Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ferdi, Riaan, Jim

Do., 31 Julie 2008 13:06

My adres is nou X2 hier geplaas.
Jou adres het ek verplaas Ferdi, een of ander tyd wat ek gebackup,
geformateer en ge-reinstall het. Dit sal dus erens op een van 'n hoop
DVD's wees. Riaan se adres het ek nie, en Jim s'n ook nie.
En julle ondersteun ons mening buitendien.
Kontak my of Torreke asseblief.

Dave

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

You Don't Mess With the Zohan

Vr., 26 September 2008 18:39

Zohan is 'n Isrealiese Komando lid wat graag in 'n haarsalon wil werk.
Zohan maak of hy tydens 'n geveg met 'n gevaarlike kalant sterf. Hy
vertrek dan in die geheim na Amerika om sy droom te bewaarheid maar hy
word herken en die poppe begin dans.

Ek persoonlike dink dat sommige tonele met baie swak smaak verfilm
was. Die fliek sal byval vind by die ouer tiener en jong volwasse maar
teen R45 'n kaartjie dink ek dis geldmors.

Akteurs:
Adam Sandler
John Turturro
Emmanuelle Chriqui
Nick Swardson
Lainie Kazan
Rob Schneider

Skakels:
http://www.youdontmesswiththezohan.com/
http://www.facebook.com/Zohan

Wys die film nog?
Besoek: http://www.moviesite.co.za/index.htm

My punt: 2/10

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Hallo?

Ma., 01 Januarie 2007 22:15

Is daar niemand hier nie?

Anyway, wat is a "joy stick" in Afrikaans?

Elektoniesewiegelstokkie?

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Voorstel...

Di., 02 Junie 2009 18:33

Hallo daar!

Ek kan nie glo ek het nou eers uitgevind van Google se vrywilliger
vertalings projek nie. Ek het vinnig deur die forum gegaan en gesien
dat daar iemand is wat baie werk ingesit het wat ek nie wil onklaar
maak deur verskillende vertalings van dieselfde woorde nie. Tog dink
ek dat hoe meer mense vertaal hoe meer standaarde sal outomaties
ontwikkel!

In Facebook is daar ook 'n Afrikaanse weergawe, waar ... wel almal wat
wil en kan die Afrikaanse blad dinamies verander. Ek is seker Google
sal dit ook eendag so bekendstel, maar soek net huidiglik 'n
grondslag.

As daar nog aspirante vertalers bestaan laat weet asseblief indien
daar 'n ander forum is waar Afrikaanse vertaling bespreek word want
die een lyk bietjie stil. As iemand al 'n vertalingsboek opgebou het
kan hulle dit gerus onder die "Files" skakel aan die linkerkant laai,
sodat dit maklik met die ander gedeel en toegevoeg kan word.

Groete en sterkte!

Dan

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

" Son op jou tong " deur CHARL DURAND

Do., 31 Julie 2008 02:32

SON OP JOU TONG
Charl Durand

daar was ‘n godin, ‘n lugwaardin
iewers waar ons oor kairo vlieg
het sy my laat lag
oopmond

isis, ek sweer
daar’s son op jou tong

skilderye van bont
die lugwaardin teen die muur
van my binnehof
wag dat die kaptein aankom

Prosa & poësie | 0 kommentare

steeds beskeie

Wo., 30 Julie 2008 14:05

Ek het vanmiddag mense van Zimbabwe ontmoet.
Ek verneem hulle is biljoeners (en blykbaar praat ons nie van een
biljoen dollar nie, maar biljoene!!! En hulle is sò plat op die aarde.
Dit is lekker om mense met soveel geld te ontmoet en hulle is nie vol
van hulself nie maar steeds beskeie.

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

so b.t.w. Torreke

Di., 29 Julie 2008 17:42

Toe jy gevra het of ek vir ons 'n blog aan mekaar kan slaan
het ek so begin doen, maar dit sal nooit so lekker geselssplek
wees soos kommin Usenet nie. Ek het dit dus nie afgerond
nie.

Dit het 'n paar minute geneem om die templet op te sit
http://kuierplek.blogspot.com
maar ek gaan dit weer afhaal. Hierdie nuusgroepe kuier
lekkerder. Aan 'n blog is daar te veel onderhoudswerk
en my belangstellings het te veel verander om nou weer
daarby betrokke te raak.

