gil
stamp
deur die banke na voor
kring om die tafel
lens in die hand
bly angstig stil om die rumoer te hoor
skielik staan sy in die deur: 'n wit duif
weerloos tussen die blare van haar palms
stoot na binne
beur
skree
slag hom, slag hom
ons moet nege deur
spalk die lyfie op 'n plank
verduidelik klas aves
kruisig hom op die bank
vat 'n skêr
knip hom oop
die hartjie in haar vingers
sy lag
haar hande in sy bloed gedoop
meteens sien ek deur my lens
sy nek soos 'n altaar-tossel lyk
en dis toe dat Christus deur sy oë
na my kant toe kyk
Peet Botma berig in gister se Beeld oor 'n onderhoud met George Bizos, die
bekende menseregte-advokaat:
************************
Bizos koester geen wrok teen Afrikaners nie.
"Afrikaners moet ophou om met 'n skuldgevoel oor apartheid in hul harte rond
te loop. Ek het aan Antjie Krog gesê haar boek vat haar skuldgevoel te ver.
Ek verkwalik politieke partye wat vir eie gewin dié skuldgevoel onder
Afrikaners aanblaas."
*************************
Aldus Peet Botma van Beeld.
By "politieke partye" kan mens gerus voeg, varke in Kanada en elders wat hul
angs oor hul eie ontrouheid probeer besweer deur met die vermeede "skuld"
van Afrikaners te smous.
Dan praat ons nog nie eens van Afrikaanse joernaliste wat hul loopbane op
die skuldwa probeer bevorder het nie. Dit begin al hoe meer lyk asof dit
miskien 'n verkeerde perd was om op te verwed. Miskien eindig hulle almal in
die Engelstalige pers.
> jdejage...@iafrica.com.na
>
> Haal die water uit bostaande adres vir direkte pos. Dis net daar geplaas
> om spammers te versuip. Gesels gerus. Lyk my die NG se ratkierie is in
> neutraal - almal met vakansie ??
>
In die bostaande geval sal die pos na iafrica.com.na gestuur word, wat dan
sal probeer om dit aan die korrekte ontvanger af te lewer. Hierdie poging
sal natuurlik nie slaag nie, maar in die proses sal die iafrica.com.na
posbediener en moontlik ook die posmeester se tyd gemors word.
'n Beter metode sal wees om die adres te vermom as
jdej...@seewater.iafrica.com.na
In hierdie geval sal die afsender nie 'n poskantoor kan vind om die pos af
te lewer nie en dus slegs sy eie tyd mors.
Ferdie se Newspeak het verklaar dat die kieserregistrasie "in die algemeen
'n sukses" was. Beeld het vandag die volgende kommentaar:
Leer die lesse
Die eerste registrasie-poging deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie
(OVK) is verby met slegs sowat 'n kwart van die kiesers in die noordelike
provinsies gereed om in aanstaande jaar se algemene verkiesing te stem.
Dat die OVK-voorsitter, regter Johann Kriegler, "verras is deur (die sukses
van) die eerste poging", is 'n erkenning van die ondoeltreffendheid van 'n
proses wat aanvanklik die eerste en enigste kans sou gewees het vir
stemgeregtigdes om hul name op die kieserslys te kry.
Dié bekentenis vereis dat die OVK 'n meer realistiese tydtafel aanpak vir sy
verdere registrasieveldtogte in Januarie en Februarie. Om aan die veilige
kant te wees, behoort hy voorsiening te maak vir meer as net ses bykomende
registrasiedae.
Beamptes wat die registrasie behartig, moet beter opgelei word as wat in die
belaglik kort tyd tot dusver moontlik was. Kiesers moet ook beter en langer
vooraf ingelig word oor waar en hoe hulle moet registreer.
Veral op dié plekke waar registrasielokale die afgelope naweek nooit
oopgemaak het nie, verdien die kiesers beter behandeling.
Die departement van binnelandse sake behoort die volgende twee maande te
gebruik om die uitreiking van nuwe identiteitsdokumente te verbeter.
Om op honderdduisende nuwe ID's te sit omdat die poskantoor nie vertrou kan
word om die boekies aan die regmatige eienaars te besorg nie, beproef die
geduld en goeder trou van die stemgeregtigdes ten seerste.
Alle staatsinstansies - die uitvoerende gesag, die hele staasdiensmasjien
asook die OVK - sal die oorblywende tyd moet benut om daadwerklik op die
eerste poging te verbeter.
Niks minder nie as die integriteit en geloofwaardigheid van volgende jaar se
verkiesing is op die spel.
