Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Die reis na die einde van die somer" deur FERDI GREYLING

Wo., 02 Desember 1998 00:00

DIE REIS NA DIE EINDE VAN DIE SOMER
Ferdi Greyling

Groen en bruin
lê die Outenikwa-berge in die verte
- tussen rooi heuwels op regs
en droë klipkoppies na links.
Hierdie pad draai soos 'n slang
voor ons uit deur die voetheuwels
en dan op na die berg toe.
Ons ry op die slang se rug
ons ry uit die Klein-Karoo
ons ry die berg uit - see toe.
Oor die berg
en warm en soet lê Oudtshoorn
agter ons en in die geheue.
Ons ry op die slang se rug.
Ons ry see toe waar die dae
soos branders op die sand val
en tyd in strome maal,
blou by Mosselbaai,
en talle skulpe uitspoel op die strand.
Kalksteenhuise van dooie seediere
wat kleure blits in die son
en droë klonte see op boekrakke lê.
So het ons gery op die slang se rug
tot by hierdie huis langs die see,
hier waar die lug begin kantel.
Op die einde van die vakansie
manifesteer die see se strome
onvermydelik in 'n barometer wat val.
Toe het ons kil bewus geword
van simmetriese blokke ys
soos slangtande so wit,
wat onverstaanbaar kompleks
laag op laag lê
in die verre suide,
waar Antarktika wiskundig tier.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Boodskap vir die nederlande

Di., 01 Desember 1998 00:00

Hallo daar almal!

Dankie vir al die info oor wat ek te wagte gaan wees in Kaasland.

Terloops Gideon, jy moet snel skryf want ek het nog geen pos ontvang nie as jy
persentjies wil hê...

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Daardie tyd van die jaar....

Di., 01 Desember 1998 00:00

On Tue, 1 Dec 1998 12:15:33 +0200, "Hans"
said the following:

|This is a multi-part message in MIME format.
|
|------=_NextPart_000_0007_01BE1D24.4BCB5EC0
|Content-Type: text/plain;
| charset="iso-8859-1"
|Content-Transfer-Encoding: 7bit
|
|Aan julle almal - my beste wense met 1998 se feesseisoen,
|en mag 1999 op die NG positief en in 'n goeie gees verloop.
|
|Vir die wat 'n klankkaart het, sluit ek heel ongemanierd nou 'n .mid
|in.
|
|Dankie aan aan die kubervriende vir 'n aangename jaar.
|
|(Oom) Hans
|
|------=_NextPart_000_0007_01BE1D24.4BCB5EC0
|Content-Type: audio/mid;
| name="merrychristmas.mid"
|Content-Transfer-Encoding: base64
|Content-Disposition: attachment;
| filename="merrychristmas.mid"
|
|TVRoZAAAAAYAAAABAGBNVHJrAACaswD/Ax1XZSBXaXNoIFlvdSBBIE1lcnJ 5IENocmlzdG1hcwD/
|AhooQykxOTkxIFJvbGFuZCBDb3Jwb3JhdGlvbgD/WAQDAhgIAP9RAwST4AD wCkEQQhJAAH8AQfcw

Nou vra ek as b groot hulp van iemand wat Free Agent ken:

Ek het hierdie boodskap in sy geheel so ontvang en wil nou graag die
mid file save sodat ek elders na hom kan luister. Hoe maak ek..??

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG

Di., 01 Desember 1998 00:00

GIGUE VAN DIE ROTVANGER
Antjie Krog

jy loop met 'n silwer fluit deur die nag
met jou mond vorm jy vreemde note
met jou vingers maak jy valdeure oor die gaatjies
met jou oë kyk jy ver voor jou uit
na waar die lied vandaan kom
ek het geweet jy sou kom
daarom het ek na jou gesoek
soggens as die son fluit-fluit met die voetpad oor die berge kom
hande in die broeksak
kitaar oor die skouer
daarom het ek na jou gesoek
snags as die poeierige mot haar eiers oor die lug lê
en die stad soos kole onder 'n seeppot bly gloei
soos 'n bruid het ek my klaargemaak vir jou:
my hare gewas in vlokke sjampanje en dou
my liggaam ingevryf met olies en neute en geprikte roosmaryn
ek het woorde na jou vernoem
met klei jou lag probeer namaak
ek het stories opgemaak om jou te vertel as jy kom
want ek het geweet jy sal kom
by jou is ek sonder herkoms of toekoms of kompleks
by jou is ek 'n oomblik, 'n vonk
by jou is ek onbewus of ek hartseer is oor jou
en of ek hartseer is oor myself
en of ek al ooit in my lewe hartseer was
daarom het ek vir jou gewag
want ek het geweet jy sal kom
maar ek het nie geweet dat jy sou kom terwyl dit donkermaan is nie
ek het ook nie geweet van die fluit nie
ek het net die note gehoor
en onbewus van dagbreek of skemer
het ek opgestaan om jou lied vir altyd te volg.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: 'n pêrel aan die weskus

