Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
die hele wêreld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn.
Ek is koning van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
Ek het die voorreg gekry om 'n baie belowende span jong atlete af te rig in
landloop. Ek is egter op soek na die jongste inligting oor afrigting
metodes vir landloop, omrede ek glo myne al "bietjie lank in die tand" is.
Enige iemand wat my kan help, asb!
Ek is lankal geintereseerd in "Dimensie" as eienskap op die gebied van visuele
kuns. Julle belangstelling in Taal het my nou daaroor laat dink in die
verband. Dis maar net my eie "brainstorming session" en ek sou enige bydrae
verwelkom. Hier is 'n paar gedagtes bymekaargegooi, geensins afgerond of
volledig nie, maar 'n beginpunt om te probeer bewys dat taal 'n lewende,
groeiende wese is, die kind van al die mense wat dit nou handhaaf, of in die
verlede gebruik het. Dit het relatiwiteit (Einstein)- 'n verlede, teenwoordige
tyd, en 'n toekoms, en alle tydsperiodes is op 'n gegewe oomblik saamgebondel.
Maar ek loop myself vooruit.
Die eerste dimensie, sou ek sê, is die gesproke woord. Dit is eerstens 'n
klank. Soos dit deur die lug beweeg het dit dalk ook te doen met "the Music of
the Spheres", maar dis 'n ander onderwerp.
Die geskrewe woord het twee dimensies - lengte en breedte, kan ook gehoor en
gesien word.
Die derde dimensie het gewoonlik te doen met diepte (?)/depth. Myns insiens
het dit te doen met begrip, diepte van die person/e wat die taal gebruik. Elke
mens se eie "frame of reference" of agtergrond, waarmee hy te werk gaan om die
wêreld om hom te verstaan. Taal is dus baie keer 'n "hit and miss" affêre,
sonder die absolute akkuraatheid van wiskunde, byvoorbeeld. Maar dit los meer
plek vir menslikheid en gevoelens , vir emosie en _Hart_ vs _Brein_. (sien 5de
dim.)
Die 4de dimensie (Einstein - sien bo) het met tyd te doene. Die tydstip waarop
iets gesê word, kan baie verander aan die betekenis of belang van die
kommunikasie.
'n Ander punt: Jou taal, stem, woord kan lank na jou dood verder lewe. In die
geskrewe vorm, boeke. Mens kry 'n klein skok as jy onverwags die stem op band
hoor van 'n geliefde wat reeds dood is. As ons vinnig genoeg kon beweeg, sou
ons ons eie woorde in die toekoms kan hoor, wat ons lank terug geuiter het. Ek
wonder hoeveel maal ons nie sou skaam voel oor wat ons gesê het nie, en moet
dus baie versigtig te werk gaan met dit wat ons uitgee. Klankgolwe is ook in
die Skepping gebruik en het ook te doen gehad met die oprig van piramides,
onder andere (net my eie opinie).
Dit bring my tot die laaste dimensie. Hoe verder die mensdom wetenskaplik
vorder, hoe nouer trek die verband tussen geloof (religion) en wetenskap. Die
moderne teorie van Quantum Physics stel voor dat die 5de dimensie te doen het
met sleg- en goedheid (?) The inherent amount of good and evil, as in the
potentiality of nuclear physics.
Dit is hier waar taal , en die gebruik daarvan, van uiterste belang is.
Woorde wat deur wêreldleiers gespreek word kan al te maklik veroorsaak dat ons
en ons land/wêreld vernietig word.
Hier's 'n interessante punt - in Hebreeus, was daar nog altyd 'n noue verband
tussen letters en syfers. Dieselfde simbole word vir albei gebruik. Die Bybel
noem die Jode "God's chosen people". In "Gematria" (deel van die studie van
Qabbala onder die Torah ) word die woord eerstens as 'n woord gelees, en
tweedens word al die syfers wat daardie woord opmaak bymekaar getel, en alle
woorde wat dieselfde som opmaak het 'n verwandskap. Dit maak dan 'n soort van
kode en dis ongelooflik hoe mooi die woorde in hulle verskillende kategoriee
inpas. Dit sê dus op 'n 'mathematical' wyse veel meer as net die woord alleen.
(There are also the 3 Mother Letters suggesting the Trinity, Aleph = 1 [the One
God], Mem = 40 [see biblical refs of 40 days, etc], and Shin = 300).
Hulle het dit dus lank gelede al reggekry om die twee (left and right brain, if
you like) te versoen.
Vandag se tegnologie doen vir ons 'n soortgelyke funksie. Die binary codes (?)
van 'n komputer verander ons woorde in nommers, wat dit moontlik maak vir ons
om hier op die ng met mekaar te gesels. Miskien is ons almal besig om nader
aan God te beweeg, omdat wetenskap en godsdiens dalk 'n spieëlbeeld van mekaar
is. (Ek hoop nie ek trap op tone nie - indien wel , vergewe my asb., dis nie my
bedoeling nie). Ons woorde en taalgebruik is die emosie/hart, ons gedagtes en
rekenaars is die brein daaragter.
Rekenaars het dit ook moontlik gemaak om die Bybel in 'n kode te verander, en
probeer "decode". Die nuwe boek deur Michael Drosnin, "The Bible Code",
handel hieroor.