Dis die woorde van Steve Tswete met verwysing na die "leliewit" nasionale
sportspanne. Ek dink hy bedoel eintlik dis frustrerend om nie op meriete
sulke spanne te kan haal nie.
Wat is die doel van 'n minister van sport?
Sekerlik om sport prestasies te bevorder, en nie om jou nasionale spanne te
kniehalter met onnodige bagasie nie. Ek wonder hoe voel dit om met 11
manne op die veld te draf en te speel teen 'n 15-man span.
Kepler is reg as hy sê die bestes gaan eenvoudig weer oorsee moet gaan speel
soos in die verlede. Vandag se sport draai om groot geld, en dis seker die
groot rede waarom ander nou sonder meriete in sulke spanne moet beland -
om te deel in die skielike rykdom wat dit meebring. Arme Ali Bacher.
Hy't werklik sy bes probeer om krieketspanne op meriete te integreer.
Wat is die posisie van sokker?
Hulle presteer eenvoudig nie, weens verskeie faktore. Een daarvan is swak
dissipline. Maar niemand vra hier vir regstellende aksie nie.
Of is dit die rede hoekom Brian Maloyi sy hare wit kleur? - sodat dit lyk of
alle bevolkingsgroepe verteenwoordig word. Of wil hy net graag self wit
wees?
Maar niemand sal aanhou om 'n verloorspan se spelers te borg nie.
Hier kom Murphy se wet handig te pas: - Hoe swakker die spanne presteer hoe
minder borgskap en hoe groter die borge se oënskynlike rassisme as hulle
stadig aan onttrek aan die gekleurde spanne. Maar hulle sal seker ook
gedwing word om steeds groot geld voor te skiet?
Sien, ek het altyd gedink dat regstellende aksie se doel is om mense in
posisies te kry waar almal nie noodwendig op meriete sou beland het nie.
Lyk my ek het reg gedink.
Moenie vergeet van die aanstellings buite die spanne nie. Ek meen tans toer
daar 'n "akademiese afrigter" saam met Nick en Allan op die Springbok toer.
Hy was een van die knape wat in 'n Skotse kroeg as 'n kaffer toegesnou is
tesame met die swart fisioterapeut.
Ek sal graag wil weet presies wat die pos omskrywing vir die titel behels.
Miskien sien ons in die toekoms ook 'n hulp akademiese afrigter.
Groete
Riaan
Kobus Pietersen wrote in message ...
> Dis die woorde van Steve Tswete met verwysing na die "leliewit" nasionale
> sportspanne. Ek dink hy bedoel eintlik dis frustrerend om nie op meriete
> sulke spanne te kan haal nie.
>
> Wat is die doel van 'n minister van sport?
> Sekerlik om sport prestasies te bevorder, en nie om jou nasionale spanne te
> kniehalter met onnodige bagasie nie. Ek wonder hoe voel dit om met 11
> manne op die veld te draf en te speel teen 'n 15-man span.
>
> Kepler is reg as hy sê die bestes gaan eenvoudig weer oorsee moet gaan speel
> soos in die verlede. Vandag se sport draai om groot geld, en dis seker die
> groot rede waarom ander nou sonder meriete in sulke spanne moet beland -
> om te deel in die skielike rykdom wat dit meebring. Arme Ali Bacher.
> Hy't werklik sy bes probeer om krieketspanne op meriete te integreer.
>
> Wat is die posisie van sokker?
> Hulle presteer eenvoudig nie, weens verskeie faktore. Een daarvan is swak
> dissipline. Maar niemand vra hier vir regstellende aksie nie.
> Of is dit die rede hoekom Brian Maloyi sy hare wit kleur? - sodat dit lyk of
> alle bevolkingsgroepe verteenwoordig word. Of wil hy net graag self wit
> wees?
>
>
> Maar niemand sal aanhou om 'n verloorspan se spelers te borg nie.
> Hier kom Murphy se wet handig te pas: - Hoe swakker die spanne presteer hoe
> minder borgskap en hoe groter die borge se oënskynlike rassisme as hulle
> stadig aan onttrek aan die gekleurde spanne. Maar hulle sal seker ook
> gedwing word om steeds groot geld voor te skiet?
>
> Sien, ek het altyd gedink dat regstellende aksie se doel is om mense in
> posisies te kry waar almal nie noodwendig op meriete sou beland het nie.
> Lyk my ek het reg gedink.
>
> Het die mense geen trots in hulle nie?
