Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: nie Beeld

So., 10 Maart 1996 00:00

As 'n radio-mens kan ek sê: skryf soos jy praat. Dan sal jy NIE deurmekaar
raak NIE.
=:->

Hendrik

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vrystat Info

Vr., 08 Maart 1996 00:00

Sorry about this post not being in Afrikaans, ek praat Afrikaans
nie. Could anyone tell me whether there are any news on the
Afrikaner Vrystat? I missed the thread almost a year ago, and we
don't get many news on SA here in Spain.

Groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Afrikaanse woorde

Wo., 06 Maart 1996 00:00

Die Internet bied nogal 'n paar uitdagings vir ons vindingrykheid
met woorde:

Wat is 'n home page in in Afrikaans? - 'n tuisblad?

En wat van 'n "hypertext link"? - "skakel" klink nie reg nie.

Groete
Willem

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pronunciation

Ma., 04 Maart 1996 00:00

I was wondering how to pronounce the -ie at the end of words such as
'bietjie' or 'dankie.' Is this similar to the Dutch -tje as in 'beetje'
or is it like the -ie- in 'vier'? I would also like to know when the
letter 'g' is a 'hard g' like in English. I know that it is 'hard' when
combined with the letter 'h' as in 'gholf', but are there other times
when it is 'hard' and can you give examples? One last thing is on the
ronunciation of the letter 's'. When is it pronounced like the Enlglish
'z' and when is it pronounced like the English 's' and is the double s -
"ss" pronounced like the 'sj' in the Dutch "alsjeblieft"? Thanks.
Dank u wel. Dankie.

Michael J. Ernst
University of Pennsylvania
Class of '98

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Grappe uit Kanada

So., 03 Maart 1996 00:00

Grappe uit Kanada

In Kanada word alle "dom" grappe vertel ten koste
van die inwoners van New Foundland. (Net soos mense
in sentrale Natal grappe vertel ten koste van Umbumbulu,
en Afrikaners in die algemeen grappe vertel ten koste
van 'n legendariese "van der Merwe.")
New Foundland is die jongste toevoeging tot die baie
groot en uitgestrekte entiteit wat Kanada genoem word,
(na Rusland, die tweede grootste land in die wêreld wat
oppervlakte aanbetref.) New Foundland was 'n aparte
staat in die Britse Gemenebes totdat dit in 1948 besluit
het om deel van Kanada te word. (Daar was op daardie
stadium sprake van 'n keuse vir hulle tussen by Kanada
of by die V.S.A. aan te sluit.)
In alle geval, New Foundlanders is baie oulike mense,
en produseer 'n hele klomp van die beste sangers en
komediante wat Kanada mee kan spog. Russe het byna
daagliks in groot getalle op die lughawe Gander in New
Foundland gedefekteer, totdat die Berlynse Muur geval
het en die Kanadese immigrasie die ding stopgesit het.
Hier is twee "Newfie" grappe:

'n Newfie koop 'n kar in Toronto vir sestig dollars,
maar die garageman waarsku hom dat dit net vorentoe
kan ry en nie 'n trurat het nie. Die Newfie verklaar dat
dit hom nie steur nie, want hy wil nie weer terug New
Foundland toe daarmee gaan nie.

Iemand vra vir 'n Newfie om hom te help sien of sy kar
se flikkerliggies werk. Die Newfie staan voor die kar en
verklaar: "Nou werk hulle. Nou werk hulle nie. Nou werk
hulle. Nou werk hulle nie."

Gloudina

Humor & grappe | 0 kommentare

Van 'n tweeling in 'n koevert tot konstipasie

So., 03 Maart 1996 00:00

Nuut op http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Van hulle is bekend en ander nie. Maar die uittreksels uit briewe wat
aan die Departement van Volkswelsyn gerig is, bly immergroen.

Aanrader!!!

Jy kan hom vind onder die koppie: net 'n paar oulike grappe.
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse pseudokode, Roekeloos en eroties en andere links

So., 03 Maart 1996 00:00

Nuwe links op http://www.xs4all.nl/~wagenaar:

- Reg Todd het 'n komplete Afrikaanse pseudokode gemaak! Vir iedereen
elke Afrikaanstalige rekenenaarwetenskapstudent

- Roekeloos en eroties: 'n preek in Afrikaans

- Marco's nieuwscentrum: Suid-Afrikaanse items op die internet

Robert.
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Test van die dgsys gateway

So., 03 Maart 1996 00:00

Dis net 'n test
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Test van die wsnet gateway

So., 03 Maart 1996 00:00

Dis net 'n test
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Plekbeskrywing: THE THOUSAND ISLANDS

Sa., 02 Maart 1996 00:00

Wanneer 'n mens in 'n eetplek oral in Noord-
Amerika 'n slaai bestel, dan gee hulle vir jou
'n keuse van slaaisouse. Een van die keuses is
'n "Thousand Islands dressing." Ek wonder dan
soms of al die mense wat dit bestel, weet waar
die "Thousand Islands" is. Miskien dink hulle dis
erens in die Stille Oseaan. Die naam kom egter
van 'n area in die oostelike hoek van Lake Ontario,
wat Kanada op sy noordelike oewer het en die V.S.A.
aan sy suidelike oewer. Net waar die St. Lawrence-
rivier uitmond in Lake Ontario is daar 'n hele klomp
eilande. Nie net 'n duisend nie. Hulle reken dis omtrent
vierduisend. Sommige van hulle is baie klein, andere
taamlik groot. In die eerste deel van hierdie eeu was
die area baie gesog onder die ryk Amerikaners en het
talle van hulle eilande opgekoop en dan baie luukse
huise op die eilande gebou. Party van die geboue lyk
meer na kastele as huise. Daar is egter ook baie meer
nederige huise op kleiner eilandjies.
Om op so 'n eiland te bly vir die somer beteken egter
dat jy tenminste 'n moterboot moet besit om na die oewer
te gaan. Daar is egter huurbote wat jou kan vervoer vir
'n fooi. En daar is volop bote wat toeriste op 'n toer van
die eilande neem, beide vanaf die Kanadese en die
Amerikaanse oewer.
Ek weet nie of die "Thousand Islands"-slaaisous
buite Noord-Amerika bekend is nie. Ek hou nie te vreeslik
veel daarvan persoonlik nie. Dis dikkerig met so 'n oranje-
pienk kleur. Maar dit is een van die drie keuses wat jy gegee
word in McDonalds, dus moet dit seker as deel van die
Amerikaanse koskultuur beskou word.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650  1651  1652  1653  1654  1655  1656    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 10:34:48 UTC 2026