Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toekoms Advies vir: Midde Oosterse Besigheids Gemeenskap

So., 19 Desember 1999 00:00

Wil graag die Regerings van die Midde Ooste, veral Israel, Syria,
Egipte, Iran en Irak, en die Regerings van die VSA, asook elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van die Midde Ooste, asook elders op die
Planeet.

Vir die verskaffing van ondersteuning in baie gebiede, veral Rekenaars,
Internet, Verdediging, Invoere en Uitvoere, en nog baie meer. Veral aan
bg. Regerings, asook elders op die Planeet, om gesonde mense
verhoudinge in die Midde Ooste te verhoog, asook elders op die Planeet.

Asook in die volgende aspekte: Beleid en politieke stabiliteit,
Wisselwerking beheer, Deelname aan die ekonomie, Belasting,
Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en ontspanning, Publieke
administrasie, Energie en water verskaffing, Mynbou, industriele en
finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding, Skep en onderhou van
werks geleendhede, Opleidings vaardighede beskikbaar aan die ekonomie,
Kwaliteit en integriteit om wet en orde te handhaaf, Behuising, Vervoer
en infrastruktuur, IT, Tegnologie en telekommunikasie, Handel, Rasse
verhoudinge, Plaaslike en Globale vriendskappe, Boerdery, Voedsel en
drank verskaffing, Programme om armes te help, Media en bemarking,
Tabak industrie, Rook vrye samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral
beskerming teen individuele en organiseerde misdaad in die volgende
aspekte: Dwelm smokkelary, onwettige wapen handel, voertuig kaping,
kinder mishandeling en ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer. Behalwe vir die metode wat
Sjina gebruik het om Tibet in Sjina in te sluit.

Wil graag GATT gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van die Planeet. Veral vir die
beheer van invoere en uitvoere op die Planeet, om gesonde besigheids
verhoudings the ontwikkel op die Planeet. En vir die pragtige
vriendskappe wat otwikkel het tussen Regerings as gevolg hiervan.
Asook ivr die ondersteuning van Regerings in die volgende aspekte:
Beleid en politieke stabiliteit, Wisselwerking beheer, Deelname aan die
ekonomie, Belasting, Arbeidsmark, Openbare gesondheid, Sport en
ontspanning, Publieke administrasie, Energie en water verskaffing,
Mynbou, industriele en finansiele hulp bronne, Onderwys en opleiding,
Skep en onderhou van werks geleendhede, Opleidings vaardighede
beskikbaar aan die ekonomie, Kwaliteit en integriteit om wet en orde te
handhaaf, Behuising, Vervoer en infrastruktuur, IT, Tegnologie en
telekommunikasie, Handel, Rasse verhoudinge, Plaaslike en Globale
vriendskappe, Boerdery, Voedsel en drank verskaffing, Programme om
armes te help, Media en bemarking, Tabak industrie, Rook vrye
samelewing, Veiligheid en sekuriteit, veral beskerming teen individuele
en organiseerde misdaad in die volgende aspekte: Dwelm smokkelary,
onwettige wapen handel, voertuig kaping, kinder mishandeling en
ontvoering, ens. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die ekonomie in die Midde Ooste
te stimuleer. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Stel voor die Regerings van die VSA en die algehele Midde Ooste gebied
hou samesprekings, om handels betrekkinge met mekaar te verhoog. Asook
met ander Regerings op die Planeet. Veral op die gebiede van Inligting
Tegnologie en Landbou. Stel voor die VSA en Israel ondersteun ekonomiee
in die Midde Ooste om hulle gebruike van Inligting Tegnologie te
verhoog. Om die Midde Ooste se gebruik van I.T. oplossings te verhoog.
Die VSA en Israel het baie suksesse gelewer in die I.T. industrie, bv.
die ontwikkeling van Rekenaars en Internet tegnologie. Asook die
ontwikkeling van die Magic RAD sagteware. En baie ander produkte. Die
Midde Oosterse mark is 'n baie vrugbare afset gebied vir hierdie
ontwikkelinge. Asook om Navorsing en Ontwikkeling in die I.T. industrie
te verhoog, tot die voordeel van die hele Planeet.