Di., 01 Desember 1998 00:00

Alwyn Nel writes:

� beautiful, beautiful Perth.
>
> Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
> omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
> westekant van die stad.

>
> Die kraaie bêre hul treurig kerm-skree geluide, en die Freemantle dokter
> waai die twee en veertig grade van jou gesig af weg.

> En daar sit jy� mesmerized. Die ferries linger lui-lui van oewer tot
> oewer, hul liggies oordadig geprojekteer op die water wat dit skommel en
> rondgooi. En dis moeilik om te glo dat jy werklik daar is, en dat dit
> nie als net 'n fairy tale is nie.

> Alwyn


Dankie, Alwyn. Ons het die afgelope tyd, toe
John Glenn op is in die ruimte in, so baie
fotos van Perth gesien met die ligte aan in die
nag, dat 'n mens 'n band met Perth voel. Het
mense hulle eie huisligte ook daardie tyd
aangelos?

Wat is die "Freemantle dokter"? Iets soos die
Kaapse dokter?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Morfologie

Ma., 30 November 1998 00:00

Komen in het Afrikaans de uitgangen -erik en -(e)ling nog veel voor om
zelfstanige naamwoorden af te leiden uit bijvoegelijke naamwoorden? Een
collega uit Zuid-Afrika kende alleen "swakkeling" en "stommerik".
Hoeveel meer zijn er nog? (Nederlandse voorbeelden: beroerling (van
"beroerd"), slappeling, dommerik, slechterik,naieveling etc.)
Komen ling-afleidingen van zelfstandige naamwoorden ook voor?
(dorpeling, stedeling) of van werkwoorden (leerling, beschermeling,
vluchteling)?

Henno Brandsma

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Morfologie

Ma., 30 November 1998 00:00

Is "stouterik" 'n korrekte Afrikaanse woord ?

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT

Ma., 30 November 1998 00:00

EK HET BEDERF GERAAK
-Marlise Joubert -

(- 'n verwerking
van "Jy is ver vandag" deur Marlise Joubert uit
"Domus".)

jy is ver vandag
asof jy nooit bestaan het nie
so bedrywig tussen engele
toegespin in klanke van jou vel

ek het bederf geraak
aan jou trosse ryp woorde se proe
daarom onthou ek kringe van jou tong
en vou my verhemelte sy duiwe-vlerke oop
verlangend omdat dit jy is en omdat jy
goed is soos nuwe bloed uit druiwe loop

(klink die wolke daar
soos neutedoppe teenmekaar
is daar foto's op jou rekenaar
of 'n vers oor 'n begin
reen dit snags oor die bome
en wie tap water vir die voëls
op some van jou tuin?)

ek het bederf geraak met jou
en vandag se afstand word oorbrug
asof jy reeds bloeisels dons
op my bed versamel en 'n sug
van soene op my mond invou

ek het so bederf geraak
en met die lente in die wentel
van my liggaamstaal
skuifel ek teen jou aan
beminde
aromaties met 'n tros note
wat droewig sing
in boorde van jou keel

(kopiereg deur Marlise Joubert)

Prosa & poësie | 0 kommentare

REGSTELLENDE OPTREDE IN DIE PRIVAATSEKTOR!

So., 29 November 1998 00:00

REGSTELLENDE AKSIE IN PRIVATE SEKTOR SKIET WORTEL

Die hoeveelheid swartmense in bestuursposisies het die afgelope drie
jaar verdubbel, namate maatskappye gereed maak vir die
inwerkingstelling van die Wet op Gelyke Geleenthede, het 'n peiling
bevind.

