Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: DATE WOMEN FROM DIFFERENT CULTURE

Do., 17 Junie 1999 00:00

O, en hier het ons juis te make met vele dames van die eg afrikaanse
kultuur!

Een heel misplaaste beriggie van iemand wat ooglopend baie 'hardup' is om
hulle 'dienste' aan te bied.

Onse vriend McBride die wapensmokkelende-ex-bomplantende "diplomaat" moet
tog ook hulle webtuiste gaan besoek. Die keer hoef hy geen hulle darem nie
aan te rand nie!!

Grappie!!

WOMEN wrote in message ...
>
> Meet women of your culture
>
> visit
>
> http://www.adva.th.com/newsdating.html
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

The Long Walk of Nelson Mandela

Wo., 16 Junie 1999 00:00

In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote

> weeklikse
> huurkoopgeld in te win vir 'n plaaslike meubelwinkel. Die oorgrote meerderheid
> van die spesifieke winkel se kliënte was plaaswerkers, en Vrydae en
> Saterdagoggende het ek tussen tien en vyftien plase besoek. In die drie maande
> wat ek hierdie onsmaaklike werk gedoen het>
>
> Dit my liewe vriende was die werklikheid.

Gisteraand was ons bevoorreg genoeg om die laaste episode van die reeks
oor Nelson Mandela te sien - ek is gebore kort voordat hy tronk toe
gestuur is en al wat ek van hom geweet het, was dat hy 'n "moordenaar,
terroris en saboteur" was, hoogs gevaarlik en dat ons almal baie veilig
kon slaap sedert hy in die tronk opgesluit was. Vir jare het ons nooit
van hom gehoor nie en self het ek nie juis verstaan of selfs
bevraagteken wat hy nou eintlik gedoen het nie. Ek het so grootgeword
en soos 'n goeie dogter aanvaar wat ek deur die grootmense vertel is -
en alles geglo want dit was ook in die geskiedenisboeke op skool wie
die ANC was en hoe gevaarlik hulle is.

Wanneer 'n mens so grootword, met al die vooroordele in jou ingeburger,
en natuurlik niks van die ander kant af hoor of sien om jou begrip uit
te brei nie, dan is dit maklik om te sien hoe die dinge wat jy hierbo
beskryf, kon gebeur. Dit was ongelukkig die werklikheid, van die ander
kant af gesien. Self het ek dit ook gesien (en dit het beslis nie
gehelp om te probeer keer nie - ek het self net ook 'n klap gekry) - en
ek is seker baie ander mense het dieselfde ondervinding gehad. Dit was
hoe hulle (die plaaseienaars) grootgeword het en die behandeling is
deur hulle vaders en voorvaders toegepas. Natuurlik is dit nie 'n
verskoning nie - maar dit is die enigste soort "straf" wat hulle geken
het. En die soort werk wat jy gedoen het, was natuurlik nie baie
gewild nie.

Gisteraand het ek vir die eerste keer werklik verstaan en besef hoe
absoluut blind ek self was, en hoe ek self verkeerdelik vooroordele
gevorm het op grond van dit wat ek gehoor en gelees en op TV gesien
het. Ek besef nou hoe geslaagd die propagandamasjien in SA was. Ek is
nie links nie, en sekerlik ook nie regs nie en ek probeer hier nie
politieke stellings maak nie. Nelson Mandela is voorwaar 'n wonderlike
mens (die program was nie net van een kant af gesien nie, maar baie
gebalanseerd en het met almal, vriend en vyand, gepraat). Ek wens ek
kon die voorreg he om hom te ontmoet. En as hy (wat soveel rede het om
te haat en wraak te neem) kon vergewe en vergeet, dan is dit tyd dat
ons almal dit nou probeer doen.

