"Wat weet jy van Kanada se probleme? Weet jy dat daar mense iswat
op mekaar skiet
in die Maritimes op die oomblik?"
Wat is jou punt? Dat Kanada ook probleme het? Alle plekke het
probleme, en almal weet dit.
Om die voorbeeld hierbo aan te vat: Hoeveel mense is dood in die
skietery? (Jy weet ook dat binne 'n dag of twee die FN
vistermanne 'n onderhandelde moratorium aangekondig het.)
Mens kry die idee jy probeer om SA se issues afmaak as niks deur
te sê: "daar is ook (soortgelyke) probleme in ander lande." En
daar is - maar die OMVANG van die probleme is die eintlike saak.
En daar sit jy die pot mis, Gloudina. Jy is of aspris, of jy het
tred verloor met SA en die omvang van sy probleme.
Om jou stelling in konteks te plaas: Kanada is 'n plek is met 1%
inflasie, omtrent 7% werkloosheid, met 'n per kapita inkomste van
C$30,000 per jaar (R125,000). Elke jaar in die laaste vyf jaar is
Kanada aangewys deur die VN as die beste land op aarde, op balans
van baie faktore, om in te woon. Belastingkoerse is relatief hoog
(die marginale koers in Alberta is 46%) maar dit is tree ook eers
in werking by C$62,000 (omtrent R250,000) en mens kry baie
daarvoor - soos mediese dienste en hoogs gesubisideerde onderwys,
tot op universiteitsvlak. Toe ek weg is uit SA was die marginale
koers baie soortgelyk, en het al by omtrent R70,000 in werking
getree. (Wat is dit nou?)
Die "native issues" in Kanada is minimaal in werklikheid. Ek sê
nie daar is nie belangrike dinge om reg te stel nie, maar nie
getalle is aan die regering se kant. (Daar bly meer mense in, sê
maar, Brandfort in die Vrystaat as in die hele Nunuvut wat so
fisies so groot soos SA is.) En daar is baie welaf, ekonomies
aktiewe mense in plekke soos Ontario en Alberta om daarvoor te
betaal.
Nee Doudie, laat mense hulle sê sê. Dit is net eenvoudig nie
geloofwaardig om voor te gee dat SA se probleme nie wesentlik is
net omdat dieselfde probleme (op 'n totaal ander skaal) ook in
plekke soos Kanada voorkom nie. Skaal en omvang is wat sosiale
probleme defenieer, nie die absolute voorkoms al dan nie.
Ek het die stukkie uit die volksblad uitgehaal van 2/10/99.
Ek wil nou net weet is dit nie rassisties of het ek dit verkeerd waar
kom Lekotta daaraan dat dit nie is nie.
Tempe-man 'moes 200 geskiet het'
UMTATA. - "Hy moes nie net agt wittes doodgemaak het nie, hy moes 200
doodgemaak het; dit sou nog beter gewees het," sê mev. Angelina
Tshise, tante van lt. Sibusisu Madubela, die Tempe-skieter.
Haar harde woorde word telkens beaam deur Madubela (28) se ma, tantes,
neefs, niggies en susters in die armoedige eenvertrek-huisie in
Mazizini, net buite dié stad.
Hulle meen hy het sy lewe opgeoffer in die stryd teen die verdrukking
van swart soldate van 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon in
Bloemfontein.
"Ons begrawe 'n soldaat, 'n held. Sy dood was 'n oorwinning vir die
struggle. Hy het sy lewe gegee om sy makkers te red," sê Tshise.
Nog 'n vrou maak haar stem hard in die vertrek waar drie kerse vir
Madubela se nagwaak brand. "Sibusisu het altyd gesê die struggle is
nie verby nie, dit moet voortgaan. Ek bedoel die gewapende stryd.
"Ons voel niks vir die mense wat hy doodgeskiet het nie. Hoekom moet
ons iets voel vir die wittes? Swartes word nog verdruk en die regering
vir wie ons gestem het, help hulle."
Madubela se ma, Tiny (59), sit kiertsregop en met 'n strak gesig teen
die muur. Van tyd tot tyd maak sy die kwaai stemme met 'n tongklap
stil. Sy en haar familie is stoere PAC-ondersteuners en hulle is trots
op haar "skaam, briljante seun".
