby ek kan lees of handwerk doen,
'n laai vol batterye vir die radio en flitslig, 'n 5-liter kan vol
brandstof, 'n blikkie vir noodkontant onder die bed, blikkieskos wat met net
so koud kan eet en 'n pakkie provita vir noodhonger.

Ek dink nie eers aan 'n kragopwekker nie, want die goed raas te veel.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Rugby

Sa., 18 Februarie 2006 20:04

Spreek ons spanne vooraf af wie gaan wen?
Die twee spanne wat verlede week verloor het, wen toe hierdie week, en die
drie spanne wat verlede week gewen het, verloor toe hierdie week.
Daar is 'n slang in die gras....
--

Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Re: Antwoord ASB

Sa., 18 Februarie 2006 07:49

"Anonymous" skryf in boodskap news:HMTVCT1X38765.9748958333@anonymous...
> Hello,
>
> I've been away for a while and am only now starting to catch up with the
> news.
>
> Is the boer war over yet? .. and if so, who won?

Weet nie, maar jy is die 1e aasvoël wat hier opdaag?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

What has Afrikanerdom learned?

Sa., 18 Februarie 2006 04:49

My Dear Friends,

Hmmmmm ... I've just been to visit the websites of Orania and the
so-called "Freedom Front." Self-determination in autonomous
territories?" Sounds a bit like "bantustans" doesn't it? Is this all
that Afrikanerdom has learned from its three-and-one half centuries of
existence?

Well, not to worry, my little blondies: those who suffered under the
brutal, murderous pigmentocracy of your spiritual forbears have no
intention of letting you get your Hitlerian little hands on the reins
of power ever - ever! - again!

Oh, we'll let you speak Afrikaans to your heart's content (actually
it's a rather nice language). We'll even allow you to eat boerewors on
special occasions and consume whatever other limp, vinegary sausages
tickle your fancy.

You can even keep your Voortrekker monument and celebrate the Day of
the Covenant once a year.

And, to prove our magnanimity and tolerance, we'll even allow you to
live in little enclaves (like, say, Orania, only preferably further out
from major metropolitan areas). There, happily developing separately
from the rest of humankind, you can have your braai's, talk die Taal to
each other and faithfully attend your Kerk on Sunday.

We can even set up a completely separate educational system for you
wherein you can apply the principles of Christian National Education: I
can just see it now, "Johannes Gerhardus Strijdom College." Has a nice
sound, no?

Then, after a few generations, through the miracle of inbreeding, I
suspect that if Afrikanerdom doesn't cease to exist entirely, its
pitiful remnant will be comprised of proto-hominids barely capable of
using hand tools or scratching signs in the mud with sticks.

Hopefully, your descendents will not be too genetically degraded to
train to work some menial tasks in the wonderful vineyards of the Cape.

Well, what can I say? I do hope your God looks out for you - but I
really have my doubts. People (and Peoples) tend to get what they
deserve.

Oh, and by the way: Thank You ever so much for sending US Charlize
Theron!

Yours Faithfully,

(Prof. Adv.) W.A.M. Coorsen
Founder-Director,
Organisation for the Promotion of Afrikaner Voluntary Sterilisation
(OPAVS);
Holder of the Demitri Tsafendas Chair in Afrikaans Language &
Literature, University of New Sodom (USA)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die waarskynlikheid dat Jim Again en ons almal nie-blanke voorouers het.

Vr., 17 Februarie 2006 14:20

Hi almal,

In gesluit 'n eenvoudige tabel om die waarskynlikheid dat ons êrens
nie-blanke voorouers het, te demonstreer - baie spesiaal vir Jim Again se
plesier.

Die eerste kolom behoort selfs vir hom duidelik te wees. Die tweede kolom
verteenwoordig die aantal persone vir daardie generasie en die laaste kolom
die totale aantal voorouers ter sprake. Die tabel is gebasseer op twaalf
generasies. Ek het van die veronderstelling uitgegaan dat die gemiddelde
ouderdom 30 was toe die ouers hulle kinders gehad het (Die werklike
gemiddelde ouderdom was waarskynlik nader aan twintig). 350 (jaar) gedeel
deur 30 gee 11.66, benader tot 12.

Ouers 2 = 2
Groot-ouers 4 = 6
Oor-grootouers 8 = 14
Oor-oor-grootouers 16 = 30
Oor-oor-oor-grootouers 32 = 62
Oor-oor-oor-oor-grootouers 64 = 126
Oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 128 = 254
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 256 = 510
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 512 = 1022
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 1024 = 2046
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 2048 = 4094

Soos uit die tabel gesien kan word is 'n totaal van 4094 voorouers ter
sprake. Natuurlik was daar 'n duplisering van voorouers. 'n Mens kan die
totale aantal gemaklik deur twee deel, selfs deur vier, om vir duplisering
van voorouers voorsiening te maak, dan sit jy steeds met meer as 1000
voorouers!!!

Die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike en die Ontugwet was net vir sowat 40
van die 350 jaar daar om wit en swart te probeer keer om mekaar lief te hê -
met klem op die "probeer", want dit het nie die mense gestop wat dit wou
doen nie! Selfs in die hooggety van apartheid is genetiese afkoms nie
gebruik as kriterium vir blank-wees nie, maar die kriterium was "as iemand
tussen blankes woon en deur blankes as 'n blanke aanvaar word, is hy 'n
blanke". Met daardie definisie het baie sg. Kleurlinge selfs in die
apartheidsjare "blankes" geword. (Ek dink nou aan die film "Katrina" waar
hierdie aspek van apartheid nogal prominent onderstreep is). Daar was oor
'n tydperk van 300 jaar nie eintlik kontrole oor rassevermening nie. Die
eerste blanke setlaars het beslis nie "hang-ups" oor rasse-vermenging gehad
nie - die bewys: meer as 3 miljoen Kleurlinge!

Jy sien dus, Jim Again, die kanse dat jy nie-blanke voorouers het, is meer
as 1000 teen 1. Op oorwig van waarskynlikheid sou ek sê: Dis afdoende
bewys!!!

Torreke

Koeitjies & kalfies | 51 kommentare

Bladsye (1834): [ «    227  228  229  230  231  232  233  234  235  236  237  238  239  240  241  242    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 02 08:19:23 UTC 2026