Resensie van Herman Charles Bosman - Between the lines deur Valerie
Rosenberg
Jaco Fouché
Dit moet dalk kommerwekkend wees hoeveel mense nie net daaraan dink om
hulle op die een of ander manier aan 'n kunsvorm toe te wy nie, maar
inderdaad tot die stap oorgaan en die wilde en gekke ding doen - die
woonstel verkoop, die kar inruil op 'n ouer model, die wye wêreld
aandurf in die hardkoppige geloof dat die boheemse leefwyse sy eie
beloning is en dat die opofferinge nie hóéf te lei tot grootsheid en
aansien en geld in die bank nie. Sekerlik is menige hart al gebreek
deur die obsessionele gesukkel van 'n geliefde om aan die kloue van
toewyding, matrimonie en burgerlikheid te ontkom, net om tog maar
afhanklik (en nie net finansieel nie) te bly van wat daardie
burgerlikheid bied - sekuriteit, geldelike ondersteuning, selfs net
'n gehoor.
Want dis die kunssinnige burgerlikheid wat die kunswaansinniges
onderhou, maak nie 'n fout nie. En die kunswaansinniges sal dalk 'n
tikkie verstandigheid openbaar deur op goeie voet met hulle publiek te
bly. Bosman het nie altyd nie, en Valerie Rosenberg se boek is nie net
'n storie van moord, prisonierskap, aborsie en verguising nie, maar
ook van verwaandheid (Bosman het George Bernard Shaw as 'n
"intellectual poseur" afgemaak, en van Roy Campbell se "sterile
wit" gepraat) en 'n meestal onwrikbare geloof in die "life of the
poet" ("I can't speak as a man in the street. I can speak only as
an artist").
Die storie sal sekerlik goed aan sommiges bekend wees, ook omdat
Rosenberg self al oor Bosman geskryf het, maar vir mense wat nog moet
hoor van die moord op Bosman se stiefbroer (hy het hom doodgeskiet),
tronkstraf en verblyf in Groot Marico en die tyd in Europa, asook
Bosman se liefdesverhoudings, is hier heelwat intrigerende materiaal.
Een van hierdie liefdesverhoudings was met Helena Stegmann, 'n
onderwyseres wat Bosman, wat toe met 'n ander vrou getroud was,
ontmoet het toe hy in Pietersburg gewerk het. Daar was die verwagte
vonke. Daar was gevolge. Stappe moes gedoen word met betrekking tot
ongewenste lewe. Bosman het 'n plan gemaak en Helena het in die sorg
beland van 'n distriksgeneesheer wat 'n wrok teen Bosman gehad het
en hom aanspreeklik wou hou. Aanvanklik het sy haar minnaar beskerm,
maar die feite het uitgekom en Bosman moes uiteindelik sy werk as
redakteur agterlaat en teruggaan Johannesburg toe, hoewel hy darem
weldra Helena sy vrou kon noem.
Daar was ook vriendskappe. Bosman was Lionel Abrahams, vir wie hy
agtien maande lank as privaat onderwyser klas gegee het, se mentor. Oor
kuns het Bosman een keer in Abrahams se teenwoordigheid gekonstateer:
"We don't want to be judged on merit. We want to be judged on
genius." Hy het aan Abrahams gesê dat dit noodsaaklik is om slegs
dit te skryf wat 'n mens vir seker wéét van die lewe. Maar tesame
met 'n realistiese benadering tot die lewe het hy natuurlik ook gewys
op die belangrikheid van humor in 'n stuk werk. Abrahams het later sy
skuld betaal deur literêre eksekuteur en eerste postume redakteur van
Bosman te wees, asook sekerlik deur die blote feit dat hy self 'n
skrywer geword het.
Gordon Vorster was 'n ander student, en gou groot vriend en
drinkebroer. Rosenberg haal hom aan: "... we hated each other as
well, because I was brash and he had the wisdom of many
disillusionments. I believed in people and with some reservations, had
stars in my eyes about them; he accepted people unreservedly, with all
the muck."