Van kleins af wou hy net soldaat wees. In 1990 het hy stilweg verdwyn
om na Tanzanié te gaan vir militêre opleiding. Vir vier jaar het hulle
nie geweet of hy lewend of dood is nie. Met sy terugkeer in 1994 het
hy hom soos duisende ander by die "nuwe" weermag aangesluit.
"Maar die wittes wou hom en sy makkers nooit aanvaar nie. Hulle het
hom en sy vorige opleiding as minderwaardig beskou en sy wit juniors
het sy rang geminag."
Die naweek voor die menseslagting van 12 September, toe hy tuis was
vir sy pa se begrafnis, het hy "buite homself" geraak toe sy eenheid
hom gebel het om te sê hulle gaan sy salaris nie betaal nie omdat hy
afwesig was sonder verlof.
"Skaam seun wat hy was, het hy my as sy ma dadelik van sy frustrasie
kom vertel."
Sy gesin het die Saterdag voor die skietery die laaste keer van hom
gehoor. "Hy is die enigste broodwinner in 'n familie van 15 en ons het
gebel om te hoor wanneer hy die maand se geld stuur. Hy het gesê hy
onderhandel nog met sy seniors," sê sy ma.
Die familie is woedend omdat nóg die weermag, nóg die regering met
hulle in verbinding was sedert Madubela se dood. Niemand het aan hulle
gesê hoe hy gesterf het nie. Hulle het onder meer gehoor dat hy
homself geskiet het. Hulle is trots dat hy deur die PAC begrawe gaan
word. "Ons wil nie wit soldate op sy begrafnis hê nie," sê Tshise.
Mnr. Gilbert Seneke, adjunk-sekretaris-generaal van die PAC in
Oos-Kaap, het gister gesê die PAC sal Madubela met volle militêre
eerbewys begrawe. "Ons sal die uniform van die struggle dra en beplan
om 'n saluut af te vuur. Baie soldate van basisse benewens Tempe sal
in burgerlike drag vandag se begrafnis bywoon."
Die polisie sal 'n wakende oog oor die begrafnis hou. Hulle sal egter
na gelang van omstandighede besluit of dit wenslik is om
begrafnisgangers te ontwapen al dan nie.
"Ons wil nie onnodig konfrontasie veroorsaak nie," het sr.supt.
Marinda Mills, woordvoerder van die polisie in Oos-Kaap, gesê.
Frikkie,
Natuurlik is dit 'n rassistiese voorval ! Maar net sekere ouens is
"rassisties" waar dit die ander ouens se "human rights" aantas. Ons probeer
saamwerk - miskien werk dit! Maar as ons moet saam-veg wil ek nie die heen
en weer geskiet sien nie. Jy weet mos wat die een omie in die
Boere-Oorlog aan die ander gevra het: "Jan, sê nou maar die Engelse ontwerp
iets wat 'n man agter 'n miershoop kan raakskiet?" Jan:"Ou Koos, dan gaan
sit ons maar voor die miershoop." Voorts: 'n Wyse man het op 'n kol voor al
die verskiesings gepraat van 'n "White Backlash" Hy kom, Boeta, hy kom!!!
Ons boerevolkie(s) is net te oordentlik vir die groot
besluit. In 1921 het die opstande ook begin met 'n aanval op 'n koerant.
Manie Maritz,
die stoeier, het die ouens daar by die voordeur opdraend gegee. Ook Lenin se
opstand het
klein begin - met die omgooi van 'n broodwa. In die Franse Revolusie is nog
'n broodwa omgegooi. In 1938 toe prof. Malherbe by die UV geskors is, het
die Vishuis-manne ook 'n broodlorrie omgekeer voordat hulle die proffie gaan
haal het en skouerhoog terug gedra het na sy "werkplek". Praat van 1938 -
met die Ossewa-Trek wou die stadsvaders nie toelaat dat osse die waens deur
die stad trek nie. Van ons boeremeisies (vrouens, dames en dogters !)was
bereid om dit te doen en so het hulle die boerseuns "gedwing" om die waens
deur die stad te trek. (Gaan kyk maar na die foto's in die argiewe.) Ek kan
ten ene male net nie glo dat ons ou volkie so slap en "gehoorsaam" geword
het nie. Maar laat die ouens aanhou met byt. As ons net weer wil besef dat
ons 'n volk is. Die ethos van die Afrikaner lê lank reeds nie meer in
Partypolitiek opgesluit nie. Ons moet net weer arm genoeg word - nog net so
'n rukkie sukkel en ons kinders sien meelsakke dra, Een van die dae dra ons
weer "dunce" kepse
omdat ons nie wil of kan Engelspraat nie. 'n Goeie vriend van my, Gotlieb
Meyer, het gesê:
Gee my 'n bul wat die hare van krul!! Ons moet vasstaan dat ons wapens nie
gekonfiskeer word nie. Maak soos die Italianers - stig weer die carbonai,
dril met houtgewere. Sit af die TV-gemors waar Jonas altyd die generaal of
die regter of die "hero" is. Die werklikheid weerspreek hierdie
wanvoorstellings - veral in die magtige VSA wat deesdae ons dinkwerk vir ons
doen.
