Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ougat groep

Ma., 29 Desember 1997 00:00

Voorspoedige nuwe jaar vir julle
Ek geniet die groep baie en besoek julle gereeld.

martin vivier
http://kimberley.co.za/home/mfvivier/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ENGELSMAN BOER SKOT

Ma., 29 Desember 1997 00:00

DAAR WAS EENDAG 'N BOER 'N ENGELSMAN EN N SKOT, HULLE HET GESTRY WIE SE
HOUT IS DIE BESTE.

DIE ENGELSMAN SE ONS HET 'N OU SE HAND MET HOUT VERVANG EN HY HET DIE VOLLE
GEBRUIK VAN SY HAND TERUG GEKRY

DIE SKOT WOU NOG IETS SE TOE VAL DIE BOER HOM IN DIE REDE,
HIER BY ONS HET IEMAND SY KOP VERLOOR TOE MAAK ONS VIR HOM
EEN VAN HOUT, NOU IS HY PRESIDENT.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Seekoevlei" deur N.P. van WYK LOUW

So., 28 Desember 1997 00:00

SEEKOEVLEI
N.P.van Wyk Louw

Die swart bleshoenders dryf verby
agter die skraal wit riet
en die hele grys vleilandskap word
vol óu verdriet

ek staan weer by 'n wit poel
waar 'n wintermiddag sneeu
en ek is klein en hoor verskrik
'n jakkals uit die rante skreeu

Prosa & poësie | 0 kommentare

IDIOOM: "kommandeer jou eie honde en blaf self."

So., 28 Desember 1997 00:00

Idioom: "kommandeer jou eie honde en blaf self."

Doen self wat jy voorstel en moenie vra dat ander
dit doen nie. Kommandeer jou eie honde en blaf
self.

Do what you propose yourself and don't expect
others to do it for you. Literally, command your
own dogs and do the barking yourself.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

AWB gereed om boere te beskerm

So., 28 Desember 1997 00:00

AWB GEREED OM BOERE TE BESKERM:

Soos in Rapport op Sondag 28 Desember 1997:

Die Afrikaner- Weerstandsbeweging (AWB) sê hy is besig om met die hulp van
sy Wenkommando mense te ontplooi om boere op hul plase teen bendes te
beskerm.
Dit is egter nie net AWB-aksie nie, maar `n mobilisasie-operasie om die
wenkommando as instrument te gebruik om mense landwyd daarby te betrek. Die
stelsel word glo ook uitgebrei om weerlose blankes in dorpe en stede teen
aanvalle te beskerm en hulle is reeds besig om operasionele sentrums te
vestig.
In `n ongewone stap het vier lede van die beweging se "generale staf"
Rapport Vrydag na die Vrystaatse hoofstad genooi en die sluier oor hul
mobilisasieplanne iewat gelig.
"Ons is nie hier om soos genl. Constant Viljoen van die Vryheidsfront en
dr. Piet Gous van die Vrystaatse Landbou-Unie gedurig te praat en belofte
te maak nie," het die onderleier van die AWB, mnr. Alec Cruiwagen, gesê.
"Die tyd van ydel beloftes is verby, want wat tans op die plase gebeur, is
`n oorlogsituasie en die mense is in `n oorlewingstryd gewikkel."
Die vorige bevelvoerder van die Wenkommando, mnr. Dirk Ackerman, het gesê
as die aanvalle voortduur, sal strukture in werking kom om daarteen te
begin optree.
Hy het gewaarsku dat alles tans beplan is om pro-aktief op te tree. As
toestande egter verder versleg, sal daar geen ander uitweg wees nie as om
offensief te begin terugslaan.
Die opleiding is reeds in die stilligheid voltooi en alle strukture is
gereed, het die ékommandant generaalê van die Wenkommando, mnr. Steyn van
Wronge, gesê.

Genl. Viljoen bly glo aan Beloftes van Mandella en die hoop op `n Volkstaat
vanaf voor die verkiesing en nog steeds. Hy wag nog steeds vir die ANC en
sal nog lank wag.

Die Voortrekkers het alreeds vir ons getrek en in Dorpe en Stede gevestig
en ons trek nie weer nie.

