In article , "Dries
Venter" wrote:
> Julle sal sien dat ek hier 'n boodskap insluit wat
> Ferdi direk vir my
> gestuur het.
> Ferdi, ek het jou nie gevra om my direk te kontak nie.
> Wat jy vir my oor
> enige onderwerp in hierdie ng te sê het, kan jy in die
> ng aan my sê.
> Hier is Ferdi se pos, die "you" hier bo-aan die pos is
> nou ek:
> ---------------
> On Wed, 15 Sep 1999 23:33:55 +0200, you wrote:
> probeer oortuig dat
>> persoonlike belasting afgeneem het nie,>>
> Niks so doof soos die wat nie WIL hoor nie?
> Gaan kyk na SYFERS (persentasies) wat AANGEKONDIG is.
> Dit was 'n
> AFNAME. MINDER belasting vir laer inkomstegroepe en
> MINDER belasting
> vir maatskappye. Hel, die maatskappye het gereageer
> daarop. Dit
> verwelkom. En minder begin betaal!
> En dis mos die hele bleddie punt: Belasting IS VERLAAG.
> medium inkomstegroepe. Vir my eie goed hoef ek net
> na my salarisstrokies
>> en na my belastingaanslag te kyk. Iets wat ons
> nêrens hier genoem het
> nie,
>> is dat indirekte belastings toegeneem het. Jy het
> seker gehoor dat die
>> parlement daarna kyk om BTW op gevriesde groente te
> hef? Nog 'n manier om
>> die totale belastinglas op die individu te verhoog.
> het jy al ooit gaan
>> sit en uitwerk wat betaal jy in TOTAAL aan belasting?
> Persoonlik en al
>> hierdie ander heffings/belastings? Jy sal skrik as
> jy dit doen, maat.>>
> Dit ken ek al vir jare al.
> Van BTW tot by die padfonds-heffing wat die NP vir
> goed tien jaar
> gebruik het om oorlog te maak in Angola.
> Die punt is: Ek het gese belasting is verlaag. En dit
> is. Vir die
> eerste keer in in moerse lang tyd. En daarop het jy
> gese: Ghrwahahaha
> of so iets.
> inflasiekoers daal nie.
> Wat ek
>> sê is dat ek dit nie kan sien in my daaglikse handel
> nie. Ek is seker dat
>> daar baie mense is wat dit so ervaar. Net soos die
> belasting, hoef ek net
>> na my maandelikse uitgawes te kyk om te sien hoe raak
> inflasie my
>> persoonlik. En glo my, ek bekyk hulle elke maand
> baie goed. Byv. hier
> sit
>> ek nou met my munisipale rekening voor my, en die
> nota aan die onderkant
>> van die rekening staan daar dat "riool- en
> afvaltariewe styg met 6.4%
> vanaf
>> Aug rekening. Elektrisiteit styg met 5.8% en water
> met 15%" Ek betaal
> nou
>> 'n "metroploitaanse heffing" ook. Daar was ook
> alreeds 'n baie groot
>> aanpassing op die waardasierol (Ek het nie nou die
> presiese syfer by my
>> nie). Wil jy nog meer "wetenskaplike" bewyse hê?
> Soos ek gesê het, alle
>> faktore in ag genome, het my munispale rekening met
> meer as 30% alreeds
>> gestyg. Kospryse en petrol praat ek nie eens van
> nie.>>
> Die punt is: Inflasie daal. Inflasie is die laagste in
> 30 jaar, En
> inflasie is 'n algemene aanduider van ekonomiese
> stand.
> Ek het nie gese iewers in Sunninghill het jy nou meer
> geld nie. Dis n
> kwessie van jou persoonlike omstandighede.
> Ek het gese inflasie het gedaal. En inflasie is 'n
> algemen aanduider
> van ekonomiese welstand.
> Met ander woorde dit gaan in die algemeen beter met
> ons ekonomie.