Knie-werk en geloof is al wat ons gaan red.
Word wakker.- Asseblief!!
Wel, kyk asseblief mooi na die bewoording op die blad waarop jy moet
registreer:
Language
You are about to be registered on ABSA Direct Internet Banking. This process
will only be allowed to be performed if you are an individual, however, you
can register a business on Internet Banking by visiting your Branch.
Your registration process will include registration on ABSA Direct Telephone
Banking to add value to your service. (Assisting you to maintain your
service - adding accounts or beneficiaries, enquiries. etc.)
Pending an identification call from ABSA Direct, the following transactions
will not be permitted for security purposes.
Bill Payments (Physical payment only)
Own defined payments (Physical payment only)
Creation of future-dated payment instructions
Stop order creation / change
Although the Internet Banking service is only available in English, the
registration process is available in both Afrikaans and English.
Please select your preferred registration language to continue.
------------------
Although the Internet Banking service is only available in English, the
registration process is available in both Afrikaans and English.
------------------
Hulle het 'n besluit geneem om vir eers die skerms in Engels te ontwikkel,
maar stel die gebruiker wel daarvan in kennis dat die internet-blaaie net in
Engels is, hoewel hulle versoek dat kliënte hulle taalvoorkeur moet invul.
Hierdie aanduider kan dan later gebruik word. Onthou dat die poskantoor sy
produk wat gebruik is om die COMPUBANK mee te betree, gestaak het. ABSA was
noodgedwonge om alternatiewe stappe in plek te sit om die kliënte nogsteeds
'n diens te bied, en waar moontlik, nog beter as in die verlede. Ek dink in
die gegewe tyd tot hulle beskikking het hulle 'n baie goeie stelsel tot die
publiek beskikbaar gestel en persoonlik verwag ek dat die taalkwessie wel
aangespreek gaan word (onthou - laasgenoemde is my persoonlike opinie).
Indien julle nog vrae het, kontak my gerus by kon...@mail.com
Dries Venter wrote in message ...
> Aan almal:
>
> Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
> Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
> bietjie agtergrond:
>
> Ek doen baie van my banksake elektronies. Tot onlangs het ek Telkom se
> Beltel stelsel en ABSA se Compubank fasiliteit gebruik. Dié het nou
> doodgeloop weens J2K probleme. Nou moet ek noodgedwonge die 'Net gebruik
> en op ABSA (dis my bank) se Webwerf ingaan. Vandaar kry ek as gebruiker
> van die Internet Bankdienste 'n spesiale 'logon' om met my eie rekeninge en
> so aan te werk. Die groot gestoei is nou dat alles Engels is, terwyl
> Compubank op Afrikaans en Engels beskikbaar was. Ek konfronteer toe ABSA
> hieroor (op die vorm waarmee ek aansoek gedoen het, word my taalvoorkeur
> nogal ewe gevra!) en hulle antwoord getuig van uiterste
> onkunde/domastrantheid: "Die Internet is 'n internasionale instelling,
> daarom is al ABSA se Internet bladsye Engels sodat alle WWW-gebruikers dit
> kan verstaan". Ek kan dié redenasie tot op 'n punt volg, maar my gevoel is
> dat as ek eers by die "logon" verby is, is dit mos dieselfde as wat ek by
> die bankdeur instap en by die kassier staan. Daar word ek op Afrikaans
> gehelp. Ek kan selfs inbel na die Telefoniese Bankdienste toe en daar word
> ek ook op Afrikaans gehelp. Wat sou dan nou die probleem wees met die
> Internet-bladsye, veral waar dit oor persoonlike banksake gaan?