Ook word aanbeveel om navorsing te doen in die Landbou gebied, d.m.v.
rekenaar modelle en Rudolph Steiner tegnieke. Om landbou produkte te
produseer in droë gebiede. Veral waar water 'n skaarste is. Ontdekkings
op hierdie gebied kan regoor die Midde Ooste implementeer word, asook
elders op die Planeet, bv. Oregon, VSA.

Stel voor die VSA ondersteun Israel, om I.T. ontwikkelinge te bemark
aan alle Lande in die Midde Ooste.

Sal voorstel GATT hersien invoere / uitvoere beheer, om ekonomiese
groei in die gebied te stimuleer.

Sal dit inniglik waardeer indien suksesse in die Media, veral die
Internasionale media, bekend gestel word.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Ekonomie in
die Midde Ooste sal verhoog. :) Dit sal die gebruik van tegnologie in
die gebied verhoog, tot voordeel van almal. :) Navorsing en
ontwikkeling kan verhoog word, om beter stelsels te ontwikkel. :)
Landbou produkte kan op droë grond produseer word. :) En 'n beter lewe
kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Firmas en Regerings wat mekaar ondersteun, oorleef
saam in 'n beter wereld.

Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu d.m.v.
grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Persone bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit u laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukkige Persone is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste
van 'n veranderende situasie kan maak. :)

Persone wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en
Planeet, en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Goedkoper,nee wag,Regverdiger Telkom Pryse

So., 19 Desember 1999 00:00

Hallo mense
Ek weet nie, wat dink julle? Telkom is so titsel te duur. R3 / uur in
callmore tyd klink min maar is dit, as jy dink aan lande soos Amerika en
ander wat gratis lokale oproepe kry. Maar.... Ek vra nie vir gratis oproepe
nie, al wat ek,en duisende ander graag wil hê is beter opsies of tariewe vir
net gebruikers.Ons is Telkom se groot kleinte, ons sit ure aan een op die
sentrales, ons maak hulle ryk, en vir wat, omdat hulle die alleenreg het op
lyn kommunikasie. Watter keuse het ons. Hulle is besig om al hoe meer
kliente of te verloor of te frustreer. Al wat ons wil hê MNR.Hoog Baas in
Telkom, is goedkoper tariewe, of bring goed terug soos R7 naweek, maar
permanent, of iets soos 'n R10 naweek, of betaal slegs XZXZ per sekonde as
jy langer as XZXZX ure op is,
asb mnre
Help ons asseblief, gaan na telkom se webpage http://www.telkom.co.za en dan
na contact/email. Skryf julle ook, soos ons almal, vir hulle 'n email en sê
wat jy dink van die tariewe. Ons nie almal Bill Gates nie, Thanx ouens

Cheers, en mail my met enige kommentaar
brut...@mweb.co.za

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

goeie wense

So., 19 Desember 1999 00:00

dag mense,

nou dat die 20ste eeu goed vertrap is,
en ons elk met n strooi in die hand
aan die diep kant van die elektroniese
revolusie inspring, wens ek vir almal
n heerlike millennium fees toe.

waarookal en watookal
mens lewe net een keer
geniet dit !

groete
heksie
--

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kos tot nadenke

So., 19 Desember 1999 00:00

As enigeen van julle hom nog nie besoek het nie. Dis funky. Afrikaans LEWE!

http://www.tamboer.co.za/poetry/poetry.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Toyota bly tops :-) 60.9kb attachment

Vr., 17 Desember 1999 00:00

Tobias die tobiet moenie so lieg nie!

En moet ook ASB nie fotos na hierdie nuusgroep pos nie! Dis nie 'n
'alt.binaries.pictures.... " ng nie!

Dis 'n foto van 'n bakkie wat in TANZANIË geneem is, en sommer 'n hele paar
jaar gelede al.

En dit lyk meer na 'n Nissan as na 'n Toyota!

Thys de Wet
Tobie wrote in message ...

Wiele | 2 kommentare

nederlands -> zuid afrikaans

Vr., 17 Desember 1999 00:00

hoi,

voor een project voor jongeren zou ik graag willen weten hoe
hetvolgende geschreven wordt in het afrikaans

Vrolijk Kerstmis : .....
Gelukkig nieuwjaar : .....

baaie danki

groeten van karel uit belgenland

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

SlayeR-Mail Nuus brief

Do., 16 Desember 1999 00:00

Goeie dag SA 'ners
Jammer as die' Pos U pla, maar lees asb.

