Uitdrukking: Foeitog.
"Foeitog, ek is so jammer vir jou."
The expression "Foeitog" is an exclamation
of pity or sympathy, widely used even in SA
English. Like "shame" it is used to exclaim
at something small, endearing or helpless.
Afrikaans has borrowed so many emotive
words from the indigenous languages, mainly
Khoi and San, that I was quite surprised to see
the Dictionary of SA English indicate the origin
of this expression as the English "fie." I would
be interested to know whether this expression
also exists in Dutch, which would indicate that
it was a expression common to all Germanic
languages.
The expression "foeitog" can be used instead
of the expression "siestog." Here the word "sies"
is almost certainly from the Khoi "tsi."
The word "tog" is widely used as an intensifier
or modal adverb in Afrikaans:
" Help my tog": please help me, I beg of you.
"Dis tog baie snaaks": It really is very funny.
"Dis tog te mooi" : It is really very beautiful.
The word "tog" is of Germanic origin, but I suspect
is in wider use in Afrikaans than in Dutch. It is such
a versatile word that English South Africans use it
quite frequently, especially in the Eastern Cape.
Ek stel belang daarin om na ander
s-afrikaners se kuberkuns te kyk.
indien jy rondpeuter met grafika
of animasie of tuis-skyfievertonings
sal ek graag van jou wil hoor.
ek is 'n amateur kuberkunstenaar,
en teken graag met die muis.
ek versamel ook klanke, wat ek
in my tuis animasies en skyfievertonings
gebruik.
indien jy belangstel om een van my werke
te sien sal ek dit op versoek e-pos.
ek probeer my prente kompakteer,
maar grafika is nou maar een maal
groot in byt.
...wie weet waar Willie Wouter woon ?
..Willie Wouter woon waar wilde weste winde....
As 'n mens in Suid-Afrika woon is daar nogal voordele. Soos die Verse
van Lorca - vertaal deur Uys Krige - wat jy vir R5 op 'n sale by Facts
and Fiction in Eastgate optel.
(Ja, eet julle harte uit in julle silverskoon strate waar die polisie
geruisloos patroleer!! :) :) )
Toe dag ek ek dik gou die een in vir julle...
DIE KLAG
My balkon het ek toegemaak
want die klag wil ek nie hoor nie.
Maar van agter die blindings en die lee" vensters,
van agter die swaar gordyne en grys mure
hoor ek niks anders nie as net die klag.
Daar is maar min engele wat sing,
daar is maar min honde wat blaf,
'n duisend viole pas in die holte van 'n mens se hand;
maar die klag is 'n reusagtige engel,
die klag is 'n reusagtige hond,
die klag is 'n reusagtige viool,
die wind waai dof van al die kreune wat hy dra
en die strome is traag van al die trane wat hul drenk,
die snikke, krete smoor self die see se gedruis
en ek hoor niks anders nie,
ek hoor niks anders nie as net die klag.
At, noudat ek terug kan skakel in die kring in,
wil ek 'n paar versoeke rig en vrae vra.
(1) Jy sê: "Die natuur reflekteer ons skeppings
vir ons terug." Jy praat dan van die Euphorbia
venenata, van hou oud hulle kan word, van die groei
na 'n paar millimeters reën, van 'n insnoering in
hulle arms. Hoekom is "hulle verhaal van die laaste
30 jaar skrikwekkend"? Kan hierdie plante ook groei
waar daar meer water is?
(2) Dis vir my fassinerend dat jy chaos-teorie so
gebruik in jou veld, wat tog dan seker plantkunde en
sekondêr opvoedkunde is? Ek weet min daarvan. Kan
jy verder uitwei. Kan jy ook verder nog uitwei oor
"Eddington en Progogine se bydraes."
(3) Het chaos-teorie 'n boodskap vir diegene wat
wetenskaplik die SA bestel in die laaste halfeeu wil
bekyk, nadat daar so herhaaldelik taamlik drasties
aan bestaande stelsels gepeuter is?
Daar is nog baie ander dinge wat ek wil vra, maar
hierdie is vireers genoeg. Dankie, Vira, dat jy so 'n
gesprek begin het. Ek wil aanbeveel dat jy begin om
die Engelse digter en beeldende kunstenaar William
Blake (1757- 1827) te begin bestudeer. Hy het sy eie
werk geillustreer. Ek glo hy is die digter en filosoof
en kunstenaar vir die een-en-twintigste eeu. Hy het
gerebelleer teen die meganistiese denke van Newton
en sy tydperk, en het 'n mens voorberei vir Einstein.
Wie weet is At se chaos-teorie ook daar, mens is net
te dom om dit raak te sien.
Gloudina
Ek het nou onlangs verjaar, en ek kon nie help om te dink aan die
ouderdom en sy gevolge nie.
