Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Voorstel...
Voorstel... [boodskap #118248] Di, 02 Junie 2009 18:33
Dan  is tans af-lyn  Dan
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 2009
Karma: 0
Junior Lid
Hallo daar!

Ek kan nie glo ek het nou eers uitgevind van Google se vrywilliger
vertalings projek nie. Ek het vinnig deur die forum gegaan en gesien
dat daar iemand is wat baie werk ingesit het wat ek nie wil onklaar
maak deur verskillende vertalings van dieselfde woorde nie. Tog dink
ek dat hoe meer mense vertaal hoe meer standaarde sal outomaties
ontwikkel!

In Facebook is daar ook 'n Afrikaanse weergawe, waar ... wel almal wat
wil en kan die Afrikaanse blad dinamies verander. Ek is seker Google
sal dit ook eendag so bekendstel, maar soek net huidiglik 'n
grondslag.

As daar nog aspirante vertalers bestaan laat weet asseblief indien
daar 'n ander forum is waar Afrikaanse vertaling bespreek word want
die een lyk bietjie stil. As iemand al 'n vertalingsboek opgebou het
kan hulle dit gerus onder die "Files" skakel aan die linkerkant laai,
sodat dit maklik met die ander gedeel en toegevoeg kan word.

Groete en sterkte!

Dan
Vorige onderwerp: Dave - Foto Edit
Volgende onderwerp: EK HAAT TELKOM!!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:57:05 MGT 2024