>
On Thu, 3 Dec 1998 01:59:54 +0200, "Leendert van Oostrum"
said the following:
|>In die algemeen word dit as n sukses beskou.
|>Daar sal verdere registrasie wees volgende jaar.
|
|Ja. Die SABC jubel ook oor hoe "suskesvol" die registrasie was.
|
|Die afgelope drie dae was veronderstel om die _hele_ registrasieproses te
|wees. Vir maande is die regering en die OVK uit alle oorde gewaarsku dat dit
|nie sal werk nie. Hulle het egter volgehou dat daar geen alternatief is as
|om almal in hierdie drie dae te registreer nie.
|
|Wat ons nou het is:
|
|a) In vier provinsies is daar nog geen registrasie gedoen nie. Dit is
|uitgestel vir 'n week.
|b) In die vyf provinsies waar daar wel geregistreer is, sal daar "verdere
|registrasie" wees.
|
|Dus: Dit het geblyk dat die beplande registrasieproses inderdaad nie gewerk
|het nie. Skielik blyk dat dat daar wel alternatiewe is. (Waar was hierdie
|alternatiewe tevore?)
|
|Maar ons moet verneem dat "In die algemeen word dit as n sukses beskou."
|
Wel, jy hoor mos, Ferdi beskou dié soort van administrasie as sou
"hulle op water loop".
Wat my laat wonder wat hy sou sê oor die samelewing in Australië -
Dennis Becket het destyds gesê jy sal in Australië dood gaan van
verveling omdat alles so glad verloop en alles net korrek gedoen word.
Julle ouens daar down under, vertel ons bietjie ook hoe ervaar julle
die publieke administrasie en wat is julle kommentaar op Dennis Becket
se stelling.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vandag die grootste winskop van my hele lewe gekry - eintlik nou die dag
al. My vrou en ek het (van Philadelphia af) Wisconsin toe gevlieg waar
ek 'n kongres gaan bywoon het. Op die lughawe van Detroit moes ons 'n
uur of wat oorbly om die aansluitingsvlug te kry. Northwest was maar
redelik vol bespreek - oorbespreek, eintlik, en toe vra hulle wie sal
hulle sitplekke afstaan teen vergoeding. Vrou en ek besluit toe ons gee
nie om om te wag nie, want ons is nie haastig nie. Northwest gee ons toe
elkeen 'n vlugbewys vir $700 (stuk), plus 'n sitplek in die eerstklas
seksie van die volgende vlug - sewe ure later. Die sewe ure het gou
verbygegaan, en ons het dit eintlik waardeer. Dis seker die meeste tyd
wat ons in 'n lang ruk ons onverdeelde aandag net aan met mekaar sit en
gesels kon deurbring. Eintlik was die wagtyd dus 'n onverwagte bonus.
Vandag gaan ruil ek toe die twee vlugbewyse om vir 'n retoervlug via
Amsterdam na Johannesburg, want ons peetdogter trou in Maart in
Bloemfontein, en Vrou se ma word in Mei 70 jaar oud. Dit kos my net $15
hanteringskoste (omdat ek met die vlugbewyse betaal). Weet nie of die
reisagent my gerook het nie, maar ek gee ook eintlik nie om nie. Daarby
kry ek nog 'n kredietbewys van Northwest vir $41, synde die verskil
tussen die prys van die kaartjie en die waarde van die vlugbewys.
Net een jammerte: dat sy nou op Schiphol moet oorbly vir 12 ure om die
aansluiting na Johannesburg te kry. Wens ek het geweet van kreatiewe
maniere om die tyd om te kry.
Askies dat ek so spog, maar ek is innig dankbaar dat sy die geleentheid
kan kry, en dat dit ons niks kos nie!
Die res van die besoek aan die kongres het ewe voorspoedig verloop.
Omdat ons laat was in Wisconsin het die hotel ons nie-rook kamer aan
iemand anders gegee (al het ek gebel en gesê ons kom laat en hulle moet
asseblief ons kamer hou). Toe gee hulle ons die enigste oorblywende
nie-rook kamer in die hele hotel: die Presidensiële Suite! Teen geen
ekstra nie het ons die hele week in heerlike weelde gebly. Op die
terugvlug is die eerste been (weer oor Detroit) gekanselleer, en ons
moes weer vier ure wag. Dié keer moes ons vir Minneapolis St Paul ('n
hengse ompad!) vlieg. Ons kry toe weer 'n gratis opgradering na
eersteklas op die lang vlug van Minneapolis na Philadelphia toe. Selde
wat 'n mens sulke gelukkies so op 'n streep ervaar.
Dankbare groete uit Pennsylvania, waar ons glo die warmste winter ooit
beleef. Vir my voel dit maar bra koud.