Vrydag 18 Junie (D.V.) vlieg ek Wenen toe (Oostenryk se "Wien") om deel te
neem aan 'n kongres. Daar gaan tyd beskikbaar wees om bietjie rond te kyk.
Ek was nog nooit in Wenen nie, en ek weet daar is meer te sien en te doen as
wat ek in 'n week kan inpas - met of sonder kongres. Nou wonder ek net: wat
sou julle 'n mens aanraai om bo-aan die lysie te plaas van wat ek nie
behoort mis te loop nie?
Antwoord hierm of stuur aan my by my e-pos: eks...@snailexcite.com; haal net
die slak uit die adres uit as jy direk aan my 'n antwoord wil stuur.
Ek kry hierdie naweek ernstige probleme met bandwydte op die www, veral op
webgoed wat in die VSA sit.
Ek kry die indruk dat telkom se naweektarief vir plaaslike oproepe miskien
die verkeer op die internet geweldig opgejaag het. Maar ek het dit nie
tevore ervaar nie
Gister 'n brief
gehad van Bill.
Die somer was nat,
skryf hy, en guur.
London ruik plek-plek
nog net so suur
soos voorheen. "Niks
was soos jy jou sou
verbeel nie."
Breedvoerig brei hy
uit oor Maastricht
en die ekonomie.
Vanoggend luister
ek na die mars
uit Die liefde vir
drie lemoene, ruik
terstond die vars
sitrusreën in
die National Opera
en die London
van ons lemoenseisoen.
Welkom by ons (nuwe) Riaan, en ek hoop jou seuntjie sal OK wees, en dat dit
nie n blywende of ernstige ding sal wees nie.
Ek respekteer jou eerlikheid en nuwe mantel, en ja, ons kan lekker menings
wissel en stry solank ons nie die man self beledig of kritiseer nie, wel
net sy idees.
Pat
>
> Maar ek moet bysê, dat van vandag af ek elke persoon, ongeag ras of kleur
> sal aanvat op grond van wat hy/sy te sê het waarmee ek nie saamstem
> nie......maar ek sal probeer om dit nie persoonlik te maak nie.
>
>
> Groete
>
>
>
> Riaan
>
Wees op julle hoede - 'n nuwe virus is hard aan die werk - en hulle
probeer nog 'n oplossing wind. Enige email met "zip.doc.files.exe"
(weet nie of die volgorde reg is nie) moet onaangeraak gelos word.
So terloops, wie het die oorlog in Kosovo gewen? Lyk vir my so al of
NAVO net mooi die teenoorgestelde bereik het as wat hulle oorspronklike
doel was - en Milosevic, net soos Hussain, kraai nog steeds koning.
Groete
Royleen
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.