In die afgelope dae was daar alleen pos-items op die
nuusgroep van mense wat nie in Suid-Afrika bly
of Afrikaans praat nie. (Nogal oulik: twee ouens wat
besig is om Afrikaans te leer, en iemand met 'n
Engelse naam wat in baie goeie Afrikaans uit San
Francisco met iemand in Nederland kommunikeer.)
Daar was geen sweem van belangstelling om iets
op die nuusgroep te pos van al die mense wat so gesit
en agoniseer het oor die voortbestaan van Afrikaans
en die behandeling van Afrikaans deur die S.A.U.K.
onlangs nie. Waar is al die mense wat vir die totstand-
kom van 'n Afrikaanse nuusgroep gestem het? Waar is
al die mense wat nog Afrikaans as huistaal het, en
dus 'n gevestigde belangstelling het om 'n sterk
en groeiende Afrikaanse nuusgroep vir hulle kinders
op te bou en na te laat?
Ek merk dat meer en meer Afrikaanse name
begin voorkom in die besprekings op die Engelse Suid-
Afrikaanse nuusgroep. Ek neem hulle dit nie kwalik nie.
Dit is daar waar die aksie op die oomblik is. Daar waar
ek informasie kan inwin oor wat in Suid-Afrika aangaan.
In die onmiddellike toekoms stel ek nog belang
in die nuusgroep. Alhoewel ek nie in Suid-Afrika bly of
eers meer Afrikaans as huistaal gebruik nie, het ek nogtans
hierdie nuusgroep verwelkom as iets werklik nuttig en
wonderbaarliks : 'n manier waarop Afrikaansskrywendes
versprei oor die aardbol met mekaar kon kommunikeer
(sowel as met Nederlanders en Vlaminge). Maar in die lang
termyn sal die nuusgroep sterf tensy Afrikaners wat Afrikaans
praat nie iets daaraan doen nie. Miskien hou Afrikaners net
van kla, en kan hulle nie teveel omgee vir hulle taal nie.
Gloudina
Helen Salter(93) died in a Toronto hospital in December.
She was believed to be the last person in Canada to speak
Tuscarora fluently.
One of the languages of the Six Nations of the Iroquois
Confederacy, Tuscarora is one of around 3,000 languages
around the world that are moving toward extinction.
Up to half of all spoken languages are in danger of
disappearing forever. According to New Scientist Magazine,
the planet is home to about 6,000 languages, but only 600
are considered to be safe.
Five languages have come to dominate the earth: Chinese,
English, Spanish, Russian and Hindi are spoken by half the
world's population. If 100 languages are added, the total
covers 95 per cent of what is spoken by the world's 5.7 billion
people.
Of Canada's 53 native languages...only three - Cree,
Ojibway and Inuktitut - are considered to have an excellent
chance of survival.
Efforts are being made to videotape and record Tuscarora,
but it is an open question whether it will be enough to help
it to survive, or whether written dictionaries and pronunciation
charts will be all that remain for future generations.
(Adapted from an article in "The Globe and Mail.")
Ek wonder waar Afrikaans gaan inpas in 'n honderd jaar?
As 'n elegie vir al daardie sprekers uit my kinderdae
wat nog "Hottentots" gepraat het daar in die Noordkaap,
herhaal ek 'n paar woorde wat Afrikaans van hulle geleen
het:
Boegoe, dagga, koekemakranka, kanna, noem-noem,
tsamma, koedoe, kwagga, geitjie, karos, kierie, hoeka,
kamma, soe, sies, ga, eina.
Ek moet saamstem met Gloudina - die' nuusgroep raak alhoe
treuriger... Ek't gehoop ons sou ten minste nog 'n gedig
of twee kan lees. As die groep so stil bly word ek gedwing
om my eie verse te pos - en dan sal ons lesergetal sonder
twyfel no'g verder val!
[BTW (verskoon tog die anglisisme), ek was altyd van mening
dat my van uiters 'internasionalisties' was - en nou hoor ek
dis Engels.... Nou ja.]
Groetnis
Tom
--
=======================================================
E. Tom Thomas Awumbiwa
Anthropology, UC Berkeley sigodinisinye...
=======================================================
Die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein hou KERMIS op Saterdag 9 Maart.
As deel van die verrigtinge word 'n groot verskeidenheid aktiwiteite aangebied
bv. waterkaskenades, sterkmanne & liggaamsbouers, 'n musiekfees met "KISS THE
SKY", Pick-a-box show, hondehindernis, potjiekoskompetiesie, klopse. 'n
vlooimark en ;n verskeidenheid stalletjies.
"Fun Time Amusements" bied 'n pretpark aan. Daar is ook 'n beirtent met musiek,
go carts, teacher olympics en wat nog meer.
Stalletjies kan gehuur word teen R40.00
Kom ondersteun ons asseblief.
Vir verdere navrae skakel Mnr. J. Kotzé by (021) 988-5755
Ek is 'n Amerikaanse student by Brigham Young University in Utah, V.S.A.
Ek is nou in 'n Afrikaanse klas, onderwys deur 'n Suid-Afrikaaner Jacques
DuPlessis. Erstens, U moet my snakse Afrikaans verskoon. Ek probeer
nog steeds om hierdie taal te leer. Ons moet 'n verslag skryf omtrent
die Afrikaanse taal, of die Afrikaanse mense, of albei. Ek soek
Afrikaanse mense wat Afrikaans by die huis praat, maar buite die huis
praat meestelike Engels. As enigeiemand wat hierdie brief lees in
hierdie kategorie pas, asablief antwoord hierdie vraag:
Omdat U gesin 'n dorpsgrondige (common?) taal het, help dit om U gesin
nader te bly. Wat ek probeer om te se is dit: It is becoming harder for
us in America to keep our families together, particularly to keep our
children out of trouble. I want to know if having a common language in
the family helps you to stay together. Dit is moeilik vir my om myself
in an ander taal te verduidelik, maar ek sal aanhou om te probeer.
eskien sal iemand wat hierdie brief lees my help.
Ek sien uit na 'n antwoord wan enige iemnad. Tot siens!!

Het jy 'n WWW bladsy in of oor Afrikaans of Suid-Afrika en het
ek nog geen link opgeneem nie? (ander bladsye wil ek ook opneem,
as jy bereid is om 'n link te maak na http://www.xs4all.nl/~wagenaar)
Laat asseblief weet en ek sal jou bladsy toevoeg.
Ek wil weet hoe baie mense weet dat die Afrikaanse taal in die buiteland
gebruik word.
Ek het nie die afgelope 14 jaar in Suid-Afrika gewoon nie, so is my taal
soms 'n bietjie vreemd maar nog kan ek die taal goed praat en
skryf...beter dan meeste rooinekke!!! Maar ek het in die loop van die
jare opgemerk dat as 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner in die buiteland
kom en 'n andere maatjie ontmoet dan begin hulle meteen Afrikaans te
praat, dus word die taal weer en lingua-franca of miskien 'n geheime taal
in die buiteland. Nou, die kindertjies van mense wat nie jare in
Suid-Afrika gewoon het, begin ook die taal 'n bietjie leer en so voorspel
ek 'n situasie in die toekoms waneer die Afrikaanse taal lewende buite
die grense van Suid-Afrika word, maar tog meer belabgrik herken word.