Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ping>Speedy

Do., 24 Julie 2003 19:13

Speedy has left the building..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Speedy en eiers

Wo., 23 Julie 2003 20:12

Speedy Gonzales wrote:
>
> Nie sover ek kan onthou nie. Ek het die naam by Katryn se buurman
> geleer.
>
>> En ken een van julle dalk hierdie weird hoenders wat sulke gekleurde
>> eiers lê? My buurman bring die goed nou die dag hier aan, en vertel
>> my dat dit van "easter hens" afkomstig is. Die werklike naam van
>> hierdie hoenders wat sulke gekleurde eiers lê is 'aracaunas'.
>
> Toe klink dit slim omdat ek ook nou weet wat hulle genoem word
>
> SG

Met ander woorde Suid-Afrika is geheel en al blou-eierloos? Sug.
Engeland seker ook. Jy is 'n ontwerper, kan jy nie iets aan die saak
doen nie?:-)Waarom moet ons met sulke vervelige hoenders sit?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koffie kapitaal

Wo., 23 Julie 2003 19:39

Katryn wrote:
> "Lorinda" wrote:

> Dis interessant, nè? Kapitalisme aan't werke. :-)
> Die hele geskiedenis van koffie is ook deksels interessant. Ons het
> vriende wat koffiebone invoer van Suid Amerika en ek hang altyd aan sy
> lippe as hy begin vertel van al die politieke intriges en korrupsie
> wat hierby betrokke is. Hulle het 'n lang tyd ook in Puerto Rico
> gewoon.

Ek het eenkeer 'n boek gelees oor die geskiedenis van koffie, met die
titel "The Devil's Cup" of so iets. Dit was baie interessant, daar was
verwysings na allerhande eienaardighede en gebeurtenisse. Ek het die
boek baie geniet....

> Terloops, dit lyk my dis nou net ons 2 wat nog hier sit en gesels?

Ag die ander kom en gaan maar. Dis tog lekker om 'n plek te hê om te
gesels weg van SCSAA af. Ek dink Speedy is besig deesdae, Rico is met
vakansie en Andries sal wel uitslaan. Ek is bly jy is hier.


> Maar ek wil net vir jou sê dat ek jou boodskappe op SCSAA geniet het,
> en veral die manier waarop jy jou saak gedebateer het met daardie
> Glucklich persoon. You go girl!!
> :-)

Dankie Katryn, maar soos jy weet (veral ook in die VSA) dis maar 'n
ding waaroor mense 'n onwrikbare opinie het en die feite maar min saak
maak. Baie mense wat pro-doodstraf is is baie keer vreeslik
anti-aborsie, wat altyd vir my eienaardig is.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Arnie

Di., 22 Julie 2003 08:21

Katryn, wat is die kanse dat Arnold Schwarzenegger 'n verkiesing in
California kan wen:-)? Ek het gelees dat hy dalk 'n kandidaat sal wees as
hulle daarin slaag om van Gray Davis ontslae te raak.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Toets aanhegsels - eggs.JPG (0/1)

Di., 22 Julie 2003 07:38

"Katryn" skryf in boodskap news:gh7ohvc1qo3tofnph9ghu4fakamf2o2ndj@4ax.com...
> Katryn wrote:
>
>> Het dit gewerk?
>
> Nope. :-)
>
> Terloops, hier is 'n skakel na die kleure van die eiers waarvan ek 'n
> foto probeer plaas het as iemand dalk belangstel. (Dankie tog vir die
> Internet) :-)
> http://araucana.freeservers.com/Blue&Blues.htm
>

Ek het nog nooit van hoenders gehoor wat gekleurde eiers le nie! Ek wonder
waarom meer mense nie die hoenders aanhou nie... Dit sal die ontbyt tafel
heelwat kan opvrolik. Jammer oor die aanhegsel.... maar ek het na die site
gaan kyk.

Andries is daar sulke hoenders in SA?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Microsoft biegstuk 1

So., 20 Julie 2003 23:35

Andries wrote:
> Lorinda wrote:
>
>
>> Ek gebruik dit (nog) nie, maar ek sal die link onthou. Ek sal dit een
>> van die dae installeer.
>>
>
> Watter weergawe gebruik jy??
>
> Ek het nie kennis van die ander nie, maar ke vind Mandrake taamlik
> gebruikersvriendlik. Ek sal dit vir mense wat gewoond is/was aan Windows
> voorstel. Dis nou nie regtig "plug-'n-play nie, maar as mens beried is om
> baie te lees en jouself te leer sal jy regkom.
>

Ek gebruik nog Microsoft, maar ek het redelike kennis van Linux, en ek
dreig nou al lank om dit te begin gebruik. Een van die dae sal ek so
ver kom:-)

Lorinda

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Screenshot

So., 20 Julie 2003 23:32

Andries wrote:

>
> Kan vir jou 'n "sreenshot" van my KDE "desktop" epos?

Ja. Stuur dit na mun...@tiscali.co.uk

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jack Russel

So., 20 Julie 2003 22:47

Andries wrote:
>
> Ek spandeer soveel as moontlik tyd saam met hom.. dalk moet ek hom by my
> laat doeks.
>
> Ek het my Jack Russel laas week saam gebring van die plaas af..maar ek dink
> die dorp maak hom depressief of iets. Die eerste dag het dit goed gegaan
> maar Dinsdag wou hy nie eet nie. By die werk het hy die hele dag in die
> bakkie onder die boom gele...ek het hom terug gevat plaas toe. hy was nog
> nooit in 'n erf agter hekke nie. Ek dink dis vreemd vir hom. Ek sal maar op
> die plaas vir hom gaan kuier.

Ek dink jy het die regte ding gedoen om hom terug te vat plaas toe.
Los hom maar liewer waar hy gelukkig is. Baklei hy nie met Fleur nie?

Lorinda

Troeteldiere | 1 kommentaar

Linux rules ok

So., 20 Julie 2003 22:44

Andries wrote:
> Lorinda, ek kan nie onthou of ek jou al gevra het nie. Gebruik jy Linux?
>
> Ek het op 'n baie oulike en kleurvolle "icon set" afgekom.
> Jy kan dit hier gaan aflaai:
>
> http://www.linuxcult.com
>
>

Ek gebruik dit (nog) nie, maar ek sal die link onthou. Ek sal dit een
van die dae installeer.

Lorinda

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Fleur

So., 20 Julie 2003 21:45

Andries wrote:

>
> My hel Lorinda, hoe gaan dit? Lank laas van jou gehoor.

??? Ek is heeltyd hier rond...Jy neem nie deel aan gesprekke nie. Of
sien jy dalk nie al die pos nie?


> Ek het vir Fleur 'n mandjie en 'n kombersie gekoop. Ek wil hom vreeslik
> graag by my op die bed laat slaap..maar ek weet as hy groot is sal hy dit
> ook wil doen.

Fleur is 'n mooi naam... Laat hom op die bed slaap as jy wil. Maak dit
saak as hy dit doen as hy groot is? Kan dalk 'n probleem wees as jy
company het...:-)
Ek weet nie veel van honde af nie, ek hou van hulle en baie honde is
vreeslik oulik, maar ek sien nie kans om na een te moet omsien nie. Ek
dink hulle het baie aandag nodig.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1708  1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 13:53:03 UTC 2026