Elke week,
Grappies,Nuus,Weer,Idees, Gratis Advertensies vir U, QuikHitZ en allerhande
lekker dienste,
Afgelewer in U Email BoX.

Mail my asb vir volle besonderhede!!
Baie dankie by voorbaat!!
SlaYeR (Admin Trifixion Inc)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

liederen

Do., 16 Desember 1999 00:00

Ik weet wel dat het niet gebruikelijk is om reclame te maken voor
websites, maar op deze website ben ik enkele Afrikaanse liederen
tegengekomen, waarvan een paar met melodie.

http://www.ingeb.org/catza.html

Vaag meende ik me te herinneren dat er iemand naar
de melodie van het Transvaalse volkslied vroeg. Nou, die
staat hier dus op :)

Groetjes en veel lees, -en luisterplezier,
Suzan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lord Methuen uitgeoorlê - 6

Wo., 15 Desember 1999 00:00

Lord Methuen uitgeoorlê deur Generaal de la Rey.

Deur G.A. van der Walt

Deel 6
______________________________________

Toe die geveg op sy hewigste was, het die boere soms nie geweet
nie, waar hulle hulp die meeste nodig sou wees nie. Hulle het
dan op die een kant, dan weer op die ander kant geskiet. Hulle
was ook glad nie suinig met die patrone nie, en so het party nog
uitgeraak. Eén van die jongkêrels, (dieselfde een, waarvan ons
so pas gesien het), wat ook uitgeraak het en geen tyd wou vat om
na die laerplek te ja nie, loop 'n ontwapende Engelsman raak.
Die Engelsman was sonder 'n geweer, maar het nog geloop met 'n
patroonband om. Die boertjie vra sy patroonband, maar word nie
verstaan nie. Die troep verstaan gin woord Hollands nie, en die
boertjie kan gin woord Engels praat nie, maar hy wil die patrone
hê. Hy maak 'n plan. Hy vat die troep aan sy arm en lei hom na
'n miershoop. Hy klim op die miershoop en laat die Engelsman
naasaan hom stilstaan. Toe die Engelsman nêrens aan dink nie,
kry hy 'n raak hou en val teen die grond. Die jong boertjie vat
die patroonband en ja, weer ryk aan ammuniesie agter ander vyande
aan. Dieselfde boertjie van toe was offisier met die ekspediesie
na Duits Wes in 1915.

Genl. Lord Methuen het skynbaar met die voetgangers saamgery na
die kraal of na die huise, want sowat halfpad tussen die plek
waar die laer gevat is en die kraal kry 'n klompie burgers 'n
gewonde offisier, wat met sy voete teën sy doodgeskiete perd,
aanlê, en van wie die been met 'n paar gewere gespalk is. Toe
die mense sy wapens wil kom vat sê hy dat hy Lord Methuen is, en
sy wapens alleen aan Genl. de la Rey sal afgee. Die boere het
toe soveel respek vir die Engelse voorman gehad, dat één wat die
Rooitaal tamelik goed kon slaan, as wag by Lord Methuen gebly is,
om op te pas, dat boere, wat nog van agter aankom die gewonde man
nie sou hinder nie. Onderwyl dat die gewoel en geveg, die geja
en die hardloop aan die gang is, sal dit maklik kan gebeur, dat
'n gewonde elke keer 'n besoek kry van ander boere, wat nie
gesien het, dat hy al deur die of die ontwapen was nie. Party
was ook maar biesonder lief om 'n man te skud, om op die manier
'n goeie bedekking vir sy eie liggaam te kry. Die gewoonte was
egter nie algemeen nie. Ons kry nou nog mense wat roem dat hulle
nooit nodig gehad het om iets van 'n Engelsman te dra nie. Dit
was meesal die mense, waarvan die vrouwens uitgebly het, en hulle
altyd weer 'n plan kon maak om ou klere reg te maak. Toe die ou
Generaal gesoek moes word, om by Genl. Methuen te bring, moes
rondgery word, om hom te kry.