Regstellende aksie-maatreels was in werking by 95% van die
ondernemings wat aan die peiling deelgeneem het, in vergelyking
met 58% in 1993. Terwyl swartmense slegs 5% van die senior
bestuursposisies in 1995 beklee het, het die syfer nou gegroei tot 12%
en sal na verwagting tot 21% styg teen 2001. Die verhouding van
swartmense in middelbestuursposisies het in dieselfde tydperk van
10% tot 21% gestyg en sal na verwagting 29% bereik teen 2001. In
1995 was 79% van die middelbestuurslui wit, teenoor net 61% teen
1998. Die syfer sal na verwagting teen 2001 terugsak na 55%.

*Volgens Sanlam*
=================================================

*As u nie wil lees nie - is u welkom om dit ignoreer - dit is hoekom hier 'n
nuusgroep is! *

Volgens my, is hierdie nuwe wet - die "Wet op Gelyke Geleenthede" - niks
anders as 'n diaboliese wet gemik op hardwerkende entrepreneurs nie - wat
nou die teiken gemaak word van swart burokrate se magshonger, en wat niks
minder is as omgekeerde rassisme nie - slegs gedokter met "pittige
bewoording"!

Die gegewens kan u ook bestel van die Sentrale Statistiek diens in Pretoria
af. Ek stel voor as u die geleentheid sien om u eie entrepreneurskap uit
te-oefen, of as u bereid is om te leer, doen dit vinnig - die kanse dat u as
Afrikaner bevorder gaan word, volgens bogenoemde uittreksel is uiters
skraal.

Daar is werklik uitstekende boeke op die winkelrakke beskikbaar, asook
uitstekende instansies wat meer as bereidwillig is om te help met raad!

Daar is werklik baie geleenthede. met 'n bietjie denkvermoë en aanmoediging,
het menige al suksesvolle ondernemings begin. Onthou sukses kom nie oornag
nie - dit is 'n mite - slegs deur harde en deeglike werk kom sukses. As u
iemand sien wat onseker is,(al is sy velkleur anders) help hom deur hom te
verwys na iemand toe, of bemoedig hom, maar moet nie ignoreer nie - dit doen
ons as Afrikaners skade aan - en uiteindelik uself!

Oordink u geleentheid, stel met hulp 'n goeie besigheidsplan op, en beraam
noukeurig u finansiële posisie en terselfdertyd doen u dit - dit is hoe ware
entrepreneurs die lig sien - mense wat waag- en wat (glo my) hard aarde toe
kom - maar daarna weer probeer.

Hoe ly die spreukwoord "Kannie is dood, en sy niggie eet witbrood in die
sloot"!

Groete!

Marius

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

briefie vir oom kaspaas

So., 29 November 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

gister was weer rakbie. my ouma hille het kom kyer dan syp my pa niks nie.

syd afrika het teen die jiere gespeel. my pa sê die jiere is een wat twee is.
hy sê hille beklei onner mekaar om nie een te wees nie. die een wil deel van
ingeland wees en die ander deel van groen land. my pa sê dit sal beter wees as
hille 'n kenaal deer die yland grawe soos wat hille in egipte gemaak het lat
moses hille nie weer da moet kom plak nie.

ma' op die rakbie veld is die jiere een. dan beklei hille saam. hille was
weer moeilik soos die walvisse twee weke trig. skop sommer vir joosthysen in
die rig ma' die skyds regter sê hy sien niks. my pa sê dit vir baas hom nie
lat 'n skyds regter nie kan sien nie. my pa se hart het amper gaan staan want
die walvis wat die skyds regter was het ok vir die jiere gespeel, oom. my pa
sê dis net die jirre se genade wat gemaak het lat die jiere ons nie wen nie.
die walvis se naam is tomas. my pa sê hy is on gelowig, anners sou die jirre
aan sy kant gewees het, en dan sou die jiere gewen het.

toe die gym klaar is toe syp my ouma en oupa ok saam. hille sê hille sening
wees is ok klaar oor die skyds regter.

volgende week speel syd afrika teen die ingilse. die keer gaan ek in die kamer
op die swart en wit tie wie kyk want die ingilse speel hoeka in wit. en ek wil
nie sien hoe my pa die tie wie stikkend slaan nie. gister was amper. weet oom
wie die skyds regter gaan wees.

koebaai oom kaspaas, oppas vir walvisse wat skiem hille is jiere.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 21:42:36 UTC 2026