Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beeld - Vietnam sindroom
Beeld - Vietnam sindroom [boodskap #118128] Vr, 11 Julie 2008 11:53 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
‘Bosoorlog was noodsaaklik en die Boereoorlog was veel erger’
Jul 10 2008 07:08:55:317PM - (SA)

Herman Scholtz


Bloemfontein. – Hy wil nie die trauma, post-traumatiese stres “en
allerhande ander sindrome” misken nie, maar mense moet besef die Anglo-
Boereoorlog was baie erger as die Bosoorlog.

So het genl. Jannie Geldenhuys, voormalige weermaghoof, vandeesweek in
’n bespreking oor die oorlog op die Volksblad-kunstefees op die kampus
van die Universiteit van die Vrystaat gesê.

“Ek het baie simpatie met mense wat hul oog of ledemate verloor, of
geliefdes aan die dood afgestaan het, maar mense moet die Grensoorlog
in perspektief plaas.

“Daar is baie meer mense in die Boereoorlog se konsentrasiekampe dood
as wat in die uitgerekte oorlog in Angola die geval was.”

Dr. Louis Bothma, skrywer van Die buffel struikel, het aan die gehoor
van sowat 100 mense gesê hy ervaar dit anders.

Hy het gesê hy is as kind geïndoktrineer om te glo dat die wêreld uit
twee dele bestaan – “die bose Ooste, wat Bybels verbrand en die goeie
Weste, wat aan ons kant is”.

“Ons is met genadelose geweld deur ons eie mense behandel en ’n groot
groep veterane ervaar vandag nog trauma oor wat in Angola gebeur het.”

Mnr. Koos Greeff (56), ’n oorlogsveteraan van Bloemfontein, het ná die
bespreking gesê hy vind dit nog baie moeilik om sin te maak van sy rol
in die oorlog.

“Ek het mense geskiet en daar is op my geskiet. Ek het vriende in
Angola verloor.”

Hy wou by Geldenhuys weet of die oorlog die moeite werd was, waarop
Geldenhuys geantwoord het dit behoort nie eens ’n debatspunt te wees
nie. “Natuurlik was dit die moeite werd. Die oorlog was absoluut
noodsaaklik. As dit nie vir die oorlog was nie, sou ons vandag baie
slegter af gewees het.”

Geldenhuys het beklemtoon dat die Grensoorlog in die konteks van die
Koue Oorlog gesien moet word.

“Die (voormalige) Sowjetunie wou van (die voormalige) Suidwes ’n klein
Kuba maak,” het hy gesê.

Bothma het gesê dit is belangrik dat die veterane praat oor wat gebeur
het.

“Ons het destyds dokumente geteken wat gesê het ons sal nie uitpraat
nie, maar niemand het vir ons gesê wanneer ons daaroor mag begin praat
nie.”
Re: Beeld - Vietnam sindroom [boodskap #118136 is 'n antwoord op boodskap #118128] Ma, 14 Julie 2008 07:29 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1c49b8af-bc91-49d3-8761-ef043c375f97@56g2000hsm.googleg roups.com...

"Bosoorlog was noodsaaklik en die Boereoorlog was veel erger"
Jul 10 2008 07:08:55:317PM - (SA)

Herman Scholtz

Bloemfontein. - Hy wil nie die trauma, post-traumatiese stres "en
allerhande ander sindrome" misken nie, maar mense moet besef die Anglo-
Boereoorlog was baie erger as die Bosoorlog.

So het genl. Jannie Geldenhuys, voormalige weermaghoof, vandeesweek in
'n bespreking oor die oorlog op die Volksblad-kunstefees op die kampus
van die Universiteit van die Vrystaat gesê.

"Ek het baie simpatie met mense wat hul oog of ledemate verloor, of
geliefdes aan die dood afgestaan het, maar mense moet die Grensoorlog
in perspektief plaas.

"Daar is baie meer mense in die Boereoorlog se konsentrasiekampe dood
as wat in die uitgerekte oorlog in Angola die geval was."

Dr. Louis Bothma, skrywer van Die buffel struikel, het aan die gehoor
van sowat 100 mense gesê hy ervaar dit anders.

Hy het gesê hy is as kind geïndoktrineer om te glo dat die wêreld uit
twee dele bestaan - "die bose Ooste, wat Bybels verbrand en die goeie
Weste, wat aan ons kant is".

"Ons is met genadelose geweld deur ons eie mense behandel en 'n groot
groep veterane ervaar vandag nog trauma oor wat in Angola gebeur het."

Mnr. Koos Greeff (56), 'n oorlogsveteraan van Bloemfontein, het ná die
bespreking gesê hy vind dit nog baie moeilik om sin te maak van sy rol
in die oorlog.

"Ek het mense geskiet en daar is op my geskiet. Ek het vriende in
Angola verloor."

Hy wou by Geldenhuys weet of die oorlog die moeite werd was, waarop
Geldenhuys geantwoord het dit behoort nie eens 'n debatspunt te wees
nie. "Natuurlik was dit die moeite werd. Die oorlog was absoluut
noodsaaklik. As dit nie vir die oorlog was nie, sou ons vandag baie
slegter af gewees het."

Geldenhuys het beklemtoon dat die Grensoorlog in die konteks van die
Koue Oorlog gesien moet word.

"Die (voormalige) Sowjetunie wou van (die voormalige) Suidwes 'n klein
Kuba maak," het hy gesê.

Bothma het gesê dit is belangrik dat die veterane praat oor wat gebeur
het.

"Ons het destyds dokumente geteken wat gesê het ons sal nie uitpraat
nie, maar niemand het vir ons gesê wanneer ons daaroor mag begin praat
nie."

-----Wat wil jy hê moet mens hierop sê? Die beste spelers staan altyd op
die kantlyn. Al wat ek weet, is kyk na die resultate: Beide SWA en SA
het in relatiewe vrede 'n magsoordrag belewe sonder 'n burgeroorlog.
Vorige onderwerp: Zuid-Afrika
Volgende onderwerp: die boere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:59:15 MGT 2024