Die Generaal het die more ook maar swaar gekry. Hy kon nie
oorals tegelyk wees nie. In die eerste plaas moes hy oppas, dat
hy nie van die burgers sou agterlaat nie, en hierin moes 'n mens
baie versigtig wees. Op een plek sien die Generaal 'n paar mense
eenkant ry en meen, dat hulle wil probeer om vry te kom van veg.
Hy ry na hulle toe en dreig op 'n afstand met die karwats, en wys
dat hulle moet ja, na die vegplek. Die twee perderuiters ry maar
stadig deur net of hulle nie die minste gedagte het van die swaai
met die karwats nie. Die Generaal ry verder in die rigting van
die twee mans en sien toe eers dat dit Engelse was en dat binne
twee honderd tree van hom af nog 'n klomp gewapende voetgangers
lê. Gelukkig, dat die ou Generaal nie gouw geskrik het nie. Hy
draai saggies die perd weg en maak of hy geen gevaar gesien het
nie. Later moes hy maak, dat hy by die gevatte laer kom, om te
sorg dat alles ordelik sal gaan met die buitgoed. Die Generaal
wou in gin geval toestaan dat elkeen maar sou vat, wat hy sien,
wat goed is. Al die buitgoed moes bymekaar bly, tot die geveg
helemaal afgeloop sou wees. Na afloop van die geveg sou elkeen
sy deel kry.

Gedurende die tyd wat die man by Lord Methuen wag gehou het, voor
Genl. de la Rey gekom 't, het Lord Methuen gemerk dat die man,
wat by hom gebly het, ook 'n offisier was, want die jong boere
het na hom geluister en sy orders uitgevoer. Een van die jong
boere het 'n klompie papiere by Lord Methuen gevat, maar alles
weer gou aan die man op die wag, afgegee. Lord Methuen begin 'n
bietjie met die man te praat oor wat voorgeval is in die distrik
en die man noem dadelik die treurige behandeling van die vrouwens
en kinders, wat met die oorlog niks te make het nie.

Solang die gesprek gevoer is, het hulle die ou Generaal nog
gesoek, en om hom te kry, was dit die maklikste om op die perde
te let. Elkeen het die Generaal aan sy perd geken. Na 'n rukkie
soek, kom Genl. de la Rey aangery na Lord Methuen, by wie nog
altyd wag gehou word. Genl. de la Rey is nie eers so haastig,
dat hy aangeja kom nie. Hy lat ou Bokkie (sy ou perd), maar sy
gewone gangetjie loop. Die ontmoeting van die twee Generaals was
natuurlik 'n bietjie om indruk te maak. Die één in sy offisiers-
uniform, met die hoë titel van Lord voor sy naam, lê as 'n
magtelose gewonde op die veld. Die ander in 'n gewone
burgerpakkie, wat alleen geleer het om boer te wees, maar deur 'n
natuurlike aanleg dit gebring het tot die hoogste rang in die
republikeinse burgermagte, staan as oorwinnaar voor hom. Die
eerste na alle waarskynlikheid met die gedagte aan al die kwaad,
wat hy gedoen het, nie alleen op die slagveld nie, maar wat onder
sy oppertoesig aan die boere-gesinne gedoen is in verskillende
gedeeltes van die ou Republiek, om nie eers te praat van Genl. de
la Rey se eie distrik nie. Die ander kon die gedagte aan wraak
vir al die wraad aangewakker, en sou dan bly kan wees, dat die
dag van vergelding aangebreek was. Maar Genl. de la Rey was nie
alleen 'n vegsman van die eerste rang nie, hy was ook 'n Kirsten
en het die gedagte aan wraak geen pos laat vat nie in sy hart.

Toe hulle bymekaar is, vra Lord Methuen: "Is dit Genl. de la
Rey."

Genl. de la Rey gee antwoord en sê: "Ja, is jy Lord Methuen."

Lord Methuen sê: "Ja."

Eén van die manne van die staf van Genl. de la Rey sê: "Dan het
Lord Methuen nou ook sy riempie styf geloop."

Lord Methuen sê: "Ja maar ek het nie my eie Kolom gehad nie, had
ek die nog, dan sou dit anders geloop 't."

Genl. de la Rey sê: "Jy kan nie meer praat oor jou eie kolom nie,
want die het ek al voor jou gevang in die slag by IJzerspruit."

