Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Kinder-rympies
Kinder-rympies [boodskap #9797] Wo, 18 Junie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Riaan Bredekamp stuur vir my die volgende
om op die nuusgroep te plaas:

Piet kapater
spring in die water
vang 'n vis
gooi dit in 'n kis
kyk wat dit is
dis 'n bont akkedis

Hi

Nie baie mense onthou meer sulke ou rympies nie.
Wielie walie is ook 'n goeie een. Ken jy dalk nog?, O Ja, my news wil
nie transmit nie, ek sal dit eers moet regmaak, maar jy kan my rympie
maar op die nuus groep plaas,

Groete

Riaan

Riaan, daar is natuurlik die welbekende
trippe trappe trone:

trippe trappe trone
die varkies in die bone,
gansies op die groene gras,
eendjies in die waterplas,
ek wens dat kindjie groter was
om Ouma se eendjies op te pas.

D.J. Opperman het dit toe so aangepas
in "Joernaal van Jorik"

trippe trap patrone
kanontjies en atome
ek wens dat kindjie groter was
om al die dinge op te pas.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 08:47:32 MGT 2024