>
> So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
> Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
> behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
> Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
> nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
> Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
> aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
> 'n ander bank gaan soek nie)
>
> MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
>
> Dries Venter
>
Watter "desktop" programmatuur dink julle het julle nodig om jou totaal en
al jou rekenaar ten volle te benut in die "huis" omgewing. Dink aan
finansies, beplanning , beheer , medies en alles wat in jou omgewing
betrokke is wat jy sou wou kombineer in een pakket. Money 98 het ddels van
die goed maar die beperkings op veranderlikes is nie buikbaar nie. Sit terug
en dink WAT SOEK EK NOU REGTIG.
Die driejarige seuntjie het saam met sy pa na 'n splinternuwe
werpsel klein katjies gaan kyk. Toe hulle terugkom vertel hy
opgewonde vir sy ma: "Daar is twee seuntjiekatjies en twee
dogtertjiekatjies. "Hoe weet jy dit?" wil die ma weet. "Pappa
het hulle opgetel en op hul magies gekyk," antwoord die
seuntjie. "Ek dink dis op hul magies geskryf."
'n Ander driejarige het self sy skoene aangetrek. Sy ma sien
toe dat hy die linkervoet se skoen aan die regtervoet het en
andersom. "Seun," sê sy, "jou skoene is aan die verkeerde
voete.." Hy kyk na haar en lag kliphard:
"Ma maak seker 'n grappie," lag hy. "Ek weet dis my voete."
Ek neem aan almal op hierdie lys is redelik ernstig oor
Afrikaans. Vandag wil ek 'n allemintige klap aan ABSA uitdeel. So 'n
bietjie agtergrond:
Ek doen baie van my banksake elektronies. Tot onlangs het ek Telkom se
Beltel stelsel en ABSA se Compubank fasiliteit gebruik. Dié het nou
doodgeloop weens J2K probleme. Nou moet ek noodgedwonge die 'Net gebruik
en op ABSA (dis my bank) se Webwerf ingaan. Vandaar kry ek as gebruiker
van die Internet Bankdienste 'n spesiale 'logon' om met my eie rekeninge en
so aan te werk. Die groot gestoei is nou dat alles Engels is, terwyl
Compubank op Afrikaans en Engels beskikbaar was. Ek konfronteer toe ABSA
hieroor (op die vorm waarmee ek aansoek gedoen het, word my taalvoorkeur
nogal ewe gevra!) en hulle antwoord getuig van uiterste
onkunde/domastrantheid: "Die Internet is 'n internasionale instelling,
daarom is al ABSA se Internet bladsye Engels sodat alle WWW-gebruikers dit
kan verstaan". Ek kan dié redenasie tot op 'n punt volg, maar my gevoel is
dat as ek eers by die "logon" verby is, is dit mos dieselfde as wat ek by
die bankdeur instap en by die kassier staan. Daar word ek op Afrikaans
gehelp. Ek kan selfs inbel na die Telefoniese Bankdienste toe en daar word
ek ook op Afrikaans gehelp. Wat sou dan nou die probleem wees met die
Internet-bladsye, veral waar dit oor persoonlike banksake gaan?
So, ABSA, hiermee 'n pluimpie dat jy so hier en daar nog 'n bietjie
Afrikaans besig, maar 'n groot, taai klap omdat jy my my taal met minagting
behandel. Meer as helfte van die direkteure op jou briefhoof is Afrikaans.
Afrikanergeld het jou gehelp tot waar jy nou is. Hierdie Afrikaner gaan
nou sy bôl vat en 'n ander swembad soek om in te speel (selfs as dit 'n
Engelse swembad is!). As ander lesers ook so voel, wil julle nie 'n e-pos
aan ABSA stuur nie (ek verwag natuurlik nie dat julle my voorbeeld volg en
'n ander bank gaan soek nie)
MAAR SPREEK JULLESELF UIT TEEN HIERDIE BLATANTE MISKENNING VAN ONS TAAL.
In article , @sympatico.ca wrote:
> Ferdi Greyling wrote:
>> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
>> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
>> Wouter Basson se verhoor?
>>
>> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
>> Basson se dade.