Toe ek 'n student was het ons die volgende stapliedjie gesing:
(op die wysie van - een of ander bekende wysie):
as ek vrek en ek vrot in die aarde
en die wurms krioel om my heen
skop dan sand op my graf met jou tekkies
as bewys van jou liefde vir my.
----------------------
Dis nou tipies van hoe 'n student omgaan met sulke heftige kwessies
soos lewe en dood !
wat is die mens ?
vel, been en pens.
bars die pens,
vrek die mens
Party mense dink natuurlik die son skyn uit hulle gatte uit.
Maar die dood is die groot gelykmaker:
Of jy nou ryk of arm is, jy sal vrek.
Die dood kan jy nie vryspring nie, en wanneer jou tyd kom weet jy nie.
En jou rykdom kan jy nie saamvat nie (party mense is so hard aan die
geldmaak dat hul dit vergeet).
Dit laat my dink: Japanese wetenskaplikes het mos nou met die genes
van muise gepeuter, hulle het die genes van jellievisse ingeplant en
muise geteel wat gloei in die donker. Ek dink sekere mense wat
dink hulle is beter as ander (soos die wat nie voor die
waarheidskomissie wil erken dat hulle foutjies gemaak het nie),
moet van die genes kry om in hul gatte in te plant. Dan kan almal
mos sien hoe wonderlik hulle is.
'n ou vriend van my se pa het aan een of ander siekte
gely en was onbeholpe en na aan sy dood.
Op 'n dag maak sy pa toe per ongeluk sy broek vuil.
Hy help toe sy pa bad toe, waar sy pa toe in trane is van
verleentheid. Hy seg toe aan sy pa om hom nie daaroor te kwel nie:
"Hoeveel keer moes pa nie my vuil agterent skoonmaak toe ek klein
was nie ??".
Ja ons vergeet maar te gou.
Ons moet af en toe herrinner word daaraan dat ons almal kaalgat
in die wereld ingekom het en vir jare ons doeke volgeskyt het.
Ja ons word ouer. Ek werk eergister in die voortuin,
en omdat ek in die buitelug is, en ek boontjiesop geeet het,
dag ek ek los maar 'n wind. Ek het my misgis (seker oor ek nou
al weer 'n jaar ouer is), en die "wind" was toe 'n knal.
Dit laat my toe dink aan wat 'n vriend my eenkeer vertel het:
Die ou omie het partykeer in die kerk gesit en poep.
(Hy het seker al swak spierbeheer gehad maar wou graag kerk toe kom).
Kinders het natuurlik aan die giggel geraak.
Hy het hom toe liederlik vererg en ten aanskoue van die hele gemeente
opgestaan, agtertoe gekyk en uitgeroep: "EK POEP JA!".
Mense, moenie dat 'n poep jou onderkry nie !
(of van die kerk af weghou nie)
Ek is tans werksaam by 'n baie groot konglomeraat in SA. Wat vir my uiters
verbasend is, is die feit dat 'n groot gros van my kollegas nie aan enige
geloof behoort nie - en dit vir 'n land waar ons op 'n 80%
Christenskapsyfer roem (laaste sensusopname).
> Ek is koning van konsepte.
> En van hier
> waar die kragte van die tyd
> glorieryk in balans
> om my helder hede hang,
> heers ek
> oor die verlede
> en oor die toekoms.
Elke mens is die baas van sy eie lewe, gedagtes, emosies ens., en moet dus die
verantwoordelikheid daarvoor dra.
CJ Langenhoven het geskrywe:
"Die reisiger wat in die wapad verby ry by jou plaas en die krom vore sien op
jou ploegland en die kweek in jou wingerd, vra nie wie die jong van die plaas
is nie, hy verneem wie die baas van die plaas is. En die buurman in wie se
mealieland jou osse 'n oortreding gedoen het, sal nie sy skadevergoeding by jou
agtelosige beeswagter soek nie, hy sal na jou toe kom. En die oes van die
verdroogde land, sal jou oes wees.
Jy kan nie die kroon van baasskap dra en die kruis daarvan laat lê nie."
On 6/22/97 12:48PM, in message , "Arthur
Hagen" wrote:
>
> Ik sla steil achterover van alle verbanden die worden gelegd: van
> Einstein via het Kabbalisme tot religie!
Hello Arthur
Baie dankie vir e-pos. Wil net noem :-) Einstein was 'n Duitse Jood gewees wat
veral later in sy lewe sterk "religious" geword het.
>
>
>> As ek in my kar ry, weier
>> ek om my venster toe te maak. snip... snip ...Fietsen met een regenpak
> (met capuchon op!) vindt ik een
> "crime" (franse uitspraak, niet engels).
>
Ja, beide At en Arthur. Ek stem saam, en is bly as die gebruik van selfone in
'n motor verban word, behalwe as dit 'n loshande (?) foon is.
> Een citaat uit de bijbel (bladzijde 1)
Yep. "In die beginning was the Word ..."
>
Dankie vir die lekker geselsie,
Vira.