Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Millenium Blues - M. van Biljon

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

MILLENIUM BLUES - Deur Madeleine van Biljon

Die meee...llium maak my klaar, klaar, klaar.
Die meee...llium maak my naar, naar, naar.
Die millenium maak my op, op, op.
Oor millenium kruip ek in my dop.
Wil nie paartie nie, wil nie drank drink,
Wil met niemand in die straat rinkink.
Wil van geeneen se voorbodes weet
Nog minder van hul vreesbevange kreet.
Dis ook waar van vuurwerk en balonne
En diereliefhebbers se verskrikte honne.
Kompers wat begin te lol
Moet wegbly van my besond're kol
So ook mense vol verdriete
Want almal bewe soos riete
Omdat die son twyfelloos sal stilstaan
Wanneer die millenium verbygaan.
O, red my van die simpel mense
Vol onsin en ook sonder grense.
Ek gaan my toevou in 'n wolkombers
En swetend op my tande kners.
Tot met die slag van middernag
Ek verlos word van die sware vrag
Van: wat doen jy met mee-llennium
Wat kom daar met mee-llennium
Die land brand met millennium,
Draai soos 'n tol, wip soos 'n bal
Skud een en ander, dalk almal.
Omdat die ou kalender draai
Is ons almal skielik in ons maai.
Hoera, hoera, millennium, mee-llennium!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

David Ike teorie:Waar of vals?

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

Wanneer ek skryf dat hulle laer as fondamente neig, bedoel
ek dit nie beledigend nie, maar dat hulle glo tonnels
grawe, ens. Dit is alles baseer op Jon King se boek. Die
feit van die saak is niemand weet wat na +- 2012 gaan
gebeur nie. Ek verstaan alle profesiee stop daar. 'n Mens
kan die tonnelgrawery verstaan as gevolg daarvan. Met die
woord ons wat ek hier gebruik, bedoel ek alle mense op
aarde, ongeag etnisiteit, kultuur, geloof, geslag, ens.

Vir Einstein is gevra van WW4. Hy het beantwoord, dat al
wat hy weet WW4 nie sal bestaan nie. Want WW3 sal alles
vernietig - mens, dier, plant, rose, alles. Weereens is die
tonnelgrawery nodig, indien dit wel so uitwerk.

Dit impliseer dus dat Siener se boek nie net vir Afrikaners
geskrywe is nie, maar vir alle volkere in SA, indien enige
waarheid daarin steek. Dit maak dit dus baie moeilik om te
verduidelik. Vergelyk die boek Job in die Bybel, met 1 Kor
12 en 1 Kor 13. En sluit alle mense in, want ons almal glo
in Een God.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

In article ,
reisiger wrote:
> Reisiger reis om na normaal terug te keer, te leer hoe om
> weer mens te wees, want in Afrika leef ons in isolasie,
> verwyderd, en sukkel om maar net weer mens te wees.

Wie is "ons" ?

> In die
> proses van inskakeling sukkel ons, want die ondertone
> herrinner ons aan die negatiewe.

Wie is "ons" ?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

"Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

Reisiger reis om na normaal terug te keer, te leer hoe om
weer mens te wees, want in Afrika leef ons in isolasie,
verwyderd, en sukkel om maar net weer mens te wees. In die
proses van inskakeling sukkel ons, want die ondertone
herrinner ons aan die negatiewe. Om weer die model te
gaan haal, en daarna te streef hier. Aanhou probeer,
aanhouer wen. Want sonder drome is ons nerens nie. En altyd
reis ons terug na onsself toe. Om onsself beter te
verstaan.

Gebreekte veertjie kan vervang word. Niks is konstant nie.
My planeet is my volksstaat. Tussen treine, tussen
stasies... Just visiting this planet...