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Alles is weer Hônkie Dôrrie

Di., 29 Julie 2008 16:10

Alles is weer soos dit was - reg:-)
Selfs nuusgroepe wat ek nie kon opspoor deur UUNET is nou beskikbaar.
Byvoorbeeld alt.languages kon ek nie kry deur UUNET en deur Aioe.org
is dit daar. Daar sal beslis meer wees wat nie beskikbaar was nie maar
nou wel op die nuusleser is.

Dankie Jottie, dit was GROOT ADVIES wat jy gegee het toe jy my van
Aioe.org vertel het. Aan die ander wat daarvan gebruik wil maak, as
julle om een of ander rede hulp nodig het, praat net.
Dit is egter onwaarskynlik want die configuration is eenvoudig.
Jou server is nntp.aioe.org.

Nou is die setup weer soos ek daaraan gewoon is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

39 web views last 40 minutes

Di., 29 Julie 2008 05:54

Hierdie groep word verbasend dig besoek deur mense wat te dig is om by
te dra.

Koeitjies & kalfies | 35 kommentare

Die Klug van Grondhervorming

Ma., 28 Julie 2008 19:26

Die Klug van Grondhervorming

Geskryf deur Ludolf du Toit

Kom ons vergeet die window dressing, toneelspelery, opgesmuktheid,
politieke retoriek, woordgimnastiek,
intellektuele ego-orgies, talkshops, geldmaak-konsultasies, die
sogenaamde regsgeleerde menings, die sensasionele vergrype van die
media, plastiek politieke korrektheid en die gewetenspropaganda.
Kortom – kom ons hou op lieg vir mekaar ! Kom ons kom by die pit van
die perske uit – die waarheid. Geen illusies, relativering en
persepsies van persepsies nie.

Die volgende (valse) bewerings word gemaak : grond is geld ; grond
word gelykgestel aan armoedeverligting; grond moet uitgedeel word aan
die massas ter wille van die oorlewing van “the people” ; en die
toekenning van grond word ’n morele saak – dis die regte ding om te
doen !

Net voor ek verder gaan : as jy voortdurend in jou lewe die waarheid
ontduik, die waarheid vrees en nie die waarheid in die oë kan kyk nie,
altyd probeer om die populêre standpunt te steun en “in” te wees met
die groep, moenie verder lees nie.

Ongeveer 4 jaar gelede in Zambië praat ek met ’n swartman wat redelik
geletterd en ingelig is. My vraag aan hom – omgesit in Afrikaans :

“Ek hoor die mense in Zimbabwe praat van grond vat by die wit boere en
dat hulle dan beter gaan leef... dis blykbaar die regte ding om te
doen ?”

Ja, ek hoor die ding !

“Is jy ’n man van Zambië ?”

Ja !

“Hoe lyk die lewe dié kant , hier in Zambië ?”

Die lewe is baie swaar dié kant.

“Hoe so ?”

Hier’s nie werk nie.

“Nie werk nie, nou hoe dan ? Hoekom is hier nie werk nie ?”

Hier is nie wit boere nie !

Ek val amper om, maar slaag tog daarin om my ewewig te herwin... Ek
buk, vat ’n handvol grond en laat dit tussen my vingers deurloop.

“Die ding van grond¬ – dis mos grond hierdie ?”

Ja, dis grond !

“So julle het grond ?”

Ja, ons het grond.

“Julle het gras ?”

Ja !

“Bome ?”

Ja !

“Reën ?”

Ja !

“Die son – hy skyn ook hier ?”

Ja !

“Die wind – hy waai hy ook hierdie kant ?”

Ja – hy waai !

“Maar julle het dan dieselfde hulpbronne as wat ons in Suid-Afrika
het ?”

Ja – dis waar… ons het dieselfde.

“Nou wat is dit dan wat Zambië nie het nie ? Hoekom is daar soveel
werk en kos en geld in Suid Afrika – wat kom kort hier in Zambië ?”

Die boere, meneer. Dis die boere wat werk skep… wat die verskil maak.

“Ek sien in Mosambiek is duisende werkgeleenthede geskep kort ná die
wit boere van
Zimbabwe na Mosambiek getrek het.”