Bosman het die lewe van 'n boheem geleef, of dan die naaste ding
daaraan. Daar was verskeie werke en soms onwyse besluite, soos om in
die veertigerjare Kaapstad toe te trek waar hy klassieke literêre werk
vir 'n onderneming met die naam Die Afrikaanse Kulturele Leserskring
sou vertaal en verkoop, maar gou was die problematiek van die stap
duidelik en was sy en Helena se posisie benard. Hy het darem so ver
gekom om Omar Khayyam in Afrikaans te vertaal, maar daar was geen
vooruitsigte in en vir die onderneming nie. Nadat hy op die koop toe sy
eerste hartaanval beleef het, is hulle terug Johannesburg toe.
'n Mens lees van karton wat hy gebruik het om sy skoensole langer te
laat hou, van swaarkry in Londen, van uitsetting en skrynende oordeel
- en gedurig die finansiële probleme by die ander krisisse. Tog was
sy gesindheid, soos hy aan Helena in Pietersburg verduidelik het, dat
'n ander deur vir 'n mens oopgaan sodra jy een toemaak.
Die laaste deur om vir Bosman toe te gaan, het so gemaak toe hy 46 was.
Wat kon hy wys vir daardie vier dekades en 'n bietjie? Drie vroue,
van wie Helena miskien die groot liefde was, en die drie boeke wat in
sy leeftyd gepubliseer is (die eerste toe hy 42 was), en natuurlik die
nalatenskap van die romans en karakters soos oom Schalk Lourens.
Maar die man was dalk groter as sy werk, of is ten minste
ononderskeibaar daarvan. "A poet is no small thing," het hy
geskryf, maar bygevoeg: "Before embarking on what sounds like the
start of a fanfare, I should like to point out that a poet is also a
fool."
Dis 'n boek vir aficionado's en belangstellendes, maar ook
kunsdissipels, wannabe's en has-beens kan maar kennis neem van
hierdie leesbare lewensbeskrywing.
Nadat Mafeking Road verskyn het, het die Sunday Times-resensent haar
soos volg uitgelaat oor die boek en Bosman: " ... after reading a few
of the stories in bed that night, I felt a strange elation. Here, I
realised, was no amateur author but a writer of genius."
Dit behoort nie, maar dit verbaas my steeds dat die aard van die debat
oor Afrikaans te dikwels verval in skerp verdelende twiste wat dalk
baie doen vir die deelnemers se ego's, maar bitter min vir die
vrugtevolle oplossing van vele probleme wat die taal werklik
konfronteer.
'n Groot probleem of gebrekkigheid in die aard van die diskoers is dat
byna geen sinvolle gesprek tussen die twee oorheersende dele van die
Afrikaanse taalgemeenskap - die bruines en wittes - bestaan nie.
Baie word gepraat en gedebatteer, maar dis 'n inwaartse proses wat
agter die grense van die verlede rondspoel en van tyd tot tyd uitbars
in 'n vingerwysende bekgeveg wat dalk goeie kopie vir koerante oplewer,
maar eintlik weinig toereikende waarde tot die oplossing van die
problematiek van die taal toevoeg.
Neem as voorbeeld die onlangse herrie oor die ANC se "positiewe"
beheptheid met Afrikaans ten tyde van die taal se 130ste verjaardag, 'n
onderwerp wat ek in September verlede jaar behandel het in 'n rubriek
in Beeld en Die Burger.
Uit Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, het mnr.
Smuts Ngonyama, hoofwoordvoerder, die volgende te sê gehad: "Die
ontwikkeling van Afrikaans die afgelope 130 jaar tot 'n volwaardige
wetenskaplike taal dien as inspirasie vir die ontwikkeling van
Suid-Afrika se ander inheemse tale."
Ngonyama het Afrikaans onder meer 'n "inheemse Afrika- taal" genoem.
Afrikaans het ook warm verjaardagwense van die ANC in die parlement
ontvang. Ek het toe daarop gewys dat dié soort lof afkomstig van 'n
sterk ingegrawe meerderheidsparty nie te versmaai is nie.