> Ek het toe gisteraand na die CBC se spesiale
> verslag
> gekyk oor Dr. Jack Bothma van North Battleford in
> Saskatchewan. Dis =91n klein dorpie op die prairies
> waar Dr. Bothma die laaste vier en =91n half jaar
> =91n
> ortopediese spesialis is. Blykbaar mag hy nog net tot
> Januarie daar bly. Hy was glo vyf jaar gegee om die
> eksamens deur te kom wat hom =91n permanente lisensie
> sou gee om as dokter te praktiseer, en hy het dit
> gedruip.
> Hulle het ook bevestig dat hy blykbaar as staatsgetuie
> gaan optree in die hofsaak teen Wouter Basson.
> Ek lees gister toe ook in Beeld van =91n ander
> man wat
> ook staatsgetuie teen Wouter Basson gaan wees. Hy is
> Dr. Frederik Botha, voormalige mediese ko=F6rdineerder
> van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), waar hy
> glo onder die aliasse =93Koos=94 en =93Frans=94
> opgetree het. Hy
> het glo die middel digoksien aan mr. Slang van Zyl
> gegee
> om Dullah Omar te vermoor. By =91n ander geleentheid
> het
> hy ook =91n aapfetus, wat deur Dr. Stiaan Wandrag in
> =91n
> keisersnee verwyder is, in ontvangs geneem. Hierdie
> fetus is toe aan =91n boom by Desmond Tutu se huis
> opgehang,
> blykbaar deur BSB lede.
> Wat vir my spesiaal interessant is, is dat
> Frederick Botha
> die seun is van Elize en J.P. Botha. Ek en my man was
> albei
> op Stellenbosch toe hulle nog studente daar was. Sy
> was toe
> bekend as Elize Lindes. Sy is vandag kanselier van die
> Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar
> doktorsgraad in
> Nederland behaal met =91n proefskrif oor Opperman se
> =93Die
> Sprokie van die Spikkelkoei.=94 Hier volg die woorde
> van die
> Sprokie van die Spikkelkoei.
> Uit holtes van =91n boom
> het kuddes vee gekom,
> toe kies my broer
> die spikkelkoei vir hom.
> Ek stoot hom oor =91n krans,
> Hy val in =91n mik,
> toe het =91n kraai
> op die spikkelkoei gaan sit.
> Smeer vet aan =91n klip,
> korrel fyn, moenie kwes,
> toe sak =91n duisend vere
> noord, suid, oos, wes -
> sak =91n duisend kraaie
> oor die bloed, oor die klip=85
> O waar sal ek skuil
> teen die stippels wat pik.
> Elize Botha het glo eenkeer vir Opperman uitgevra na
> die herkoms van die sprokie, en Opperman het vir haar
> vertel dat dit haar werk is om uit te vind. Min het sy
> seker geweet hoe profeties hierdie sprokie vir die gang
> van haar eie familie-gebeure sou word.
> Gloudina Bouwer
Ag, nou ja:
Iemand word gedaag om voor 'n hof te getuig - smerige saak.
Geen getuienis is nog gelewer nie - en geen uitspraak nog gemaak nie.
Maar, soos enige ou aasvreterkraai by middagtee (tog niemand uitnooi wat
dalk 'n oggendborspeld sal dra nie, asseblief!) in Brooklyn of Lynwood
vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van die man se
ma!
Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
Daar is geen gloeilamp nie, hulle lieg net vir ons. ( Die lig aan die einde
van die tonnel)
Ek se nog steeds die ding met die inflasie koers is 'n gekonkel. Een van die
dae sal ek my kar moet stoot, want ek sal nie geld he vir pertrol
nie......nog 'n hele 8 cent !
Francois
Thys de Wet wrote in message ...
> Watter gloeilamp? Die een wat nie meer die lieglig laat skyn nie, of die
> een wat die waarheid wil laat skyn?
>
> Onthou: Die Neus van Mpumalanga lieg/jok/verkondig 'n onwaarheid nog
> lekker..
>
> (Skrap wat nie van toepassing is nie!)
>
> Vir Gloudina: Mpumalanga is nou dit wat eers die Oos-Transvaal was. Nou't
> dit lekkerlieg-land geword!
> OKOK ek terg net!
> Francois de Wet wrote in message ...
>> Hoeveel kabinet ministers het jy nodig om 'n gloeilamp te verander ?
>>
>