Ja – ek hoor die ding.

“Beteken grond dan geld ?”

Nee, meneer, grond beteken nie geld nie – werk bring geld !

“Hoekom is daar dan nou skielik werk in Mosambiek waar eers niks was
nie – net bos ?”

Dis die boere, meneer. Waar die boer gaan – gaan die werk saam !

“Is jy gelukkig met jou omstandighede ?”

Nee !

“Wat soek jy in die lewe ?”

Ek soek werk en geld en kos vir my vrou en kinders... opvoeding vir my
kinders…

“Maar wat van die politiek… jy kan mos stem ?”

Meneer, politiek maak ons arm – laat ons swaarkry !

Ek skud sy hand, groet en ry weg – die vlaktes in, terwyl ek na die
ongerepte aarde rondom my kyk. Ek sien nêrens geld nie... net tiene
van duisende hektaar onbenutte grond ?

Sy laaste woorde aan my… “meneer, kom maak besigheid hierso, kom skep
werk, ons gee vir jou grond, jy hoef nie te koop nie. Ons kinders is
honger – asseblief, kom help ons !”

In my kop maal talle vrae en feite oor Afrika en die status quo op die
kontinent wat kosvoorsiening, kosproduksie en politieke stabiliteit
betref.

Harde werk, pligsbesef, vasbyt, kennis, selfrespek, selfdissipline –
het Afrika dit ? Ek hoor weer die retoriek… uitdrukkings wat reeds ‘n
irriterende vlak van herhaling bereik het… “We need land – land for
the people to be prosperous. For the poorest of the poor…”. Voor my
doem skadu’s van Afrika op. Ek worstel en soek na “prosperity” in
Afrika, waar miljoene hektaar onbenutte grond lê.

Wat sien ek ? Mosambiek se emigrerende honger massas ; Zimbabwe se
ontwrigte honger massas ; Uganda se vlugtende honger massas ; Angola
se kreperende honger massas ; die Kongo se vegtende honger massas ;
die Sudan se sterwende honger massas ; Ethiopië se pleitende honger
massas… Reuse-armoede en -ellende in Afrika-state… in lande waar grond
geen kwessie is nie ?

Logiese gevolgtrekking : Grond per se het niks, maar niks, met jou
persoonlike welstand te make nie. M.a.w. “grond” op sigself maak nie
arm of ryk nie.

Hoe is dit dan dat letterlik miljoene van die mense wat na dié land
toe hardloop, juis weghardloop van lande waar grond geen kwessie is
nie, waar grond in oorvloed is ? Hulle wil nie op die vlaktes bly om
te “boer” nie, maar bondel eerder saam in die krotbuurte van hul
stede, of ons stede in Suid-Afrika !

Waarom het 10 000 arbeiders nou skielik werk in Mosambiek op die
blom-, groente- en tabakplase van die Zim- boere ? En dit op onbesette
en onbewerkte grond waartoe die plaaslike mense wel toegang gehad het,
maar waarop niks aangegaan het nie, geen sinvolle ontwikkeling van
enige aard plaasgevind het nie… jare lank net gelê het. Grond wat deur
die Mosambiekse regering gegee is vir die vlugtende wit boere van
Zimbabwe – honderdduisende hektaar wat nog steeds daar lê - braak…
onbenut !?

Maar, die sogenaamde “armoede” in die grondryke Mosambiek en Zimbabwe
dryf hul mense uit na Suid-Afrika, waar die wit boer sy rug breek, kos
produseer, ’n bestaan prober maak op marginale grond, met nie net die
natuur en misdaad teen hom nie, nee… selfs die staat is teen hom. Dink
byvoorbeeld arbeidswetgewing, geen subsidies, waterwetgewing,
grondbelasting, misdaad, ens.

As grond dan geld en die alfa en omega is – die sleutel tot
armoedeverligting – en politieke stabiliteit beteken, waarom verlaat
desperate swart massas hul geboortelande waar miljoene hektaar grond
braak en on-ontwikkel lê, en vlug letterlik in hul tienduisende weg
van die land waar hulle grondbesitters is, na dié sogenaamde
verdrukkende en geknelde apartheidsland waar die wit boer beskawing
gekap het uit bar Afrika – waar juis nie grond is nie, waar enorme
druk op grond is ?