En soos dikwels tevore, maar vir die eerste keer werklik ernstig, het
ons onsself afgevra: hoe sou SA vandag gelyk het as daar nooit enige
gedagte of wette van apartheid was nie? Sou 'n natuurlike segregasie
ook ingetree het soos in so baie ander lande, of sou almal in vrede
saamgeleef het? Daar is, volgens wat ek kan sien, nie werklik enige
land wat 'n perfekte rolmodel is vir rasseharmonie nie. Ek wonder of
SA so 'n land kon gewees het.

Ja, as... Maar as is verbrande hout, en nou moet ons maar met die
werklikheid leef, soos dit aan ons uitgedeel is. Al wat ons kan doen,
is om dit beter te probeer maak.

Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 96 kommentare

Internet Stemmery

Wo., 16 Junie 1999 00:00

Vanaf die iafrica.com webbladsy

Of the thousands of South Africans who cast their vote in the special
iafrica.com virtual voting booth, more than 58% voted for the Democratic Party.
The New National Party drew 13,6%, the United Democratic Movement pulled almost
5% and the ANC attracted only about 4% of the "foreign" vote.

A total of 4 500 votes were recorded. By far the most votes came from the
United Kingdom (2 045), followed by the USA (429) and Australia (130), Canada,
Germany and France.

South Africans living or travelling abroad also voted from as far afield as
Bahrain, Bangladesh, Burundi and Vietnam, to Israel, India, Hong Kong, Dubai
and Ethiopia.

HOW THEY VOTED

A total of 4 500 votes had been cast in the iafrica.com virtual voting booth by
the time it closed at 9pm on election day.

This is how they voted:

Democratic Party: 2 619 (58,2%)
New National Party: 612 (13,6%)
United Democratic Movement: 218 (4,85%)
African National Congress: 183 (4,0%)
African Christian Democratic Party: 156 ( 3,4%)
Freedom Front: 64
Federal Alliance: 63
Abolition of Income Tax and Usury Party: 57
Inkatha Freedom Party : 39
The Government by the People Green Party : 39
Afrikaner Eenheids Beweging : 29
United Christian Democratic Party : 23
Pan Africanist Congress of Azania : 9
Minority Front: : 9
Azanian People's Organisation : 3
The Socialist Party of Azania : 2
Spoilt and Invalid papers 375 (8,3%)

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

President

Wo., 16 Junie 1999 00:00

Wat vinden jullie van de nieuwe president van SA?

groeten uit Holland

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: History

Di., 15 Junie 1999 00:00

In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
>> "Tobias Dierks"
>
>> But, they seem to be very
>> eurocentric and, of course, "politically correct"
>
> Eurocentric AND politically corrrect? Is this possible?
>

Hmmmm..... I was wondering about that myself.

But then, in some quarters it seems that Afrocentric can be politically
correct. (As, in some quarters, it seems to be assumed - often
explicitly - that only whites can be racist.)

If so, it would tell us something about the concept "politically
correct", I suppose.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

"saans as die son" deur MARLISE JOUBERT

Di., 15 Junie 1999 00:00

saans as die son
Marlise Joubert

saans as die son sy fluite neerlê
tot kuipe moer afsak uit die middernag
kom die verlange
oor elke uur bedruip o so
wil ek nie sterf nie

saans met die son neergewieg
in wingerde se roesbruin ledekant
kom die verlange soos 'n laaste gulp
van suurwyn tussen die tande lê o so
wil ek nie sterf nie

my tuine kwetter reeds vol dooie voëls
en die saadkuil het leeggedrup
die waterbak verdor
en slegs die seegeslypte klippies
sprei teen rou rande uit o so
wil ek nie sterf nie

daarom liefste hierdie woorde
om alle moddervrugte te besweer
wat klewerig oopbars in die nagtelike vuur
en voordat ek sterf aan 'n brandende aarde
sal jy nog eenmaal deur die landskap
van my verlange loop nakend
soos saad wat tol deur 'n son se wind
weer met die lint van alle seisoene
om jou lyf gebind voor my staan
stralend jouself vir my offer

en saans sal weer verspoel
met tuine vol voëls en die klippe
sal ratel soos skurwe kore
onder viole van water en so
sal ek nie sterf nie
want jy het gekom
jy het gekom

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Op die gevaar af....

