In die tagtigerjare was Rapport en Die Burger (miskien in mindere mate) die
enigste Afrikaanse koerante wat gereeld die regering aangevat het. (Dis nou
benewens die verregse blaadjies soos die Afrikaner en Patriot).
Die afgelope vyf jaar was dit steeds die geval, want Beeld het beweeg van
hoofsaaklik onkritiese kruipery by een regering tot hoofsaaklik onkritiese
kruipery by die ander.
Nou het Naspers die redakteur van Beeld aangestel as redakteur van Rapport.
Ek het gewonder wat gaan gebeur. Miskien verbeel ek my, maar Rapport lyk
sommer onmiddelik meer "politiek korrek". Selfs Pollux is vandag totaal
sonder fut.
Nou wonder ek: Sal mens nou, soos die ou Sappe na die oorlye van Die
Landstem, voortaan hier in die Noorde aangewese wees op The Star, The
Citizen en die Sunday Times om berigte en menings te kry wat die regering
van die dag ook krities beskou?
"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?
"Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal."
Gloudina en Johan
Wil julle twee asseblief ophou om 'bandwidth' te mors
met die bakleiery, dit raak nou irriterend.
My voorstel is dat julle eerder mekaar direk moet epos
aangesien die geveg niks met hierdie ng te doen het nie.
En op 'n ligtere luim:
Ek word uitgeroep om 'n post mortem te doen op 'n bees
wat in die veld gevrek het. Na twee dae in die son was
die karkas al lekker aan die pong.
Toe ek die pens oopsny kom daar 'n euwel van 'n klank
uit. My assistent John draai sy kop amper regom om
die lug aan die ander kant van sy lyf by te kom.
Ek vra: "Wat is dit John?"
"Hauw bas Jakes, die lug hy is maar banja stram!"
Dit het lank geneem voor ek kon aangaan.
Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan lê