Genl. Methuen sê: "Wel, dit was vanmore 'n fairplay fight"!

Genl. de la Rey sê: "So! hoeveel mense het jy gehad?"

Genl. Methuen sê: "My mense was 1400."

Genl. de la Rey sê: "Maar dan was dit nie 'n "fairplay fight"
nie, want ek het minder as 700 gehad en dan moes ek nog oor die
vlakte aankom, en jy het al die miershope vir forte gehad."

In die tyd dat Genl. de la Rey by Lord Methuen was, is ook Ds.
Naude bygekom, en het met sy kamera gou 'n paar foto's van een en
ander geneem, maar die printjies is nie mooi duidelik in die
boek, wat Ds. Naude geskrywe het, gekom nie. Ds. Naude is toe
verder opgetree as tolk, waar dit nodig gewees 't.

In die verdere gesprek tussen die twee generaals maak Lord
Methuen ook sy verontskuldiging oor die behandeling van die
vrouwens en kinders en vra in besonder na Mevr. de la Rey. Op
die eerste gee Genl. de la Rey nie 'n antwoord nie en op die
vraag oor sy eie huisgesin moet Lord Methuen hoor, dat Mevr. de
la Rey in die vlug vir die Lord nog altyd gesond is, en na haar
huis afgebrand was, sy van die wa 'n thuisplek gemaak het.

'n Rukkie later in die gesprek kom ook éen van die Engelse
kolonels vorentoe en sê: "Genl. de la Rey kan bly wees, met die
groot buit, wat hy gemaak het". Maar die gesegde was te veel vir
die ou Generaal. Hy word sommer op die plek kwaad, toe hy die
woorde hoor, en in die antwoord wat hy gee, kom die ware
patriotisme van die Generaal duidelik uit. Die antwoord van die
Generaal, gee die diepste van sy oortuiging weer, as hy sê: "Wat!
buit! buit! buit! buit! be damned! Ek veg nie vir buit nie. Ek
veg vir my land en volk. Vir my part kan hulle die buit op 'n
hoop dra en aan die brand steek."

Lord Methuen en die kolonel bly toe albei stil. Die hoë ideale
van so 'n eenvoudige boer, in die paar woorde uitgedruk, was
seker ver bokant hulle jakhals om 'n antwoord hierop te kry. Met
gesels sou hulle nou nie verder kom nie.

Die Engelse Generaal was geskiet deur sy been en moes verpleeg
word. Genl. de la Rey vra vir Lord Methuen wat hy die liefste
sou verkies wat met hom gedoen sal word, en die Engelsman sê, dat
hy liefs verpleeg wil word deur sy eie dokters, wat hom kan
verstaan. Dit is hom toe dadelik toegestaan, want die boere-
ambulans was maar skaars van verbandmiddele. Toe die boere Lord
Methuen gekry het, was sy been op 'n manier gespalk met 'n paar
gewere, maar nou kom die Engelse dokter en die boere-geneesheer
Dr. von Raankampf, en hulle twee behandel die wonde so goed as
maar mogelik was. Dit was natuurlik onmogelik vir Lord Methuen
om op te staan, want die regterbeen was bokant die knie
afgeskiet. Hy moes versigtig in die waantjie gedra word. Hoe
nou verder met Lord Methuen gemaak moes word, hang nie alleen van
Genl. de la Rey af nie, tenminste hy wil die opienie van die
ander offisiere ook weet, en laat daarom, op di slagveld, 'n
krygsraad beleg. Die meeste offisiere was gou bymekaar, en hier
op die slagveld is dadelik deur die offisiere besluit om Genl.
Methuen met éen van sy eie ambulans waens weg te stuur na
Klerksdorp met sy dokter, om daar in die hospitaal behandel en
versorg te word. Ook werd die besluit geneem, dat Genl. Methuen
sy persoonlike besittinge, die laaste dingetjie sou mag behou,
ook sy eie waantjie. Dit het toe nog 'n rukkie geduur voor die
gewonde generaal kon wegry, en in die tyd, dat hy nog daar lê,
gaan ook die vrouwens kyk of hulle nie misskien iets vir hom kon
doen nie. Hulle het noudat hy gewond is jammer vir hom gekry.
Maar dit het gelyk of hy skaam gekry het. Hy trek sy keps oor sy
gesig en vra dat hulle die vrouwens sal wegstuur. Wie weet,
misskien het hy ook sleg gevoel, omdat die vroumense in die
distrik al so swaar gekry het deur sy bevele. Solang hy daar
moes bly lê, meen één van die burgers 'n goeie diens aan Lord
Methuen te verrig, as hy die gesonde been ontdoek van die
bekleedsel, maar die man word deur Genl. de la Rey weg gedryf.

