skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en ‘n hewige opmars van simbale oor die veld
daars ‘n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos ‘n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
‘n toekoms vir sy ondergang te bou.
Ek sien in Ballito spoel daar rou riool in die see in. Ek hoop nie jy het
daar gaan swem en is bewusteloos geslaan deur 'n tien pond drol en lê nou
met geheue verlies in die hospitaal nie.
Ek sien deesdae so in die verbyloop nogal baie
rugby op die TV, veral noudat my man die Currie-
beker wedstryde kan volg ( al is dit 'n paar dae
nadat dit oorspronklik gespeel is.) So elke dan
en wan sien mens dus cheerleaders optree. Ek
was nog nooit 'n bewonderaar van cheerleading
by sportsgeleenthede nie. Maar dis blykbaar
'n instelling in die VSA, en word as 'n soort sport
beoefen. Maar die vreeslike skamel geklede
cheerleaders wat ek op die sportsvelde in SA
sien, is darem eens te veel vir my. Dit tref mens
as amper pornografies, so vreeslik skamel
gekleed is hulle. Ek dink ook in hulle poging
om die Amerikaners na te aap, verstaan hulle
die verskynsel heeltemal mis. Dis nooit 'n
goeie idee om die Amerikaners na te aap nie.
Gedurende die hippie-jare het ons eenkeer
'n gesin Afrikaans hoor praat hier in Ontario.
Die seun by die ouers was aangetrek soos
wat hy gedink het 'n hippie behoort te lyk.
Die jeans en die bandjie om die voorhoof.
Maar dit was baie duidelik dat hy die klere
'n dag of wat gelede nuut gekoop het.
Hy het die punt dus heeltemal gemis. En
effens pateties gelyk.
Wanneer hulle sokker in SA speel,
is daar dan ook cheerleaders?
uw land schijnt een nest van misdadigers te zijn met een paar witte
mensen die orde vechten te houden. Medelijden zijn er verraders
eveneens tussen de witte mensen. De rest van de beschaafde wereld zal
hun ogen openen en dat zal ten gunste van de Europeanen in Zuid-Afrika
zijn.
‘Bosoorlog was noodsaaklik en die Boereoorlog was veel erger’
Jul 10 2008 07:08:55:317PM - (SA)
Herman Scholtz
Bloemfontein. – Hy wil nie die trauma, post-traumatiese stres “en
allerhande ander sindrome” misken nie, maar mense moet besef die Anglo-
Boereoorlog was baie erger as die Bosoorlog.
So het genl. Jannie Geldenhuys, voormalige weermaghoof, vandeesweek in
’n bespreking oor die oorlog op die Volksblad-kunstefees op die kampus
van die Universiteit van die Vrystaat gesê.
“Ek het baie simpatie met mense wat hul oog of ledemate verloor, of
geliefdes aan die dood afgestaan het, maar mense moet die Grensoorlog
in perspektief plaas.
“Daar is baie meer mense in die Boereoorlog se konsentrasiekampe dood
as wat in die uitgerekte oorlog in Angola die geval was.”
Dr. Louis Bothma, skrywer van Die buffel struikel, het aan die gehoor
van sowat 100 mense gesê hy ervaar dit anders.
Hy het gesê hy is as kind geïndoktrineer om te glo dat die wêreld uit
twee dele bestaan – “die bose Ooste, wat Bybels verbrand en die goeie
Weste, wat aan ons kant is”.
“Ons is met genadelose geweld deur ons eie mense behandel en ’n groot
groep veterane ervaar vandag nog trauma oor wat in Angola gebeur het.”
Mnr. Koos Greeff (56), ’n oorlogsveteraan van Bloemfontein, het ná die
bespreking gesê hy vind dit nog baie moeilik om sin te maak van sy rol
in die oorlog.
“Ek het mense geskiet en daar is op my geskiet. Ek het vriende in
Angola verloor.”
Hy wou by Geldenhuys weet of die oorlog die moeite werd was, waarop
Geldenhuys geantwoord het dit behoort nie eens ’n debatspunt te wees
nie. “Natuurlik was dit die moeite werd. Die oorlog was absoluut
noodsaaklik. As dit nie vir die oorlog was nie, sou ons vandag baie
slegter af gewees het.”
Geldenhuys het beklemtoon dat die Grensoorlog in die konteks van die
Koue Oorlog gesien moet word.
“Die (voormalige) Sowjetunie wou van (die voormalige) Suidwes ’n klein
Kuba maak,” het hy gesê.
Bothma het gesê dit is belangrik dat die veterane praat oor wat gebeur
het.
“Ons het destyds dokumente geteken wat gesê het ons sal nie uitpraat
nie, maar niemand het vir ons gesê wanneer ons daaroor mag begin praat
nie.”
Laat ons oor iets sinvols gesels. Met die brandstofpryse van vandag
en die rentekoerse, reken jy dit is sinvol om nou jou kar te verkoop
vir 'n nuwe ene? Wat sal gebeur met inruilpryse? Hoe gaan die
motormaatskappye voortbestaan? Diesel vs petrol?
Die skielike stilte het die NG beetgepak - Nou wonder ek net is dit die
stilte NA die storm, of is dit die stilte VOOR die storm
In elk geval kom ek vertel julle so ietsie in 'n ligte luim:
Vier jaar gelede het ek met 'n ding begin wat toe gedoop is "Vries Jou Gat
Af". Dit word in die winter gehou by 'n dam of rivier waar jy nog toegelaat
word om 'n groot vuur op die grond te maak. Dit is net vir die manne bedoel,
en geen vrouens mag saamgebring word nie.
Die idee agter vries jou gat af is om 'n klomp ouens bymekaar te bring en
hopelik sal die koue veroorsaak dat almal by die vuur sal saam kuier eerder
as om in klein groepies elders rond te staan. Dit bied aan die manne
geleenthede om te "network" en in die proses leer jy 'n vreendeling ken, en
gaan huistoe as vriende.
Hierdie jaar is dit Vries Jou Gat Af 4, en dit het van 'n aanvanklike
groepie van 12 ouens nou al gegroei tot 30. Hierdie jaar het ek ook spesiaal
hemde laat druk met die amptelike Vries Jou Gat Af logo en al daarop.
Net om dinge so klein bietjie interessant te maak het ons ook 'n trofee, wat
die Sondag oggend gegee word aan die persoon wat die naweek die meeste pret
gemaak het, deur of iets te doen wat snaaks was, of iets kwytsgeraak het wat
die ouens altyd aan Vries Jou Gat Af 4 sal koppel.
Hierdie jaar hou ons dit op 19 Julie, en soos die weer op die oomblik is glo
ek dit gaan vrek koud wees. Wie weet dalk sien ek een van julle manne nog op
een van hulle.
Wat is die verste wat die boog kan span,
hoeveel kan hierdie taai pees verdra…?
sal die vering van geloof
nou nog ‘n laaste pyl
laat spring en stort,
(waar konsentries-swart die sirkels van die brein
‘n klein heelal omspan),
en feilloos tot die kern dring….?