Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stilte
Stilte [boodskap #118112] Do, 10 Julie 2008 10:14 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die skielike stilte het die NG beetgepak - Nou wonder ek net is dit die
stilte NA die storm, of is dit die stilte VOOR die storm

In elk geval kom ek vertel julle so ietsie in 'n ligte luim:

Vier jaar gelede het ek met 'n ding begin wat toe gedoop is "Vries Jou Gat
Af". Dit word in die winter gehou by 'n dam of rivier waar jy nog toegelaat
word om 'n groot vuur op die grond te maak. Dit is net vir die manne bedoel,
en geen vrouens mag saamgebring word nie.

Die idee agter vries jou gat af is om 'n klomp ouens bymekaar te bring en
hopelik sal die koue veroorsaak dat almal by die vuur sal saam kuier eerder
as om in klein groepies elders rond te staan. Dit bied aan die manne
geleenthede om te "network" en in die proses leer jy 'n vreendeling ken, en
gaan huistoe as vriende.

Hierdie jaar is dit Vries Jou Gat Af 4, en dit het van 'n aanvanklike
groepie van 12 ouens nou al gegroei tot 30. Hierdie jaar het ek ook spesiaal
hemde laat druk met die amptelike Vries Jou Gat Af logo en al daarop.

Net om dinge so klein bietjie interessant te maak het ons ook 'n trofee, wat
die Sondag oggend gegee word aan die persoon wat die naweek die meeste pret
gemaak het, deur of iets te doen wat snaaks was, of iets kwytsgeraak het wat
die ouens altyd aan Vries Jou Gat Af 4 sal koppel.

Hierdie jaar hou ons dit op 19 Julie, en soos die weer op die oomblik is glo
ek dit gaan vrek koud wees. Wie weet dalk sien ek een van julle manne nog op
een van hulle.

Groete
Re: Stilte [boodskap #118113 is 'n antwoord op boodskap #118112] Do, 10 Julie 2008 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Hello Riaan,

Al sit ek hier in Perth, is ek wel nuuskierig om te weet waar julle julle
gatte faan afvires hierdie jaar? Bly die manne in tente, of slaap julle
gatvriesend onder die sterre?

Jan van Perth

"Riaan" skryf in boodskap news:1215684351.981861@vasbyt.isdsl.net...
> Die skielike stilte het die NG beetgepak - Nou wonder ek net is dit die
> stilte NA die storm, of is dit die stilte VOOR die storm
>
> In elk geval kom ek vertel julle so ietsie in 'n ligte luim:
>
> Vier jaar gelede het ek met 'n ding begin wat toe gedoop is "Vries Jou Gat
> Af". Dit word in die winter gehou by 'n dam of rivier waar jy nog
> toegelaat word om 'n groot vuur op die grond te maak. Dit is net vir die
> manne bedoel, en geen vrouens mag saamgebring word nie.
>
Re: Stilte [boodskap #118114 is 'n antwoord op boodskap #118113] Do, 10 Julie 2008 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat nou onder korreksie, maar die enigste plek wat ek nog van weet wat
jou toelaat om so op die gras 'n vuur te maak is Roos se Oord. Dit is met
Kerkstraat uit Hartiese se kant toe +- 25 Km uit Pretoria uit.

Die manne slaap in tente - daar is altyd 'n paar manne wat probeer deurnag,
en dit is gewoonlik hulle wat gatvriesend onder die sterre slaap indien
hulle nie suksesvol is nie.

Die reel van VJGA is dat elke persoon 100% vir homself moet sorg. Dit klink
heel eenvoudig, maar 'n ou vergeet maar hier en daar iets - veral goed wat
"normaalweg iets is wat deur die vrouens ingepak word"

"Daniel le Roux" wrote in message
news:4875e183$0$7193$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.ne t.au...
> Hello Riaan,
>
> Al sit ek hier in Perth, is ek wel nuuskierig om te weet waar julle julle
> gatte faan afvires hierdie jaar? Bly die manne in tente, of slaap julle
> gatvriesend onder die sterre?
>
> Jan van Perth
Re: Stilte [boodskap #118115 is 'n antwoord op boodskap #118112] Do, 10 Julie 2008 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Vier jaar gelede het ek met 'n ding begin wat toe gedoop is "Vries Jou Gat
> Af". Dit word in die winter gehou by 'n dam of rivier

Riaan, hier in Kanada het ons 'n soortgelyke ding.
Gewoonlik op Nuwejaarsdag doen mense die
"polar dip." Hulle maak 'n gat in 'n bevrore rivier
of meer en spring dan daarin vir korter of langer
periodes. Langs die see soos in Vancouver
hardloop 'n hele klomp mense as 'n Nuwerjaars-
dagrite die koue see in. Mans en vrouens.
Mense wat "snowmobiles" besit, maak
natuurlik daarvan gebruik om vir korter of langer
periodes in die sneeulandskap uit te kamp. Daar
is "trails" in die bosse wat deur sulke klubs in
stand gehou word.
Gloudina
Re: Stilte [boodskap #118116 is 'n antwoord op boodskap #118112] Do, 10 Julie 2008 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Die skielike stilte het die NG beetgepak - Nou wonder ek net is dit die
> stilte NA die storm, of is dit die stilte VOOR die storm

Ek het ook gewonder hoekom alles so stil is.
Gedink dis miskien skoolvakansie en almal
is êrens heen. Of anders dat daar iets
verkeerd is met my rekenaar. Ek merk dat
dit langer neem as ek iets pos, om dit op
die nuusgroep te sien.

Gloudina
Re: Stilte [boodskap #118118 is 'n antwoord op boodskap #118116] Do, 10 Julie 2008 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:b125bb2d-9d4f-484c-b3a1-3e7aaeb02203@d45g2000hsc.google groups.com...
"Riaan" skryf

> Die skielike stilte het die NG beetgepak - Nou wonder ek net is dit die
> stilte NA die storm, of is dit die stilte VOOR die storm

Ek het ook gewonder hoekom alles so stil is.
Gedink dis miskien skoolvakansie en almal
is êrens heen. Of anders dat daar iets
verkeerd is met my rekenaar. Ek merk dat
dit langer neem as ek iets pos, om dit op
die nuusgroep te sien.

Gloudina
----Dalkies is dit net die tante wat drek pos waarin niemand belangstel nie?
Re: Stilte [boodskap #118119 is 'n antwoord op boodskap #118118] Do, 10 Julie 2008 14:42 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

> ----Dalkies is dit net die tante wat drek pos waarin niemand belangstel nie?

Ek het nou vir 'n ruk doelbewus afstand tussen my en die ng geplaas -
gelees, maar my van plasings weerhou. Ek was gewoon dik vir dieselfde
ou argumente en dieselfde ou temas oor en oor en oor.

1) Die Tante plaas gedigte waarop niemand reageer nie OF sy probeer
die Afrikaners aan hulle "skuldige verrlede" herinner.
2) Jim en Riaan pos gereeld net mooi die teenoorgestelde goed as die
Antie.
3) Die enigste wat voortdurend goed plaas wat ad rem in die huidige
suid-afrika is Ferdi.
4) Dit is daarom verfrissend dat Riaan iets anders plaas en dat jy 'n
gesprek oor voertuie open.

Dit wil nie se dat ek "terug" is nie, maar wel dat ek dalk weer saql
deelneem as die ng nie soos 'n gekraptre grammofoonplaat op dieselfde
plek vashaak en oor en oor en oor dieselfde deuntjie sing nie.
Vorige onderwerp: Uit Beeld
Volgende onderwerp: Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:03:09 MGT 2024