Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewerwelde
gewerwelde [boodskap #151557] Wo., 20 Mei 2026 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25186
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewerwelde
Afbreking: ge•wer•wel•de
Samestelling: ge- + werwel + -de


Selfstandige naamwoord: gewerwelde
Meervoud: gewerweldes

Betekenis:
• 'n Dier met 'n werwelkolom of ruggraat, subfilum Vertebrata.

Gebruik:
• Die mens is ook 'n gewerwelde.
• Die gewerweldes, wat die visse, amfibieë, reptiele, soogdiere en voëls insluit, het 'n interne skelet met werwels wat 'n rugstring vorm.

Sinoniem:
• ruggraatdier
• werweldier

Antoniem:
• ongewerwelde

Vertaling:
Engels: vertebrate
Nederlands: gewervelde


Byvoeglike naamwoord: gewerwel, gewerweld
Attributief: gewerwelde

Betekenis:
• Attributiewe vorm van gewerwel; wat 'n ruggraat het.

Gebruik:
• Soogdiere is gewerwelde diere.

Vertaling:
Engels: vertebrate
Nederlands: gewerveld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 20 Mei 2026 08:32]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: ongeveeg
Volgende onderwerp: koelkomkommer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Mei 20 09:36:47 UTC 2026