Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DRINGENDE TIKWERK AANBOD!

Di., 17 Junie 1997 00:00

AANDAG ALLE LESERS,

TIKWERK!

Het u oortollige tikwerk of uiters dringende tikwerk wat gedoen moet word?

Ons sal u tikwerk terug email, of faks, of per koerier stuur.

Billike tariewe. Nuutste Win95 programme. Verwysings beskikbaar. Persoon
doen alreeds
vir verskeie maatskappye tikwerk, oa. vir howe, konsultante, ens.

Vir meer besonderhede e-pos aan die volgende adres:- e...@megaweb.co.za

Baie dankie!

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Azi Kambule

Di., 17 Junie 1997 00:00

Die plaaslike huisgod (TV) is vol van Kambule se 35 jaar moordvonnis en die
gepaardgaande geskarrel om die VSA regstelsel te oorreed om sy vonnis in SA
uit te dien.

In my opinie moet hy net daar in die VSA bly want:
(a) hy was medepligtig met die moord op 'n Amerikaner
(b) ons "korrektiewe dienste" is 'n grap

Enige ander opinies ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans en die ANC

Di., 17 Junie 1997 00:00

Die berig het vanoggend in Beeld verskyn

----------------------------------------

Kaapstad. - Die kabinet het pas besluit dat Afrikaans in geen
omstandighede verbied sal word as onderrigmedium aan tersiêre
inrigtings nie "omdat die land nie plek het vir taalimperialisme
nie", het adj.-pres. Thabo Mbeki gister op Jeugdag bekend gemaak.

Mbeki het op die sitting van 'n nasionale jeugparlement in die ou
Volksraadsaal by die parlement tot die debat toegetree nadat die
Vryheidsfront se jeugtak opnuut gemaan het teen "die herhaling van
die geskiedenis deur taalimperialisme".

'n Beleid bestaan nie wat bepaal dat die Universiteit van Stellenbosch
'n Engelsmedium-universiteit gaan word nie. Niemand in die regering -
nie eens dr. Sibusiso Bengu, minister van onderwys, nie - het so 'n
besluit geneem nie, het hy gese.

Die kabinet is volgens hom besig om konsepwetgewing oor hoe"r onderwys
te oorweeg en net verlede week is gekyk na die kwessie van
onderrigtaal. 'n Besluit is toe geneem dat geen verbod geplaas sal
word op die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium aan tersie"re
inrigtings nie.

Mbeki het gesê: "Ek weet nie wie daarop uit is om ons almal bang te"
maak deur die storie te versprei dat planne bestaan om Afrikaans te
verbied nie. Afrikaans is 'n inheemse taal en deel van die land se
persoonlikheid. Die stories kan net die land ontwrig en die
Afrikanerjeug ontmagtig.

"Al lyk dit of ons vyandig teenoor Afrikaans is, is dit so dat die
meeste Afrikaanssprekendes swart is. Om dié rede kan ons nie 'n
houding aanneem waarvolgens geprobeer word om Afrikaans aan
Suid-Afrika se persoonlikheid te onttrek nie."

Mbeki het ook gesê hy hoop dat die Afrikanerjeug in besonder minder
kommer oor die toekoms sal hê en minder van 'n gevoel dat die nuwe
Suid-Afrika 'n bedreiging vir Afrikaans inhou.

Almal het 'n plig om die boodskap te verkondig dat die land geen plek
het vir taalimperialisme nie. Alle tale is waardevol, want dit maak
van Suid-Afrika wat dit is: Venda is net so waardevol soos Afrikaans
en Tswana net so waardevol soos Goedajaratistet ('n Indiese taal).

"Ons moet veg teen fiksie, storievertellery en dinge wat nie bestaan
nie. Daar moet ontslae geraak word van die veronderstelling dat
Afrikaans net deur Afrikaanse mense beskerm sal word. As Afrikaanse
mense alleen gestaan het, kon die taal net sowel gesterf het; die hele
land sal egter daarom veg," het Mbeki gesê.

Hy het besluit om nie sy voorbereide toespraak te lewer nie, maar
eerder te reageer op 'n paar kwelvrae wat verteenwoordigers van groot
jeugorganisasies geopper het. Dit is duidelik dat 'n groeiende
onrustigheid by die Afrikanerjeug bestaan oor die toekoms van
Afrikaans en Afrikanerkultuur, het hy gese.

Dit was nadat mnr. Kallie Kriel, voorsitter van die VF-Jeug, gese het
die onlangse uitsprake van Bengu dat die Universiteit van Stellenbosch
sy taalbeleid dringend moet hersien, is 'n manier om Engels as
voertaal aan Afrikaanse opvoedkundige instansies op te dwing.