> Dit beteken nie ons is nie meer siek nie.
> Dit beteken dit gaan beter.
> wereld
>> : wat n organisasie met die naam OPEC gestig het.
> Hulle beheer
>> : olieproduksie en het vroeer vanjaar begin om
> produksie te verminder
>> : sodat die prys kan styg sodat hulle meer geld kan
> kry. Die prys het
>> : toe ook gestyg.
>> Die styging in die ru-olieprys beïnvloed in
> werklikheid 'n baie klein deel
>> van die petrolprys (10% of so iets) Die oorgrote
> deel van die petrolprys
>> bestaan uit belastings en heffings wat na die
> regering gaan. Nou verhoog
>> hulle sommer sito-sito die _HELE_ kaboedel, want dis
> tog so maklik om geld
>> op daardie manier te kry. Ek sou nie so baie omgegee
> het as hulle die
> geld
>> aanwend waarvoor hulle oorspronklik gesê het dit moet
> wees nie, maar alles
>> gaan reguit staatskoffer toe en nie (byv.) na die
> padboufonds (of wat
> hulle
>> dit ook al noem) nie.>>>
> Ek sou weer se die prys van olie het n groot invloed
> op die prys van
> petrol.
> Met hoeveel het olie gestyg?
> En met hoeveel het petrol gestyg - persentasiegewys?
> > Ek is nogal oplettend, en sien dat meeste van die
> nuwe produkte (vrugte en
>> groente word ook ingevoer) uit die buiteland kom,
> baiemaal van plekke waar
>> regerings hulle vervaardigers, boere ens geweldig
> subsidieer,. terwyl alle
>> soortgelyke subsidies hier by ons weggevat is.>>
> Snaaks ek sien nou weer talle Afrikaanse name op die
> verpakking van
> die vrugte en groente wat ek koop.
> ekonomie moet meeding,
>> maar omtrent al hulle insetkostes word deur die
> regering beheer, maw dis
>> nie onderworpe aan die vrye mark beginsels nie.
> Beheerrade was wel
>> monopolisties van aard, maar hulle het dit baie
> makliker vir 'n produsent
>> gemaak om sy ware te adverteer en te verkoop. Die
> bemarkingsaksie het
> alle
>> deelnemers aan daardie bedryf eweveel gebaat.
> Hierdie bemarkingsaksie
> moet
>> nou deur die boer self of deur 'n groepie boere
> gedoen word, wat weer
>> kostes byvoeg by die produk. Op die langtermyn
> beskou, gaan die groter
>> boere/genootskappe waarskynlik die kleineres uitdruk
> vanweë "economy of
>> scale", hulle kan eenvoudig beter bemark en verkoop
> vanweë hul grote, nie
>> noodwendig omdat hulle 'n beter produk het nie.>>
> En op die medium termyn is ons in ons moer in in die
> globale ekonomie
> as ons nie dereguleer nie.
> > raak. Maar ek hou my nie blind vir die slegte goed
> nie (skimp, skimp).
>> Hierdie bespreking het byna uitsluitlik oor negatiewe
> goed gegaan (per
> slot
>> van sake is belasting en inflasie en stukkende
> verkeersligte en gate in
> die
>> paaie en telefone wat nie werk nie negatief!)>>
> Per slot van sake is die verlaging van belasting daar
> om gesien te
> word.
> Ditto met inflasie.
> En werk die verkeersligte - almal van JHB op die NG
> stem saam
> daaroor..
> En is die gate in die pad nie meer as van tevore nie.
> ---------------
> Hier eindig Ferdi se e-pos.
> Nou in antwoord op jou pos:
> 1) Jy is reg, daar is niemand so blind as die wat nie
> wil sien nie. Jy.
> 2) Ek erken dat belasting gedaal het, in die geheel
> gesien. Die punt wat
> ek wou maak is dat ek dit nie aan my persoonlike
> belasting kan sien nie.
> 3) Ditto die inflasiekoers.
> 4) Ek het jou nie "uitgekak" (jou woord) oor jou
> siening nie. Hoekom sê jy
> dan ek het dit gedoen? Ek het nog heeltyd gedog ons
> het 'n redelike
> vriendelike bespreking aan die gang?
> 5) Die werklike petrolprys (maw die deel wat ons
> betaal wat nie in die
> regering se sak land nie) is ongeveer 10% van die
> pompprys. As slegs die
> styging van ru-olie in ag geneem was met die
> prysbepaling sou ons
> petrolprys hierdie maand met omtrent 1.5c gestyg het.
> Maar die regering
> het sommer sy deel ook groter gemaak. BTW, petrol het
> _MEER_ gestyg in die
> afgelope 4 jaar as toe die NP ons oorlog in Angola
> gemaak het, soos jy dit
> stel.
> 6) Die verwysing na die stukkende paaie en telefone en
> verkeersligte was
> eintlik 'n effens spottende verwysing na die
> oorspronklike pos wat die
> "thread" begin het oor die "baie" stukkende
> verkeersligte in Johannesburg.
> As jy terugblaai in die thread sal jy sien ek was glad
> nie negatief daaroor
> nie; baie soos jy, het ek gesê dit is goed wat kom en
> gaan, maar dit het
> nie noodwendig meer geword nie. Ek vra om verskoning
> as jy dit verkeerd
> opgeneem het ('n mens mis nogal die luukse van
> "stemtoon" en "houding"op
> die Internet).
> En voor jy nou weer op jou perdjie spring omdat ek nou
> die regering sou
> bykom, dis my demokratiese reg om te mag kritiseer.
> Net soos dit joune is
> om alles wat hulle doen goedsmoeds te aanvaar, of nie.
> Ek sê weer, hierdie
> ng is daar om gesonde besreking uit te lok, nie om
> mekaar in die hare te
> val nie.
> As jy niks verder opbouend tot hierdie bespreking kan
> bydra nie, beskou ek
> die dié "thread"as toe.
> Groete,
> Dries Venter
> Ek het nie gese iewers in Sunninghill
> het jy nou meer geld nie.
Stel belang om julle mense persoonlik te ontmoet. Dit kan
baie interessant wees.
Warning!. Following are the names of Seven Mischievous
Misses who are responsible for most of our troubles: Miss
Information, Miss Quotation, Miss Interpretation, Miss
Interpretation, Miss Construction, Miss Conception, Miss
Understanding. Don’t listen to them! Beware!. (William
J H Boetcker).
Konsentreer en doen goeie werke, en ‘n mens sal ryklik
geseën word. Folks, whatever be your goal, keep your eye
upon the doughnut and not on the hole.
This temptation of the mind to reduce every wonder, every
mystery, to a question, is basically fear-oriented. We are
afraid, afraid of the tremendousness of life, of this
incredible existence. We are afraid. Out of fear we create
some small knowledge around ourselves as a protection,
as an armor, as a defense. It is only cowards who reduce
the tremendously valuable capacity of wondering to
questions. The really brave, the courageous person, leaves
it as it is.
Wanneer ons in God glo, en goeie werke doen, sal Hy ons
beskerm, en ons op ons hande dra. Dan sal Hy ons paaie
reguit maak. Vergeet van profesieë. Wanneer 'n mens dit
weet, kan dit anders manipuleer word, en ‘n beter koers
inslaan. Vooraf gewaarsku is vooraf bewapen. Dan weet 'n
mens wat se voorsog maatreëls om te tref, en 'n beter
optrede beplan. En die situasie in 'n mens se guns te
verander.
Dis moeilik om te dink wanneer laas het ons (dis nou Vrou en ek) so 'n
aangename en ontspannende dag deurgebring soos vandag.
Ons woon in Newtown, 'n klein dorpie (omtrent 10,000 inwoners) wat in1683
gevestig is deur William Penn. Die grond is van die Lenape Indiane gekoop,
en toe hy die dorp aangelê het, het hy glo gesê: "this is my new township" -
mettertyd het dit Newtown geword. Newtown is in Bucks County, in die
suidoostelike hoek van Pennsylvania, 'n hanetree van New Jersey af.
Die kern van die dorpie is 'n paar strate rondom die hoofstraat, met
pragtige ou winkeltjies wat van alles en nog wat verkoop. Dit lyk kompleet
soos 'n dorpie uit 'n Norman Rockwell skildery. Groot bome langs die straat,
'n sypaadjiekafee, 'n regte outydes ysterware winkel met 'n hout Indiaan
buite op die stoep, boetieks en boekwinkels - en die meeste daarvan is
ingerig in wat voorheen huise was. Jy stap dus deur 'n winkel wat uit 'n
paar vertrekke bestaan - die ou eetkamer, sitkamer, voorportaal en so aan,
met handelsware oral uitgestal.
Net af van die hoofstraat af is pragtige dubbelvedieping houthuise met koel
boomryke tuine. Die lig wat deur die blare val is groen en koel en stil; die
huise self is dofblou, wit en room. Geen heinings of mure tussen die huise
nie, en as jy in die straat stap, groet mense jou en vra uit en gesels. Dis
half of die tyd stilgestaan het en die ou dorp in 'n koekon van rus en vrede
toegespin het. Rondom die ou dorp het die "nuwe" dorp ontstaan, byna soos 'n
"doughnut" wat sirkelvormig rondom die ou dorp ontwikkel. Die nuwe dorp spog
met 'n hoog aangeskrewe community college en twee universiteite, 'n groot
kantoorpark, ligte nywerhede en uitgebreide woonkomplekse. Tussenin is daar
'n stuk of twaalf plase waar elke denkbare vrugte en groente verbou word.
Die nuwe dorp tel baie, baie meer inwoners as die ou dorp met sy statige
Victoriaanse huise.
Maar vandag was dit straatmarkdag in ou Newtown, en die weer was ideaal vir
die geleentheid: 'n heerlike sonnige dag na die storms van die afgelope
week. Nie eens 'n luggie wat trek nie, en die hemel 'n ongelooflike blou.
Net 'n sweempie van 'n byt in die luggie om te herinner dit is nou
laatsomer. Die gras, wat tot 'n maand gelede nog dor en droog was as gevolg
van die droogte, is nou, na oorvloedige reëns, oral helder groen en mals.
Die groot eikebome langs die strate is nog vol blare, donkergroen, met hier
en daar 'n enkele esdoring wat solank vroegtydig begin verkleur. Oor nog 'n
maand sal hulle almal vlamrooi en bottergeel wees, met bruin en roesrooi
tussenin.
Ons het so teen elfuur gaan kyk hoe dit in die ou dorp lyk. Die motor word
iewers geparkeer, en ons stap verder. Wat 'n vrolike gedoente was dit nie!
Op die sypaadjies was daar stalletjies en mense wat alles te koop aangebied
het van antieke ware tot warm wordsbroodjies en Penn Dutch funnel cake,
boeke en klere, handwerk en sigare. 'n Bloemistestalletjie was oortrek van
die rose, en die man het vir elke vrou wat verby gekom het, 'n pragtige rooi
roos gegee. Straatmusikante in koloniale kostuum het musiek gemaak: 'n
ensemble van siter, kitaar, glockenspiel, perkussie en fluit op een hoek,
met 'n jongleur wat kinders vermaak; op 'n ander hoek 'n groep wat vrolike
Meksikaanse musiek speel en 'n man wat balonne met helium aan kinders
uitdeel. So vrolik en gesellig was dit! Ma's en pa's met jong kindertjies
aan die hand, en tieners wat aandag soek, ouer mense en jong mense - almal
vrolik en op hulle gemak. Ons twee het rondgedwaal en gesnuffel tussen die
mooiste handwerk: pragtige houtwerk, laslappiewerk, pewterwerk, leerwerk,
Amerikaanse "folk art" - ag, te veel om op te noem.
Vrou sleep my by 'n winkel in - Deja Vu is die naam daarvan. Daar koop ek
vir $32 vir my twee wintersbaadjies en twee langbroeke. Die twee baadjies is
so te sê splinternuut; een broek was nog nooit gedra nie, en die swart Levi
denim hoogstens een of twee keer. Alles in die winkel is donasies, en word
verkoop vir liefdadigheid.
Ons moet verder, want daar is nog ander dinge ook om te gaan doen. Ons het
reeds meer as twee ure hier rondgekuier. Ons ry na 'n naburige dorpie toe,
om daar by 'n supermark inkopies te doen. Dis 'n groot, rustige winkel, waar
jy allerhande eksotiese kossoorte kan koop, pragtig en smaakvol ingerig. Dis
reeds na etenstyd, en ons koop by die winkel se kafeteria iets om te eet.
Dit herinner my aan die dae, doer ver in die sestigs, toe jy nog in die
groot afdelingswinkels soos die OK en Garlicks en Greatermans heerlike kom
gaan eet in hulle restaurante. Uiteindelik koop ons toe niks, maar die
maaltyd (slaai en sop) was luilekker en smaaklik.
Vrou verjaar oor 'n paar dae, en ek kry haar sonder te veel moeite sover om
gou saam met by die groot winkelsentrum 'n ent verder aan te ry. Daar los ek
haar by Macy's en ek stap alleen om gou 'n geskenk te gaan soek, wat ek in
die motor gaan toesluit voor ek haar gaan haal. Ons dwaal nog kuier-kuier
rond vir 'n ruk, sy koop 'n paar stukkies klere vir die dogters: reeds 50%
afgemerk, en nog 50% af van die verlaagde prys. Dis nou van die Amerikaners:
as hulle uitverkoping hou, doen hulle dit ordentlik. Ek het al klere gekoop
vir soveel soos 80% af van die gemerkte prys. En hier is dit nou weer so:
een bloes is afgemerk van $40 tot $20, en dan kry jy nog 50% af; uiteindelik
kos dit toe net $10 - nogal met 'n etiket soos Gloria Vanderbilt op.
Netnou gaan ek slaap - môre is Sondag. Wie weet wanner laas het ons twee 'n
hele Saterdag gehad net om te doen wat ons wil, met niks wat jaag of plaag
nie!
PAT skryf in boodskap news:01beffdc$e241be80
> Ek weet nie of hier al iets gesê het oor hierdie topic nie,
> maar iemand seg my dat Banf (spelling?) die mooiste plek
> op aarde is ?!
Pat, gaan kyk maar gerus. Anders as Gloudina daar in oos-Kanada
kom ek elke jaar minstens 'n dosyn keer in Banff en weet ek
waarvan ek praat. (Ek sal graag wil weet wanneer laas, indien
ooit, sy persoonlik daar was.) Ek woon een uur se ry daarvan,
naby genoeg vir lekker dagtrips in die somer, of 'n vol dag se
ski in die winter. Ek koop elke jaar 'n seisoen permit.
Banff is 'n "world heritage site" en 'n wonderlike plek om te
besoek somer of winter. Daar is 5 goeie ski plekke - Sunshine
Village, Lake Louise, Mount Norquay, Nakiska (waar die
"alpine"afdeling van die '88 olimpiese winterspele gehou is) en
Fortress Mountain, almal binne 90 minute of minder se ry vanaf
Calgary.
In die somer is daar heelwat toeriste, so vroee besprekings is
nodig. (Verstaanbaar, gegewe die plek se status.) Anders as was
Gloudina sê, is dit nie "vreeslik" verkommersialieer nie, Banff
Town is net gewoon so. Natturlik is daar 'n dosyn winkels waar
mens elke denkbare "banff" sweatshirt kan koop. Maar daar is baie
beperkings op onwikkelling - geen nuwe ontwikkelling in Banff
Townsite nie, ens. By my gunsteling skiplek (Sunshine) mag hulle
nie eers een meer skilift bou nie. Die klein bietjie
ontwikkeling (relatief gesproke) wat daar is, is in die valeie.
Die Berge - Banff se werklike rede tot bestaan - is so te se
onaangeraak.
Verder is daar baie (minder bekende, dus minder besoekde) parke
rondom Banff. Voorbeelde is Yoho, Kootenay, en my persoonlike
gunsteling, Kananaskis Country, 'n versamelnaam vir 'n halfdosyn
provinsiale parke.
Maar ek stem saam dat Alaska ook 'n besoek werd is - moet egter
nie die Yukon Territory in Kanada vergeet nie. Ek het die
grootste deel van die Yukon en 'n stuk van oos-alaska verken in
'97 in 'n 10,000 km reis. As jy belang stel kan ek jou iets
daarvan vertel.
In article , @sympatico.ca
wrote:
> DRO=CB WATERVAL
> Ferdi Greyling
> In die Klein Karoo vertel ek my kinders
> van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
> Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
> =91n lewe om my gedrup het.
> Hier was nagte soos koue yster
> met die veraf klank van aankomende treine
> spierwit velde ryp vroegoggend
> om die huis
> en my ma
> wat soos =91n vreugdevolle wetenskaplike
> uitvind
> in die nag
> het die water =91n gletsertjie van ys
> by die tuinslang uitgedrup
> mense wat veraf in koerante sterf
> die geweerskote plat letters op papier
> name wat sag weerklink
> tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
> =85. Poqo=85. Mandela=85
> en aande in die agterkop gaan lê
> op die beeld van bruin Hermaans die verwer
> =91n goeie man
> wat bakhand voor die agterdeur
> die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
> skoonheid wat onverskillig in =91n meisie brand
> terwyl die rook van houtvure
> vroegaand oor die blou dorp neersak
> en net oor die berge die see
> =91n reuse blou woud vol gevare en geheime
> waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
> soos soet halfedelgesteentes
> klonte bougainvilleas wat in die warmte
> teen die dorp se bome gloei.
> Ons ry oor die Swartberge
> na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
> Ek en my kinders.
> Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
> na die eggo=92s
> van my verlede.
> Op die berg - uitgeplof deur vulkane
> en geplooi deur gletsers -
> staan ons soos ander toeriste
> en kyk na:
> Droëwaterval.
> =91n Mindere geologiese gebeurtenis;
> swart oervlekke in strepe teen die rots.
> Soos die skaduwee van water.
> As jy lank genoeg na die klip staar,
> kan jy jou verbeel
> jy hoor water,
> =91n dun verbrokkelde stroom
> wat soos vloeibare koelte
> in spattende eggo=92s val.
> My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
> Ek weet dis laf.
> Donker vlekke op rots is nie water nie.
> Ons klim in die kar en ry.
> My kinders giggel om verveling te besweer.
> Agter hulle oë, diep in die toekoms,
> bruis hulle dade reeds onkeerbaar oor dae.
> (Kyk!
> Hulle ry alleen oor die oop Karoo
> en los my by die gevlekte rotse
> van my berg!
> Op die dun pad
> na Beaufort-Wes
> en verder noord,
> verby Zimbabwe
> tot oorkant Olduvai
> waar die horing van Afrika
> afsplit in =91n nuwe land
> ry hulle steeds!
> Dit pla hulle nie
> dat vroeë mens en dier
> uit die tye van die groen Karoo
> vergete in die gestolde klippe lê
> waarmee die dun pad gepak is!)
> Hulle ry voort.
> Hulle ry steeds voort.
Slaan 'n nuwe blaadjie om. Het besluit om terug na te keer
na Christenskap, en op te hou om mense New Age toe te neem.
Dit veroorsaak te veel skade. Nie bereid om soos Jan Smuts
voor of na 1948 te wees nie. Onaangename klettery wat
hier gepos is, het veroorsaak dat die mense wat 'n mens
liefhet, jou gaan verwerp.
Daarom is dit noodsaaklik, om soos 'n Blouvalk te wees, na
die verlede te gaan, en alles wat verkeerd is, reg te maak,
sodat al ons land se mense weer gelukkig kan wees. Ai ai
die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai. Hoog gevlieg
en laag gedraai, in die see weer omgedraai.
Maar het 'n paar vrae om te vra - wat is die definisie van
soc.culture.south-africa en
soc.culture.south-africa.afrikaans. Is lg. die Afrikaanse
groep of die regse groep. Wanneer cross-post 'n mens? Hoe
cross-post 'n mens met Remarq.
Is dit beter om in Afrikaans of Engels op
soc.culture.south-africa te pos, of hoe gemaak? TIA.
Sorry vir die spelfoute, maar ek skryf foneties......
Niemand kan regtigwaar se dat hulle tevrede is met die toestand van die howe
of die kwaliteit van die uitsprake wat gelewer word nie.
Ek vind myself gebonde deur besluite van regters en politici wat voel hulle
weet beter wat goed is vir my gebaseer op die feit dat hulle die meerderheid
is. Kan nie meer skrywer se naam onthou nie, maar die ou het geskryf dat in
die 21ste eeu is daar nie meer plek vir "representative government " nie.
Almal het toegang tot dieselfde inligting om besluite vir hulself te neem.
Die idee is dood oor die hele wereld ons is besig om meer "tribal" te word.
Almal groepeer losweg of gestruktureerd in groepe: Te veel voorbeelde om te
noem - Internet (newsgroupes & sites), geloof , bevolkings groep, land van
herkoms, sport , werk ens.
Dink self oor met wie jy assosieer of eenheid voel. Is dit die mense met wie
jy saamwerk of is dit dalk jou geloof is is dit dalk eerder kultuur genote
met wie jy een voel en sal onder steun. Niemand sal dieselfde antwoord
nie.
Die UN het nou meer lidlande as ooit te vore, wat se dit. Al die oorloe
rondom die wereld gaan oor die feit dat ons meer "tribal" is as landsburgers
van 'n spesifieke land. Ierland, Bosnie, Rusland,Suid Afrika,Rwanda, Angola
etc. almal baklei omdat niemand kan saam leef nie. End of storie. Almal
soek "selfdetermination"; ek dink dit is in die mens ingebou om so te
reageer. Soos die storie van die skerpioen en die padda.
Sidney moet voorsiening maak vir nog 'n paar ekstra lande wat gaan ontpop
voor die volgende Olimpiese spele.
My punt is dus die volgende : Het ons regtigwaar 'n klomp onbekwame politici
nodig om geld te mors en besluite vir ons te neem.
Ek het meer respek vir hoerre as politici, laasgenoemde is uit en uit 'n
evolusionere parasiet. Sorry, ek weet dit is kras, maar dit is hoe ek voel.
Ek is seker party dink hulle doen goeie werk op hulle harte sit op die
regte plek, dit is egter die konsep van "politici" wat bankrot is.
Die Kaapse Hogeregs Hof hof sit weer Dinsdag om uitslag te gee oor my
gunsteling onderwerp.
Suid Afrika se immigrasie beleid ten opsigte van SA burgers wat getroud is
met buitelanders.
En natuurlik ook die R 10 020.00 adminitratiewe fooi. Hopelik is daar
hierdie keer nie weer iets fout met die transkripsie goeters nie.
Kaapstad, Hof nommer 7, Dinsdag 21 ste September , 9:30 AM Afrika Tyd......