Prof. Jonathan Jansen, 'n goeie vriend en ongetwyfeld 'n vriend van en
by tye selfs kampvegter vir Afrikaans (as deel van 'n groter stryd om
meertaligheid), het baie sinies op die ANC se oënskynlike toenadering
tot Afrikaans gereageer.
Hy het twee standpunte daaroor gestel waarvan baie van ons nie sal hou
nie, maar waaroor ek glo ons moet besin as deel van die manier waarop
ons met mekaar gesprek voer oor die toekoms van Afrikaans.
Eerstens, het Jansen gesê, onderskat Afrikaners die bitterheid onder
swart Suid-Afrikaners oor Afrikaans se eertydse rol as "die taal van
die onderdrukker".
Tweedens, meen hy, sal die regering nie sonder meer buitensporig belê
in Afrikaans, wat, saam met Engels, steeds die taallandskap in die land
oorheers, sonder om ook in verwaarloosde ander Afrika-tale te belê
nie.
Laasgenoemde is natuurlik die partytjie waaroor die regering baie te
sê het, maar bitter min saakmakend oor optree.
My eie probleem met die ANC se benadering tot die kwessie van Afrikaans
is dat die party dit klaarblyklik beskou as 'n Afrikaner-kwessie,
eerder as een wat vir die hele taalgemeenskap van belang is. Die
probleme wat die res van die Afrikaans sprekende gemeenskap dalk met
die hantering van hul taal het, word nie raakgesien of oor gepraat nie
omdat die ANC klaarblyklik dié gemeenskap as deel van die groter swart
gemeenskap beskou.
En hier moet ons in die oorwegend bruin deel van die Afrikaanse
taalgemeenskap en veral dié wat na aan of in die ANC- dampkring
beweeg, die hand in eie boesem steek en skerp vrae aan eie adres rig
oor waarom ons passiewe toeskouers eerder as aktiewe deelnemers is in
prosesse wat die taal betref.
'n Deel van die antwoord lê waarskynlik in ons verdeelde verlede en
hoe dit ons aan weerskante van die taalskeidslyn laat beland het, en
die klaarblyklike onvermoë aan albei kante van die skeidslyn om mekaar
te vind as genote in die Afrikaanse stryd.
Die twee standpunte wat Jansen in sy reaksie op die ANC se skielike
beheptheid met Afrikaans ingeneem het, sal dalk vir sommige van ons as
kras oorkom en ervaar word.
Maar as ons hoop om 'n sinvolle en uiteindelik betekenisvolle diskoers
oor Afrikaans en sy plek in dié wonderlik diverse land te vestig, sal
ons die ongemaklike realiteite móét konfronteer - nes die
onderhandelaars van die nuwe Suid-Afrika die ongemaklike realiteite van
bevrydingstryd en onderdrukking moes konfronteer en uiteindelik oorbrug
het om geboorte te gee aan die reënboognasie wat ons almal nou so
koester.
In die deel van die taalgemeenskap waaruit ek kom, is daar - die
versoeking is groot om te sê uiteindelik! - groeiende onrustigheid oor
die impak van die noodwendige makrovlakveranderings wat die demokrasie
vir ons as taalgemeenskap meegebring het.
Die demografiese verskuiwings wat die voormalige bruin gemeenskappe die
afgelope dekade of twee ondergaan het, het 'n besliste uitwerking op
Afri kaanssprekende kinders se voorheen relatief onbevange toegang tot
onderrig in hul moedertaal.
Dié waarneming moenie beskou word as 'n hunkering na die ou
rasgegronde woongebiede of skole nie. Allermins. Dit bly egter 'n
uitdaging wat aangepak moet word op maniere wat nie verval in 'n soort
bruin neonasionalisme wat verdere vervreemding van ons wit taal- en
swart landgenote in die hand kan werk nie. Dit sal waarskynlik eers 'n
bruin-bruin-gesprek verg.
Die resultaat van die veranderde omstandighede is dat skole en
onderwysers in voormalig bruin woongebiede onder geweldige druk is om
ook in die legitieme behoeftes te voorsien van ander taalsprekers wat
nou deel is van 'n inklusiewer gemeenskap.