By IJzerspruit het Genl. de la Rey net so gemaak. As hy sien dat
een van die boere sy hande uitsteek aan 'n gewonde vyand is hy
klaar met die karwats, om sy ontevredenheid oor so iets nie
alleen te wys nie, maar ook te laat voel.

Die waantjie is nou klaar gemaak so gou as mogelik om vir Lord
Methuen onder geleide van die wit vlag weg te stuur. Toe die
burgers agter kom dat Genl. de la Rey besluit het om vir Lord
Methuen na Klerksdorp te stuur, was party van hulle ontevrede.
Hulle waag dit selfs om die waantjie te stop en wil dit met
geweld terug haal. Hulle wou hulle woede koel en 'n krygsraad 'n
vonnis laat vel oor die Generaal, wat buite die gevegte soveel
kwaad aan hulle famielies gedoen het. Maar Genl. de la Rey was
al weer 'n man van vlug handel en snelle besluite. Hy maak die
ontevrede burgers gou bymekaar en hou 'n warme toespraak, waarin
hy die burgers daarop wys, hoe dit 'n Kristen nie pas om hom self
te wreek nie, maar die wraak aan Hoër Hand moet toevertrouw. Na
lang en mooi praat het dit die Generaal geluk om die ontevrede
burgers tevrede te kry. Maar dit het omtrent 'n uur en 'n half
gevat voor hulle ingestem het met die Generaal, dat die wreek van
die kwaad, wat gedaan is, die boere se saak nooit beter sou kan
maak, en die gevolg was, dat Genl. Methuen weer kon ry en nou
gemaak het om in die pad te kom Klerksdorp toe.

'n Mens sou amper kan dink, dat daar 'n geestelike telegraaf-
draad was tussen die ou Generaal op die slagveld en die ou
President in Europa. Toe die ou President, te Utrecht in
Holland, die berig van die slag kry, en hoor hoe Lord Methuen
gevang was, het hy baie bly gevoel, maar toe één van die mense,
wat by hom is die opmerking maak, dat 'n mens kon hoop, dat Genl.
de la Rey vir Lord Methuen as gevangene sou hou, sê die ou
President: "Ek sou dit nie goedkeur nie. Ek hoop dat de la Rey
hom dadelik in vryheid sal stel, want ons as Boere moet ons tot
die end as Kristene gedra, hoe onbeskaaf die Engelse ook al mag
handel." Toe hy berig kry, dat Lord Methuen in vryheid gestel
was, het hy op ondubbelsinnige wyse laat merk hoe bly hy hieroor
was.

[word vervolg]

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ideale geskenk vir REKENAARBEGINNERS.

Wo., 15 Desember 1999 00:00

Interaktiewe multi-media opleiding in Windows98 en
die Internet via CD, in AFRIKAANS, nou beskikbaar
vir almal wie graag in AFRIKAANS wil leer. Ideaal vir
die selfdoen entoesias asook opleiding vir die hele gesin.
Spesiale bekendstelling aanbod geldig tot 1 Februarie
2000 teen slegs R350 per CD tot met 5 en R300 per CD
op bestellings meer as 5.
Ook voorsien ook puik opvoedkundige rekenaarspeletjies
in AFRIKAANS vir voorskoolse tot standerd 1 kinders.
Pryse vanaf R100.
Alle programme plaaslik vervaardig.
Handelsnavrae word verwelkom.
Skakel Ben Groenewald vir verdere inligting by
0832665494 of e-pos na die volgende adres:
b...@shisas.com

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1126  1127  1128  1129  1130  1131  1132  1133  1134  1135  1136  1137  1138  1139  1140  1141    »]
Tyd nou: Di. Mei 12 02:46:48 UTC 2026