Die politiek gefabriseerde persepsie is mos : grond is geld ; grond
verlig armoede en maak ryk ; grond bewerkstellig politieke stabiliteit
en geweldloosheid ; grond is ‘n onvervreembare erfreg wat jy nie minag
en eenkant laat verwildernis nie ; grond maak gelukkig en kalmeer
politieke aggressiwiteit. (Dié persepsies word mos voortdurend as
voertuig gebruik om sekere politieke doelwitte te bereik).

Weer eens, waarom verlaat jy dan die gunstige klimaat wat grond by
implikasie bewerkstellig en wat grens aan die “paradyslike” met al die
groot potensiaal, en vlug letterlik van jou “erfgrond” af na ‘n plek
waar jy as vlugteling in terme van wetgewing geen reg het om grond te
besit, te bekom of om te stem nie, ens… en meesal nie eens belangstel
om enigsins op grond ( plaasgrond ) te werk nie ?

Dis duidelik dat die aanname dus gemaak kan word op grond van
bogenoemde feite en gebaseer op omstandigheidsgetuienis elders in
Afrika dat grond opsigself : nie armoede verlig nie ; nie outomaties
rykdom beteken nie ; nie hongersnood voorkom nie ; nie politieke
stabiliteit bewerkstellig nie ; nie werk skep nie ; nie ‘n basis skep
vir beskaafde leefstyle nie ; nie werklik die status het wat daaraan
toegedig word deur die liberaliste, die oorsese konsultante met
verskuilde agendas en die regering nie.

Ál hierdie dinge is wel moontlik, maar word verkry deur : INTELLEK,
KENNIS, INTREPRENEURSKAP, DISSIPLINE, RESPEK, HARDE WERK, ‘n
KOMPETERENDE GEAARDHEID, ETIKET, DRYFKRAG, WERKSTROTS,
DOELWITGEDREWENHEID EN PRODUKSIEGERIGTHEID.

Maghebsug, korrupsie en sogenaamde gelyke beregting knak enige land.
Om Nietzsche aan te haal : “Wrong never lies in unequal rights, it
lies in the pretention of equal rights.” In die natuur soos deur God
geskep, sien ek nêrens gelykheid onder lewende organismes nie. Nie een
land of regering het dit nie en sal dit ook hê nie… dis nie ‘n
bereikbare ideaal nie.

Dis net ‘n voertuig of instrument vir regerings van die wêreld om die
massas verder vir die bereiking van politieke doelwitte te manipuleer.
Net voor jy met die “window dressing” en plastiek politieke argumente
begin : Sowat 15 miljoen verbode immigrante hoort nie in dié land nie.
Miljoene inwoners van Zimbabwe, Mosambiek en ander state belas dié
“geknelde land” op vele terreine.

Die werkloosheid, armoede, misdaad en sogenaamde “grondhonger”
vererger omdat hier te veel mense is wat nie hier hoort nie. Hordes
naturelle parasiteer op die land en sy natuurlike hulpbronne
(geweldsmisdade is ook ‘n direkte uitvloeisel van dié byna onbeheerde
instroming) en maak selfs ook aanspraak op behuising. Hulle oefen
uiteraard ook druk uit op die grondkwessie ter tafel en op munisipale
begrotings – belastinggeld wat weer van wie verhaal word ?

Bestaande landbougrond in swart besit is grootliks onproduktief. Dis
‘n bekende feit. Wat gaan in die tradisionele tuislande aan ? Waarom
verlaat derduisende hul grond en drom saam in die groot stede ? Waarom
is duisende hektaar stamgrond grootliks onproduktief, onderbenut en/of
verniel deur onbeheerde gronderosie en ander wanpraktyke m.b.t.
boerdery ? Is dit dalk omdat boerdery nie werklik so aantreklik,
maklik of ekonomies is nie ? Of vereis boerdery dalk te veel in die
vorm van harde werk, toewyding, uithouvermoë, kennis, ‘n werklike
liefde vir grond, ‘n aanvoeling vir boerdery en alles wat daarmee
saamgaan ?

