> askies lat ek nou eers skryf ma' saterdag was weer rakbie en ek kon
> dit vandag eers yt my kamer waag. syd afrika het verloor en dit nogal
> teen ingeland. my pa is briesend. hy sê ons kan eerder teen simbawie
> verloor as teen daai lot.
Liewe Hennerietjie,
Ek is so verlig om van jou te hoor.
Toe ek niks hoor na Saterdag nie, toe
begin ek dink dat jy ook aan die suip
gegaan het. Nou hoor ek dat jy net nie
uit jou kamer wou waag nie. Ook maar
goed dat daar die wit en swart TV-tjie
in jou kamer is. Van watter programme
hou jy die meeste?
Ek is so verbaas dat al die Engelse
spelers so wit is. Hier by ons is omtrent
al die sports-spanne swart. As jy na die
ouens kyk wat die vinnigste in Kanada
hardloop, of die hoogste spring, of op
meeste van die spanne speel, dan sal jy
dink dat jy in die hart van Afrika sit.
Ek dink dis Oom Steve Swete (?) wat ook
hier sy lyf rondgooi. Luister na hom.
Daar is darem een of twee soorte sport
waar hulle nog meestal wit is. Die een
is yshokkie. Maar as jy na die vanne van
die spelers kyk, dan weet jy dat jy in
die hart van Rusland is.
On 8 Dec 1998 04:08:55 GMT, said the following:
| Weet jy, die woord "vaker" is 'n woord
| wat ons nie in Afrikaans het in die
| betekenis van "frequently" nie. Ek moes
| dit selfs in die woordeboek gaan naslaan
| om seker te maak wat dit beteken. Die
| woord baie/baiekeer het die woord "vaker"
| of heeltemal verdring. Of anders het die
| woord net eenvoudig nooit na SA ge-emigreer
| nie. Ons verstaan met "vaker" in Afrikaans
| dat ons slaperig is.
|
'n Ander interesante een is "oulik" - my ma het eens aan 'n
Nederlandse vriendin saam met wie sy kant gemaak het, gesê dat sy iets
oulik het, waarop die vriendin haar baie snaaks aangekyk het. Hulle
sou toe uitvind dit word in Nederlands verstaan as uit die oude doos -
so effens van 'n negatiewe kommentaar.
Wat presies is die betekenis van oulik in Nederlands of Vlaams?
Johan heeft geschreven...
> 'n Ander interesante een is "oulik" - my ma het eens aan 'n
> Nederlandse vriendin saam met wie sy kant gemaak het, gesê dat sy iets
> oulik het, waarop die vriendin haar baie snaaks aangekyk het. Hulle
> sou toe uitvind dit word in Nederlands verstaan as uit die oude doos -
> so effens van 'n negatiewe kommentaar.
Het lijkt ook wel wat op "ouwelijk". Ik ben er steeds van uit gegaan dat het
zoiets als "olijk" was; guitig, aardig, leuk.
Interesante feit:
So 'n twee jaar terug, het 'n soektog van Alta Vista na "Biltong" net
23 verwysings opgelewer. Nou is dit al 1131, met 'n groot persentasie
in die buiteland.
My eie biltongmaker is al besig met die derde lot biltong van die
winter!
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
" Gedigte 1989 - 1995"
Antjie Krog
Opgeneem in die bundel "Die dye trek die dye aan"
verse oor lyflike liefde, saamgestel deur Antjie Krog
en Johann de Lange.
1.
ons is alleen in die sauna
jy dink ek is straight omdat ek getroud is
ek wéét jy is 'n taai straight suburban koekie
ek maak my bo-stuk los en draai op my maag
ineens peul jy uit jou eenstuk
jou onge_tan_de gedeeltes highlights in die stoom
bobbel jou borste in 'n satynglans van sweet
my hele vagina ruk boontoe
ek lê sprakeloos toegeswel
argeloos tuimel jou cellulitelose bene oop
en ek voel of ek wil uitpass
soos my tong reeds
grondboontjiebotter op 'n heuningsny rondsmeer
2
jou tiete twee massiewe sampioene
hulle jol juggle juggle juggle
jy kyk gulsig na my lebberige maag
waarin binnegoed computergames skiet
ek slaan my vingers soos klou in jou dye
god! al taal wat hier geld is "ferm vlees"
en soos ek jou lyf oor die mat rol
en jou tong in duisende tonge rasperig my brandsteek
wens ek ek het, nee jy het, nee ek
wens ek iemand hier, het piel!
jy het tog wel gesê jy sou
sonder om profaan te wees
heel op die end
as laaste keuse
uit die hele aardse potpourri
van soet en suur
weer 'n keer wou luister
hoe in 'n marokkaanse nag
nuut ontdekte vreugde
kwinkelend
en neutbruin lag
Uit: Tussen die malgasse op die kaai (1991)
Heropgeneem in �Die dye trek die dye aan�:
verse oor lyflike liefde, saamgestel deur
Antjie Krog en Johann de Lange.