'n Geweldige potensiaal vir konflik word daardeur geskep en dit kan
selfs meebring dat gematigde en vredeliewende jong Afrikaners
opstandig raak. Kriel het Afrikaans gepraat, maar Engelse afskrifte
van sy toespraak is versprei.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Afrikaans en die ANC

Di., 17 Junie 1997 00:00

Koos wrote in article
...
>
> Die berig het vanoggend in Beeld verskyn
>
> ----------------------------------------
>
> Kaapstad. - Die kabinet het pas besluit dat Afrikaans in geen
> omstandighede verbied sal word as onderrigmedium aan tersiêre
> inrigtings nie ��omdat die land nie plek het vir taalimperialisme
> nie��, het adj.-pres. Thabo Mbeki gister op Jeugdag bekend gemaak.



Koos, ek het ook die berig gelees. As dit die waarheid
sou wees, sal ek baie bly wees.

Maar ons lamal weet dat veral politici en koerante ewe
ywerig liegstories opdis. Hoe sal ons seker kan maak dat
die berig die waarheid is. Wie kan raad gee?

Beste wense
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: >> Do Afrikaan Catholics approve of Pope John marrying Whit

Ma., 16 Junie 1997 00:00

Hiers hondse gedagtes.

He who sleepeth with dogs riseth with fleas, en dus glo ek nie ons moet hierop
ingaan nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tikwerk!

Ma., 16 Junie 1997 00:00

AANDAG ALLE LESERS,

TIKWERK!

Het u oortollige tikwerk of uiters dringende tikwerk wat gedoen moet word?

Ons sal u tikwerk terug email, of faks, of per koerier stuur.

Billike tariewe. Nuutste Win95 programme. Verwysings beskikbaar.

Vir meer besonderhede e-pos aan die volgende adres:- e...@megaweb.co.za

Baie dankie!

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Comrades

Ma., 16 Junie 1997 00:00

YES! Charl Mattheus

YES! Nick Bester

YES! Al die Suid Afrikaanse wedlopers.

Van die eerste agt plekke was 7 plaaslike wenners! Ek is verskriklik bly ons
ouens het so goed gedoen, en baie, baie trots op hulle. My dag is gemaak!
Veels geluk en baie dankie aan hulle. Ek het voor die televisie gelag en
gehuil, toegejuig en met 'n groot knop in die keel gesit. Die enigste spyt is
net dat daar nie twee eerste plekke kon wees nie, want beide Charl en Nick het
verdien om te wen, miskien Charl net so bietjie meer, so alles het honderd
persent uitgewerk. Vandag kan ons hulle huldig as ons Helde, Gladiatore van
die teerpad. Hulle het alles gegee en oorwin. Teen die sterkste
internasionale kompetisie. Ek, wat gedink het ons het nie veel hoop nie, het
by hulle vandag 'n les geleer. Ons weet nooit waartoe ons eintlik in staat is
nie, tot ons ons heel beste probeer het, en aanhou probeer het. Daar's altyd
hoop, lyk dit my, as mens net nie te gou tou op gooi nie.

(Wat het van SA vrouens geword?)

En ook 'n groot handeklap vir Ernie Els wat die Amerikaanse Ope Gholf Toernooi
vandag in Amerika gewen het. (Ek hoop ek het my feite hier reg).

Dit was werklik 'n wonderlike dag vir SA sport.

Beste Wense
van 'n seergeloopde armchair-runner (ja, my knieë het dit ook gevoel elke keer
toe daardie ouens se takkies op die pad neerslaan)

V.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Koekieblik

So., 15 Junie 1997 00:00

Lees 'n bietjie weer:
> Hey, just thought i'd share with everyone,
> I found a site with loads of nude CHEERLEADERs. The
> address is:

Ek wil julle mense net waarsku. Sulke onskuldige uitnodigings
is dikwels soos die wurmpie om die hoek. Wanneer jy op party
van die soort bedieners ingaan, registreer hulle jou epos adres.
Dit word dan verkoop aan mense wat jou agterna oorval met
gemorspos. Of hulle plaas 'n koekieblik op jou hardeskyf waarin
allerhande koekies sonder jou medewete geplaas word. En vir
iemand wat so 'n koekieblik het, kan die wereld warm word.

Beste wense
At de Lange

Beste wense
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

net 'n toets

So., 15 Junie 1997 00:00

Wielie wielie walie, die aap sit op die balie.
Tjoef tjaf val hy af, wielie wielie walie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

EN daar "slip" hulle

So., 15 Junie 1997 00:00

Ek het moed gehad vir die Blou Bulle na die Leeu oorwinning MAAR na
Vrydag die 13de wonder ek!!!!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1509  1510  1511  1512  1513  1514  1515  1516  1517  1518  1519  1520  1521  1522  1523  1524    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 11:51:13 UTC 2026