Frikkie Potgieter
Kommunikasie/Skakeloffisier
Oos Kaap

journ...@mail.com

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: AWB gereed om boere te beskerm

So., 28 Desember 1997 00:00

> AWB GEREED OM BOERE TE BESKERM:
>
> Soos in Rapport op Sondag 28 Desember 1997:

> �Ons is nie hier om soos genl. Constant Viljoen van die Vryheidsfront en
> dr. Piet Gous van die Vrystaatse Landbou-Unie gedurig te praat en belofte
> te maak nie,� het die onderleier van die AWB, mnr. Alec Cruiwagen, gesê.
>
Ja broer, tipies Suid Afrikaner. Ons kan maar netnie saamstaan nie. Selfs
nie eens mense wat dieselfde sentimente deel nie. Dis hoekom die
voortrekkers uitgemoor was, en die ANC vandag aan bewind is. Hölle kan
saamstaan. Maar jy kry 'n nukleus van sogenaamde Afrikaners wat 'n idee
beetgryp en weghol. En enige iemand wat net 'n aks van daardie riglyn afwyk
het sy tjips gehad.

Elkeen moet groot wees en homself bewys. Die eer moet hom toekom. Hande vat
en werk vir die saak van die Afrikaner en die witman kom tweede. ET op sy
seepkis is oh so glamorous. En dan word sy sogenaamde opgeleide soldate
afgemaai in 'n ou Mercedes deur 'n gewone troep, tromp-op. Kom nou. Gereed
om die boere te beskerm? Hie hie hie.

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Suid-Afrikaanse kuns op die Net

So., 28 Desember 1997 00:00

Goeiedag vriende,

Waar kan ek Suid-Afrikaanse kuns op die Net vind? Ek is op soek na 'n spesifieke kunswerk wat ek jarelaas gesien het, van 'n jong beesherder wat kniel by 'n driepoot, voor twee ossewaens in die Bos. As jy die werk ken, laat my asb weet wat sy naam en skilder se naam is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

looking for help....

Vr., 26 Desember 1997 00:00

Ek kom van PAU, 'n dorp in FRANKRYK.
Ek praat Afrikaans nie goed nie maar ek leer waar hard...

Is iemand leef in PAARL in die eastern cap Provinsie...

Let's speak english...
Sorry, but I've juste started learning Afrikaans and I'm working very hard
on it.
I'm french and I went in South Afrika 3 times.
I was wondering if someone was living in Paarl or in its neighborhood, cause
I'm looking for an adress that I've lost...
If U or some of your relatives are living in Paarl, just email me at:
devi...@infonie.fr

BAIE DANKIE

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse sites over Tweede Wereldoorlog

Vr., 26 Desember 1997 00:00

Ik hoop dat Nederlands begrijpelijk is voor jullie.

Wie kan mij meer vertellen over Zuid-Afrikaanse sites over de Tweede
Wereldoorlog in het Afrikaans?

English: Who can tell me more about South African Sites about World War
II in Afrikaans.

Bedankt.

Peter Krans
Nederland

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: ant & grasshoppers

Do., 25 Desember 1997 00:00

Key Bored wrote in message ...
|
|Wel, dis wat jy sê. Maar kyk hoe gemaklik gebriuk jyy nog daai wit
|apartheidswoordjie, "anderskleuriges". (Isn't it strange, that it is
|always black people who are the "ander" colour??)

Sal jy beter voel as ek hulle "korrek gekleurd" noem?

|
| Die probleem is dat van die met wie ek
|>saamgewerk het, slegs +-30% regtig die werk kon doen. So ons skep net 'n
|>groter probleem om links en regs poste aan te bied aan mense wat nie
|>gekwalifiseerd is nie. Kyk maar wat in die regering aan die gang is.
|>Konsultante links en regs om die regering te "help".
|
|Hmmm.. ek is self een van hulle... Ek hoop dat my dienste _werklik
|help, en nie aanhalingstekentjies rondom nodig het nie... 8-)

Die "" is nie op konsultante gemik nie. Ek is ook een. Dit is gemik
op die beleid wat so iets nodig maak.

|
|Maar ek moet se dat die feit dat ek as konsultant met sekere
|regeringsdepartemente werk, NIKS se oor hul kompetensie or the lack of
|it nie... Ek word gebruik omdat
|
|(1) ek sekere vaardighede (navorsing edm) het wat nie geredelik binne
|die regering beskikbaar is nie
|
|(2) omdat dit vir hulle goedkoper is om my te betaal wanneer hulle my
|noig het ipv my op die payroll te sit
|
|(3) ek self verkies om onafhanklik en buite die regering te bly en te
|kies vir wie ek werk.
|
|My ervaring van regeringsdepartemente op die oomblik strook glad nie
|met joune nie. Op die oomblik sou ek se ek is baie beindruk met die
|kaliber nuwe swart amptenare wat inkom - meeste van hulle het goeie
|universiteitsgrade, en is besonder gemotiveerd.

