Uitverkoping
Vr., 01 Augustus 2008 09:10
'n Man stap by 'n ouetehuis verby en sien vier vrouens kaal op die
gras lê. Hy rapporteer dit aan die matrone.
Matrone sê dit is afgetrede prostitute. Hulle het 'n closingdownsale.
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Mozambique rekenkunde
Vr., 01 Augustus 2008 05:56
Heeft een persoon of bedrijf ervaren problemen met het bedrijf boekhouding
agentschappen, boekhouden onderzoek en financiële verslaglegging
verklaringen aan het ministerie van Financiën in Mozambique?
Dit verzoek is naar aanleiding van grootschalige georganiseerde omkoping en
corruptie dat wordt gepleegd op grond van een gebrek aan nationale
verantwoordelijkheid.
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Ferdi, Riaan, Jim
Do., 31 Julie 2008 13:06
My adres is nou X2 hier geplaas.
Jou adres het ek verplaas Ferdi, een of ander tyd wat ek gebackup,
geformateer en ge-reinstall het. Dit sal dus erens op een van 'n hoop
DVD's wees. Riaan se adres het ek nie, en Jim s'n ook nie.
En julle ondersteun ons mening buitendien.
Kontak my of Torreke asseblief.
Dave
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Voorstel...
Di., 02 Junie 2009 18:33
Hallo daar!
Ek kan nie glo ek het nou eers uitgevind van Google se vrywilliger
vertalings projek nie. Ek het vinnig deur die forum gegaan en gesien
dat daar iemand is wat baie werk ingesit het wat ek nie wil onklaar
maak deur verskillende vertalings van dieselfde woorde nie. Tog dink
ek dat hoe meer mense vertaal hoe meer standaarde sal outomaties
ontwikkel!
In Facebook is daar ook 'n Afrikaanse weergawe, waar ... wel almal wat
wil en kan die Afrikaanse blad dinamies verander. Ek is seker Google
sal dit ook eendag so bekendstel, maar soek net huidiglik 'n
grondslag.
As daar nog aspirante vertalers bestaan laat weet asseblief indien
daar 'n ander forum is waar Afrikaanse vertaling bespreek word want
die een lyk bietjie stil. As iemand al 'n vertalingsboek opgebou het
kan hulle dit gerus onder die "Files" skakel aan die linkerkant laai,
sodat dit maklik met die ander gedeel en toegevoeg kan word.
Groete en sterkte!
Dan
Rekenaars & selfone |
0 kommentare
" Son op jou tong " deur CHARL DURAND
Do., 31 Julie 2008 02:32
SON OP JOU TONG
Charl Durand
daar was ‘n godin, ‘n lugwaardin
iewers waar ons oor kairo vlieg
het sy my laat lag
oopmond
isis, ek sweer
daar’s son op jou tong
skilderye van bont
die lugwaardin teen die muur
van my binnehof
wag dat die kaptein aankom
Prosa & poësie |
0 kommentare
steeds beskeie
Wo., 30 Julie 2008 14:05
Ek het vanmiddag mense van Zimbabwe ontmoet.
Ek verneem hulle is biljoeners (en blykbaar praat ons nie van een
biljoen dollar nie, maar biljoene!!! En hulle is sò plat op die aarde.
Dit is lekker om mense met soveel geld te ontmoet en hulle is nie vol
van hulself nie maar steeds beskeie.
Koeitjies & kalfies |
18 kommentare
so b.t.w. Torreke
Di., 29 Julie 2008 17:42
Toe jy gevra het of ek vir ons 'n blog aan mekaar kan slaan
het ek so begin doen, maar dit sal nooit so lekker geselssplek
wees soos kommin Usenet nie. Ek het dit dus nie afgerond
nie.
Dit het 'n paar minute geneem om die templet op te sit
http://kuierplek.blogspot.com
maar ek gaan dit weer afhaal. Hierdie nuusgroepe kuier
lekkerder. Aan 'n blog is daar te veel onderhoudswerk
en my belangstellings het te veel verander om nou weer
daarby betrokke te raak.
Koeitjies & kalfies |
26 kommentare
Alles is weer Hônkie Dôrrie
Di., 29 Julie 2008 16:10
Alles is weer soos dit was - reg:-)
Selfs nuusgroepe wat ek nie kon opspoor deur UUNET is nou beskikbaar.
Byvoorbeeld alt.languages kon ek nie kry deur UUNET en deur Aioe.org
is dit daar. Daar sal beslis meer wees wat nie beskikbaar was nie maar
nou wel op die nuusleser is.
Dankie Jottie, dit was GROOT ADVIES wat jy gegee het toe jy my van
Aioe.org vertel het. Aan die ander wat daarvan gebruik wil maak, as
julle om een of ander rede hulp nodig het, praat net.
Dit is egter onwaarskynlik want die configuration is eenvoudig.
Jou server is nntp.aioe.org.
Nou is die setup weer soos ek daaraan gewoon is.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare