Vir so 'n standpunt kan ek respek he^. Dit gaan tog oor Afrikaans, 'n taal wat
ons albei lief het, en nie oor my persoonlike tekortkominge nie. Ek aanvaar jou
punt oor "huidiglik," ek het nooit geweet dat dit nie 'n Afrikaanse woord is
nie.
Iemand het my ook egter vertel dat Afrikaans 'n lewende of 'n oop taal is. As
woorde soos "pavement" vir sypaadjie gebruik kan word en "boks" vir kartondoos,
dan kan "huidiglik" ook seker aanvaarding kry. Die taal word tog gevorm in die
mond van gebruikers en nie deur een of ander universiteit of komitee uit de oude
doos wat bepaal hoe ek mag praat en skryf nie. As 'n woord iemand pla, moet dit
nie gebruik nie, maar moet nie aan andere voorskryf nie.
Afrikaans groei tog en sluit so nou en dan nuwe woorde in wat nie vir almal
aanvaarbaar is nie. Dink maar toe TV in die sewentigs begin het was daar
"televisie" en "beeldradio." Laasgenoemde het verdwyn terwyl "Tie-Vie" gekom
het. Ek kan onthou dat as kind ek moes deurloop oor die gebruik van "omdat"
wanneer ek eintlik "opdat" bedoel het. Deesdae kom 'n mens nie meer "opdat" tee
nie en is "omdat" alom aanvaar as korrekte Afrikaans.
Nes jy is Afrikaans ook my meisie. Jy en jou meisie hou van jou manier, terwyl
ek en my meisie van my manier hou! Dit maak nie een van ons twee verkeerd nie.
So van die fynere punte van Afrikaans gepraat, kan iemand miskien verduidelik
wat die verskil is tussen "gure weer" en "ongure weer?" Wanneer is die weer nou
sleg en wanneer is dit nou mooi weer?
Cyber Sakkie
In article , skoer...@spam.net says...
>
> On 21 Sep 1999 06:42:20 -0700, Cyber Sakkie
> wrote:
>
>> Ag Skoert Mannetjie,
>>
>> Sie seunie, maar iemand moes in jou pap gepieps het vanoggend. Jy's vir die
>> hele wereld kwaad. Dink nou maar die die onskuldige gebruik van 'n enkele woord
>> hierdie tirade van jou uitlok. As jy so reageer klink dit vir my nie net of jy
>> 'n skroef los het nie, maar of die skroefie sommer lankal verloor het. Kalmeer
>> seun, niemand is kwaad vir jou nie! Diep asem, diep asem en rustig wees!
>
> Inderdaad. Iemand het op 'n keer geskryf dat sy meisie Afrikaans is.
> En ons hou nie daarvan dat ons meisie huidiglik verkrag word nie.
Die afgelope ruk het daar by twee aparte geleenthede op openbare forum
bespreking plaasgevind waarna die gevolgtrekking gemaak is dat Afrikaners en
korporatiewes die Afrikaanse teater moet ondersteun (beide of MNet betaal
TV-kanaal en op Radio Sonder Mense se Monitor aktualiteitsprogram).
By beide gleenthede is daar bloot net met akteurs en ander teaterwerkers gesels
en myns insiens 'n skewe beeld geskep. Op Monitor het Liz Meiring (seker ook
bekend as Elisabet Meiring) die stelling gemaak dat die korporatiewes (sies dis
darem 'n lelike woord) Afrikaanse teater moet ondersteun - m.a.w. besighede moet
geld gee sodat akteurs teater kan doen. So bv. het 'n korporatiewe wat bekend
staan as "Die Broederbond doen Besigheid" (dis nou Sanlam) skynbaar R200 000
beskikbaar gemaak sodat Gen. Mannetjies Mentz by die Aardklopkunsfees eersdaags
in Potchefstroom op die planke gebring kan word. Dis wonderlik.
Waar Meiring egter die kluts kweit raak is deur te vra dat korporatiewes borg
dan sport, hoekom nie teater nie? Ek dink omdat sy in die teaterwereld leef
sien sy die hele ding dalk skeef. Sport maak geld en teater nie. Sportstadions
het ruimte vir 60 000 mense en teater slegs miskien vir 200 - 300 mense. Sport
is multi-kultureel en trek alle kulture in. Dit is 'n verenigende faktor in die
Suid-Afrikaanse samelewing. Ons almal ondersteun tog ons nasionale spanne (hoe
goed of hoe sleg hulle dan nou ook doen - ja, selfs die blerrie Springrokkies
onder Niks Mallet).
Aan die ander kant sluit Afrikaanse teater ander kulture uit is dit nie
dieselfde verenigende faktor as sport nie. Dis tog nog die taal en kultuur van
die onderdrukker. Dit is bloot net gefokus op Afrikaanssprekendes, wit en
bruin, en teiken nie die bree" Suid-Afrikaanse samelweing nie. Miskien het die
Afrikaanse kultuur weg begin beweeg van Meiring en kie se teaterkultuur na 'n
meer mensgesentreerde kultuur. Liz, soos die liedjie dit stel: "Moenie moan
nie, eet jou kaas en jou polonie!"
Wat van al die ander kulture, moet die korporatiewes hulle nie dalk ook 'n
bietjie borg nie, Lizzie? Dis 'n wonder dat die korporatiewes dan nog kans kry
om korporatiewes te wees en geld te maak.
Boonop sorg die markmeganisme dat diegene wat sterk genoeg is om dit te maak
sonder hulp, dit in elk geval maak. Kyk nou maar na David Kramer en Taliep
Peterson met hulle musikale stuk in London. Dit maak dat 'n mens se hart warm
klop om elke keer verby daardie teater in London te gestap het.
Ek dink Mering se noodroep is gegrond op die feit dat daar a.g.v. die ou
provinsiale kultuurrade soos Truk en Kruik, 'n ooraanbod middelmatige akteurs
ontwikkel het wat nou hulp soek sodat hulle middelmatige stukke op die planke
kan bring. Goeie akteurs en goeie stukke het nie hulp nodig nie, hulle sal in
elk geval suksesvol wees.
Afrikaans is lewendig en dit gaan goed. Die Nasionale Party van ouds het by 'n
byeenkoms in Venda gesê " Viva Pik Botha, viva!" Nou sê ek: "VIVA AFRIKAANS,
VIVA!"
On Mon, 20 Sep 1999 12:35:19 GMT, skoer...@spam.net (Wat maak Oom Kallie
daar?) wrote:
|
|Ek kry so 'n groot kak as die woord HUIDIGLIK sien, dat ek nie
|anders kan as om my gifpen uit te haal nie. Die woord is eerder
|TANS, Oom Taalbul, dan nie?
|
Sies!
Elke ou kan seker maar die taal gebruik wat hy die meeste mee gemaklik voel,
maar om so te vloek terwyl jy iemand anders oor 'n gering taal variasie
aanspreek, lyk meer na 'n geval van "ek-soek-aandag".
Die woord apartheid het weer hard en duidelik deur die Australiese
parlement gebeier met Senator Brian Greig se toetrede tot die senaat.
Hier volg 'n uittreksel van sy intrede toespraak soos gelewer in die
Senaat op 1 September '99.
"As a nation, Australia maintains appalling laws against gay and
lesbian people. We live under a regime of apartheid. It is apartheid
not based on the colour of our skin, but on the colour of our
sexuality. Homophobia is nothing less than sexual racism.
... Discrimination against gay and lesbian people is as morally
repugnant as racism or anti-Semitism. As a nation we have fallen
behind comparable jurisdictions, such as New Zealand, Canada and South
Africa in terms of protecting the human rights of homosexual people.
For as long as governments condone this apartheid, they are creating
the social and political environment that leads to harassment and
violence towards gay and lesbian people.."
Ek sien die volgende artikel in Beeld en toe kom die vraag by my op: As die
wereld se "paradigm" nie verander nie, gaan dit nie Afrika se ondergeskiktheid
voortsit nie. Al is dit 'n VN verteenwoordiger wat hierdie gesê het, tower dit
die prentjie op van Afrika wat bakhand staan by industriele lande.
Voorsien iemand 'n dag wat Afrika lande neus in die lug sal kan loop met
inwoners wat goed gevoed is en meesal werk het en goeie opvoeding en mediese
dienste? Hoe sou 'n mens prakties begin om so iets te bewerkstellig.
Ek wil graag positiewe reaksie hoor. Kom ons verbeel ons elke ou kan een
voorstel maak, hoe absurd ook al, wat sal waar word, wat sal julle voorstel
Afrika lande moet doen om onafhanklik te raak?
Afrika word deur 'n menslike tragedie van ongekende afmetings in die gesig
gestaar en duisende vlugtelinge kan weens hongersnood sterf tensy die
internasionale gemeenskap vinnig 'n plan beraam.
Dié waarskuwing is gister in Pretoria deur mnr. Soren Jessen-Petersen,
assistent- hoë kommissaris van die Verenigde Nasies (VN) se hoë kommissariaat
vir vlugtelinge (VNHV) in Genève, Switserland, gerig. Hy is in Suid-Afrika om
die vlugtelingkrisis in Afrika met die regering te bespreek.
Hy het gesê die feit dat die internasionale gemeenskap Afrika veral sedert die
begin van die jaar vergeet het, lei daartoe dat duisende vlugtelinge op dié
vasteland binnekort sonder kos en skuiling gaan sit.
Tans is daar sowat 7 miljoen vlugtelinge wat veral van die konflikte in die
Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en in Angola vlug.
Die res van die wêreld het egter om veral drie redes van Afrika vergeet. Die
eerste is dat Afrika ná die beëindiging van die Koue Oorlog baie van sy
strategiese waarde verloor het. Die tweede is dat die algemene gevoel posgevat
het dat Afrika meer kan doen om sy eie probleme op te los. Laastens is dit
deesdae moeilik om die Westerse media g'nteresseerd in Afrika te kry.
Die VNHV bestee jaarliks sowat $300 miljoen (sowat R1,8 miljard) in Afrika. Hy
het nie meer nie, aangesien die geldkrane van die Weste nou op Kosowo en ander
gebiede gerig is.
"Dit is 'n uiters ernstige situasie. Daar moet dringend iets aan gedoen word,"
het Jessen-Petersen gewaarsku.
Volgens hom is die VN "heeltemal magteloos" in Angola en loop duisende Angolese
gevaar om te verhonger of op ander maniere in die burgeroorlog om te kom.
Ferdi skryf onder andere:
"My here man, ons het mos oor IETS gepraat!"
Volgende keer wanneer jy lus voel om die Naam van die Here ydellik te
gebruik in enige gesprek metmy, moet jy dit (die begeerte) maar liewer
onderdruk. Dit staan my glad nie aan nie.