Daar’s talle voorbeelde van die totale ineenstorting van eens
pragplase wat ekonomies hul bestaan geregverdig het, nie net in Suid-
Afrika nie, maar ook in Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, ens. Ek
was persoonlik en fisiek op talle van hulle. Werk op dié eens
ekonomies suksesvolle projekte en pragplase is voorheen verskaf aan
honderdduisende van “the people… the poorest of the poor” oral in
Afrika voor die wit boer uitgedryf is uit vele Afrika-state. Ons ken
die geskiedenis.

Tans heers armoede, wetteloosheid, honger en politieke chaos in
daardie state en streke. As jy die wit boer land-uit jag, jaag jy
armoede, honger, wetteloosheid en chaos die land-in. Probeer dit nog
‘n laaste keer – hier in Suid-Afrika.

Waarom altyd weghardloop as die harde werklikheid m.b.t. Afrika
bespreek word ? Waarom altyd die skuldgevoelens ? Waarom altyd
vreesbevange en huiwerig om die feite te noem ? Sommige wit boere in
Zimbabwe huur hul eie grond terug van die sogenaamde “war veterans” af
wat die eens spogplase – nou afgebreekte plase – verlaat het en
teruggetrek het stad toe, soos jare gelede ook die geval was in die
Trichardsdal-distrik naby Tzaneen. Ontnugterd omdat boerdery, geldmaak
en sukses harde werk vereis.

Dinge gaan hand-uit ruk omdat die insypeling uit ons buurlande eerder
aangemoedig as bestuur word in belang van “the people” van Suid-
Afrika. Grond in Suid-Afrika is dieselfde as grond in die res van
Afrika – net so bruikbaar, of onbruikbaar ! Onthou, daar is wel grond,
gras, bome, wind, son en reën in die res van Afrika. Die res van
Afrika bestaan nie net uit een groot klipbank nie – en dis ook nie
waar dat die een droogte op die ander noord van Suid-Afrika se grense
heers nie, al wil sommige dit aanvoer as rede vir al die mislukkings
wat kosproduksie, werkloosheid en onstabiliteit betref !

Maar, helaas, dis nie die byl nie – dis die man wat die byl swaai wat
die verskil maak ! Die situasie in Afrika se state noord van ons wat
die wit boer uitgedryf het, het gewys wet en orde en struktuur stort
daarna mettertyd in duie, en dan volg armoede. Dis geen geheim nie.
Die onoordeelkundige uitdeel van grond en die onbetwiste gevolge
daarvan, gaan hierdie regering ook uiteindelik tipeer as ’n
voortsetting van die rits mislukkings wat Afrika voortge- bring het.

Dit gaan weer in ’n bespotting ontaard : selfvernietiging, uiterste
armoede wat juis “the people” gaan raak, mislukking en murasies. Net
die politici word positief geraak deur die grondkwessie-ideologie –
sien Zimbabwe. Zimbabwe jaag die wit boer uit sy land. Van die boere
word gewerf deur Zambië. Nou voer Zambië die eerste keer mielies uit
en verkoop aan die roggelende Zimbabwe dieselfde mielies wat deur die
250 verjaagde Zim-boere geproduseer is. Dis ‘n sirkus – amusant, om
die minste te sê…

Die pers, by monde van verskeie ingeligte persone uit swart geledere,
het onlangs berig dat die kultuur van die “Bantoestamme” in Afrika
deur die eeue nie voorsiening gemaak het vir landbouers nie, maar dat
die mense net bestaansboere was en dus nie kommersieel “dink” wat
betref landbou nie. Prominente swart politieke leiersfigure verklaar
in die pers die swartman wil nie en kan nie boer nie. Bestaansboerdery
word oral in Afrika bedryf en is oorbekend aan diegene wat in Afrika
reis. Ongelukkig is die tyd aan die verbygaan dat bestaansboerdery
versoenbaar is met ekonomiese vooruitgang, werkverskaffing en
grootskaalse kosproduksie aan die massas.

Die vraag duik op – gaan Suid Afrika dieselfde pad volg as die res van
Afrika ? Vir enige ingeligte persoon is dit geen nuus dat die
grondkwessie as ‘n politieke instrument gebruik word in verskeie state
noord van ons nie. Ook hier by ons is ‘n radikale faksie wat dié perd
bloots ry.

Wie en wat dryf dié faksie ? En wat is die doelwit ?