Jy stap jou vinnige pas oudergewoonte en kyk die rustige mense wat hier
voor jou drentel verwyted aan. Die linker arm pomp op en af, gesig toe
en terug, want dis tyd wat saakmaak. Jy storm deur Haystreet Mall
sonder om links of regs te kyk, gretig om die minute te verdrink in die
hustle en bustle van die stad. Afrika man met 'n mission.
Maar net soos jy amper op die drumpel tree van Barrack street slaan Big
Ben in London Court se hekke sy twaalf massiewe slae - ding dong ....en
jy kan nie help om saam met die skare in die wandellaan op te kyk nie.
En dis asof iets vir jou sê: vertoef 'n wyle. En dis wanneer jy die nar
op sy stelte sien met 'n silwer kostuum en massiewe engel vlerke wat die
verbygangers vermaak. En die musikant met sy saxofoon, en die kêrel met
die kortbroek en lang hare wat sy vingers laat dartel oor die snare van
sy box kitaar.
Jy sien die ou man wat die juke box opwen en die puppet op sy strings
laat dans langs die ou tannie wat met haar ratelende blikkie geld
insamel vir die blindes. Jy sien hoe Hungry Jacks en Mac Donalds se
drumpels deurgetrap word vir 'n vinnige ete wat sommer daar op die
sypaadjie verorber word. Die sambrele verdring mekaar om die 15 UV
factor van die vel af weg te hou. Die geur van vars gebroude koffie in
die kroegies sypel lui-lui by in die wandellaan af, verby die kerel wat
naarstiglik 'n paar jeans luidkeels halfprys adverteer op 'n PA system
wat beter dae geken het.
En jy wonder wat die haas is. Stop. Neem twee tree terug, haal die
horlosie van jou arm af. Verkyk jou aan die Sjinese toeris wat 'n
duisend foto's per minuut neem, en steeds nog tyd het om in 'n babelse
gebrabbel die vrou en kinders stategies te plaas voor die winkelpop met
die stoute klere aan in Barbarellas se venster.
Dan skielik sense jy die rustigheid van Perth. Jy kyk om jou heen en jy
wonder of die mense ooit gaan klaarkry waarmee hulle besig is. Want tyd
bestaan nie hier nie... tomorrow is another day.
Business Day - 07 December 1998
Gibbs called up to replace Bacher in opening spot for second test
Mark Smit
RICHLY talented Western Province batsman Herschelle Gibbs was named
yesterday to replace out-of-form Gauteng opening batsman Adam Bacher as
the only change to the SA cricket team for the second test against the
West Indies starting on Thursday at St George's Park in Port Elizabeth.
Gibbs last played for SA in the first test at Johannesburg against
Pakistan this year and was most widely tipped to come into the squad
following an uproar during the first test over the "all-white"
complexion of the team.
Following the row, the United Cricket Board of SA (UCB) executive
committee met on Saturday and adopted a resolution that every national
team should from now on include "players of colour".
Amid reports of dissatisfaction within the ranks of the UCB over the
resolution, chairman Ray White said yesterday national selection
committee convenor Peter Pollock had said he was prepared to work within
the outlines of the directive.
There had been suggestions that Pollock, a strong defender of the
"selection on merit" principle at national level, might find himself
unable to work within the new guidelines.
"I had a word with Peter and he has accepted the situation," said White,
himself on record defending the merit principle. "He and his selectors
have seen this situation coming for some time and I think we all realise
we have to live with the realities of the day," said White.
"We need to be flexible and there is no doubt there is a great deal of
pressure on the politicians and sports leaders."
Asked whether he did not feel compromised by the executive's move,
having come out strongly before the first test for merit selection,
White would not comment.
Earlier, UCB MD Ali Bacher denied that Saturday's edict on selection
amounted to "self-censorship" to prevent further intervention by
agencies such as the government and the National Sports Council.
Bacher admitted the UCB was under pressure from politicians and others,
whose constituencies were putting pressure on them about the all-white
appearance of the team.
The 24-year-old Gibbs has played seven tests, in which he has made 223
runs at a disappointing average of 17,15.
However, his selection to open is hardly a gamble, with SA battling to
find a reliable opening pair for a year or more.
There has never been any argument about Gibbs' astounding talent - only
his application.
Gibbs's Western Province team-mate Paul Adams was also named in the
squad yesterday, as was Gauteng seam bowler David Terbrugge.
SA squad: Gary Kirsten, Herschelle Gibbs, Jacques Kallis, Daryll
Cullinan, Hansie Cronje (capt), Jonty Rhodes, Shaun Pollock, Mark
Boucher, Pat Symcox, Allan Donald, David Terbrugge, Paul