Dit lê die Bybel voor as 'n waarskuwing teen die verskriklike dinge wat in
Revelations voorspel word. In geskrewe vorm. Presies dieselfde is lank terug al
gedoen is met die Egiptiese piramides, maar in die vorm van syfers. Duisende
jaar gelede, is dit vir die hedendaagse mens daargelos, ingeval ons die een of
die ander sou verstaan. Albei het min of meer dieselfde boodskap, die een
wetenskaplik daargestel, die ander godsdienstelik.
Ek dink Die Skepper/God/Vader kan as Brein verstaan word, daarna Christus as
Hart - vir die mens om makliker te indentifiseer. Vereniging van syfers en
taal, wetenskap en woord.
Die mense wat so baie vloek, en mekaar slegsê op die Internet, kan dalk net so
bietjie hieroor nadink.
Jammer, ek het nou so bietjie van die onderwerp afgewyk. My bedoeling was net
om die krag van taal as skeppingsmetode te demonstreer, en hoe dit gebruik kan
word om geskiedenis te verander. Afrikaans is 'n baie groot deel van die
skepping van SA - verlede, nou, en toekoms. Ek sal nou weer stilbly en den bek
houden oor geloof sake.
Vir die wat nog steeds lees, baie dankie - ek sou julle kommentaar of kritiek
verwelkom.
Gloudina schreef
>
> Wielie wielie walie, die aap sit op die balie.
> Tjoef tjaf val hy af, wielie wielie walie.
>
Wagen, wagen, wiede wiede wagen,
Jan kwam thuis om een boterham te vragen.
Vader was niet thuis, moeder was niet thuis,
"Piep", zei de muis in het voorhuis.
On 17 Jun 1997 16:08:32 GMT, "Daniel Silke" wrote:
Een ding van die ou: Hy lei nie aan nederigheid nie!
<<>NEW SOUTH AFRICAN WEB SITE
> THE NEW WEB SITE OFFERING POLITICAL ANALYSIS HAS BEEN WELL RECEIVED. IT
> WILL BE UPDATED WITH THE VERY LATEST IN SOUTH AFRICAN POLITICAL ANALYSIS
> LATER IN THE WEEK.
>
> GO THERE NOW:
>
> POINT YOU WEB BROWSER AT
>
>
> http://users.iafrica.com/d/ds/dsilke>>>
Ek het my al lank bewonder oor die Afrikaanse manier om vreeslike lank
woorde bymekaar te sit - em self meer oor die Afrikaners wat die woorde
net so geduldig sê! Ek wonder nou wat dit van 'n mens (of volk)
beteken as hy nie van afkortings hou nie. Luister, ek het opgemerk dat
as jy 'n nuwe word in engels (ten minste Amerikaanse engels) wil skep,
die eerste reel is dat hy drie of minder syllables moet he.
Byvoorbeeld:
television word TV
refrigerator word fridge
automobile word auto of car
microwave bly maar microwave
computer bly computer
Dis nou nie te praat van afkortings soos AT&T, MCI, FBI, IRS, NASA ens.
nie. Partykeer kan die afkortings hulle eie lewe kry. Toe ek 'n
voorgraadse student by UT was (Universiteit van Texas), was daar geboue
wat The Undergraduate Library en Pery-Castanada Library genoem was. Die
Universiteit het 'n sisteem gehad waarin elke gebou sy eie drie letter
naam gehad het - The Undergraduate Library = UGL en Pery-Castanada
Library = PCL. Natuurlik was hulle by die studente die "ugly" en die
"pickle" genoem!
Nou-ja, om terug te kom by my regte vraag, dink julle daar is iets diep
wat Amerikaners wil laat afkort en Afrikaners nie? (Ek weet ek speel
dalk die "straight man" vir 'n hele klompie grappies, maar ek vat 'n
kans.)
Darrin.
AM de Lange wrote:
>
> Dink net aan die woord woord "skeppingkragtigheid". Die
> veel korter woord "skepheid" (creativity) behoort presies
> dieselfde te sê, maar die woord bestaan nie. Dit asof ons
> die lang woord "skeppingkragtigheid" verkies omdat dit
> meer woordoorbedondering is.
>
Riaan Bredekamp stuur vir my die volgende
om op die nuusgroep te plaas:
Piet kapater
spring in die water
vang 'n vis
gooi dit in 'n kis
kyk wat dit is
dis 'n bont akkedis
Hi
Nie baie mense onthou meer sulke ou rympies nie.
Wielie walie is ook 'n goeie een. Ken jy dalk nog?, O Ja, my news wil
nie transmit nie, ek sal dit eers moet regmaak, maar jy kan my rympie
maar op die nuus groep plaas,
Groete
Riaan
Riaan, daar is natuurlik die welbekende
trippe trappe trone:
trippe trappe trone
die varkies in die bone,
gansies op die groene gras,
eendjies in die waterplas,
ek wens dat kindjie groter was
om Ouma se eendjies op te pas.
D.J. Opperman het dit toe so aangepas
in "Joernaal van Jorik"
trippe trap patrone
kanontjies en atome
ek wens dat kindjie groter was
om al die dinge op te pas.