Die doeltreffende mediasie van dié problematiek is nie voor die
handliggend nie, maar dit mag nie weens die kompleksiteit daarvan gelos
word om te smeul nie.
Dit is 'n uitdaging vir die betrokke gemeenskappe, die regering en,
meen ek, ook vir die Afrikaanse taalgemeenskap in sy geheel.
Om dié soort uitdagings suksesvol te pak, blyk 'n volhoubare dialoog
tussen die onderskeie Afrikaanse taalgemeenskappe 'n al hoe dringender
noodsaaklikheid te wees.
Maar dan moet ons bereid wees om eers die satans uit die verlede wat so
erg verdelend in die diskoers neerslag vind, te besweer.
Op makropolitieke terrein het ons as Suid-Afrikaners die wêreld
verstom gelaat oor die vermoë van ons leiers en mense om die
onoorbrugbare te oorbrug. Sekerlik behoort ons dit ook te kan doen ter
wille van die taal wat ons koester.
In die boek Kruispad: Die toekoms van Afrikaans as openbare taal (met
proff. Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer as redakteurs) wys dr.
Neville Alexander daarop dat die geskiedenis "op paradoksale wyse vir
Afrikaanssprekendes geleentheid (bied) om met bepaalde inisiatiewe op
'n grootse manier eenheid in die diversiteit van die Suid-Afrikaanse
samelewing te versterk en te onderskraag".
Hy maak ook die baie geldige punt dat die debat oor Afrikaans baie meer
baat sal vind as deel van die groter debat oor meertaligheid en die
ontwikkeling van ander inheemse tale.
Dít is na my mening die korrekte klem en uitdaging vir ons as
taalgemeenskap:
Om die legitieme, grondwetlik verskanste posisie van Afrikaans op alle
vlakke en in alle sektore van die samelewing na te streef, te beskerm
en te verdedig op 'n manier wat nie net passiewe erkentlikheid gee aan
die noodsaaklikheid van 'n meertalige kultuur en die ontwikkeling van
agtergeblewe inheemse tale nie, maar dit aktief met die taalgemeenskap
se ingeboude histo riese ontwikkelingsvaardighede en hulpbronne te
onderskraag.
Dít word reeds op vele vlakke gedoen, soos Alexander in sy
Kruispad-bydrae uitwys, maar baie meer kan gedoen word.
En 'n goeie plek om te begin is in die agtergeblewe dele van ons eie
taalgemeenskap. Dís waar die twee dele van die Afrikaanse
taalgemeenskap mekaar kan vind en waar die grondslag gelê kan word vir
dinamiese en inklusiewe taalaksie - vir Afrikaans en vir die land.
Dit is waar ek meen die nasionale taaldiskoers behoort te wees.
Die vraag is wie van die leiers in die twee taalgemeenskappe die visie,
moed van oortuiging en ondernemingsgees aan die dag gaan lê om die
grense waaragter ons as taalgemeenskap skuil, te verwyder, en om dít
wat na die onoorbrugbare lyk, oorbrugbaar te maak.
Ons sien gister vir Blair praat oor die Engelse soldate
wat slegte dinge in Irak doen. Dit lyk of hy en ander
onder die bome buite sit en met die pers gesels.
Sover ek kan onthou, is Hammanskraal naby aan
Pretoria. As ek reg het, is dit die plek waarheen hulle
die swart kosskool wat in die vroeë sestigerjare in
Pretoria was, uitgeskuif het toe swart kinders nie
meer in 'n wit gebied kon skoolgaan nie. Dit is die
laaste plek waar ek skoolgehou het. 'n Lieflike
plek, langs die Botaniese tuine. 'n Plek waar die
kinders naby kultuurdinge was. Maar nee, toe
maak Bantoe-Onderwys dit onmoontlik vir swart
kinders om in beskaafde omgewings te woon,
en word hulle uitgeskuif na 'n skool wat vir hulle
gebou word op die kaal haai vlakte. Heelwaarskynlik
omdat Hammanskraal in daardie dae deel van
Bophutswana uitgemaak het.