Goed so. My stellings is gemik op sommiges van die wat hoe staats
poste gekry het sonder die nodige vaardigheid.

Alhoewel daar
|natuurlik 'n hele paar onproduktiewe en oneffektiewe amptnare onder
|hulle geledere is... Maar in die algemeen, in my ervaring, is daar
|veel meer onproduktiewe, verbeeldinglse, lui en gewoon incompetent
|_blanke_ amptenare. Baie van hulle is natuurlik bloot mense wat uit
|die ou regering oorgeneem is..

Dit sal niemand mee kan stry nie. Dank die donners af. Hulle mors my
en jou belasting geld.

Soos die tyd verbygaan neem baie van
|hulle pakette en maak plek vir nuwe swart _en_ wit amtenare.
|
|So oor die algemeen dink ek jou opsomming van regstellende aksie is
|baie veralgemenend.
|
|Nie dat daar nie probleme is nie. Maar myns insiens is die probleem
|slegs erg as RA op sy eis toegepas word op 'n opportunistiese en
|"token" probleem; maw wanneer dit winkelvenster-regstelling is. Dit
|skep baiekeer veel meer probleme binne die werkskonteks, veral wanneer
|opgekropte resentment onder blanke geledere oor RA later afsug en
|resentment teen die nuwe swart anstellings veroorsaak.

Ongelukkig is dit die ondervinding wat ek van AA het. Ek is bly om te
hoor dat dit nie orals die geval is nie.

|
|En dit gebeur dat swak swart persone dan in middle management posisies
|in blanke firmas aangestel word. Partykeer wonder ek hoekom... 'n
|swart persoon wat weet hy/sy is nie die jop werd nie is natuurlik baie
|maklik manipuleerbaar van bo, en sal nooit werklik in staat wees om
|blanke magstrukture in 'n firma of organisasie te bevraagteken nie.

Hier moet ek jou gelyk gee. In baie gevalle is dit die maatskapye se
skuld. Hulle stel, soos jy tereg se "token" mense aan wat
gemanipuleer kan word.

|
|
|Wel, niemand het jou gevra om dit te doen nie... Die feit dat jyy nou
|optree asof die probleem van ongelykheid in SA so aangespreek word,
|wys dat jy wel die wereld vanuuit 'n geprivilgeerde en wit perspektief
|beskou.

Dit WORD verwag van ons, of het jy nie na Mandela se toespraak
geluister nie? Ek oordryf wel 'n bietjie maar dit is die kern
boodskap wat hy oorgedra het.

|
|Die Afrikaner is natuurlik nie die enigste geprivilgeerdes onder ons
|nie. Myns insiens het Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners selfs
|meer voordeel uit apartheid getrek.
|
|Dis juis hoekom ek jou gevra het hoekom jy die hoed aantrek 8-)
|

Omdat ek jou gevra het hoe ek(of die gemiddelde afrikaner baat gevind
het. Jy het hierdie voorbeeld genoem.

|Wel, die toets is eintlik die mate waartoe ons aanhou om onregverdige
|voordele op onregverdige of opportunistiese wyse te verdedig. En
|dis slegs deels 'nn morele toets. Die oorleweing van ons nuwe
|bestel, en die moontlikheid van 'n vreedsame bestaan, hang af daarvan
|of ons 'n groot genoeg deel van ons swart medeburgers daarvan kan
|oorreed dat hulle ook baat vind by ons nasionale kompromie. 'n
|Selfsugtige vasklou aan onregverdige voordele op opportunistiese en
|onregverdige wyse, 'n rugdraai op mense wat bereid is om jou 'n kans
|te gee, is myns insiens kortsigtig.

Verduidelik wat jy bedoel met "nasionale kompromie". Miskien verstaan
ek jou verkeerd op hierdie punt en kan ek 'n beter begrip kry.

Groete

Neels

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 10:13:50 UTC 2026