Di., 15 Junie 1999 00:00

...dat ek vervelig kan raak: een van my immergroen probleme is dat ek graag
geskenkie huis toe bring vir Vrou en dogters wanneer ek weg was (wat nie te
dikwels gebeur nie.) Ek loop altyd van winkel na winkel na winkel om iets
besonders, maar nie duur nie, en tipies van die plek waar ek was, saam te
bring. Wat bring 'n mens uit Wenen saam? Uit België bring jy kantwerk saam,
uit Venesië glas en uit Florence leer. Wat uit Wenen?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Melbourne is ook 'n Paradys

Ma., 14 Junie 1999 00:00

'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.

Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
ski net 'n paar uur ver.

Lekker gekuier.

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Re: Melbourne is ook 'n Paradys

Ma., 14 Junie 1999 00:00

In article ,
"nomad" wrote:

Stem heeltemal saam, ou Seun, dit was ons eerste stop (soos voorheen
genoem) vir nege maande na ons vertrek uit SA. En heel moontlik keer
ons binnekort permanent terug daarheen. Die Queen Vic is regtig uniek,
nie waar nie? Wonderlike plek, en net die beste en sentimentele
herinneringe. Meeste van ons vriende woon daar.

Groete uit die ander Paradys
Royleen

> 'n Europa waar almal Engels praat - en dan boonop nog koud ook.
>
> Trêms, rivier, see, bome, parke, ou katedrale en (baie) skoon,
> 'multicultural' (afrikaans ook). Markte en kafees/restaurante soos
> sterre aan die hemel - en nogtans goedkoop. MCG, Flinders Park en
> Albert Park - tuiste van krieket, Aussie Open en Grand Prix
> onderskeidelik. Teaters en IMAX. Omring deur wingerd en wynland, en
> ski net 'n paar uur ver.
>
> Lekker gekuier.
>
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Baie dankie!

Ma., 14 Junie 1999 00:00

Aan almal wat wenke gegee het oor wat om in Wenen te doen: baie dankie! Ek
het toe 'n pragtige gidsboek gaan koop by Barnes & Noble - wat 'n
oorweldigende verskeidenheid was daar nie om van te kies nie! Met 'n amrvol
boeke en 'n koppie Starbucks "tall latte" by 'n tafel gaan sit en heerlik
deur die boeke gekuier vir minstens 'n uur. Uiteindelik besluit op die
"Eyewitness Travel Guide"-uitgawe. Dis 'n pragboek (ook as klein
koffietafelboekie), wat 'n hele plesier is om net deur te blaai. Kos my toe
net $22.95.

As deel van die kongres kry ons 'n musiek- en balletuitvoering. "The
Bohuslav Martinu Philarmonie Zlin, a philharmonic orchestra composed by 65
musicians from the Czech Republic, will give a concert with pieces by
Mozart, Strauss and other well-known composers. Some of the pieces will be
accompanied by ballet dancers from Vienna." Ook 'n Weense aand en ete in die
Ferstelpaleis.

Verder gaan ek al die wenke wat ek ontvang het opvolg soos die tyd en
geleentheid hulle voordoen.

In Salzburg was ek al 'n keer (heeeeeeerlike Mozartkugeln geëet!) en
daarvandan na Berchtesgaden gegaan. Ook die marionette gesien in 'n
opvoering van die Zauberfloete van Mozart - met Elizabeth Schwarzkopf -
altans, 'n opname van haar.

Nog nooit in Wenen nie, en ek sien baie daarna uit.

Nogmaals dankie.

Henry / Kwarantyn

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1201  1202  1203  1204  1205  1206  1207  1208  1209  1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216    »]
Tyd nou: Sa. Mei 30 16:46:10 UTC 2026