Maar wat soek Blair nou daar?
Wat sien my oë? Hierdie nuusgroep (soc.culture.south-africa.afrikaans)
word stukkend gemaak deur my eie landgenote en die Hollanders? Kom
daar nog by 'n groep van mense wat slegs Engels wil praat?
Ek had dit al lank al voorsien en ek het daarvoor al 'n paar jare
gelede gewaarskuw, ook op hierdie nuusgroep. Afrikaans kan nie oorlewe
nie. Eers verloor die Afrikaners hulle politieke regte in hulle eie
land en in die toekoms gaan hulle ook hulle besittings verloor. (Plase
wat onteien word). Mondialisering, nuwe tegnologie en Internet doen
die res. Selfs Nederlands kry dit moeilik teenwoordig.
..Wie se brood 'n mens eet, diè se woord 'n mens spreek.
Hm, sou dit daarom wees dat hier so baie Nederlands gepraat word: die
horlosie vir my noontjie, wat deur die posdiewe van Suid-Afrika
gesteel is, het ek in Vlaandere gekoop?..
Binnekort steel die swartmense van Suid-Afrika nog die Afrikaners
hulle taal!
Ek sal hierdie artikel maar gelyktydig op be.politics en nl.politiek
plaas. Sodoende sal meer mense van hierdie onreg ingelig word. Die
inwoners van Nederland en Vlaandere moet die Afrikaans bystaan in sy
stryd om die lewe!
Norbert die strandkruier (vroeër: Sterrenkijker)
uit Vlaandere
INWONERS VAN NEDERLAND, VLAANDERE & SURINAME: TEKEN IN OP
SOC.CULTURE.SOUTH-AFRICA.AFRIKAANS EN STEUN DIE AFRIKAANS!!!
Die eindtelling het hulle bietjie gepaai - maar dat was mooi om uiteindelik
'n SA span te sien wat tot die laaste sekonde nog wil speel.
Eintlik was hierdie verloordery van die Cheetahs net die regte medisyne op
die regte tyd.
Geen kompetisie word in die eerste rondte al gewen nie.
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:1rCdnUu1DLTPGXDenZ2dnUVZ_t2dnZ2d@is.co.za...
> Die wraak was soet!
>
Wel Ferdi my ou maat, die brein kannie meer so goed onthou nie of wat?
Ek self het nog nie kinders nie - miskien omdat ek nog self een is,
maar is seker as ek die sou gehad het dat ek dit ten minste sou
onthou...
Het jy nie die pos benede geskryf nie?
> Ferdi Greyling
> Apr 8 2003, 11:05 am show options
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> From: NoS...@tome.com (Ferdi Greyling) - Find messages by this author
> Date: Tue, 08 Apr 2003 10:02:53 GMT
> Local: Tues, Apr 8 2003 11:02 am
> Subject: Re: Wat voel julle
> Goeie ding dat geen skool 'n "amptelike" godsdiens beoefen waaraan al
> die kinders moet deelneem nie.
> My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle moes
> almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen.
> So iets moet vrywillig wees.
Kan sweer dat jy hier se jou kinders is saam met moslem kinders opskool
gewees....
Kan net een ding beteken. Jou kinders is nie in afrikaans onderrig
nie!
So waar val jy uit die boom om iemand aan te val, wat in Australia
woon, omdat sy kinders in engels onderrig word?
Nog erger wat gaan jou kinders nie dink as hulle uitvind jy ontken
hulle?
"Annette" schrieb im Newsbeitrag
news:8KGdnf2QAca8bXfeRVn-og@is.co.za...
> Jampie, ek dink jy is te onnosel om op nuusgroepe deel te neem.
> Wat verstaan jy van "moenie kruispos" nie?
Wat bedoel je met 'moenie kruispos nie'? Bij het internet gaat het om 'no
limits' - ooit gehoord?
Tjongejonge, wat zijn jullie boeren bekrompen daar beneden. Of ben je
missschien geen?