’n Baie bekende en gewilde Amerikaanse sielkundige wat gereeld op TV
is, maak ’n uitlating wat kommerwekkend is : “Past behaviour
determines future behaviour.” Mens hoop nie dis van toepassing op Suid-
Afrika en sy huidige politieke beleid nie, want skynbaar steek daar
waarheid in... as ek noord kyk.

My boodskap aan die regering en ander (die liberalis) is : word
wakker, oordeel nugter en realisties ; weerhou jou daarvan om weg te
skram van die waarheid. Bestuur die grondkwessie sinvol en
intelligent. Maar as jy die tipiese Afrika-mentaliteit gaan deel maak
van die bestuursproses, sal dié soort bestuurstyl ook die tipiese
Afrika-resultaat oplewer – mislukking, murasies, geweld en die
ineenstorting van die sosiale orde en infrastruktuur. Kyk noord en
oordeel self of ek lieg, en of dit die politici, konsultante en die
misbruikte of gebruikte pers is wat lieg.

‘n Belangrike opmerking : onbetwiste finansiële voordele vir die sterk
ekonomiese lande in die Weste lê gesetel in die verarming van Afrika.
Die strategie : Adviseer die swart regerings oor “gelykheid” m.b.t.
sekere dinge soos landbougrond en eiendomsreg. Vervreem dan die grond
van die suksesvolle wit boer. Die gevolg is dat die arm, honger,
werklose swartman wat homself nie kan help met kosproduksie nie,
gevoer moet word deur sy regering met kos-invoer uit die groot lande
waarvoor ten duurste betaal moet word. Iemand maak groot geld !
Grondstowwe betaal daarvoor en voortspruitend daaruit sekere
besigheidstransaksies en “joint ventures “wat plaasvind tussen sekere
prominente regeringsamptenare en vriende, (gelykes m.a.w.) van die
onderskeie lande. Net mense (gelykes) wat in bevoorregte posisies is
om sulke transaksies aan te gaan, kan uiteraard betrokke raak. Onthou
jy die aanhaling “wrong never lies in unequal rights, but lies in the
pretention of equal rights” ?

“Voedsel vir die armes-programme” volg, wat die een ná die ander
misluk in Afrika omdat die regeringsamptenare en ander gelyke vriende
wat effens meer gelyk is as die ander gelykes, net vir eie gewin dié
kos versprei en verkoop soos dit hulle pas. Dit is ‘n spiraal dié wat
uiteindelik maar weer net destruktief inwerk op Afrika. Maak bedelare
van die naïewe mense van Afrika, wat dan uiteindelik maar weer bakhand
moet staan en vir ander witmanne van ander lande uit die Europas en
Amerikas vra om pap in sy bord te kry...

Abraham Lincoln het eenkeer gesê : “He reminds me of the man who
murdered both his parents, and then, when sentenced was about to be
pronounced, pleaded for mercy on the grounds that he was an orphan.”
So tipies van die situasie in Afrika… wanneer die betrokke land (soos
Zimbabwe) in duie stort, dan wil die mense weet maar waarom die
allerverskriklikste lyding hulle en hulle families tref, en waarom die
ekonomie knak, en waarom die lewe hel geword het in hulle verarmde
gemeenskappe… en dit nadat dieselfde lotsbeklaers hulle dan beywer het
vir die dinge deur saam te gaan met hulle regering se
selfvernietigende beleidsrigtings en strategieë om bv. die landbou
dood te druk…boere land-uit te jaag, die gans wat die goue eiers lê se
lewe uit hom uit te wurg…

Nie lank hierna, sleep die burgers hulleself met moeite oor die
stowwerige strate en leë markpleine van ‘n flenter ekonomie, ‘n
stukkende land… Selfvernietiging volg op die uitdeel van waardevolle
landbougrond aan onbevoegdes wat nie die vermoë, ambisie of werklike
drang het – om watter rede ook al – ‘n suksesvolle boer /
voedselprodusent / of werkverskaffer in die landbousektor te wees
nie.

Verander die negatiewe propaganda. Kry ‘n ander voertuig vir politieke
oorlewing, en leef.

...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    112  113  114  115  116  117  118  119  120  121  122  123  124  125  126  127    »]
Tyd nou: So. Des. 21 02:16:30 UTC 2025