Prosa & poësie | 0 kommentare

Dringend: Oorsese Aannemings

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

Is daar enigiemand oplyn wat ondervinding het van oorsese aannemings -
verkieslik 'n prokureur/advokaat? Ek benodig dringend inligting ten einde
'n SA hofbevel te bekom vir 'n aanneming wat oorsee gefinaliseer is. Die
Departement van Binnelandse Sake is van mening dat 'n Amerikaanse hofbevel
geen jurisdiksie in SA het nie - Ek wil graag weet wat is die prosedure wat
gevolg word ten einde die Amerikaanse dokumente aan die SA hof voor te lê
ten einde 'n SA hofbevel te bekom om sodoende aan Departement van
Binnelandse Sake voor te lê sodat paspoorte dienooreenkomstig uitgereik kan
word. Al die partye in hierdie saak het geen reisdokumente en aangesien die
Departement van Binnelandse Sake weier om die Amerikaanse hofbevel te erken,
geen reisdokumente vir die minderjariges bekom kan word nie.

Baie dankie
Julie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

In article ,
reisiger wrote:

> Het al in die
> vroee 80's begin met meditasie, visualisasie ens. Dit is
> die elikser van die lewe. Maar die politieke kant het regs
> gebly. Dit was die probleem.

Hmmmm.... Die suggestie hier is dat "meditasie, visualisasie ens."
"links" is?

Maar word dit nie (aand die ander kant) ge-assosieer met
regterbreinaktiwiteit nie?

Of dalk is dit 'n linkerbreinmanier om daarna te kyk :-)

>
> Enige addresse vir aflaai van meditasies, ens. sal wardeer
> word, asook advies hoe om mense se opinies te benader
> wanneer konsepte verduidelik word. Byvoorbaat baie dankie.

Hmmmmmmmmmm..... Stream of consciousnesstegnieke werk nog nie vir die
meeste mense nie - sit hulle af.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Positiewe Nuus!!!!!!

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

Hier is nou 'n artikel wat vandag in Beeld gelees kan word op die internet wat
'n mens sommer so goed laat voel: Ek hoop dit het op die papier weergawe se
voorblad verskyn!!!!!!!!

Ander kulture 'is nie anders'
Tessa Kruger


"Ons is geleer om weg te bly van mense van ander kulture omdat hulle ánders of
rassisties is. Ons het egter geleer ons is nie die waarheid vertel nie." Só het
een van die tophoërskoolleerlinge van Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal wat
'n jeugbemagtigingsberaad by Esselenpark bygewoon het, gesê.

Die leerlinge van verskillende kulture is deur Beeld, Sowetan, Transnet en die
Universiteit van Pretoria geborg om drie dae in mekaar se geselskap deur te
bring terwyl hulle leierskap- en motiveringswerksessies bygewoon het.

Anje Bouwmeesters, 'n leerling van die Hoërskool Kempton Park, het gesê sy het
aan die begin van die beraad gedink "ek moet maar wegbly van die swart kinders.

"Toe ek my egter oopmaak en begin lêister , het ek besef dit maak nie saak wátse
kleur 'n mens is nie, julle dink eenders."

Tsholofelo Chiloane van Clapham High School het gesê hoewel hy in 'n township
woon en dus "anders" as die meeste ander skoliere op die beraad is, het hy
gesien dat hulle almal êrens iets gemeen het.

"Ons het in 'n stadium ons vrese bespreek en uit die bespreking het geblyk dat
almal diesélfde vrese het.

"Byna almal is bang vir mislukking en voel onseker oor die toekoms. Dit laat jou
besef jy is nie alleen nie, daar is ander wat dieselfde dinge deurmaak as jy."
Hy het gesê hy het 'n paar Indiër-seuns ontmoet wat hom van hul lewe vertel het.
Dit het sy oë oopgemaak.

Fabian Jood van General Smuts High School het gesê die kulturele interaksie is
nie vir hom 'n nuwe ervaring nie omdat kinders van verskillende kulture by sy
skool met mekaar te doen kry en goed met mekaar oor die weg kom.

Een leerling wie se persepsie van ander rasse egter soos handomkeer verander
het, is Duma Shongwe van Alra Park High School.

Die lang, sterk seun het gesê: "Wat ek van die mense hier geleer het, is anders
as die prentjie wat vir my geskets is. Ek bly in 'n landelike gebied en het
hulle (wit mense) as rassiste beskou.

