Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Woonstel nuus?

So., 20 Julie 2003 21:00

Hoe gaan dit in die nuwe woonstel Andries? Is die hondjie al geleer om
voor die deur te slaap?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

ek se koebaai vir 'n rukkie

So., 20 Julie 2003 10:19

Vir almal hier

Ek sal vir 'n rukkie nie hier wees nie, so julle sal my moet gaan mis.

Oor so ongeveer 2 weke sal ek weer terug wees.

Baai vir almal en geniet dit en als ek terug is, ek wens die NG sal nog in
lewe wees :-)

GrRico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Linuxcult

Sa., 19 Julie 2003 18:24

Ek het toe na die link gaan kyk Andries. Dit is baie interessant, maar
ek het gedink ek gaan op baie opwindende dinge afkom, soos Linux cult
members wat Microsoft saboteur en uitroei waar hulle ookal skuil:-))
Met 'n Battle plan en 'n little red book en die hele kaboedel. Is dit
wat julle regtig gaan doen maar julle kan dit net nie op hierdie
stadium bekend maak nie?:-)) Ag kom aan Andries, jy kan vir òns
vertel....:-)

Lorinda

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Dankie tog vir die aartappel

Sa., 19 Julie 2003 18:10

Katryn wrote:
> (Terloops as mens vir "chips" vra saam met jou fast food hier in
> Amerika, dan kry jy 'n pakkie potato chips en nie die french fries wat
> jy sou verwag nie) :-)
>

Hier is daar nie so 'n probleem nie. Chips is groot slap chips, French
Fries is die klein dunnetjies, en die in pakkies is "crisps".

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Honey B's

Sa., 19 Julie 2003 18:05

Katryn wrote:
> Dink jy nie ook dis nogal vreemd dat 'n "liberaal" en 'n
> "konserwatief" so goed oor die weg kom soos Bush en Blair nie? Dit is
> wat nog altyd vir my die vreemdste van alles was.
>

O beslis. Dalk 'n goeie voorbeeld van common interests wat alles
oorheers. Ten minste was die Thatcher/Reagan ding meer logies, maar
die Bush&Blair venootskap lyk inderdaad vreemd. Blair is veronderstel
om die Labour party te verteenwoordig, nie eers die Liberals nie.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Trotse vertaling

Sa., 19 Julie 2003 12:10

Katryn, "sage" is salie. Ek kan nie eers sê:"O jaaa" nie, want ek dink
nie ek het dit ooit geweet nie:-). My woordeboek het uiteindelik
aangekom.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

hallo

Vr., 18 Julie 2003 18:39

hallo

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Die weer en meer

Vr., 18 Julie 2003 14:50

"Katryn" wrote in message
news:rhvfhvk6pv0fgasg5ngn3qc4cppblv9vkb@4ax.com...
> "Rico" wrote:
>
>> Katryn ek weet daar is dit warmer, maar ons het nie baie van die daie nie en
>> die vogtigheid is so hoog, dis nie meer lekker nie en ons het nie
>> lugreeelings in onse huise nie.
>
> Ek onthou ook een jaar wat ek in Amsterdam was in die Somer en dit was
> HETIGLIK warm. (Nie seker of daar so woord is nie, maar dit was vrek
> warm en bedompig).
> Hoe lank bly weer die so bedompig en warm by julle?
> Ja, ons is baie bederf hier in Amerika met ons lugversorgde huise en
> motors.
> Jy het al my simpatie - ek verpes hitte. Eintlik kan ek warm weer
> soos in SA en CA nog hanteer, maar die hoë humiditeit soos wat julle
> ervaar, en ons hier in die Suide, is onhanteerbaar vir my - net plein
> yeeeughy! :-(.
> Durban in SA was mos altyd ook so muggy en sticky in die Somer?
>
>> Ons het nie 'ntafelbaai nie, nie bloustrande nie en nie 'n blousee nie.
>> Ek dink ons het niks, :-))))))))))))))
>
> Maar julle het kultuur en...en...wel....en.... - oulike
> Hollanders en kultuur en....wonderlike kase en gebak,,,,en kultuur,
> en......
> oulike bure?
> :-))))
>
Ag eintlik is julle maar ook net 'n bietjie ons, as die mans en vroumense
nie het vertrek nie, was jy dalk nog in Nederland gewees en
.......................

Ja ons het baie, ook die See, die Noordsee, strande en weet ek wat, ek is
baie happy in my landjie.
En ja ons het goeie bure, die Belge dan ne, die ander, die Duitsers, wel ek
se maar so ek se maar niks :-))))))))))

GrRico
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

sy's terug

Vr., 18 Julie 2003 09:42

Het julle gesien, sy het wedergekeer!!!!!!!!!!!!!!!!

Met 'n gediggie :-))

GrRico

ons se maar so, onkruid vergaat niet

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Tony Blair se toespraak vandag

Vr., 18 Julie 2003 06:11

"Katryn" skryf in boodskap news:2ejehv8iqa4ediklmvcttvmtjeepfu1fq5@4ax.com...
> Lorinda, wat het julle daar in Engeland gedink van Tony Blair se
> toespraak vandag hier in DC? Hier was dit baie goed ontvang, deur
> beide die Dems en die Repugs.

Ek dink Tony Blair is op die oomblik meer gewild in die VSA as hier. Hier is
die duiwel los oor allerhande goed (soos die National Health Service ens.)
nie net die oorlog in Iraq nie. Dit is asof die tide hier teen hom gedraai
het, en in sy eie party is mense hard aan die spekuleer aan wat 'n jaar
gelede ondenkbaar sou gewees het, naamlik dat hy miskien moet bedank. Bush
is nie gewild hier nie, en dit stook anti-Amerikaanse gevoel oor die
algemeen. Die feit dat hy VSA toe is terwyl daar allerhande probleme hier is
word ook sterk gekritiseer in die pers.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 15:06:47 UTC 2026