"Mense sal gewoonlik sê: 'Baas Gert is like this,' maar hulle is vriendelike
mense wat lekker gesels en my kultuur verstaan.

"Ek het gesien hulle is ook net mense met wie jy kan praat.

"As ons net saamwerk, kan ons die land 'n beter Suid-Afrika maak."

'n Klompie leerlinge van The Hill High School en Hoërskool Monument het ook
gevind dat sommige van die ouer geslag se persepsies verkeerd is.

Joana da Silva van The Hill High School het gesê 'n mens se ouers sê aan jou
julle is verskillend, maar julle is nie.

Hoewel daar in die speelterrein van The Hill 'n groot getal wit, swart en bruin
skoliere is, vorm die kinders van verskillende rasse meestal groepe wat
afsonderlik van mekaar bly.

"Dit is amper of 'n mens bang of skaam is om met kinders van ander rasse te
assosieer. Daar is altyd die kwessie van wat gaan die ander wit kinders dink,"
het sy vertel.

"Hier het die situasie ons egter gedwing om mense van ander rasse te leer ken.
As 'n mens die moeite doen, is dit die moeite werd."
"Ek het vinnig agtergekom almal is net mense en ons het baie by mekaar te
leer," het Lizelle Esterhuizen van Hoërskool Monument gesê.

Henning Venter van Hoërskool Montana het gesê: "Ons het mekaar nooit leer ken
nie, want ons is geleer om weg te bly van mekaar af."

Beeld, Sowetan, Transnet en UP moet regtig met hierdie aksie geluk gewens word
en sommer gevra word om dit uit te brei sodat ELKE skoll kind so geleentheid kan
kry!!!

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

Music from South-Africa?

Ma., 23 Augustus 1999 00:00

;^)

Die Namakwalanders
Mynie Reese en die Vaalharts Boere-orkes (dink ek)
Sonja Herholdt
Cora Marie
Worsie Visser
Klipwerf Boere-orkes
Groep 2
Bles Bridges

Regards,
Dries Venter
Pretoria
South Africa

Petrolema wrote in article
...
> Hi!
>
> I'm very interested in music and especially music in
> foreign languages.
> I'm searching for information and music from South-Africa.
> Who are the most famous South-African singers in 1999?
>
> I have already heard about a few like Vicky Sampson,
> Lucky Dube and Mango Groove thanks to the internet
> But, I really would like to know some more singers, and also
> some singers who sing in Afrikaans!
> So, is there anyone out there who can give me some
> information and maybe help me buy some CD's or tapes, please??
>
> I hope to hear from someone!
>
> Best Wishes
> Trond
>

Musiek & liriek | 0 kommentare

Roze teksten

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

Op de homepage van Olaf Korder http://www.casema.net/~gckool/
staan grappige en ontroerende gedichten en verhalen over liefde,
verlangen en homoseksualiteit. De site is onlangs uitgebreid met
artikelen over coming-out,oudroze auteurs en homotaal. Er staat nu ook
een groot aanbod van links naar sites op literair terrein of met een
homosuele kleur.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

David Ike teorie:Waar of vals?

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

As jy wil weet wie is werklik paranoies, lees gerus Jon
King se boek "Cosmic Top Secret". Verkrygbaar by jou
bekende nuus agentskap. Die feit is die mens op aarde gaan
na die 4e, of is dit nou 5e, dimensie van bestaan, en die
global elite kan dit nie keer nie, al wil hulle. Ons is die
global elite. En hulle sal dit nie kan stop nie. We are
Star Children. Ons reik na die sterre. Hulle reik laer as
fondamente. Moenie ons beledig as fundamentaliste nie.
Moenie dink hulle gaan in tonnels wegkruip terwyl ons met
vigs sit nie, as daar wel tonnels bestaan. Leef en laat
leef, of live and let die? Dit is die morele kwessie van
ons stryd op aarde. Die stryd gaan nie om vlees en bloed
nie, maar teen die magte van die owerstes in die lug wat 'n
mens nie kan sien nie. Tussen Lig en Duisternis. Beide is
ewe sterk.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1173  1174  1175  1176  1177  1178  1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 06:27:03 UTC 2026